Onderstaande toespraak is in April 2001 by die KKNK op Oudtshoorn gelewer; ek herontdek dit onlangs. Wat ek hier gesê het, is steeds ter sake, gegewe die kwessie van apartheidskuld wat ons voortdurend voor die kop gegooi word.
James Joyce se karakter Stephen Dedalus in sy beroemde roman Ulysses sê in ‘n gesprek met mnr. Deasy, ‘n skoolhoof, oor die Ierse geskiedenis die volgende:
“Die geskiedenis is ‘n nagmerrie waaruit ek probeer wakkerskrik.” Terwyl hy dit sê, kom die geluide van ‘n skoolrugbyoefening na hulle toe aan deur die venster. Die fluitjie blaas vir ‘n drie wat gedruk word. As ‘n nagedagte dink Stephen Dedalus dan by homself, “En sê nou daardie geskiedenis gee jou ‘n skop op jou sitvlak?”
Wie van ons kan nie vandag Stephen Dedalus se woorde met instemming herhaal nie: “die geskiedenis is ‘n nagmerrie waaruit ons probeer wakkerskrik”? Dit is veral die geval as ons dink aan die hele geding rondom skuld wat tans op ons losgelaat word, ook deur ons taalgenote. “Apartheid was ‘n misdaad teen die mensdom. Julle het apartheid geskep. Daarom is julle skuldig aan ‘n misdaad teen die mensdom.” Hierdie simplistiese sillogismes is die bouwerk van die nagemerrielogika wat ons teister.
Dit is sekerlike die maklike – nee, die fasiele – opsie om jou te berus in die skuldideologie wat van bo af deur al die oud-Broederbonders, die “verligtes” waarteen Chris Louw fulmineer, die propagandiste van die staat, die internasionale media, ens., aan ons opgedring word. Volgens hulle behoort ons ons in ons skuld te berus, en ons eie politieke en intellektuele magteloosheid te aanvaar. Om nie wakker te word uit die nagmerrie nie, is dus die aangewese weg.
Dog net as ‘n mens wegsluimer en jou lyf so ruk-ruk as al die onaangename skelwoorde waarmee jy as misdadiger teen die mensdom uitgekryt word op jou reën, gee die geskiedenis jou daardie spreekwoordelike skop op die sitvlak. Jy kom agter dat jy vandag hoegenaamd nie in ‘n veelrassige utopie leef soos wat almal sê nie. Jy begin ‘n paar ou koerante en boeke – selfs geskiedenisboeke – lees en jy kom agter dat, ja, die hele ding nie so eenvoudig is as wat dit aan jou voorgehou word nie. Jy waag dit selfs om te sê dat apartheid geen misdaad teen die mensdom was nie. Onmiddellik word jy uitgekryt as ‘n ketter, ‘n rassis, ‘n regse, maar jy laat jou nie van stryk bring nie. Intuïtief streef jy na wakkerheid, want die nagmerrie waarin jy jou bevind word al hoe ondraagliker.
André Brink of iemand het jare gelede gesê dat ‘n mens niks goeds oor apartheid kon sê nie, want dit is dieselfde as om te sê dat Hitler ook goeie paaie gebou het. Hierdie soort vergelykings, en die konstante en werklik vergesogte gelykstelling van apartheid met nazisme en volksmoord, waarvan veral die WVK-verslag vol is, is egter deel van die probleem. Om wakker te word uit ons nagmerrie, moet ons op ‘n slag erken dat daar ‘n werklikheid in Suid-Afrika is wat nie noodwendig uit Duits te vertale is nie. Die reële, veral in ‘n plek soos Suid-Afrika, is ‘n glibberige, ontwykende ding, en indien ons net ‘n bietjie nader daaraan kan kom, dan is elke skop van watter aard ook al die moeite werd.
Een so ‘n skop was my onlangse boekie met die titel, Om die Waarheidskommissie te vergeet. Daarin lewer ek ‘n intense pleidooi dat ons moet glo in ons eie onskuld. Maar ook dat daar ‘n dringende behoefte is om ons geskiedenis te herinterpreteer. Ons mag nie meer toelaat dat ons geskiedenis oorheers word deur ongevraagde stereotipes, halwe waarhede en selfs blatante onwaarhede nie. Al kos dit wat, al loop mens die risiko om jou eie reputasie deur die modder gesleep te sien, is dit nou die oomblik om waagmoedig en onverskrokke vir ‘n slag iets soos die waarheid te praat. Nie die transendente, godsdienstige waarheid waarvan Biskop Tutu en sy trawante praat nie, maar bloot die historiese waarheid, wat op empiriese navorsing behoort te berus. ‘n Week gelede by Stellenbosch tydens ‘n soortgelyke bespreking, het Jannie Gagiano dieselfde pleidooi vir empiriese navorsing oor die verlede gelewer.
Wat ek nou hier gaan sê, sal waarskynlik deur sommige geïnterpreteer of wangeïnterpreteer word as ‘n apologie vir apartheid. Montesqieu, meen ek, het gesê dat ‘n skrywer die slegte gewete van sy tyd behoort te wees. As ‘n mens na die geskiedenis van halsstarrige skrywers in Afrikaans kyk, van Eugène Marais wat deur Paul Kruger verbied is om sittings van die Volksraad by te woon, regdeur tot by die Sestigers wat deur die bank kritiek gelewer het op die kleinlike apartheidsmaatreëls van destyds, dan is dit duidelik dat die Afrikaanse tradisie ten minste ewe veel ruimte bied vir dit wat Nietzsche “ontydgenootlike denke” genoem het.
Chris Louw het vir ons gedemonstreer dat diegene wat apartheid uitgedink het en dan veral die kleinlike diskriminerende maatreëls wat mense verbied het om hotelle en strande te gebruik, of bankies in parke, nou weer eens die voorstanders is van politieke erfsonde en die ideologie van skuld. Op dié manier poog die eertydse Afrkaner-establishment om ons toekoms te kaap ter wille van hul eie tydelike gewin en aansien by die maghebber van tans. Ek is egter oortuig dat die Willem de Klerks en die Willie Esterhuyses reeds mee afgereken is en inderdaad geen geloofwaardigheid meer het by die breë Afrikaanse bevolking nie.
‘n Groter probleem is diegene – en dan veral die hordes internasionale opportuniste -wat reeds om ‘n verskeidenheid bedenklike redes hulself met apartheid bemoei het. Hulle dra by om die mites oor ons verlede in stand te hou. Ek is bevrees dit gaan meer as een skop verg om hulle van die toneel te laat verdwyn. Dit waarteen ek my baie sterk uitspreek in my opstel oor die Waarheidskommissie, naamlik die gelykstelling van apartheid met nazisme, is een van die grootste klugte van ons tyd wat ons reeds geweldige skade berokken het en ‘n groot klomp Afrikaners van hul eie tradisie en selfs van hul eie land vervreem het. Dit is ook die onderliggende veronderstelling van die pro-skuldfaksie. ‘n Onderdeel van die gelykstelling van apartheid met nazisme is dat apartheid gekleurde mense in Suid-Afrika in so ‘n mate benadeel het dat hulle as’t ware sit met ‘n geweldige agterstand wat nou op kunsmatige wyse “ingehaal” moet word. Dit verteenwoordig onder meer die regverdiging, nie net vir regstellende aksie nie, maar ook vir oproepe tot ‘n radikale herverspreiding van rykdom in Suid-Afrika, betaling van vergoeding, ens.
Vir die ontydgenootlike denker, vir die nugtere ontleder van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, gaan die argumente van die pro-skuldfaksie, van mense soos Antjie Krog en Carl Niehaus en hul abortiewe Tuiste-vir-almal-veldtog, eenvoudig nie op nie. ‘n Onbevange kyk na ons verlede en na apartheid lewer ‘n heel ander prentjie op as die een wat gewoonlik in sulke emosionele – nee, histeriese – terme geskilder word.
As iemand wat tydens die hoogty van internasionale anti-apartheid in Europa gewoon het, kan ek onomwonde sê dat anti-apartheid so ‘n skewe beeld van Suid-Afrika voorgehou het dat dit net in terme van psigopatologie verstaan kan word. Dit was ‘n psigose wat gevoed is uit die vele probleme met immigrasie en etniese naasbestaan regoor die wêreld, ofte wel die interne politiek van baie Westerse lande. Ook die Wes-Europese Kommunistiese Partye, wat met hul rug teen die muur baklei het in die doodsnikke van die sosialistiese droom, het in anti-apartheid ‘n handige handperd gevind om hulself ‘n legitimiteit te probeer gee wat hul eie ideologie lank nie meer gebied het nie.
Indien die NP-verligtes en hul blufspel Oom Apartheid was, dan wasAntie Apartheid nie veel beter nie. Ook sy is aangevuur deur ‘n byna fantasmagoriese voorstelling van die Suid-Afrikaanse werklikheid, wat vandag steeds ‘n rol speel in die konflikte wat hul afspeel op die terreine van taal, grond, en beheer oor hulpbronne. Antie Apartheid is myns insiens ‘n veel gevaarliker kalant as Oom Apartheid, juis omdat dit op eg koloniale wyse aanvanklik vanuit die buiteland deur Suid-Afrikaanse bannelinge en hul oorsese bondgenote gevoer is en toe sedert 1994 in ‘n moralistiese stuiptrekking ter plaatse op ons losgelaat is. Soos ek in my opstel oor die WVK betoog, is anti-apartheid bloot die spieëlbeeld van apartheid, die Doppelgänger daarvan, en behoort dit in ‘n groot mate tot dieselfde paradigma.
Anders as wat die Waarheidskommissie en oningeligte buitelanders wil beweer, was apartheid geen variant van nazisme nie, maar in baie opsigte soortgelyk aan hedendaagse opvattinge soos regstellende aksie wat ook differensieer tussen rasse en groepe. Apartheid het, by die bekende negatiewe aspekte wat ons al tot vervelens toe gehoor het, en wat dikwels geheel en al oordryf word, ook heelwat positiewe elemente bevat. Weer eens, wil ek geen apologie lewer vir apartheid as sodanig nie, maar ter wille van billikheid en om die skuldpsigose finaal die nekslag toe te doen, moet sekere dinge beklemtoon word:
- Soos Hermann Giliomee onlangs aangetoon het, was die grootste enkele bydrae van apartheid dat dit Suid-Afrika tydens ‘n kritieke fase van ons kontinent se geskiedenis gevrywaar het van die vergrype van Afrika-bevryding en allerlei rampspoedige ekonomiese eksperimente wat gelei het tot intense armoede, burgerlike konflik en selfs burgeroorloë. Dit ly by my geen twyfel dat indien algemene stemreg vóór die val van die Berlynse muur ingestel sou gewees het, Suid-Afrika maklik die paadjie van Mosambiek of Angola kon geloop het. ‘n Land soos Angola beskik inderdaad oor geen staat meer nie, kan kwalik belastings invorder en geen basiese dienste aan sy bevolking lewer nie.
- Onder apartheid is die onderwysstelsel vir swartmense drasties uitgebrei en tot net voor die Soweto-onluste het die destydse Bantoe-onderwys veel beter resultate met minder geld behaal as die huidige stelsel, in weerwil van ongelyke besteding. Volgens dr. Katherine Heugh, ‘n opvoedkundige van die Universiteit van Kaapstad, was die matriekslaagsyfer selfs tydens 1976 toe die onderwys in Soweto ontwrig is, ongeveer 83% teenoor die huidige 50% of minder.
- Onder apartheid is inheemse Afrikatale ontwikkel soos in geen ander land in Afrika nie. Afrikaners het grootliks bygedra om voorgeskrewe boeke vir swart skole in die inheemse tale te ontwikkel, en daar was op ‘n stadium pakhuise vol van hierdie boeke. Dit is bekend dat die swart leerlinge van Soweto in 1976 Afrikaans verwerp het, dog min mense dra kennis dat hulle van hierdie datum af ook onderrig in hul eie tale afgesweer het, wat ‘n rampspoedige periode van mislukking en hoë druipsyfers onder swart leerlinge ingelui het. Deel van die ontwikkeling van Afrikatale het behels die sogenaamde “Radio Bantoesenders” van die ou SAUK wat gewilde programme in plaaslike tale uitgesaai het. Onder apartheid is die meeste van hierdie tale insgelyks gepromoveer tot televisietale. Aan die einde van apartheid was daar slegs ses inheemse Afrikatale, Afrikaans uitgesonder, wat op televisie gebruik is, waarvan vier in Suid-Afrika.
- Twee van die beste aanwysers van mense se welvaart is die kindersterftesyfer en die gemiddelde lewensverwagting van ‘n bevolking. Die ou Sowjet-Unie het fiktiewe ekonomiese statistiek gepubliseer ten einde die illusie van welvaart te skep, maar in die laaste dekades van kommunisme het die kindersterftesyfer begin styg en die gemiddelde lewensverwagting begin daal, wat dit duidelik gemaak het dat toestande besig was om te versleg. Net so kan geen mate van propaganda oor die Suid-Afrikaanse verlede ontken dat die kindersterftesyfer onder swartmense tydens apartheid dramaties afgeneem het nie. Volgens statistieke wat ek onlangs raakgeloop het, het dit op die Witwatersrand, byvoorbeeld, vanaf 1949 tot 1961 gedaal van 280 per duisend tot 62 per duisend, ‘n duidelike verbetering. Weer eens volgens Hermann Giliomee, was die lewensverwagting van swart Suid-Afrikaners in die laaste dekade van apartheid ongeveer 68 jaar, wat goed vergelyk het met vele Westerse lande, en ver bokant die meeste lande in Afrika en Suid-Amerika verkeer het. Sedertdien het VIGS natuurlik hierdie syfer laat daal.
- Die Palestynse ambassadeur in Suid-Afrika het onlangs beweer dat alles wat hy oor apartheid hoor, klink soos die paradys, vergeleke met die situasie van die Palestyne. ‘n Tuisland soos die Transkei wat benewens ‘n nominale onafhanklikheid, regstreekse begrotingshulp van die sentrale regering ontvang het, asook landbouhulp, opleidingsprogramme, ens., sou vir vele volke ter wêreld, waarby hedendaagse Afrikaners ingesluit kan word, iets van ‘n utopie verteenwoordig. Die voormalige Transkei was veel groter as menige land in Wes-Europa met ‘n veel kleiner bevolking; boonop beskik dit oor vrugbare grond, goeie reënval en ‘n natuurskoon wat dit ‘n potensiële toeristeparadys maak. Hierdie vorm van etniese outonomie waarna vele van die staatlose volke op aarde smag, is egter binne die verwronge denke van anti-apartheid beskryf as die ekwivalent van nazisme en volksmoord. Die tuislandontwikkelingskorporasies het insgelyks miljarde rande, in vandag se terme, bestee aan landelike ontwikkeling, opleiding, infrastruktuur, en in vele tuislande swart ondernemers en sakemanne gevestig wat vandag toe nog hul ondernemings bedryf.
- Weliswaar was swartmense onder apartheid tweedeklasburgers. Die swart Amerikaanse ekonoom Thomas Sowell skryf egter iewers dat dit beter is om ‘n tweedeklasburger in ‘n land met wet en orde, asook min of meer goeie administrasie, te wees, as om deur te gaan vir ‘n eersteklasburger in ‘n land waar daar verval, korrupsie en wanorde heers. Swartmense uit vele buurlande van Suid-Afrika het tydens die sogenaamde apartheidsjare dieselfde afleiding gemaak, en met hulle voete gestem vir apartheid en teen die tirannie van uhuru in hul eie lande. Onder apartheid moes Suid-Afrika probeer om immigrasie na die land te keer, terwyl Oos-Duitsers so desperaat was om uit hul werkersparadys te ontsnap dat hul regering dit goedgedink het om ‘n betonmuur met gewapende wagte tussen hulle en hul taalgenote in Wes-Duitsland op te rig. Die kontras kan nie groter wees nie, en sê iets aangaande die werklike aard van apartheid en kommunisme. Indiër-Suid-Afrikaners, wat ook nie eiendom in sekere gebiede kon besit nie, het dit reggekry om dieselfde opvoedkundige en lewenstandaard as blankes te bereik onder apartheid. Dit toon aan in welke mate die beperkings op mense om hul eie welvaart te verbeter onder apartheid eintlik veel minder was as wat die meeste mense sou wou toegee.
- Onder apartheid was slegs 7% van werkkategorieë onderworpe aan werkreservering, hoofsaaklik in die mynboubedryf, iets wat terug te voer is na die 1922-staking toe die SAKP dit óók voorgestaan het. Onder die huidige regstellende aksie is 100% van arbeidskategorieë onderworpe aan rassekwotas, wat aantoon dat die ingryping in die arbeidsmark tans veel radikaler en omvattender is as onder apartheid.
- Die toestand van die openbare gesondheidsektor was veel beter as nou, en ‘n hospitaal soos Baragwanath in Soweto het ‘n veel beter diens aan sy pasiënte gelewer as tans.
Suid-Afrika gaan tans deur ‘n hele aantal radikale veranderinge wat sommige al as ‘n revolusie bestempel het. In enige so ‘n situasie is daar ‘n revolusionêre voorhoede wat poog om die bates van die vorige elite vir homself op te eis of te konfiskeer, ten einde sigself as die nuwe élite te vestig. Die huidige elite het dus ‘n materiële belang daarby om die skuldideologie in stand te hou.
Tydens ‘n onlangse besoek aan Kuba, het die Minister van Buitelandse Sake, mev. Nskosasana Dhlamini-Zuma, haar as volg uitgelaat oor kritiek op Kuba se swak menseregterekord en gebrek aan veelpartydemokrasie: “Wat is belangriker? Dat mense stemreg het, of dat hulle beter lewensgehalte behoort te hê?” Uit die mond van ‘n ANC-minister vind ons dus die volmaakte regverdiging vir apartheid.
As iemand wat nooit vir die NP gestem het, of ‘n ondersteuner van apartheid was nie, is dit miskien maklik vir my om te praat. Ek is egter van mening dat selfs ondersteuners van apartheid, gegewe die verlede van relatiewe voorspoed, ontwikkeling, asook oordrag van rykdom vanaf blankes na swartmense, kwalik rede het om aan ‘n oordrewe skuldkompleks te ly. Selfs Minister Dhlamini-Zuma stem hiermee saam.

” ‘n Land soos Angola beskik inderdaad oor geen staat meer nie, kan kwalik belastings invorder … ”
Die ‘Nuwe Suid-Afrika’ is BAIE naby aan so ‘n staat! Etol is so ‘n “kan kwalik belastings invorder” situasie. Onlangse SARS omwentelinge ondersteun die gedagte. Nene kan die gemors nie regruk nie.
http://www.youtube.com/watch?v=XnHIeXQCfog
Al die infrastruktuur in die hande van die staat is so vervalle – dat ‘n hele weermag Ramaphosa’s dit nie kan regruk nie!
Afrikaners – is julle gereed vir anargie?
Hierdie video-greep het ek al vantevore gesien, dit sluit nogal goed aan by die onderwerp van bespreking, “… of die geskiedenis gee jou ‘n skop op jou sitvlak …” – in die geval, Nene het sy g*t gesien sonder ‘n spieel. Nietemin, ek het weereens lekker gelag.
Sy son het ondergegaan.
Dankie vir die rubriek.
Na my mening, is daar hoegenaamd geen rede om aan enige skuldlas te ly nie.
Ek moet noodwendig Dr Verwoerd hierby betrek. Hy was doodeenvoudig die beste staatsman wat Suid-Afrika ooit gehad het. Hy was ‘n realis, pragmatis, iemand wat die beste vir almal wou bewerkstellig. Daarvan getuig die behuising, verpligte onderwys, die skole wat vir hulle gebou is. Selfs die Zoeloe-koning het hom beskryf as ‘n vriend van die swartman.
Punt wat ek wil maak, swartes sal altyd aan ‘n minderwaardigheidskompleks ly en die liberale probeer kliphard om elke Blanke skuldig te laat voel oor die verlede.
NOGMAALS, ek ly geensins aan enige skuldlas nie.
Dankie vir die aanmerking oor dr. Verwoerd. Nelson Mandela was geen vriend van die swartman nie – hy was ‘n vriend van die kommunis. Toevallig was sommiges van hulle swart.
Dr. Verwoerd was ‘n ware vriend van die swartman, bruinman en witman. ‘n Ware held.
Ons deel dieselfde sentimente. Hoe vorder jou projek ?
Kan nie beter nie. Ek het gevind dat ‘n eenvoudige manier om Apartheid beter te rasionaliseer, is om die hedendaagse “argitek van Apartheid” se wonderlike karakter en houding teenoor swartmense uit te wys. Dit help dat soveel swart leiers hom bewonder het. Daardie versteekte getuigskrifte kom nou na vore. Wat die post-Verwoerdiaanse Apartheid rasionaliseer, is wat dr. Roodt van praat – statistieke en resultate van projekte. Begrotings. Lewenstandaarde.
Al wat ek kan sê is dat ek opgewonde is!
P.S. Wie sal dit waag om ‘n boek te skryf – “Verwoerd: Friend of the Black Man”?
Absoluut seker : Ek onthou hoe die Swartes op straat gehuil het oor sy moord.- ‘Wie sal nou na ons omsien?…” was hul vraag.
in Duitsland is er zeker bij de 3e generatie volledig terecht, ook geen enkel begrip aangaande overerving van de opa en oma aangerekende morele/juridische schuld vertaalt in financieel economische collectieve schuld !!!!!
Overigens worden Oost Duitse kinderen tegenwoordig NIETS aangerekend betreffende de levens van hun Väter und Mütter.
Collectieve bestraffing van de Boere Afrikaners in deze falende anc sakp schurkenstaat is met Plaasmoord op de boeg een misdaad tegen de menselijkheid onder de ogen van de VN zoals onder de ogen van de Volkenbond het Sovjet rijk van het kwaad kon woekeren.
Dat BV! een Boere seun of dogter van 20 jaar oud in deze vrije democratische rechtstaat moet vrezen voor het leven van de familie op de boerderij en op velerlei manieren emotioneel, sociaalmaatschappelijk, economisch wordt belast mist elke maar dan ook elke morele grond en is niets anders dan ‘Sovjet recht’.
Interessante stuk deur prof T.T. Cloete ( hy is in 1924 gebore!) in vandag se Rapport:
http://www.netwerk24.com/stemme/2014-12-21-sonder-diverse-kulture-gn-kleur
Geen speld tussen te krijgen, Henrietta.
Maar helaas is er voor feiten en redelijkheid niet veel plek in een opgestookt gekkenhuis en extreem crimineel rovershol.
Jammer dat de allochtoon van de laatste 50 jaar als prioriteit voor de linkse sociale kerk in het Westen zo’n aanspraak maakt op/ aanslag pleegt op, de huizen, pensioenen, medische verzekering etc etc. welke uitsluitend zijn opgebouwd met hard werken over generaties door de autochtonen.
Waarbij gesteld dat er niet 1 klaploper zo graag naar Holland komt om de molens te bewonderen of om bij te dragen aan uitbouw van welvaart en welzijn want die is er gewoonweg niet (meer) !
Omdat dan nou nog te voorzien van totaal misplaatste kreten als ‘ migratie is er altijd geweest’ is ronduit te erg voor woorden terwijl een meneer Hans Janmaat 25 jaar lang werd gekielhaald door de totaal verlinkste afbrekende politiek en ‘recht’ en Pim Fortuyn ‘Verwoerd-achtig’ ook nog enigzins opkomend voor de Nederlander dus voor racist uitgemaakt, werd geliquideerd…….. U kent dat wel.
Geen rede vir enige skuldlas nie. Ek kom dit elke dag meer en meer agter. Pragtige stuk, dr Roodt. ‘n Gebalanseerde herevaluering van Apartheid gaan die belangrikste taak van ons tyd word en fundamenteel wees vir ons voortbestaan. Ek en my “navorsingspan” het nou al duisende feite en statistieke en redenasies saamgestel. Net vir die wis en die onwis. Ek het gisteraand die volgende uit opgewondenheid binne 5 minute geskryf. Dit nadat ek ‘n paar bronne nageslaan het en ‘n paar somme gemaak het:
“Apartheid Land Distribution.
Was it fair to designate 14% of the land to 78% of the population?
1. At the time when land was distributed, blacks were only 68% of the total population, and not 78% like in 2014. The other 32% were whites and coloureds and other minority groups.
2. 2 million of the 8 million (25%) blacks in South Africa lived in the “white” cities and not in the homelands. 43% (68 minus 25) of the population thus had 14% of the land (the homelands). The remaining 57% of the population (32% (whites and coloureds) plus the 25% of blacks in the cities) thus had access to 86% of the land.
3. But the non-homeland areas were extremely unfertile in most areas and consisted of 80+ % semi-desert. Only 10% of the non-homeland land was available for cultivation, while the homelands were some of the most fertile areas in South Africa with high rainfall and ideal temperatures. People only lived in 15% of the non-homeland areas. 15% of 86% of the land is 13% of the total area of South Africa.
57% of the population (whites, coloureds and blacks working in cities) thus effectively had 13% of the total area of South Africa to live in or to farm on.
43% of the population (blacks in the homelands) thus had access to 14% of the land, where they could farm and live.
Blacks in the homelands thus had as a population group, solely more land to their posession than any other population group.
Sources:
Demographics and Statistics of South Africa (1991 Sensus)
Yearbook of the Republic of South Africa, 1985
South African Profile, 1978″
Interessant, nê?
Kan nie wag om sulke feite onder sommige “verligtes” se neuse te begin vryf nie. Soos dr. Roodt opgemerk het is ‘n paar ou koerante en boeke dodelik vir enige fantasie-verlede wat gepropageer word. Ons sal nie verder skuldig voel nie. Die skuldlas sal eenvoudig vernietig word met feite.
Die moord op Verwoerd deur mede Wittes is die wentelpunt waar om ons skuldlas draai.
Die skuldlas is op die moordenaars van Verwoerd.
Ongelukkig [nie toevallig nie] was dit juis Nazi Vorster wat toe die NP op ‘n dodelike selfmoord mindeheidsdiktatuur pad na afgrond gestuur het.
Tsafendastan het grooot welvaart vir sekere wittes geskep ten koste van alles en almal.
Ek is seker Dr Dan of enigeen sal hierdie gatskop van die geskiedenis nie kan ontken nie.
Goeie stuk werk Dr Roodt. Die eenvoudige sillogismesis word gebou op ‘n foutiewelike premis dat Apartheid ‘n misdaad teen die mensdom is. Dan se 8 punte wys die probleem hiermee duidelik uit. Hierdie premis moes ook ondersteun word deur leuns oor hoeveel swartes dan deur die “Apartheidsregering” afgemaai sou gewees het. Dit is bloot ‘n stok wat gevind is om mee te slaan.
Geskiedenis is bloot die toepassing van huidige ideologie op die verlede en dit is hoe ons geskiedenis verander word om ons toekoms te manipuleer, net soos in 1984 van George Orwell (die man was ‘n profeet). Die verandering is ‘n uitgewerkte strategie en word blindelings gevolg deur bruikbare idiote, meelopers en diesulkes wie se wêreldse heil in die ondersteuning daarvan lê. Dis niks anders nie.
Nee, ek is trots op my geskiedenis en op my voorouers en dit wat hulle gedoen het, ek het geen skuldlas nie.
Die afgelope tyd het ek begin wonder oor die “meelopers” en
die hoekom hulle meelopers is. Hiermee sluit n mens natuurlik die verslegte
Afrikaners (hulle is n realiteit) uit. Meelopers is die groep wat hard gewerk
het om vir hulle n toekoms te bou en deur die swartes te plesier behou hulle
die voordeel van hulle arbeid intakt en floreer.
Is hierdie groep mense dan werklik so verkeerd? Kan n mens
nie dalk by hulle slim strategie leer nie? Per slot van rekening is die swartes
wat hulle is – hulle eie grootste vyande en een of ander stadium gaan hierdie
kaartehuis van hulle induie stort en dan gaan dit die “meelopers” wees wat in n
posisie gaan wees om effektief te wees. Ek begin tot die gevolgtrekking kom dat
“regs” is nodig om perspektief te behou maar die uitgelese “meelopers/watertrappers”
is noodsaaklik.
Wens ek kon jou ‘n drukkie gee vir hierdie basiese oorlewingsstrategie [ operasionele denke]
Net soos jy beskryf IS die swartes wat hulle IS – hul eie grootste vyand.
Ons is egter ook ons eie vyand met die verskil dat ons besit wat nodig is om dit te oorwin. [We got what it takes to overcome..]
Die swartes besit nie daai vermoeens nie maar dis hul eie probleem.
Liefdadigheid begin tuis.
Jan op Jou opmerking “Liefdadigheid begin tuis” wil ek met jou die volgende deel:
Ek het al so baie gedroom dat Solidariteit of n groep vermoende entrepeneurs n gebied wil aankoop en vir armblankes daar huisves met n fabriek langsaan om vir hulle werk te skep. Die swartes sorg met ons geld net vir swartes wat in elkgeval alles weer afbreek – wie sorg vir ons armblankes wat kan baat vind by opheffings werk?
Dis waar ek 25 jaar gelede besef het dat die nuwe SA so nuut soos Parazania is. Ek moet heel onder by die ekonomie intree met net my eie arbeid en nie enige hulp varwag nie.
Oom Tommy het begin spookasem verkoop en baie welvarend geword. Die SA Ingeneurs in Canada verkoop hamburgers. Net so in Australie slaan die ‘Saffers’ die tellermasjiene in winkels Die Jode was die velleverkopers en smouse destyds in die OosKaap.
Werkreservering is die grootste gatskopper van ons geskiedenis. na Verwoerd se moord.
Ons sal ons vryheid herwin soos wat ons dit verloor het- met ons eie arbeid.
Solidariteit help daarmee in Orania. Maar Orania durf nie ‘n plakkerskamp word nie.- dit moet wetenskaplik ontwikkel word van dorp tot stad soos Singapoer op gebalanseerde wyse.
Daar is reeds geweldige behoefte aan vakmanne en meesterbouers en tegnisie.en ambagsmanne en alle arbeiders
Raak betrokke om jou spaargeldjies te belê teen die beste rentekoers in hierdie fantastiese streeksontwikkeling wat reeds die wêreld se verbeelding aangryp
Dit is ook opmerklik dat diegene wat deesdae voor in die koor is om blanke skuld aan te blaas, juis onder die enkeles was wat wel destyds voordeel getrek het. Ek praat natuurlik van die Broerderbond, wat byvoorbeeld dmv die Broederpers – Naspers – sit en meen te vertel hoe boos apartheid was. Naspers, wat gestig is destyds juis om die NP te ondersteun.