Totale aanslag op Afrikaans

Terwyl die frase “totale aanslag” deesdae weer veld wen onder kenners om die allesomvattende konflik te beskryf waarin Afrikaners hulself bevind, is PRAAG oor die afgelope weke deur verskeie individue genader wat hul misnoeë uitgespreek het oor die ongekende ondermyning van die Afrikaanse taal wat tans plaasvind.

Provinsiale onderwysdepartemente wil Afrikaanse skole beëindig deur model-C-skole met lokasieskole saam te smelt. In Gauteng word Afrikaanse skole reeds die afgelope paar jaar gedreig dat hulle na Engels toe moet oorskakel om swart leerlinge aan te trek.

Akademiese publikasies in Afrikaans sal nie meer vir staatsubsidie kwalifiseer nie omdat hulle nie “internasionaal toeganklik” is soos Engelse publikasies nie. Die meerderheid Afrikaanse akademici publiseer reeds in Engels uit vrees dat hul Afrikaanse publikasies nie deur die owerheid en die NRF (National Research Foundation, ou RGN) erken sal word nie. Tot dusver word ‘n klein aantal Afrikaanse tydskrifte egter steeds vir publikasie erken, maar indien al die akademici na Engels oorskakel, sal dié tydskrifte in elk geval wegkwyn en tot niet gaan.

Dit is algemeen bekend dat neurolinguïstiese programmering internasionaal deur die VSA, Brittanje en Israel se geheimedienste gebruik word om hele bevolkings te beïnvloed. ‘n Kundige met wie PRAAG gesels het, meen dat dit ook in Suid-Afrika aangewend word om “Afrikaners mak en gedienstig te hou”. Hy sê: “Daar was nog nooit soveel plaasmoorde en geweld soos tans nie. Ook word daar op alle gebiede teen Afrikaners gediskrimineer. Maar daar is beswaarlik enige verbale kritiek wat deur Afrikaners uitgespreek word. Hoe verklaar ‘n mens dit? Die Afrikaanse taal self word egter deur geheimedienste as ‘n probleem gesien omdat hulle nie volkome beheer het oor wat in Afrikaans gesê en geskryf word nie, anders as in Engels waar hulle oor wêreldwye netwerke beskik en na willekeur bevolkings kan opsweep of manipuleer. Dis daarom nie verbasend dat hulle poog om Afrikaans nou die doodskoot te gee nie.”

Volgens inligting tot PRAAG se beskikking, is die Nederlandse regering ook besig om ‘n akademiese aanslag op die Afrikaanse standaardtaal te befonds. Engelse taalkundiges aan die Universiteit van Kaapstad word deur Nederland betaal om in akademiese tydksrifte ‘n argument daarvoor uit te maak dat Standaardafrikaans eintlik die “taal van negentiende-eeuse rassiste” is wat van Afrikaans ‘n “witmanstaal” wou maak. Daarom moet Afrikaans soos ons dit ken afgetakel of uitgefasseer word ten gunste van Kleurlingafrikaans of ‘n stedelike soort Engels-kreools wat ‘n paar Afrikaanse woorde sal bevat en as die “nuwe Afrikaans” bekendgestel sal word. Taalkundiges aan die Universiteit van Stellenbosch, waaronder dr. Gerda Odendaal, is reeds met ‘n projek besig om Afrikaans te “herstandaardiseer”. Steun vir dié projek is ook deur die hoof van RSG, Magdaleen Kruger, uitgespreek.

Aan die Universiteit van Potchefstroom, waar prof. Hans du Plessis in 2006 Afrikaans as ‘n “gemorstaal” beskryf het, word daar ook gewerk aan ‘n politieke projek om beheer oor Afrikaanse instellings soos die Akademie en die Taalkommissie aan meer Engels-georiënteerde kleurlinge oor te dra. So iets sou die invoer van ‘n nuwe standaardtaal of Engels-kreools vergemaklik. Prof. Wannie Carstens, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, het verlede jaar op LitNet in ‘n lang artikel die Naspersideoloog Leopold Scholtz aangehaal wat gesê het:

“Afrikaans moet die instrument van aanvaarding en transformasie wees […].”

Onder “transformasie” word ‘n revolusionêre verandering in Suid-Afrika, maar ook ‘n revolusionêre wysiging van Afrikaans in die rigting van Engels-kreools verstaan, wat die taal as ‘n minder belangrike onderdeel van Britse en Suid-Afrikaanse Engels sal vestig.

Afrikaans moet dus nie net van buite deur middel van diskriminerende maatreëls en die marginalisering van die taal onderdruk word nie, maar ook van binne gerysmier en “getransformeer” word om meer soos Engels en die gemengde taal van die Kaapse vlakte te klink.

30 thoughts on “Totale aanslag op Afrikaans”

  1. ‘dank voer die bloeeme out nedelerand’ zijn bekende pauselijke Pietersplein woorden zo rond Pasen
    en ook EU gelovige en Plaasmoord ontkennende ‘Timmerfrans’ spreekt vele talen.
    Mooi.
    Beide drukke meneertjes zijn met duivelsgezant Barry grote voorvechters voor de vervanging en ondergang van hun ‘eigen onderdanen’ en vooral die uit protestante christelijke kring. Welke ook nog eens wordt kleingehouden en dus onderdrukt met een wereldwijde katholieke vrijmetselaars claimsadjusting industrie, die hun bedreigingen vanuit apert onjuiste en onvolledige slavenhistorie het hoofd biedt. Slikken of stikken.

    Zo heeft men in Nederland ook een medisch stelsel waar de echte Nederlander mee uitgekleed en zelfs vermoord wordt om plek te maken voor Eritreers, Somaliërs, Marokkanen en al wat diens meer zij als proeftuin voor de VS ‘hervorming’.
    Van dit soort geen woord, in geen taal, over de Soviet structuur deportatie en moordende bezigheid met injecties van o.m. oude mensen in de staatstehuizen welke ook in omringende landen voortwoekert en niet over de voorziene ‘killing fields’ van SA waar oude Boere worden ‘opgeofferd’ in Plaasmoord.

    Gelukkig kan de Nederlander bouwen op de rechte rug van ministertje Plasterk die, uiterst zwak de bespieding van het eigen ‘volk’ door de eigen diensten kon doorschuiven naar diensten van overzee.
    Zo zal de toekomstige getroffene en beschuldigde, uiteraard uit conservatieve rechtgeaarde protestante dus oorspronkelijk naastenliefde praktiserende kant, nooit weten wie hem nou ‘überwacht’ maar wel welk deel van ‘het volk’ dat betaalt ;-(

    Een tip voor de ‘nederlandse regering’ nog ter bezuiniging als aanvulling op de bont versierde Prinsjesdag met wederom paus Frans vriendin en miljoenenschenker Maxima in het rood als klapstuk : Plastic bloeeeme. Kunnen na een povere begrafenis van 8500 € voor een bejaarde wellicht voor hergebruik worden doorgestuurd naar een Boere begrafenis van een naaste aan wat eens Kaap de goede Hoop was.

    ” de Nederlander bestaat niet”
    (meer) en de Boer ook niet ? ”
    Nou blijven we ondanks alle commotie en grotendeels openbare discussie achter met de vraag als in het Oscar drama : alleen Maxima zelf weet het.

  2. Dit is veral opmerklik hoe hierdie aanvalle vanuit dieselfde oorde kom – weer en weer. Is dit nog die moeite werd om enigsins aandag te gee aan akademia? Is dit wys om jou kinders na hierdie wors fabrieke van Sosialistiese en anti-wit, anti-Afrikaner haat propaganda te stuur? Is daar enige waarde daarin aangesien akademici dit goedvind om hulself as bruikbare idiote te laat gebruik en hulself goed van hul taak te kwyt om universiteite se reputasies te verneder? Ek persoonlik is van die opinie dat akademici nie in die regte wereld kan funksioneer nie en dat hul almal ly aan kognitiewe dissonansie en ‘n gewilligheid om prostituut te speel. Die dat die akademise standaarde taan tot van die laagstes in die wereld.

    1. Geesteswetenskappe behoort toegemaak te word, want dit het geen funksie behalwe om die kulturele Marxisme (KM) oor te dra nie. Die wetenskappe is uiteraard van ontsettende belang, want KM is te dom om dit te beheer. Dus weet ek nie mooi wat jy vra nie. As jy oor laasgenoemde praat, is jy een van die KMers, want dis al wat tussen hulle en totale beheer staan

      1. Ek stem saam met jou oor Geestes Wetenskappe maar selfs die Natuur Wetenskappe is nie losgemaak van die invloed van Kulturele Marxiste – of KM soos jy dit afkort – nie. Ons almal is bewus van Djonitin se verpligte eerstejaars indoktrinasie kurses en ek sal geld daarop verwed dat dit nie uniek is nie. Soos Praag hierbo meld word mense geforseer om om in Engels te publiseer en soos familie (wat nou doktorale probeer verwerf) my vertel moet jou skrywe aan die politieke korrekte en hoofstroom aanvaarde standaarde voldoen anders word die nie gepubliseer en erken nie.

        So wat is jou punt dan nou eintlik? Dat natuur wetenskapilikes die enigste versperring is tussen die links verkramptes en die waarheid? Dit maak geen sin indien jy bg in ag neem nie. Wat tussen totale beheer en die waarheid staan is mense soos ek, Rooikop, Dolk, Manfred Delport, Albert Brenner, Hans Onrust, Johann Theron, Johan PB Prinsloo en Dan Roodt. Slegs wanneer die natuur wetenskaplikes gewillig is om teen die stroom te swem val hulle in hierdie kategorie

          1. Karel as ek almal hier op Praag moet noem wat in die pad van die “verligtheid” staan moet ek eers die lede lys steel

        1. Die slim Afrikaners in die stelsel haat dit ook en hulle is nie by GW nie. Die GW/KM infiltrasie se rakleeftyd is omtrent verby in die VSA waar dit uitgebroei het met “endowments” en wat Blade net so oorgeneem het hier. Daar is miljoene gegradueerdes in die VSA wat bokkerol met hulle KM graadjie kan doen. Die las is te groot op Afrikaners alleen om ‘n universiteit te dra. Die staat of bedrywe moet dit doen

    2. Dit is ongelukkig dat ons ons kinders aan hierdie blatante haters moet blootstel – meeste is maar akademiese prostitute – gaan waar die geld is – m.a.w. te slap om stroomop te swem. As jy nie skryf wat die wêreld wil hoor nie, dan word jy nie gepubliseer nie.

  3. ” Afrikaans moet die instrument van aanvaarding en transformasie wees […].” Se MMMM – Afrikaans is die taal van selfbehoud, aanhou bestaan ten spyte van al die aanvalle op jou geloof, jou volk, jou menswees. Dit is wat met ons voorouers gebeur het, hulle is gendagilik in die lewe gehou en dit is hoekom ons vandag hier is. Dit is ook hieroor dat die wêreldmagte ons heeltyd wil aanval en uitwis.

  4. Dis moeilik om iets soos hierdie te lees sonder om onbeheersd aan die stik te gaan. As Afrikaans die taal van die negentiende eeuse rassisme is, wat is Engels dan? Is Engels dan nie juis die taal van negentiende eeuse kolonialisme en imperialisme nie? En die professor wat praat van ‘n “gemorstaal”. Dis dan juis hulle wat nou van Afrikaans ‘n gemorstaal wil maak. Dis alles so siek dat ‘n mens inderdaad daarvan wil kots

  5. Hier is ook iets wat in 2006 in Beeld verskyn het:

    Afrikaans eintlik ‘n ‘gemorstaal’
    Sep 29 2006 09:51:08:617PM – (SA)

    Hilda Fourie

    ‘In 1652 het die Nederlanders en Khoi ‘n gemors van Nederlands
    gemaak en daardie gemors se naam is Afrikaans.”

    Só het prof. Hans du Plessis, direkteur van die ATKV-skryfskool van
    die Noordwes-Universiteit, gister by ‘n taalberaad by die
    Voortrekkermonument in Pretoria gesê.

    Dié beraad is deel van die Voortrekkers se 75-jarige feesvieringe.

    “Baie mense dink Afrikaans het begin op 14 Augustus 1875 toe die
    taalbeweging gestig is. Dis ‘n fout. Afrikaans is gebore die oomblik
    toe Jan van Riebeeck sy voet aan wal in Afrika gesit het.

    “Jan van Riebeeck moes met die Khoi kontak maak. Die Khoi het probeer
    Nederlands praat. Dit was die eerste gemors.

    “Die tweede gemors was toe die slawe ook Nederlands probeer praat
    het.

    “Afrikaans het niks met wit te doen nie. Afrikaans behoort aan mense
    wat dit praat en gebruik,” het Du Plessis gesê.

    Vir prof. Debra Meyer, professor in biochemie aan die Universiteit van
    Johannesburg en weervoorspeller op SABC2, is dit een van die grootste
    struikelblokke in haar lewe wanneer iemand haar vra waar sy so mooi
    Afrikaans leer praat het.

    “Ek is bruin van velkleur en lyk nie soos ‘n tipiese kleurling nie,
    maar dis lekker om Afrikaans te kan praat.

    “Daar is niks fout met my Afrikaans nie. My mense verstaan my en my
    mense is dié wat Afrikaans praat,” het Meyer by die taalberaad gesê.

      1. Die FAK erken darem nog die ou ware gesiedenis. Die res is, soos jy sê, patetiese apologete. Hulle probeer so hard om te wys hoe ‘n ware post-1994 Afrikaner moet wees. ‘n Kruiper en skuldigvoelende aan ‘n vals weergawe van geskiedenis!

    1. Hans praat twak. Afrikaans het in 1652 nog Nederduijtsch geheet en dit was die spreektaal van die eerste blankes aan die Kaap. Nederduijtsch is ook die naam wat deur die VOC (Vereenigde Oost-Indische Compagnie) aan die taalvorm gegee is. Die eerste gemeente wat aan die Kaap gestig is, het dan ook die Nederduijtsche Gemeente van die Gereformeerde Kerk geheet.
      Die Nederduitse Gereformeerde Kerk het in 1571 in die stad Emden ontstaan. Emden wat tans in die Duitse deelstaat Nedersakse geleë is, was destyds deel van Oos-Friesland. In 1579 was dit die staatskerk van die Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande. In 1795 het dit onder die Franse oorheersing opgehou om as offisiële staatskerk te bestaan, maar dit kry in 1816 van koning Willem I ʼn nuwe reglement en die naam Nederlandse Hervormde Kerk. Die term Nederduits in die naam dien as ʼn voertaal onderskeiding van ander gereformeerde kerke, soos die Nederlandse, die Waalse, die Skotse, die Hoogduitse en die Engelse gereformeerde kerke.

    2. Volgens du Plessis het die Khoi probeer Nederlands praat en daaruit het n gemors ( Afrikaans)ontstaan . Nou wonder ek wat se gemors het ontstaan toe die Khoi Engels (?) met die Engelse sendelinge probeer praat het ? Of het hulle net gebaretaal gebruik ?

    3. Die “gemorstaal” was die eerste taal in Suid-Afrika wat ‘n alfabet en woordeboek gehad het. Die ander “nie-gemorstale” wat nou ook amptelike status geniet, het geen alfabet of woordeboek gehad in Suid-Afrika nie. Dit is die sogenaamde Shona-tale. Alles van Xhosa tot Sotho en Zoeloe.

        1. Jy is heeltemal reg. Swart ontwikkeling, swart nasionalisme, ens is tot stand gebring met die hulp van die Afrikaner. Vandag verdraai swartes daardie feit en sê ons het hulle onderdruk. Dr Verwoerd het gesê: “We are the people who brought civiliztion here, who made the present developments of black nationalism possible by bringing them education and showing them this way of life”. Die dankbaarheid daarvoor straal sommer vandag uit , of hoe?

  6. Net weer iets oor taal: Alle tale is ‘n geradbraakte vorm van iets anders. Frans, Italiaans, Spaans en Portugees van Latyn, ens. Engels is ‘n geradbraakte vorm van omtrent alles: Frans, Duits, Noorweegs, Deens en wie weet wat nog. Mettertyd word hierdie geradbraakte vorme geformaliseer en deur hulle letterkunde veredel. Dit is natuurlik ook die geval met Afrikaans. Om nou weer terug te krabbel na die oorspronklike invloede van die taal mag interessant wees vanuit ‘n akademiese oogpunt, maar vir enige ander doel het dit geen nut nie. Die Engelse gaan tog nou nie hulle taal afbreek om weer terug te keer na die oorspronklike Deense, Noorweegse, Yslandiese en weet nog watter komponente nie. Afrikaans is Afrikaans soos dit ontwikkel het en geformaliseer is en veredel is en basta met die ANC professors.

  7. Hoe meer ek van die “totale aanslag” lees, hoe meer besef ek dat Afrikaner nou sal moet wakker word en sy post-1994 lamsakkigheid afskud! Breinspoel en indoktrinasie het ons gebring waar ons nou is. Dit is hoekom 55% van Afrikaners volgens ‘n 2009 opname aangedui het dat hulle liberaal is. Indoktrinasie! Ek sê ons kort ‘n vorm van omgekeerde indoktrinasie wat die laaste 20 jaar se versindsels kan omswaai en die Afrikaner van mentaliteit kan laat verander. Ons kort werklik koerante, tydskrifte en films om ons volk te laat wakker skrik. En ek praat nou nie van Naspers nie, maar pro-Afrikaanse en nasionalistiese media wat privaat besit word deur Afrikaners. Die Transvaler, ‘n koerant in die 30’s gestig deur die Nasionale Party onder redaksie van dr. Verwoerd, is die rede hoekom die nasionaliste in 1948 kon seevier. Media is die antwoord. Hitler kon met propaganda miljoene Duitsers oortuig om aan iets waansinnigs deel te neem. Ek sal sê, in die krisis waarin die Afrikaner homself nou bevind, moet ons maar gebruik maak van ons geld en mag en spreekbuise op die been bring sodat ons die liberaliste en draadsitters kan help om by te pik en uit te wys dat ons volk verpletter word onder ons neuse. Biljoenêr Afrikaners – waar is julle?

Maak 'n opvolg-bydrae