Vatikaanspan kom in Angola aan voor pouslike besoek

'n Afvaardiging van die Vatikaan het Dinsdag in Angola aangekom ter voorbereiding van die besoek van pous Benedict XVI aan die olieryke katolieke suidelike Afrika land, het die staatsbeheerde ANGOP agentskap gesê.

Die groep, wat gelei word deur biskoppe Alberto Gasbarri en Paopo Corvini, sal 5 dae in Angola spandeer en land se kerkleiers ontmoet voor die besoek van die pous, wat geskeduleer is vir 20 Maart.

Benedict se besoek aan die voormalige Portugese kolonie sal saamval met die 500ste herdenking van die aankoms van Christenskap in Angola, en sal die 2de keer wees wat 'n pous Angola besoek sedert pous Johannes Paulus II se besoek in 1992.

"Dit is 'n voorreg vir Angolese om 'n besoek van die pous te ontvang, en dit is 'n belangrike stap, nie net vir die kerk nie, maar vir die gemeenskap, omdat ons weet 'n groot deel van die gemeenskap is Christene," het Fatima Viegas, 'n senior beampte by die ministerie van kulturele sake aan AFP gesê.

"Vir Angola, wat nie net 'n Katolieke land is nie, maar ook een wat deur dekades van oorlog gekom het, dink ek dat die geweldige sterk spiritualiteit wat die pous aan die mense sal bring baie welkom sal wees," het sy bygevoeg.

Afrika word beskou as die sleutel vir die toekoms van die Rooms Katolieke kerk, aangesien die hoeveelheid mense wat die geloof aanhang hierso baie vinnig toeneem. Tussen 60% en 70% van die mense in Angola word as katoliek geskat.

Die jongste Afrika toer sal ook Sao Tome de Principe en Kameroen insluit.

Pous Johannes Paulus II het Afrika verskeie kere in die 26 jaar as hoof van die Rooms Katolieke kerk besoek.

Benedict (81) is in 2005 as pous verkies is, het voorheen sy kommer uitgespreek oor Afrika en dit beskryf as 'n kontinent waar "Europa nie net sy geloof in Christus uitgevoer het nie, maar ook allerhande soorte slegte gewoontes, die gevoel van korrupsie, geweld."

интернет магазин детской верхней одежды для девочекДанильченко Юрий прокурор

Maak 'n opvolg-bydrae