‘n Vrou wat na bewering haar twee weke oue baba in ‘n mangat gegooi het, het Woensdag borgtog van R500 ontvang in die Wesselsbron-landdroshof in die Vrystaat, het die polisie gesê. Volgens kapt. Steven Thakeng is die borgtog van R500 aan Anna Jaantjies toegestaan en is die saak tot 12 September uitgestel vir verdere ondersoek.
Britse onluste eis drie na motor hulle doodry
Drie Moslemmans in Birmingham wat Woensdag hul woonbuurt teen plunderaars probeer beskerm het, is dood toe ‘n motor met swart plunderaars hulle omgery het. Die polisie het gesê een man is in hegtenis geneem en ‘n moordsaak is geopen ná die voorval wat omstreeks 01:00 plaasgevind het. Birmingham is die tweede grootste stad in Brittanje
Buitelanders ontgeld dit in Limpopo
‘n Bangladesjiese winkeleienaar is Woensdag beroof en aan die brand gesteek in Dennilton, Polokwane, het die polisie gesê. Volgens lt. kol. Mohale Ramatseba is die 35-jarige man van sy geld, kruideniersware en selfoon beroof voordat hy met paraffien deurdrenk is en aan die brand gesteek is. Die man het in sy winkel geslaap toe drie
Weermag se regskoste verdubbel
Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Lindiwe Sisulu, het in die parlement bekend gemaak dat die Weermag se totale regskoste verlede jaar (2010/11) R21,311 miljoen beloop het. Sy het geantwoord op ‘n vraag van Pieter Groenewald, hoofwoordvoerder van Verdediging van die Vryheidsfront Plus. Die bedrag aan regskoste het verdubbel teenoor die vorige finansiële jaar
Opstande of betogings?
Die rasopstand in Londen het nou versprei na ander stede, met geweld wat aangemeld is in dele van Birmingham, Liverpool en Bristol. Groot-Brittanje, soos ander dele van die wêreld, ervaar tans onrus met wêreldwye ekonomiese onsekerheid en markonbestendigheid wat heers. Maar die afgelope paar dae se geweld in die Verenigde Koninkryk was nie net ekonomies
Zim ontken bestaan van martelkampe
Die Zimbabwiese minister van mynwese, Obert Mpofu het bewerings deur die BBC ontken dat daar martelkampe in die omgewing van die ryk Marange-diamantveld bestaan. Die BBC het met mense wat beweer hulle is gemartel in die kampe wat deur die weermag bestuur word, onderhoude gevoer. Een getuie beweer dat gevangenes tot drie keer per dag
Moeletsi Mbeki raak al hoe meer verstrengel in teenstrydighede
Moeletsi Mbeki plaas die blaam vir die ellende in Afrika op die Afrika-elites. ‘n Rewolusie in Suid-Afrika is vir hom net ‘n kwessie van tyd, sê hy in ‘n onderhoud met die Duitse koerant Die Welt. Die onderhoud is egter ‘n toonbeeld van Mbeki se onvermoë om sin te maak van die rewolusie wat hy
Lees verder: Moeletsi Mbeki raak al hoe meer verstrengel in teenstrydighede
Transformeer Brittanje nóú!
Die grootste vyande van Afrikaners en ons voorsate was nog nooit swart nie. Ja, daar was kleinerige gevegte tussen ons en swartes, maar ons eintlik vyand sit nie in Nkandla nie, maar in Whitehall en Westminster. Ek praat nie eens van die groteske vergrype en volksmoord van die Britte tydens die ABO nie, maar eerder
Bib-dienste in Pretoria stort ineen
Verskeie biblioteektakke in Pretoria is reeds die afgelope twee weke vir alle praktiese doeleindes onbruikbaar want hulle rekenaars is nie aanlyn nie. Gebruikers kan slegs boeke wat uitgeneem is terugbring, maar nie weer boeke uitneem nie. Die teruggeneemde boeke word op velle papier aangeteken en sal glo deur die rekenaarstelsel verwerk word wanneer hulle weer
Berei voor op nasionalisering
Die Vryheidsfront Plus het weereens benadruk dat daar beduidende steun vir nasionalisering binne die ANC-alliansie bestaan en het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe en instansies wat moontlik daardeur geraak kan word, om gesamentlik voorbereidings te tref oor hoe hierdie bedreiging hanteer gaan word. Instansies wat leiding in die verband kan neem sluit in die mynboubedryf,
