Dood van Israelse soldaat verbreek Gasa-skietstilstand

Israelse soldate 'n Israelse soldaat is Dinsdag klaarblyklik dood naby aan die grens met die Gasastrook in wat Palestyne gesê het voorkom as 'n aanval deur militante in 'n verbreking van die skietstilstand wat meer as 'n week terug gemaak is. In dieselfde gebied is 'n Palestyn later deur Israelse vuur dood, het plaaslike mediese

Lees verder: Dood van Israelse soldaat verbreek Gasa-skietstilstand

‘Petrolprys gaan styg in Februarie’

Die petrolprys gaan in Februarie styg, het Dawie Roodt, 'n ekonoom by die Efficient-groep Dinsdag gesê. "As mens kyk na gister (Maandag) se syfers, gaan petrol se prys in Februarie styg met 46 sent per liter," het Roodt gesê. "Maar dit was gister en dinge kan verander – ek dink mens kan die styging tussen

Lees verder: ‘Petrolprys gaan styg in Februarie’

Aantal likwidasies neem toe in 2008

Die totale hoeveelheid likwidasies wat vir 2008 aangeteken is, het toegeneem met 4,7% teenoor 2007, het Statistiek SA Dinsdag gesê. Die totale hoeveelheid likwidasies vir Desember 2008 het toegeneem met 68,4% vergeleke met Desember 2007. Die 4,7%-toename in likwidasies vir 2008 is hoofsaaklik die gevolg van 'n 7%-toename in vrywillige likwidasies, het die Pretoria-gebaseerde agentskap

Lees verder: Aantal likwidasies neem toe in 2008

‘Amerika is die vriend van Islam’ ? Obama

Barack Obama President Obama het Maandag 'n nederige en vredeliewende gesig van Amerika aan die Islamitiese wêreld voorgehou in die eerste formele onderhoud sedert hy president geword het. Hy het sy eie Moslembande genoem en die hoop uitgespreek vir 'n Palestynse staat. Dwarsdeur die onderhoud het hy sy stemtoon kalm gehou, selfs toe hy gevra

Lees verder: ‘Amerika is die vriend van Islam’ ? Obama

Iranese beboet weens gemengde sokkerwedstryd tussen mans en vroue

Die eerste gemengde sokkerwedstryd – mans teen vrouens – sedert die 1979-Islamitiese revolusie het Maandag gelei tot snelle straf toe 'n Iranese sokkerklub gesê het dat hulle drie amptenare geskors het en boetes van tot $5000 opgelê het. Iran se streng reëls plaas 'n verbod op enige fisieke kontak tussen mans en vroue wat nie

Lees verder: Iranese beboet weens gemengde sokkerwedstryd tussen mans en vroue

Withuis se e-posstelsel stort ineen

Die Withuis Uiteindelik het die Withuis sy e-posstelsel aan die gang gekry en net toe dit glad loop, gebeur die ondekbare… die hele stelsel het Maandagoggend ineengestort. Die laaste e-pos van die Withuis se perskantoor voordat die stelsel ineengestort het net voor 9-uur, het aangekondiug dat president Obama se gesprek oor energieonafhanklikheid in die Oostelike

Lees verder: Withuis se e-posstelsel stort ineen

Inbrake het ten minste 20% gestyg gedurende Kersvakansie

Inbrake en diefstal van juweliersware het met mistens 20% gestyg gedurende die Kersvakansie, het 'n groot Johannesburgse versekeringsvervangingsgroep, Jewellery Replacement Consultants, gesê. "Ons is oorval deur 'n stortvloed van eise," het Ian Furman, die besturende direkteur van die groep, gesê. "Ons het soveel eise gehad, dat ons van ons mense wat op verlof was moes

Lees verder: Inbrake het ten minste 20% gestyg gedurende Kersvakansie

KVP en ANC beskuldig mekaar van heksery

Tokyo Sexwale Die KVP (Kongres van die proletariaat) het 'n formele klag by die kommissie vir geslagsgelykheid aanhangig gemaak oor ANK-NUK-lid Tokyo Sexwale se "heksery"-opmerking wat die naweek gemaak is, het die party Maandag gesê. Sexwale het die KVP aangeval omdat hulle " 'ou vroue' op televisie paradeer, en hulle vir heksery gebruik om ondersteuning

Lees verder: KVP en ANC beskuldig mekaar van heksery

Opposisiepartye gaan hof toe oor buitelandse stemme

Pieter Mulder Die VF+ en die DA het 'n hofsaak aanhangig gemaak teen die verkiesingswet se bepalings wat Suid-Afrikaners in die buiteland verhoed om te stem. Die VF+ het Maandag in die Pretoriase hof dokumente ingedien wat die grondwetlikheid van dié item in die kieswet uitdaag. "Dit is net 'n eerste stap en ons sal

Lees verder: Opposisiepartye gaan hof toe oor buitelandse stemme

Bedrogklagte teen swart sakeman teruggetrek

Klagte van bedrog teen die Kemptonparkse sakeman Sipho Msomi is voorwaardelik teruggetrek by die Pietermaritzburgse hof nadat hy ontsnap het, het die SAUK Maandag berig. Daar word geglo dat Msomi (36) die meesterbrein was agter 'n sindikaat wat vyf departemente in KwaZulu-Natal bedrieg het. Hy het ontsnap terwyl hy gewag het dat die saak moes

Lees verder: Bedrogklagte teen swart sakeman teruggetrek