Magte wat met Libië se eenheidsregering geallieer is, het Woensdag gesê hulle het ‘n teenaanval deur die Islamitiese Staat (ISIS) in die jihadiste se vesting, Sirte afgeweer.
ISIS het Dinsdag wes van die stad posisies van vegters lojaal aan Libië se regering, met tenks, mortiere en sluipskutter-geweervuur aangeval wat die steun van die Verenigde Nasies (VN) geniet.
Vyf pro-regeringsvegters is in die aanvalle dood en 37 is gewond.
Lojale magte veg sedert die middel van Mei om ISIS uit Sirte, ongeveer 450 km oos van die hoofstad, Tripoli, te verdryf en het daarin geslaag om beheer oor die stad se hawe en lughawe oor te neem.
Hul vordering is egter teen die einde van verlede week verstadig toe hulle die sentrale en noordelike dele van die stad bereik het, waar ISIS in woongebiede geskuil het.
Die operasie om Sirte te herower, het volgens mediese beamptes reeds die lewens van 145 pro-regeringsvegters geëis en 500 is beseer.
Pro-regeringsmagte sê hulle het ook ‘n nuwe front in die ooste van die stad geopen en val nou teikens in die omgewing van die stad se voormalige konferensiesentrum aan, wat nou deur IS as ‘n krygsveld-hoofkantoor gebruik word.
ISIS het het in 2014 na Libië uitgebrei danksy Moeammar Ghaddafi se bewind in 2011 wat deur Hillary Clinton se toedoen geval het.
Libië se eenheidsregering sukkel om die geweldgeteisterde land te verenig en beheer oor die Noord-Afrikaland te kry.
Clinton-simpatiseerders het intussen toegesien dat ISIS steeds wapens kry in Sirië. Indien Hillary die stryd om die Withuis wen, sal die oorlog in die Midde-Ooste waarskynlik baie warmer word.
Voor 17 Februarie 2011, “Dag van woede,” het Libië ‘n nasionale begrotingsoorskot van 8,7 persent van die BBP in 2010 gehad, met olieproduksie op 1,8 miljoen vate per dag, op koers om sy doelwit van 3 miljoen vate per dag te bereik.
Olieproduksie het met meer as 80 persent gedaal intussen. Agv die revolusie, het die Libiese ekonomie met ‘n geskatte 41,8 persent gekrimp.
Dié mislukte beleid het direk bygedra tot die opkoms van ISIS sowel as die vlugtelingkrisis in Europa.

Moenie bekommer nie. Nederland sal ISIS van gratis geld voorsien. Die foto by die berig is natuurlik pure misleiding want soos die grafiek wys gaan die geld nie vir pigmentgestremdes nie.
http://www.volkskrant.nl/binnenland/-kansloze-bijstandsgerechtigde-hoeft-niet-te-solliciteren~a4321875/
Hillary’s husband chose other women over her. Voters should too.
Speaking of Watergate… Hillary destroyed 30 000 emails. Nixon wasn’t trying to cover up his inaction that lead to the deaths of 4 Americans under his supervision in Libya. He was merely spying on the opposition. Nixon had to resign as president for deleting 8 and a half min. of tape! She deletes over 30,000 emails and can still run? Like Nixon’s tapes, the issue of Hillary Clinton’s e-mails raises the issue of control of evidence, destruction of evidence – and deliberately lying about all of it. Will the media go after Hillary Clinton’s e-mails with the ferocity they went after the issue of Richard Nixon’s tapes? Clearly not. The question is why not?
Hillary was actually fired from the Watergate investigation for being “unethical”, ie lying. She also browbeat a 12-year-old girl who was a victim of sexual abuse, in order to defend a pedophile, so I suppose that makes her particularly suitable for office?
Tyd vir ‘n direkte aanslag op ISIS se hoofkantoor in Washington.
… of Tel Aviv?
Raymond, jy wil sò graag reaksie hê op jou aannames terwyl jy bloot poog om sensasie te wek en bôggerol bewyse kan lewer vir wat jy sê. Opsigtelik is jy jy ‘n youtube-aanhanger en glo alles wat hulle sê, selfs saam met die UFO-snert. As ek nou takbokkies met ‘n krismisvader op youtube laai sal jý die heel eerste fan wees. Jy maak ‘n gek van jouself. Jy kan nie bloot bewerings maak sonder bewyse en verwag dat almal net so dom soos jy moet wees nie.
Die (tweede sin in die) tweede paragraaf is misleidend. Dit laat dit klink asof IS die steun geniet van die Verenigde Nasies.