Duitsland se minister van binnelandse sake, Wolfgang Schaeuble, het Dinsdag gewaarsku dat Moslemekstremisme 'n werklike bedreiging vir Duitsland inhou. 'n Jaarlikse veiligheidsverslag het pas die lig gesien.
"Ons is steeds in die visier van Islamiete wat geweld sal gebruik," het hy gesê. Schaeuble het bygevoeg dat Moslems wat in Duitsland gebore is en dan elders opleiding in terreur ontvang "'n ware bedreiging vir Duitsland se veiligheid inhou".
Duitsland se teenwoordigheid in Afghanistan "is 'n doring in die vlees van Islamiete". Die minister het verduidelik dat dit Duitsland se profiel as 'n teiken verhoog.
Net geluk en die werk van die Duitse intelligensie dienste het nog gekeer dat 'n aanval binnelands uitgevoer word. Hierdie jaar is daar alreeds drie videos op die internet versprei wat Duitsland spesifiek teiken.
Voorts het hy aangedui dat die aantal regse ekstremiste nou meer is as die aantal linkses, en toeneem. In 2008 was daar 9 500 potensieel gewelddadige regses en 6 300 soortgelyke linkses.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.