Geen arrestasies is gemaak in verband met Dinsdag se dwelmvonds van R170 miljoen by die O R Tambo lughawe nie, het polisie Donderdag gesê.
Misdaadintelligensie en Interpolwoordvoerder Tummi Golding het gesê daar is geen nuwe ontwikkelings in die polisieondersoek in die saak nie.
Die 565kg dwelms is ontdek by die Johannesburgse lughawe gedurende 'n roetine ondersoek van vlug EK761 van Pakistan kort na dit geland het die Dinsdagmiddag.
Golding het vroeër gesê ondersoek sal gedoen word om vas te stel of bemanningslede betrokke is.
Golding het ook gesê die polisie gaan kyk of daar 'n skakel tussen die Johannesburgse vonds en nog een in Brasilië verlede week is, toe 57 mense, insluitend lughawepersoneel, polisiebeamptes en bemanningslede gearresteer is.
