Die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge ontken dat enige passassiers met Suid-Afrikaanse paspoorte op die noodlottige vlug van die Maleisiese lugdiens was. Volgens die departement het “twee van die mans op die vlug bande met Suid-Afrika, maar het met buitelandse paspoorte gereis”.
‘n Woordvoerder van internasionale betrekkinge, Nelson Kgwete sê “indien iemand met ‘n buitelandse paspoort reis, moet die land wat die paspoort uitgereik het die leiding neem in sulke voorvalle”. Kgwete het namens die Suid-Afrikaanse familie sy meegevoel uitgespreek teenoor die families van die twee mans met Suid-Afrikaanse bande.
Intussen het een van die rebelleleiers in Oos-Oekraïne gesê die opstandelinge is bereid om tot ‘n kort skietstaking in te stem om toe te laat dat ‘n ondersoek na die Maleisiese passassiersvliegtuig in die gebied onder hul beheer uitgevoer word.Alexander Borodai, die eerste minister van die Donetsk-volksrepubliek, wat eensydig onafhanklikheid verklaar het, sê separatistiese magte is gereed om tot ‘n wapenstilstand van etlike dae in te stem.Die Amerikaanse regering glo dat die vliegtuig deur ‘n grond-tot-lugmissiel afgeskiet is, maar dit is onduidelik wie die wapen sou afgevuur het.
Volgens ‘n anonieme woordvoerder, “bekyk hulle die data om te bepaal of die wapen deur die pro-Russiese separatiste in die Oekraïne afgevuur is, of deur Oekraïense regeringsmagte of deur Russiese troepe oorkant die grens”.

Hoekom verduidelik die ANC dadelik – skuldige gewete?
U weet…, waarskynlik nie. Die goed het geen gewete nie! Bang? Verby beangs ja!
Hulle is te DOM om die tipe aangeleenthede op te los. Laat staan nog dit waag waar die Witman oorlog teen mekaar maak.
Distansiëring is wat ‘n Afrikaan doen – wanneer hy dit nie as rassisme kan opdis nie.