Die adjunk-minister van kommunikasie, Stella Ndabeni-Abrahams, is Donderdag tydens die staatsrede-debat oor die kole gehaal oor haar platvloerse gevloek.
Sy het die parlementêre leier van die DA Mmusi Maimane herinner dat daar dadels gekom het van sy party se beloftes om Gauteng oor te neem met stemme.
“Die ANC het julle fair en sqaure in Gauteng en in Suid-Afrika gemoer.”
Die adjunk-speaker, Lechesa Tsenoli, het haar onderbreek.
“Trek dit asseblief terug. Ons gebruik nie sulke taal hier nie,” het Tsenoli haar gewaarsku.
Die adjunk-minister het nie aanvanklik geweet sy gebruik ‘n platvloerse uitdrukking nie.
Ndabeni-Abrahams het daarop geantwoord: “Wel ons praat so in Gauteng, en in mý land.”
Sy moes egter later bes gee en die stelling terugtrek nadat Tsenoli haar weer vermaan het.

Die Not Hot praat net nuwe standaard Afrikaans soos voorgeskryf deur Stalinboos. Die Taalraad gaan haar prys
Ek het myself nou in twee geskeur soos ek lag :-))))))))
wha ha ha ha ha ha dankie vir dit my Vrydag gemaaaaaak……
… deel maar in die humor.
Dr Roodt, dis regtig aangenaam om soggens en saans nuwe berigte geplaas te lees.
PRAAG is nou maar net die Nr. 1 aanlyn-koerant om te lees !
Wel as Malema kan liedjies sing wat sê Zuma moet voetsek kan sy sekerlik moer sê of is dit TE AFRIKAANS?
Hey Wenna, you maast retract that werd. Voerstek is not allowed, you well be banned from the assembly. We are seevalized piepels here.
Only I can tell my commrade Zums that he ees scared of you white piepels
Sit jy nou weer op die sypaadjie voor die parlement en slap tjips en tjikon vreet nou kom soek jy kek met my? Ou Zumpies gaan jou nog in ‘n mynskag laat afmuhr boi! Miskien sal dit help vir die mynwater wat so boontoe stoot!
Hau! Soega! you insulting Tjikon, the nations feed.
Mag mens se:” Die minister is n moer”? Of:” Sy moer.”?
Wel, dit hang nou af. Gaan daardie stelling sy moer koer?
Baie goed gesê!!!
Waarom was die skrywe summier uitgevee? Daar is tog geen kruheid in nie.
NS Selfs die foto daarvan word nie eers nou geplaas nie?
Dolk, ek dink daar was seker ‘n “vang-woord” wat outomaties dan ‘n kommentaar op “hou” plaas. Elders kry ek dieselfde boodskap, en by navraag aan die joernalis, was die vang-woord, PISTOOL.
Hallo Trippie… Moet nie ‘n fout maak nie – verseker sal ek werf-reëls respekteer – en weet ek dat sagteware siftings en ontledingsprogramme se “keuses” deur mense bevestig word… As ek ‘n prent plaas, word dit ook nie geplaas nie? As ek sien wat wel gepubliseer was die afgelope maande, maak dit geen sin nie.
Hardnekkige nog voet-in-die-mond swye oor iets is soms eenvoudig teenproduktief en onwys – dus geen antwoord nie – slegs ‘n wrang smaak…
Hahaha! Dis ‘n moer snaakse berig!