Meer as 200 graad 11 en 12 leerlinge by 'n skool in Khaylitsha skool is deur die Wes-Kaapse departement van onderwys meegedeel dat hulle punte vir die 2008 jaar verkeerd uitgewerk is en dat hulle dalk teruggesit kan word na vorige grade.
Die departement het die skoolhoof van Mathew Goniwe Memorial High geskors hangende 'n ondersoek oor verskille tussen punte wat aan die departement gegee is en die wat in die skool se eie rekords aangeteken is.
Leerlinge moet nou wag vir die departement se distrikskurrikulumadviseurs om deur "elke eksamen vraestel en antwoordstel te werk om 'n duideliker beeld te kry van wat gebeur het", het die departementele woordvoerder Paddy Attwell gesê.
Volgens verslae het leerlinge onderwysers beskuldig dat hulle die punte hoër gemaak het om meer leerlinge te laat slaag aan die einde van 2008, 'n aksie wat volgens die onderwysregte groep Equal Education vroeër die week "onrus" veroorsaak het by die skool.
Maar Attwell het Woensdag gesê dit lyk "op hierdie stadium" nie of punte verhoog is nie.
"Ons amptenare kyk meer na hoe die punte aangeteken is en hoe dit geïnterpreteer is," het Attwell gesê.
Hy het gesê 210 leerlinge in graad 11 en 12 word deur die ondersoek geraak.
Die leerlinge bly in hulle huidige grade terwyl die ondersoek voortduur.
