Nuwe deelstaat in Indië

Deelstate van Indië

Deelstate van IndiëDie stelling word gereeld gemaak dat Suid-Afrika se grondwet grootliks op dié van die Indiese geskoei is, wat deels waar is as dit na die Handves van Menseregte verwys.

Telangana-betoging vir 'n eie deelstaatKom dit egter by die staatkundige bestel wat deur die grondwette gereël word, kan die indruk gevorm word dat die Indiese grondwet meer met Suid-Afrika se ouer grondwette, en spesifiek die grondwet van 1983 gemeen het.

Die feit is pas weer onderstreep toe dit bekend geword het dat Indië beplan om ‘n dertigste (sommige bronne dui dit as 29ste) deelstaat te skep. Die nuwe staat vir die Telangana, sal uit die suidelike deelstaat,  Andhra Pradesh, gesny word.

Die aankondiging volg na grootskaalse protesoptrede deur die Telangana-gemeenskap, en ‘n hongerstaking deur ‘n leier.

Sedert Indië se grondwet in 1950 in werking getree het waarvolgens deelstate volgens taalgrense ingestel is, het verskeie veranderings ingetree. Verskeie nuwe state is sedertdien uit die aanvanklike state gesny. Drie nuwe state is in die jaar 2000 geskep.

Die jongste aankondiging oor ‘n nuwe staat het dadelik daartoe gelei dat die Ghurkas – etniese Nepalese – met agitasie begin het om ook vir hulle ‘n deelstaat uit Wes-Bengale te sny.

In Andhra Pradesh self skop baie van die etniese meerderheid vas, en 128 lede van die staat se wetgewende liggaam se 294 het uit protes teen die sentrale regering se aankondiging bedank.

Die Telangana voer reeds die afgelope 50 jaar ‘n afskeidingstryd, wat in 2002 nuwe momentum gekry het. Hul nuwe staat sal na verwagting uit tien van  Andhra Pradesh se 23 distrikte bestaan.

Nog ‘n staatkundige verskynsel waarmee Indië te make het, is die druk van irredentisme wat spruit uit die feit dat Tamils in Indië en in Sri Lanka woon. In Indië word staatkundig voorsiening gemaak, soos deur die deelstaat Tamil Nadu. In Sri Lanka word egter nie soortgelyke staatkundige voorsiening gemaak nie, en het ‘n lang stryd om die Tamilbevolkings van Indië en Sri Lanka staatkundig onder die Indiese grondwet te verenig, vanjaar in ‘n militêre neerlaag vir die Tamil Tiere in Sri Lanka afgeloop.

полиграф в судепрокурор Фильчаков

Maak 'n opvolg-bydrae