Michael le Cordeur en rasgegronde sportkwotas

Michael le Cordeur is reeds aan Praag-lesers as opvoedkundige en kenner van Afrikaans bekend. Opvoedkunde is sy doseeropdrag aan die Universiteit Stellenbosch (US) en as taalkundige het hy in so ‘n mate uitgemunt dat hy die voorsitter van die Afrikaanse Taalraad is. Hy het hom ook bewys as connoisseur van bruin kultuur, bv die mengeltaal Kaaps, die klopse en rieldans. Maar hierdie man is in sy eie oë so veelvlakkig soos ‘n goed geslypte diamant.

Op 12 deser het Le Cordeur nogeens ‘n forumartikel in Die Burger gepubliseer (p 11). Hierdie keer belig hy ‘n ander dimensie van sy deskundigheid. Hy “was 20 jaar by die administrasie van sport betrokke.” Sy frustrasie oor gewone mense se onkunde blyk uit hoe lank gelede (1997) hy reeds “‘n pleidooi om die speelveld gelyk te maak,” gelewer het. Dit is ANC-terminologie wat die teenoorgestelde beteken van wat gesê word. Le Cordeur en ander kamerade wil juis die speelveld ongelyk maak en dit word ten koste van blankes se belange gedoen. Tensy dit gebeur, kan nie-wittes in baie gevalle nie mededingend wees nie; op talle terreine, wat sport insluit.

Die aanleiding vir Le Cordeur se jongste artikel is ‘n brief van Bootjie van Mosselbaai wat op 26 Junie dit in Die Burger gewaag het om “net een vragie te vra”: Waarom is kwotas afdwingbaar by rugby maar nie by sokker nie? Le Cordeur assosieer rugby met blankes, spesifiek Afrikaners, en sokker met swartes. As ANC-aktivis voel hy hom dus geroepe om vir Bootjie tereg te wys. Le Cordeur het nie net in 1997 absolute helderheid oor hierdie saak gehad nie, want hy het glo ook in 2005 en 2010 opvolgartikels hieroor gepubliseer om aan ons gewone mense die waarheid te vertel. Wat volg is Le Cordeur se kenmerkende eensydigheid, gevoed deur bevooroordeeldheid. Danksy die heersende sug na politieke korrektheid verwag hy blykbaar dat hy sonder teenspraak sal wegkom met wat hy ook al kwytraak.

Glashelder en neerbuigend reageer Le Cordeur soos volg op Bootjie se vraag: “Die eenvoudige antwoord is dat sokker nooit ‘n uitsluitingsmeganisme gehad het nie.” Dit is soortgelyk aan die ANC-retoriek dat die vredesikoon Nelson Mandela nooit ‘n vlieg skade aangedoen het nie; dat hy net goed gedoen het en toe sluit die slegte wittes hierdie baasversoener sommer 27 jaar lank op. Dat Mandela ‘n geweldenaar was wat sy tronkstraf aansienlik kon verkort het as hy bereid sou wees om geweld af te sweer, word deur ANC-kornuite verswyg. Le Cordeur en sy mede-ANC-aktiviste gaan voort om te glo dat die absolute ontkenning van feite die beste manier is om andersdenkendes te oortuig. In die praktyk lewer hierdie strategie egter nie altyd die verlangde resultate nie.

“Omdat sokker van meet af aan ‘n multikulturele sport was, is kwotas onnodig.” Le Cordeur het sekerlik gehoop dat hy op hierdie blatante manier die debat gewen het. Die probleem is dat daar mense is wat die geskiedenis beter as Le Cordeur ken en dit nie probeer herskryf om eie politieke oogmerke te bereik nie. Willem Laubscher, Bettysbaai, skryf: “Voor die 1939-oorlog het klubs in die WP, soos Peninsula, Clyde en Hibernian, o.12- en o.16-spanne gehad. Alle spelers moes by die WP-sokkervereniging registreer” (Die Burger, 15 deser, p 14). Geboortesertifikate en voorkoms is gebruik om die etnisiteit van iedere speler te bepaal. Laubscher verwerp dus Le Cordeur se wilde bewering dat sokker nooit ‘n uitsluitingsmeganisme gehad het nie.

As neo- of skynswarte skaar Le Cordeur hom nie bloot by swartes en sokker nie. Hy neem daadwerklik standpunt teen blankes en rugby in. “Rugby, daarenteen, het bruin en swart spelers verbied om vir wit klubs en die Springbokspan te speel.” Na die politieke ramp van 1990/1994 het rasgebaseerde sportkwotas mode geword. Teen 1997 was kwotas, volgens Le Cordeur, (nog) nie beleid nie. “Dit was bedoel om slegs ‘n proses te wees totdat die speelveld in Suid-Afrika gelyk sou wees.”

Onderliggend aan Le Cordeur se standpunt is die ANC-dogma dat alle mense gelyk of wesenlik eenders is. Op alle gebiede, insluitende sport, moet die demografie weerspieël word. “Die doel [met kwotas] is om die demografiese wanbalans in die Suid-Afrikaanse nasionale spanne in die kortste moontlike tyd reg te stel.” As die demografie nie weerspieël word nie, word wittes en hulle rassebeleid, soos segregasie en apartheid, as die sondebokke geëtiketteer en nie-wittes as die benadeelde slagoffers voorgehou. Gerieflikheidshalwe word sokker nie aan hierdie demografietoets onderwerp nie. ‘n Mens mag mos nie in swart Afrika fout vind met bv die 100% swart Bafana Bafana in 2010 se Wêreldbekertoernooi nie. In werklikheid was dit ‘n doelbewuste ANC-gedienstige politieke skuif.

As Le Cordeur egter as selferkende sportkenner hom verwerdig om onbevooroordeeld na sport te kyk, sal hy sien dat swartes dwarsoor die wêreld nie uitmunt in sporte soos swem, tennis, gholf en fietsry nie. Swartes vaar dikwels beter as wittes in bv naellope. Pas het dit geblyk dat selfs in internasionale sokker die wittes steeds baas is. Pleks van (omstrede) lyste op te stel van die sportsoorte waarin onderskeidelik wittes en nie-wittes uitmunt, volstaan ek met hierdie onomstootlike feit: Mense verskil indiwidueel en etnies en hierdie verskille kan nie sonder meer aan ‘n bepaalde rassebeleid toegeskryf word nie. Fikile Mbalula, die minister van sport, se minstens 60% nie-wittes/swartes in bv die Suid-Afrikaanse swemspan gaan nie roem aan hierdie droewe land besorg nie. Mense sonder natuurlike swemtalent gaan in hierdie proses eerder versuip. (Le Cordeur noem mos dat sportkwotas ‘n proses is.) Met dooies kan daar nie ‘n nasie gebou word nie.

Geykte ANC-retoriek word deur Le Cordeur sonder meer herhaal, bv: “Suid-Afrika is die mees ongelyke land in die wêreld.” Is die toestand in alle lande deeglik nagegaan? In watter opsigte is Suid-Afrika die ongelykste? As dit waar is, is dit noodwendig die skuld van die blankes en hulle rassebeleid? Kom ongelykheid (bv intellektueel) nie ook doodgewoon/natuurlik by mense dwarsoor die wêreld voor nie?

Tot wanneer moet Le Cordeur se benadeeldes bevoordeel en wittes in dié “proses” benadeel en bv “beskikbare hulpbronne” gedeel word? “Totdat Suid-Afrika … waarlik gelyk is in elke faset van die lewe.” Dit is werklik en letterlik ongelooflik dat ‘n dosent met ‘n doktorsgraad so ‘n stelling kan maak. Baie mense (insluitende kinders) met ‘n bietjie gesonde verstand sal dadelik insien dat ‘n situasie waarin almal “waarlik gelyk is in elke faset van die lewe” nooit plaaslik of in enige ander land bereik kan word nie. By implikasie sê Le Cordeur dat regstellende aksie en sportkwotas (as ‘n onderdeel daarvan) gekom het om vir altyd te bly.

Bootjie van Mosselbaai vra tereg aan Le Cordeur: “Wanneer gaan die speelveld gelyk wees?” (Die Burger, 21 deser, p 10). Die kunsmatig geskepte “gelyke speelveld”, oftewel wanbalans, geld reeds so lank ten koste van blankes dat ‘n “gevoel van verontregting, diskriminasie en rassisme” by hulle gewek is. Bootjie noem “dat ons spansport tot middelmatigheid gedoem kan word indien die resultaat van die kwotabeleid nasiebou kan bevorder.” Die nasionale sokkerspan weerspieël sekerlik nie “die reënboognasie” nie.

Uit Le Cordeur se teks blyk dat hy op kenmerkende wyse nie-wittes/swartes as goed en blankes as sleg voorstel. Hy is sekerlik ook sterk ten gunste van politieke inmenging in sport. Maar was dit nie hy en ander UDF/ANC-aktiviste wat in die jare sewentig op die UWK-kampus (ek en hy daar) saam met internasionale sportorganisasies teen politieke inmenging kapsie gemaak het nie? Was dit nie hy en ander kamerade, soos Russel Botman, wat betoog het vir die afskaffing van alle rassediskriminasie nie? Waarom sou hy dan deesdae aan die Botman-US blatante rassediskriminasie by studente-toelating, die toekenning van studiebeurse, die aanstelling en bevordering van dosente, ens, goedkeur? Is dit nie dalk omdat die beleid nie-wittes bevoordeel en wittes benadeel nie? Is Le Cordeur se aanstelling aan die US, soos dié van myns insiens glad te veel ander mede-bruines, nie (deels) aan hierdie anti-akademiese beleid te wyte nie? Hy en sy etniese genote word bevoordeel. Maar omdat meriete deur rassistiese en seksistiese oorwegings oordonder word, is die vraag of sodanige beleid in die belang van die US as akademiese inrigting is.

Die gelyke speelveld waarna Le Cordeur verwys, is in werklikheid die teenoorgestelde, naamlik ‘n gefrabriseerde en hoogs ongelyke speelveld wat doelbewus teen die blankes gelaai is. Die punt wat ek wil stel, is dat Le Cordeur se standpunt oor hierdie speelveld sedert 1997 dieselfde gebly het. Daarteenoor het hy sedert die jare sewentig sy deuntjie oor politieke inmenging in sport en die afskaffing van alle rassediskriminasie verander. Die rede hiervoor is myns insiens opportunistiese bevoordeling van homself en sy etniese genote wat van bruin tot generies swart uitgebrei is.

10 thoughts on “Michael le Cordeur en rasgegronde sportkwotas”

  1. In die Vrystaat word daar ‘n kwotastelsel van ten minste agt wit en vier swart spelers (11 + 1 reserwe) in hul laerskoolkrieket-streekspanne afgedwing. Wanneer die seuns vir die Vrystaatspan gekies word, moet (word met presisie afgedwing) daar ses swart spelers en ses wit seuns in die o/13 en o/11-krieketspanne wees! Weet nie of Vrystaat-krieket dit sal erken nie, maar dit is die feite – op papier. Op hierdie manier word verskeie wit seuns wat andersins goed genoeg is, uitgesluit… ‘n wit seun moet dus absoluut begaafd wees om die span te haal.

  2. Die feit van die saak is dat daar nooit gelykheid kan wees in die NSA sonder om die Afrikaner se vermoe te onderdruk nie en hierdie enigste weg is diskriminasie soos wat die afgelope 20 jaar die geval is.

    Of ons aanvaar dit en leef volgens die derderwereldstandaard regering – of ons kry ons eie grondgebied en begin daar weer ons eerste wereld standaarde bou en uitleef, waar ons nie meer n bedreiging vir die swart en gekleurde mense se vermoee is nie. Daar is weliswaar mense soos Stolp, Kopdoek, van Niekerk en n paar ander wat heel gemaklik is met die huidige standaarde waar hulle soos gelukkige varke in die modder rol.
    Hulle egter kan nie bloot omdat hulle n witvel het vir ons Afrikaners besluit wat goed is vir ons nie. Van Le Condeur verwag ek niks anders as dat hy gelukkig is waar hy hom tans bevind nie sy behoeftes is anders as die Afrikanervolk sin.

  3. De ongelijkheid in het betalen van belasting, accijnzen en toenemend waanzinnig hoge boetes voor van alles en nog wat, t.b.v. multi culti tot de laatste Nederlander in Nederland, spat ervan van af.

    De bijdrages tot scholing en afroming via echtscheiding en erfenisrecht geven het beeld van betalen en werken aan de eigen ondergang.
    De etnische ongelijkheid in de medische sector inzake bijdrage en ontvangst heeft sinds de invoering van de basisverzekering ook daar een climax bereikt.

    Na 30 40 50 jaar ‘integratie’ is de Nederlander vergaand verarmd en zijn kerken gesloten en worden bejaarden doorgaans opgeborgen(gedeporteerd) en menswaardig platgespoten om de komst van nieuwe nederlanders ruim baan en gelijke kansen te geven.

    Hoe anders kan een land of volk miljoenen straatarme achterlijke ‘arme mensen’, vluchtelingen, gastarbeiders, allochtonen, nieuwkomers, moslims ‘gelijkheid’ bieden.

    Geen gelijkheid naar etniciteit op het gebied van voortplanting EN de verdere zorg ervoor.
    Witte Piet rent als knecht achter zwarte Sint aan.
    Geen gelijkheid in het Nederlands elftal maar ‘positieve discriminatie’. Wat in het Duitse elftal leidde tot vaste gewenste informeel verplichte opstelling van een ondermaats presterende Ozil en Khedeira.
    Terwijl geen wedstrijd voorbij ging zonder Bolsjewistisch geworteld anti racisme dus anti blank propaganda.
    Heb jij geen zwarte vrienden ben jij verdacht, zelfs als je geen tijd hebt voor vrienden omdat je je bejaarde moeder of kinderen moet verzorgen om ze uit de klauwen van het systeem te houden.

    En maar volledig uit historisch en moreel verband blijven dreigen met een claim voor slavernij waarbij er weer miljarden naar de Caribbean voor roversholen in Suriname en de Antillen moeten om de peilers van aangewakkerd zwart racisme te blijven ondersteunen met courtages van de architecten op de New Yorkse advocaten kantoren.
    Geen woord over wat alleen al bv. de komst naar Nederland van 300.000 Surinamers, meer dan de helft, sinds 1975 kostte en waar ‘de middelen’ zijn onttrokken.
    Aan elke individuele geboden gelijke kans hangen 1 of 2 mensenlevens van een vervroegd opgeruimd wordende ‘gastheer’ terwijl de ontkennende verdelers op weg naar tevredenheid de volgende grijpen.

    Jaag alle bestaande gezinnen, families, verenigingen, dorpen en steden en landen uit elkaar en ruim vooral de kerken op. Wie maalt er nog om de Beatrijs, Esmoreit, Floris ende Blancefloer, Van den vos Reinaerde ? Ik zal daar een beetje gaan luisteren naar Maanlicht van Beethoven, hoewel de grote gelijkmaker Lenin dat wel graag deed !?!? De nieuwe Nederlander eet een Big Mac, zuipt zich het mikmak aan cola, kijkt tv en laat zijn naasten barsten als de crack op is onder een beat van
    Mocht hij zijn leven op zoek naar spirituele diepgang willen beteren komt de gedachte al snel boven ‘alles achter te laten te gaan helpen in Afrika, ZWART AFRIKA’.
    Wat moet je anders in een zee van informele verwachtingen met hoge golven van ‘hoge moraliteit’ ?
    Of kan monsieur Le Cordeur wegwijs maken als het om individuele keuzevrijheid gaat ?

    p.s. van een connaisseur ? 😉

    https://www.youtube.com/watch?v=4Tr0otuiQuU

  4. “Om die speelveld gelyk te maak” en die Engelse weergawe daarvan, is seker een van die mees holruggeryde uitddrukkings in die land. En die mees onrealistiese. Dis soos ‘n tweejarige seuntjie wat op “gelyke speelvlak” wil boks teen sy 14-jarige ouboet — hoe op aarde kry jy DAARDIE speelveld gelyk?

  5. Gas, jy is eintlik reg, hoe gouer die sport-faktor in duie stort, hoe gouer kom ons weer by ons kern uit. Meeste sportmense het in elk die rug op hul Afrikanerskap gekeer. Hierdie rubriek is maar net weer n goeie aanduiding van hoe verrot ons Afrikaner-binnekring geraak het.

  6. Vir my beteken sportkwotas net dit : As daar ‘n verpligte aantal -se maar ses SWART spelere in ‘n span moet wees, beteken dit eenvoudig ses plekke word gereserveer, of te wel apart gehou vir daardie spselers. Dus, in eenvoudige taal is dit SWART APARTHEID.
    Draai die vereiste ‘n bietjie om–daar word altyd geeis daqt daar ‘n minimum van soveel swart spelers in die span moet wees. Let wel, daar word nie ‘n maksimum bepaal nie. Terselfdertyd mag daar nie meer as die vereiste blanke spelers wees nie. Dus is dit eintlik onbeperk aan die swart kant maar beperk aan die blanke kant.
    As gevolg van die feit dat die politici bepaal HOE die spanne gekies moet word , maak dit van alle SA verteenwoordigende sportspanne niks minder as POLITIEKE UITNODIGING SPANNE nie.
    Mbalula beweer dat alle spanne die bevolkingsamestelling moet reflekteer—nou wonder ek, is hy bereid om te weier dat SA teen die VSA op die Olimpiese Soele deelneem, want lg. se Basketbalspan was nog nooit die afgelope 30 jaar verteenwoordigend van daardie land se bevolking nie–hulle deurgaan 95-99% swart ! Wat goed is vir een is seker goed vir die ander ?

Maak 'n opvolg-bydrae