Minister vaar uit teen belastingbetalersvereniging

In ‘n duidelike vewysing na die Nasionale Belastingbetalersunie onder leiding van mnr. Jaap Kelder, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, gesê dit is “geheel en al onaanvaarbaar” vir belastingbetalersgroepe om te weier om hul plaaslike belastings te betaal en hul geld in trustrekenings te plaas. “Dit is geheel en al onaanvaarbare gedrag,” het Gordhan

Lees verder: Minister vaar uit teen belastingbetalersvereniging

Onderhoud onderstreep agteruitgang van rasseverhoudinge

Met die lees van dié onderhoud met Alexander Strachan het ‘n waarheid my getref oor rasseverhoudinge in Suid-Afrika. Veral die onderstaande antwoord van Strachan was insiggewend omdat dit wys hoe rasseverhoudinge agteruit gegaan het sedert die afskaffing van apartheid! Rassespanning was destyds algemeen in Amerika, insluitend in die Amerikaanse gewapende magte. In konfliksituasies was wit

Lees verder: Onderhoud onderstreep agteruitgang van rasseverhoudinge

AU vergader in SA oor Libië

Die Afrika-Unie (AU) se komitee oor Libië sal Woensdag in Suid-Afrika vergader, het die president se kantoor Dinsdag gesê. Bongani Majola, ‘n woordvoerder, kon nie uitbrei oor wat bespreek gaan word nie. Genl. Mohamed Ould Abdel Aziz, die president van Mauritanië, sal die vergadering lei. Behalwe vir Suid-Afrika sal leiers van Uganda, Mali en die

Lees verder: AU vergader in SA oor Libië

Eskombaas oorleef heli-ongeluk

Ses mense het ‘n noue ontkoming gehad toe ‘n helikopter in Morwaneng, 45 km buite Groblersdal, neergestort en aan die brand geslaan het, het paramedici Dinsdag gesê. “Al ses insittendes kon daarin slaag om te ontsnap voor die helikopter aan die brand geslaan het,” het Jeff Wicks, woordvoerder van Netcare911, gesê. Die mans is op

Lees verder: Eskombaas oorleef heli-ongeluk

Jong wit vrou deur taxi gesleep

Die toestand van die jong wit vrou wat Dinsdagoggend in Johannesburg deur ‘n taxi omgestamp en sowat 700m ver gesleep is, is kritiek. Sy verkeer onder swaar verdowing en sal binnekort geopereer word. ‘n Bloedstreep was op die pad te sien. Kim McCusker (25), ‘n advokaat, en haar verloofde het ondersoek ingestel nadat ‘n taxi

Lees verder: Jong wit vrou deur taxi gesleep

Sowetan se seksfoto’s veroordeel

Die publikasie van prominente foto’s van twee beamptes wat seks gehad het terwyl hulle aan diens was deur die Sowetan, was nie in die openbare belang nie, het die Persombudsman beslis. “Dit was nie nodig om terug te val op die prominente en eksplisiete publikasie van die foto’s om die boodskap oor te dra nie…

Lees verder: Sowetan se seksfoto’s veroordeel

Dit gaan sukkel-sukkel met die Mandela’s

Winnie Madikizela-Mandela is in ‘n Johannesburgse hospitaal opgeneem vir ‘n roetine-ondersoek, het Eyewitness News Dinsdag berig. Die Nelson Mandelastigting het intussen ook gerugte ontken wat mbv die sosiale netwerk Twitter versprei het, en kommer wek oor die oudpresident se gesondheid. Die stigting sê dit gaan goed met Mandela. Sy persoonlike assistent, Zelda la Grange, sê

Lees verder: Dit gaan sukkel-sukkel met die Mandela’s

Verkeershoof gebruik vals nommerplate

Die adjunk verkeershoof van die Tshwane Metroraad, Ndumisa Jaca, word nou deur drie organisasies ondersoek oor bewerings dat hy vals nommerplate gebruik. Hulle is die Padverkeersbestuurskorporasie, die Onafhanklike Klagtedirektoraat en die munisipaliteit. ‘n Woordvoerder van die Korporasie, Ashref Ismail, sê hulle sal later meer besonderhede verskaf. ‘n Woordvoerder van die Klagtedirektoraat, Tiyani Sambo, sê hulle

Lees verder: Verkeershoof gebruik vals nommerplate

Voorbehoedmiddels in Oos-Kaap ingespuit

Meisies tussen die ouderdomme van 10 en 13 is met voorbehoedmiddels ingespuit by hul laerskool in Zwide, Port Elizabeth, het The Herald Online berig. Nandipha Ngalo se 11-jarige dogter was een van die meisies wat deur die Dora Nginza-hospitaal se gesinsbeplanningseenheid ingespuit is. Sy is ‘n leerling aan die Emzomncane Laerskool. “My bekommernis is watter

Lees verder: Voorbehoedmiddels in Oos-Kaap ingespuit