Verskansingsfondse verloor miljarde in Madoff-skandaal

Eers het verskansingsfondse miljarde dollars verloor in hulle mislukte weddenskappe met Bernard Madoff. Nou kan hulle weer geraak word deur beleggers wat hofsake aanhangig maak om hulle groot verliese te probeer terugwen. Dié uitgebreide bedrog deur die eens befaamde belegger Madoff het ernstige vrae laat ontstaan oor die rol van verskansingsfondse in die bedrogspul sedert

Lees verder: Verskansingsfondse verloor miljarde in Madoff-skandaal

‘Terror bedreig regstellende aksie’

Die Swart Prokureursassosiasie (SPA) het hulle besorgdheid oor die nuutverkose KVP-president Terror Lekota se uitlating oor regstellende aksie uitgespreek en dit as 'n "bedreiging" bestempel. Lekota het gister tydens die party se inlywingskongres gesê die KVP sal verbind bly tot die grondwet en is toegewy aan die beleid van regstellende aksie. Lekota het egter verklaar

Lees verder: ‘Terror bedreig regstellende aksie’

Rowers kom weg met luuksevoertuie

Drie gewapende mans het weggekom met twee splinternuwe luuksevoertuie nadat hulle die sekuriteitswagte by die Motorviadepot in Kaalfontein oorrompel het, het Tembisa polisie gesê. Kaptein Munyadziwa Ralidzhiva het gesê die drie rowers het Maandagnag die wagte met wapens aangehou en hulle hande en voete met tou vasgebind. "Hulle het twee karre gesteel – 'n wit

Lees verder: Rowers kom weg met luuksevoertuie

Anglo besnoei uitgawes

Anglo American, een van die wêreld se grootste myngroepe, het sy kapitaaluitgawes vir 2009 met vyftig persent na R45-miljard verminder. Die groep sê hulle het 'n "wydreikende oorsig oor die kapitaaluitgaweprogram" geneem in 'n tyd wat die mynbedryf "'n ongekende tydperk van vinnige dalings in kommoditeitspryse weens wêreldwye ekonomiese onsekerheid beleef." Sulke omstandighede bied geheel

Lees verder: Anglo besnoei uitgawes

Miljoene gewaarsku teen Internet Explorer n? Chinese bedrie?rs rekenaars daarmee kaap

'n Fout in die wêreld se mees algemene webblaaier, Internet Explorer, is nog nie deur Microsoft reggemaak nie. Miljoene internetgebruikers word bedreig deur 'n fout wat kriminele kan toelaat om persoonlike en bankbesonderhede te kan bekom. 'n Groot fout is ontdek in Microsoft se internet Explorer-webblaaier, wat deur 70% van alle rekenaars gebruik word. Omtrent

Lees verder: Miljoene gewaarsku teen Internet Explorer n? Chinese bedrie?rs rekenaars daarmee kaap

Gauteng-lisensiedepartement staak

Werkers by die Gautengse lisensiekantore het begin met 'n week lange onwettige staking, het die departement van vervoer Dinsdag gesê. Dit is te midde van aantygings dat sekere werkers in diens geneem is sonder dat die regte prosedures gevolg is, het Alfred Nhlapo, die woordvoerder van die departement gesê. "Ons het dit duidelik gemaak dat

Lees verder: Gauteng-lisensiedepartement staak

Re?n vererger Zim-cholera-epidemie, s? Rooikruis

Die aanvang van die reënseisoen in Zimbabwe het vrese laat toeneem dat die cholera-epidemie in 'n katastrofe kan verander met derduisende wat reeds siek is en die verspreiding van die siekte na die buurlande, het die Rooikruisvereniging gesê. "Ons het reeds 'n baie ernstige situasie op hande en die reëns gaan dit net baie erger maak,"

Lees verder: Re?n vererger Zim-cholera-epidemie, s? Rooikruis

Ontevrede Zimbabwiese soldate dreig met verdere onluste

In tonele wat die regering van president Robert Mugabe geskok het, en spekulasie aangeblaas het dat dié regering se dae getel is, het dosyne soldate op 1 Desember amok gemaak in Harare, uit protes teen die ekonomiese verval in die land. Sommige bystanders het toegekyk, terwyl ander meegedoen het toe junior soldate, wat gefrustreerd was

Lees verder: Ontevrede Zimbabwiese soldate dreig met verdere onluste

Blanke vrou op KVP-bestuur

Sy is net 1,5 meter lank, maar Dinsdag het Lynda Odendaal op die Suid-Afrikaanse politieke toneel verskyn met 'n tentoonstelling van energie. "Ek is nie in die minste geïntimideer deur senior politici nie, omdat ek die belange van die mense op die hart dra," het die ma van vier aan SAPA gesê in 'n onderhoud

Lees verder: Blanke vrou op KVP-bestuur

Umkhonto-soldate in Bloemfontein vereer

Werkers was Dinsdagoggend besig om 'n podium voor te berei by die Phahameng begraafplaas in Bloemfontein voor die ANC se Heldedagvieringe. Teen 9-uur Dinsdagoggend, met slegs 'n klein handjievol gaste en media teenwoordig, was werkers besig om 'n tent op te slaan vir die gedenkdiens deur lede van Umkhonto we Sizwe (MK). Na verwagting sal

Lees verder: Umkhonto-soldate in Bloemfontein vereer