SA moet geografies verdeel word

Image

Dr Sydney Gregan

Daar is 'n versugting onder Afrikaners dat die Afrikaner sy kragte moet saamsnoer; dat eenheid bereik moet word en dat een liggaam namens alle Afrikaners moet praat. Daar word ook opnuut hoop gevestig op die komende verkiesing.

Baie is dalk nie bewus van die feit dat 'n nuwe party, die Afrikaner Volksparty in September 2008 gestig is nie. Die party het sekere uitgangspunte:

  • Ons, die Afrikanervolk, erken in nederigheid die Almag en Oppergesag van die Drie-enige God;
  • Ons glo en weet dat die Drie-enige God verskillende volke en daarom ook ons volk in aansyn geroep het;
  • Ons glo dat die Drie-enige God die Beskikker van die lotgevalle van alle volke is;
  • Ons erken ons swakheid en afhanklikheid voor die Drie-enige God;
  • Die Heilige Skrif, die onfeilbare Woord van God, soos dit verstaan en uitgelê is in die Calvinistiese Hervorming waarvan die Afrikanervolk die dankbare erfgename is, vorm die grondslag van ons bestaan en ons stryd;
  • Ons erken dat ons voorvaders na geregtigheid vir ons volk en tegelyk vir alle ander volke in hierdie land gestrewe het;
  • Ons eer ons heldedom en put inspirasie uit ons volk se heroïese geskiedenis;
  • Ons voorvaders se eerbare stryd het vir ons eie onafhanklike soewereine republieke nagelaat waaronder die Republiek van Suid-Afrika van 1961;
  • Ons duurgekogte vryheid is deur verraad en bedrog aan 'n godlose kommunistiese regime oorhandig;
  • Ons erken nie die ANC/SAKP-regime se gesag oor ons volk nie en beskou hulle as onwettig;
  • Ons besef dat daar geen kortpad na vryheid is nie, maar dat dit alleen deur volgehoue stryd herwin kan word;
  • Ons besef dat ons vryheid alleen in verset buite hierdie bestel verkry kan word;
  • Ons neem nie aan enige verkiesings in terme van hierdie godlose bestel deel nie;
  • Ons verwerp die Grondwet van hierdie bestel wat 'n oorlogsverklaring teen ons volk is;
  • Ons verklaar dat enigeen wat hierdie Grondwet onderskryf in vyandskap met ons volk verkeer;
  • Ons bely dat skeiding van volkere nie 'n bose nie, maar 'n edele beleid was, wat voortspruit uit nasionalisme en ontwerp is om ons volk en ook ander volke se God-gewilde afsonderlike identiteite te handhaaf en te verseker op die basis van soort soek soort en leef en laat leef;
  • Ons het daarom geen skuldgevoel oor ons verlede nie, maar 'n selfrespek om onsself te betuig voor ons vyande;
  • Ons is deur God se kultuuropdrag aan die mens verplig om aktief deel te neem aan, en te stry vir, ons volk se vryheid;
  • Ons sweer trou aan mekaar dat ons nie sal rus voor ons ons vryheid in ons eie vaderland verkry het nie;
  • Ons sê dat as jy 'n trotse volk verkneg, word opstand teen die reg sy reg;
  • Die stryd wat ons vaders begin het sal woed tot ons sterf of oorwin het.

Wat besef moet word is dat Afrika nie minderheidspolitiek ken (of duld) nie, maar alleen magspolitiek. Die Swarte wil al die mag hê en sal nooit toelaat dat die Blanke mag met hom deel, laat staan nog die mag oorneem nie. Dit het dr Verwoerd en sy voorgangers baie goed besef. Die Blanke (met die Afrikaner aan die voorpunt) moet dus sy eie heil uitwerk binne die grense van hierdie land.

Behalwe dat hierdie regime onwettig regeer, is die realiteit dat Swart regering tot mislukking gedoem is. Afrika is die aanskouingsles daarvan. Dit is die Blankes wat hierdie bestel aan die gang hou, dog sal ook hierdie bestel in duie laat stort. Dit kan op die klippe uitgekap word.

Die enigste blywende oplossing vir hierdie land is dat dit gepartisioneer moet word (Joegoslawië is seker een van die beste voorbeelde van 'n land wat ooreenkomstig etniese grense gepartisioneer is). Elke volk moet sy eie land hê. En hoe "onprakties" dit ook al op hierdie stadium mag klink, dit bly die enigste oplossing vir hierdie land. Benewens al die verskille wat daar is tussen Swart en Wit, is daar ook die kwessie van IK. As ons as Blankes (met 'n gemiddelde IK van 105) tevrede is om deur mense met 'n gemiddelde IK van 80 regeer te word, versaak ons alles waarvoor ons voorouers gestaan en voor gestry het. IK vorm die grondslag van kultuur en uiteraard ook van 'n volk se lewens- en wêreldbeskouing. Ja, ook of jou godsdiens primitief sal wees, of nie…

Binne die parlement sal dit 'n geklets wees van die môre tot die aand oor die grootste onbenullighede. Soos in die afgelope 14 jaar. En so sal die Swartes met hulle liberale geldbase vir die wêreld vertel dat "demokrasie werk". Intussen word ons volk se posisie al hoe hagliker.

Buite die parlement moet die Afrikaner dus sy kragte saamsnoer en as 'n volk met historiese regte aandring op sy eie land. As daaroor eers eensgesindheid gekry is, is al ver gevorder na selfbeskikking vir ons eie volk.

Alles dui daarop dat weens verskeie faktore; sommige totaal buite ons beheer (soos die naderende wêreldwye resessie en moontlike depressie) dinge ook in ons land radikaal kan verander binne afsienbare tyd. Sulke toestande gaan gewoonlik met geweld gepaard. In Afrika is geweld trouens die reël, eerder as die uitsondering. Dit mag juis die geleentheid wees om ons volk se vryheid terug te kry. Wat egter besef moet word, is dat dit nooit binne die huidige bestel verkry sal word nie.

Intussen moet mense hulle geestelik weerbaar maak en ook fisies staal vir dít wat voorlê. Die les van Bloedrivier is immers een van 'n volk wat die vyand die stryd aangesê het juis omdat hulle geestelik weerbaar was – nadat hulle tot hulle verdriet moes sien dat onderhandeling met die Swarte nie deug nie.

Uit die geskiedenis is veel te leer oor die eise van 'n vryheidstryd in Afrika. Ons nooi Afrikaners uit om aan te sluit by 'n party wat die uitdagings van Afrika aanvaar.

free games no download no registration slotsпрокурор харьковской области

Maak 'n opvolg-bydrae