Net verlede week het persberigte verskyn waarin beweer word dat die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) tegnies bankrot is. Daar gaan’n ongelooflike R650 miljoen spandeer word om sommige fakulteite na die kampusse in Soshanguve en Garankua te verskuif, maar die instelling is R50 miljoen in die rooi en sal hierdie jaar geen salarisverhogings aan personeel kan toestaan nie. Die groot probleem wat die TUT in die gesig staar, is die feit dat studente tans self besluit wat hulle bereid is om te betaal. Daar kom gevolglik nie genoeg fondse in nie.
Hierdie nuus kom teen die agtergrond van ’n situasie wat baie vinnig versleg.
Prof Adam Habib, direkteur van demokrasie en regering by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), het op 8 Februarie vanjaar’n vergadering oor “transformasie en hoër onderwys” by Wits toegespreek. Volgens hom het hoër onderwysinstellings in hulle pogings om “swart boude op sitplekke te kry” agteruitgegaan. Instellings gaan uit hulle pad om die teiken van 60% swartes te bereik, al beteken dit dat geen blanke aanstellings gemaak mag word nie. Die gevolg hiervan is dat dienste nie gelewer word nie en dat standaarde agteruitgaan. “So kry’n mens ’n situasie waar die adjunk-president dan aankondig sy moet Indië toe gaan om vaardige mense te kry.”

Anton Barnard gee onlangs op Litnet ‘n uiteenseting van Saci Macozoma se onderhoud waarin hy beweer dat dit net Afrikaners is wat oor misdaad begaan is. Geruime tyd reeds is dit duidelik dat die Xhosa-heersersklas besig is om teen ons te groepeer en ook poog om die hele nie-Afrikaanse bevolking teen ons op te maak.