Grondwethof beslis teen Solidariteit oor RA

Dirk Hermann, uitvoerende hoof van Solidariteit, het Dinsdagoggend gesê die Grondwethof se beslissing teen Renate Barnard laat hulle “bitter teleurgesteld”.

Barnard is blykbaar bevordering geweier in die polisie omdat sy wit is. Die saak het egter in die arbeidshof oor diensbillikheid gehandel en nie oor ras nie.

Barnard was ‘n luitenant-kolonel in die polisie, maar het intussen bedank om ‘n pos in die private sektor te aanvaar.

Solidariteit wat die saak namens Barnard gevoer het, het intussen weer ‘n aansoek in die arbeidshof in Johannesburg gebring oor die geldigheid van die polisie se diensbillikheidsplan. Die uitspraak word voorbehou.

Regter Dikgang Moseneke het namens die Grondwethof die appèlhof in Bloemfontein se aansoek in Barnard se guns tersyde gestel in die polisie se guns.

Volgens Moseneke is die polisie se diensbillikheidsplan in die gees van die Grondwet en is daar nie meriete in Barnard se aansoek teen die besluit van die nasionale polisiehoof nie.

Barnard is drie keer nie in ‘n vakante pos aangestel nie, vermoedelik omdat sy wit is, maar die saak het eerder gehandel oor meriete in regstellende aksie-aanstellings

11 thoughts on “Grondwethof beslis teen Solidariteit oor RA”

  1. Die hofsaak ding teen die regering en sy banale AAS praktyke ens het net vir so lank gewerk. Hulle het nou die regbank behoorlik getransformeer (nie net met swart regters nie maar met regters wat die regering se beleide napraat) en dus sal jy nie in hierdie land weer ‘n uitspraak kry wat teen die ANC se anti-blanke veldtog ingaan nie. Dieselfde geld ook vir ons eise tot selfbeskikking.

  2. Sou die sg grondwethof ten gunste van Renate Barnard beslis het, was die hele SEB/RA-klug ontmasker as die anti-blanke haatveldtog wat dit is. Natuurlik sal hulle selfs ‘n Appelhofuitspraak tersyde stel; dit het niks met geregtigheid te doen nie, maar alles met politieke dienstigheid aan die regime. Daarom is die grondwethof vol swartes gestop….

  3. Ek sit my en breek oor die laaste sin van die berig. L.W. nie oor Praag se rapportering nie, maar oor die inhoud vn die stelling wat gerapporteer word. Miskien is daar ‘n stukkie van die sin weg, want ek merk daar is geen punt nie. “Barnard is drie keer nie in ‘n vakante pos aangestel nie, vermoedelik omdat sy wit is, maar die saak het eerder gehandel oor meriete in regstellende aksie-aanstellings.” Dit wys tot watter mate taal en logika in ons verwronge samelewing al verwring is. Van watter “meriete” kan daar in regstellende aksie-aanstellings sprake wees? Die enigste “meriete” waarom dit in regstellende aksie-sake gaan is ras en niks anders nie. Op ‘n stadium was om ‘n vrou te wees skynbaar ook ‘n kriterium vir aanstelling of bevoordeling, maar geoordeel aan die Barnard-saak is selfs dit is nie meer die geval nie. Barnard se bevordering is geweier omdat sy wit is en vir geen ander rede nie. Ons magshebbers erken net een vorm van “meriete”: Jy moet swart wees anders is jou doppie geklink.

  4. “IN DIE GEES VAN DIE GRONDWET” volgens Moseneke.
    Is die “gees van die grondwet ” dan gewettigde rassisme en minderheidsonderdrukking ?
    Dis tyd om De Klerk voor ‘n hof te daag en hom laat verduidelik of hy die “gees’ van die grondwet ook so verstaan, want sien die klousule wat Regstellende Aksie en alles wat daaruit voortvloei verskyn in die Interim Grondwet (wet 200 van 1993) goedgekeur deur die vorige parlement en onderteken deur Staatspresident F.W. de Klerk. Hierdie wet was die finale resultaat van die NP se onderhandelinge met die ANC.
    Tot welke mate het De Klerk se JA-stemmers dit ook so verstaan ?
    Opvallend dat tussen 111 NP en 34 DP parlementslede NIEMAND die gevaar kon sien wat in klousule 3(a) van hierdie wet verskuil is nie. Die klousule wat die skepping van Regstellende Aksie moontlik maak.
    Het hierdie LV’s ooit die dokument gelees, of was hulle te bang om iets te se, of is die klousule dalkies tussen die parlementere stemmery en finale promulgering ingevoeg sonder dat iemand iets agtergekom het ?
    Die klousule is feitelik net so oorgedra in die 1996 finale weergawe van die grondwet. Daar geplaas met die hulp van ene Dr. Leon Wessels van PUK verEngelsing faam.
    Feit is net dat die RSA weergawe van Regstellende Aksie ‘n skrikwekkende ooreenkoms toon met Adolf Hitler se beleid jeens die Jode in Duitsland.
    Mens kan eintlik met reg se dat Moseneke en sy mede “clowns in green gowns ” Swart Nazisme gewettig het
    Hierdie bevinding van die Konstitusionele Hof gaan nog boemerang.

Maak 'n opvolg-bydrae