Mulder sê boere word onregverdig benadeel

“Regeringsubsidies in die landboubeleid van sekere lande, plaas onregverdige druk op Suid-Afrikaanse kommersiële landbouers,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-leier en adjunkminister van landbou in Parys Frankryk gesê.

“Hierdie beskermingsmaatreëls maak dit onmoontlik vir Suid-Afrikaanse landbouers om op gelyke vlak met landbouers van hierdie lande mee te ding,” volgens dr. Mulder.

Dr. Mulder het hierdie standpunt gestel by ‘n vergadering van meer as veertig landbouministers wat tans in Parys Frankryk gehou word.

Die vergadering word aangebied deur die Internasionale Organisasie vir Ekonomiese-samewerking en –Ontwikkeling (OECD). Dit is die eerste keer in 12 jaar dat landbou-ministers van al die belangrikste landboulande in die wêreld so vergader.

“Omdat 47% van al Suid-Afrika se landbou-uitvoere na Europa gaan, is dit belangrik dat Suid-Afrikaanse landbouers se standpunte oor billike internasionale kompetisie en handel, by ‘n internasionale forum soos hierdie duidelik gestel word,” het dr. Mulder gesê.

Die meeste lande wat hulle landbouers so swaar met staatsgeld subsidieer en so die internasionale markte verwring, is in Europa.

Suid-Afrika het reeds in 1997 na ‘n vryer markstelsel in landbou beweeg en meeste beperkende regeringsmaatreëls afgeskaf.

Die ministeriële vergadering word vandag (Vrydag 26 Feb) voortgesit met ‘n bespreking oor die rol van regerings in die oplos van die wêreld se voedselprobleme. Een van die besprekingsessies hieroor sal deur dr. Mulder gelei word.

Die doel met die vergadering is om ‘n konsensus ministeriële verklaring (Communiqué) met landbou beleidstandpunte op te stel wat  as riglyne sal dien vir voedselsekuriteit in die toekoms in die wêreld.

интернет магазины детских игрушек киевАлександр Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae