Kaper in jaagtog met polisie in Mamelodi

'n 30 Jarige man is Dinsdag  gearresteer nadat hy 'n voertuig gekaap het en probeer ontsnap het van die polisie in 'n jaagtog in Mamelodi, het die Gauteng polisie gesê.

Kaptein Johannes Maheso het gesê die man het 'n groen Mazda gekaap in Garsfontein vroeër die dag.

"Polisie het die voertuig sien ry in die omgewing van Mamelodi en die man probeer aankeer. Die man het in die kar weggery en die polisie het hom agtervolg."

"Polisie het na die voertuig geskiet en die man het beheer verloor en teen 'n versperring gebots," het hy gesê.

Die man sal na verwagting in die Mamelodi landdroshof verskyn op 'n aanklag van motordiefstal. 

mobile deposit chaseДанильченко Юрий Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae