‘n Huisrooftog is in Ridgeworth, Kaapstad, uitgevoer deur gewapende mans waarvan een ‘n polisie-uniform en ‘n ander ‘n weerkaatsbaadjie gedra het. Hulle het by die huis ingestorm en gevra om met “mnr. Sjieng” te praat.
‘n Ooggetuie, Andrew Galant, meen die rowers was op soek na sy werknemer wat Koreaans en voorsitter van die Koreaanse vereniging van Kaapstad is. Die voorval het plaasgevind ‘n week nadat ‘n Nissan Sentra wat aan die huiseienaar se seun behoort in Pinelands gesteel is. In die motor was ‘n boek met vertroulike inligting oor Koreaanse inwoners van Kaapstad.
Volgens Galant het die rooftog op 27 Mei plaasgevind. Hy sê: “‘n wit Nissan Trida het in die inrypad ingetrek. Ek was besig om in my woonstel op die erf ontbyt te nuttig, en my werknemer was besig om in die huis koffie te drink. Skielik het vyf mans uitgespring. Een was in ‘n polisie-uniform en ‘n tweede het ‘n weerkaatsbaadjie gedra. Hulle het voorgegee dat hulle polisiemanne is.”
Sy Koreaanse werknemer het daarna die mans tegemoet gegaan en gevra of hy hulle kan help. Volgens die “polisiemanne” was hulle op soek na mnr. Sjieng. “Hulle het gedink omdat my baas Koreaans is, is hy mnr. Sjieng. Oplaas het ons vir hulle ons paspoorte gewys om te bewys wie ons is. Daarop het hulle hul weg in my woonstel se aparte ingang oopgedwing en geëis dat hulle tot die hoofwoning toegelaat word, wat ons geweier het.”
Volgens Galant het een van die valse polisiemanne by die eienaar gestaan terwyl die res sy woonstel geplunder het. Daarop het ‘n tweede voertuig, insgelyks ‘n wit Nissan Trida, opgedaag.
“Die ouens klim toe uit die voertuig uit. Die eerste wat na my baas toe loop, lyk asof hy die leier is (hy het ‘n volle polisie-uniform aangehad en het beweer dat sy naam sersant Warren is) en vra toegang tot die hoofwoning.
“Die huiseienaar kom toe na die agterdeur toe en binne sekondes storm die ‘polisie’ in die huis in. Nog ‘n voertuig daag in die inrypad op, en die insittendes storm die aparte ingang binne. Van die aparte ingang dring hulle die huis binne. Ek is ook gedwing om in die huis in te gaan, tesame met die eienaar, sy vrou en hul seun.
“Terwyl ons in die kombuis staan, gaan ‘n paar van hulle by die eienaar se seun se kamer in. Hulle eis toe toegang tot die kluis maar het nie so ver gekom nie.”
Volgens hom het die hele voorval ongeveer 40 minute geduur en was daar omtrent 18 mense by betrokke. Slegs ‘n Galaxy-tabletrekenaar, ‘n iPhone en ‘n Zippo-aansteker is gesteel.
Die swartmans het ‘n taal gepraat wat Galant nie kon verstaan nie.
“Alles het so wettig gelyk weens die manier waarop hulle hulself aangebied het. Vier van hulle was in polisie-uniforms geklee en die ander in gewone klere. Van almal, was daar net twee sonder vuurwapens.”
Kaptein Fienie Nimb van die Bellevillese polisiestasie het bevestig dat vier Tanzaniërs wat soos polisiemanne aangetrek was, laat op 27 Mei in hegtenis geneem is, maar hulle kon nie met die voorval in Ridgeworth verbind word nie.
Kaptein Nimb sê: “Die misdaadvoorkomingsbeamptes en dagskofoffisiere is in kennis gestel oor die huidige neigings en verdagte voertuie en persone. ‘n Wit Nissan Tiida is vermeld as ‘n verdagte voertuig waarmee verskeie sakerooftogte in Kaapstad, Milnerton en in die gebied van vier ander polisiestasies in die Wes-Kaap gepleeg is.
“Die verdagtes teiken juwelierswinkels waar hulle juweliersware en edelgesteentes steel. Inligting is ontvang dat dié Nissan Tiida deur ‘n buitelander bestuur word en dat die verdagtes goed gewapen is en tydens die rooftogte polisie-uniforms, asook tweerigtingradio’s dra.”

dit is dus overduidelijk een (beoogd) neveneffect van het typerend kortzichtig racistisch aanstellen van onverschrokken egoïstische moorddadige criminelen op hoge posities in het politieapparaat.
More Hans, verseker en dit gaan nog lelik in hulle gesigte “ontplof”. Hoe gouer hoe beter.
ook een goede morgen Andy. Als daar maar niet nog meer onschuldige slachtoffers bij vallen en al helemaal niet onder de intens kwaadaardig opgejaagde lijdende onschuldige etnische minderheid van Boere Afrikaners.
Hans, dit is een groot hartseer storie.
Ek stoei egter van laas nag af met 2 tekse wat ek in die Bybel gelees het na aanleiding van die rassistiese kwessie.
Lees gerus Josua 23 verse 12 en 13.
Neemt u zorgvuldig in acht, en hebt de Here uw God lief; want indien gij u afkeert en het overschot van deze volken, die nog bij u overgebleven zijn, aanhangt, u met hen verzwagert en u met hen inlaat en zij met u, weet dan voorzeker, dat de Here uw god, deze volken niet verder voor u verdrijven zal; dan zullen zij u worden tot een strik en een val, tot een gesel op uw zijden, en dorens in uw ogen, totdat gij vergaan zult uit dit goede land, dat de Here, uw God, u gegeven heeft.
Ek aanvaar dat jy hierdie aanhaling uit die Bybel ook vertolk soos ek ,Hans! Laat mens diep delf tot verootmoediging.
Mmmm, ja, die DA Kaapstad waar die Jode in beheer is. Tipies gebruik die gemors kriminele bendes om hul beheer te vergroot. En die Kapenaars het so gespog oor die “Uitlanders” daar. Ons hier in Transvaal ken ons die Uitlander probleem al van Paul Kruger se tyd. Kry vir julle.
Ahhhhh nou is hulle uitendelik eenvormig aangetrek tussen Gauteng en Kaap!
Wel, ten minste kan ons nou sien wie die skelms is, hulle dra dieselfde klere!
Sê ek mos van toeka se dae Andrea!!!
Bloody Agent!!! what has Karretjie-Kies-n-kamp’s song “Hoeka Toeka” to do weeth Police wek?!! Thees komraids in the DA, Apartheid state, ees not the same….. they might be wearing the clothes of the kompressors but the front of the mouth, Hau there seems to be a toofless wonder.