Die dodetol in Zimbabwe se cholera-epidemie het Dinsdag toegeneem tot meer as 2000 terwyl 'n internasionale groep dokters gevra het dat president Robert Mugabe aangekla moet word vir misdade teen die mensdom.
Nuwe data van die WGO het getoon dat die wateroordraagbare siekte sedert Augustus meer as 2000 mense dood gelaat het met die hoeveelheid mense wat gediagnoseer is wat gestyg het tot amper 40 000.
Die nuwe syfers het ingekom terwyl die Amerikaans gebaseerde Dokters vir Menseregte gesê het dat Mugabe aangekla moet word vir misdade teen die mensdom vanweë menseregte skendings en die verval van die land se gesondheidsisteem.
Die aanbeveling is gemaak in 'n verdoemende 45 bladsye verslag wat gevolg het op die groep se besoek aan Zimbabwe verlede maand, waar gevind is dat die gesondheidskrisis voortgespruit het ui die ernstige menseregteskendings deur Mugabe se Zanu-PF party.
"Die Zanu-PF bewind gaan steeds voort om Zimbabwiërs se burgerlike, politieke, ekonomiese, sosiale en kulturele regte te skend," het die verslag gesê.
"Die VN veiligheidsraad behoort 'n resolusie in te stel om die krisis in Zimbabwe na die internasionale hof te verwys vir ondersoek, en behoort te begin met die proses om getuienis en dokumentêre bewyse te versamel om die klagte van misdade teen die mensdom te ondersteun," het die bygevoeg.
Die groep se span van 4 lede, wat 2 dokters insluit het meer as 90 mense ontmoet, wat insluit regeringsbeamptes, gesondheidswerkers en ander mense in hulle besoek wat gestrek het van 13 tot 20 Desember.
