[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]
Hou van Dan Roodt se Facebookblad
Dis algemeen bekend dat die media wêreldwyd, maar veral in Westerse lande, deur Links beheer word. Op sigself is dit ‘n gevolg daarvan dat die universiteite insgelyks deur linkses beset word wat gereeld heksejagte uitvoer op almal wat nie soos hulle dink nie. Verlede jaar is ‘n rubriekskryfster van PRAAG hewig by Tukkies en in die media aangeval omdat sy durf verwys het na die hoë aantal verkragtings wat deur swart mans in Suid-Afrika gepleeg word.
Omdat joernaliste gewoonlik aan universiteite opgelei word, neig die meeste om linkse idees aan te hang. Hulle staan vyandig teenoor tradisionele hoë kultuur, waaronder klassieke musiek, Westerse kuns, meriete op skool en in die werkplek, asook blankes in die algemeen.
Dit is uiters ironies dat die rolle ná die Koue Oorlog omgekeer is: nou is dit die Weste wat deur marxiste en veral kulturele marxiste regeer word, terwyl Oos-Europa en veral Rusland deesdae konserwatiewe geluide maak. President Wladimir Poetin het byvoorbeeld al die gesin as grondslag vir ‘n gesonde samelewing geloof terwyl hy huwelike van dieselfde geslag en aanneming deur gay ouers afkeur. Hiervoor is hy al deur mev. Hillary Clinton van die VSA met “Hitler” vergelyk.
Swede bly steeds een van die mees linkse Westerse lande, hoewel die patriotiese Sweedse Demokrate in die afgelope Europese verkiesings byna 10 persent van die stemme aldaar verkry het. In die tagtigerjare het die Sweedse regering terreur in Suid-Afrika befonds en ‘n algehele ekonomiese boikot teen ons land gevoer.
Die Sweedse regering het ook die destydse Vrye Weekblad van Max du Preez befonds om die Afrikaanse kultuur van binne af te rysmier. Vandag is daar geen meer koerante in Afrikaans oor wat die Afrikanersaak of Westerse kultuur in ons land verdedig nie en slegs linkse, kultureel-marxistiese sienings wat Afrikanerskap aftakel, word geduld. Vandag in Rapport skryf Anthony Altbeker byvoorbeeld in sy rubriek dat blanke Amerikaners vergoeding aan swartes vir slawerny en ander vergrype behoort te betaal, terwyl sosio-ekonomiese ongelykheid tussen wit en swart in Suid-Afrika hom “ongemaklik” maak. Die implikasie is duidelik: blankes behoort steeds meer van hul bates en inkomste aan swartes af te staan.
In dieselfde Rapport laat klink Frans Cronjé van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede ‘n dissonante noot as hy beweer dat die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty de facto in beheer van die land is. Hy skryf:
Steve Hofmeyr het die politieke spyker op die kop geslaan toe hy ná Sondag se aankondiging van die kabinet op Twitter gesê het dat die ou apartheidsera se ooms en tannies nog korrek bewys sal word oor die “rooi gevaar”.
Ondanks talle verkiesingsontledings oor die afgelope twee weke is die SAKP se naam amper nooit genoem nie. Maar kyk na die kabinet en parlement, en dit lyk of die SAKP die verkiesing gewen het.
Twintig jaar van breinspoeling het egter bewys dat die gemiddelde Afrikaner daarbuite baie meer vatbaar vir linkse, kommunistiese propaganda is as wat ons dink. Die Afrikaner-akademici – wat hulself nie meer as Afrikaners beskou nie – het eerste voor die Rooi golf geswig en is deesdae troue dienaars van die SAKP en die gedagte dat radikale sosialisme die oplossing is.
Die meeste Afrikaanse skrywers wat deur die media opgehemel word of wat gereeld literêre pryse ontvang, soos Antjie Krog, André P. Brink en Marlene van Niekerk, skep nydige karikature van Afrikaners in hul boeke wat ook oorsee in vertaling verkoop word. Die Sweedse skrywer en joernalis, Per Wästberg wat oorspronklik die terreurbefondsing vir die ANC en SAKP gereël het, is ‘n goeie vriend van André P. Brink wie se verraad en haat teen sy eie mense uiteraard sy goedkeuring wegdra.
Die vraag is nou: hoe verset ‘n mens jouself teen hierdie golf van marxistiese propaganda wat via die media en die universiteite oor ons land spoel? Naspers, die eertydse Nasionale Pers wat in 1915 gestig is om die Afrikanersaak te steun met DF Malan as eerste redakteur van Die Burger, staan vandag vyandig teenoor Afrikanerskap en Westersheid. Ons het onlangs gesien hoe die redakteur van Beeld, Adriaan Basson en sy vriendin, Hannelie Booyens, saamgespan het om deur goedkoop propaganda ‘n krisis vir Potchefstroomse kampus te skep, waarvan die gevolg waarskynlik die verengelsing en verswarting van dié kampus gaan wees.
In weerwil van die funeste rol wat Adriaan Basson en Beeld speel, betaal 60 000 Afrikanerlesers steeds getrou elke maand hul intekenings op dié koerant. Dit verteenwoordig ‘n bedrag van ongeveer R6 miljoen per maand waarmee Afrikaners hul eie ondergang subsidieer. Basson is ‘n kulturele marxis van die Frankfurt-skooltipe wat glo dat die gesin, die eie taal of kultuur, asook enige vorm van tradisie, hetsy in ‘n koshuis, hetsy op Geloftedag, uit die bose is en verbied moet word.
Ons stuur inderdaad op ‘n totalitêre samelewing af waardeur die staat in elke aspek van ons privaatlewens, asook die opvoeding van ons kinders, gaan inmeng sodat ‘n klein groepe superryk oligarge en plunderaars oor ‘n verarmde bevolking kan heers.
Die stryd om oorlewing begin by die beheer van Links oor ons mense se denke. In Europa het die leidende intellektuele en regse politici daarin geslaag om, ondanks vyandige media, in boeke en op die internet ‘n nuwe rigting in te slaan. Die VSA word meer en meer gesien as die vyand van die Weste en van die Europese beskawing, terwyl ‘n nuwe entente van Europeërs wat Duitsers, Franse, Nederlanders en Russe insluit, bepleit word.
Soos wat Suid-Afrika en al ons instellings verengels, word die invloed van Amerikaanse politieke korrektheid soos dit deur Anthony Altbeker, Adriaan Basson en die horde ideoloë in die media bevorder word, natuurlik net sterker.
Oor die afgelope veertien jaar was praag soos ‘n stemmtjie wat in die woestyn roep. Ons getroue ondeursteuners het ons deur dié moeilike tyd gedra. Maar vandag is die skrif aan die muur sodat selfs die liberale Frans Cronjé van die Instituut vir Rasse-aangeleenthede – een van die oudste liberale instellings in die land – dit kan sien.
As net ‘n paar duisend van Beeld se intekenare wat Adriaan Basson se totale aanslag op die Afrikaner en die voortbestaan van Afrikaanse instellings befonds, praag-debietorders sou uitneem, sou die situasie met ‘n handomkeer kon verander. Ons sou veel meer in-diepte-beriggewing kon plaas oor die korrupsie wat in die land gedy, asook multimedia-onderhoude, dokumentêre video’s, ens. kon vervaardig.
Waarskynlik is die groot massa Afrikaners tans vir ons saak verlore. Hulle verstaan nie wat oor die afgelope paar dekades gebeur het nie en wil ook nie die werklikheid van die huidige krisis raaksien nie. As ‘n paar duisend van ons egter saamstaan en die marxistiese monopolie op media in Suid-Afrika verbreek, kan die situasie met ‘n handomkeer verander.
In 1968 was die ANC besig om dood te loop en die SAKP het hul eie “gewapende stryd” as ‘n “absurde klug” wat nie bestaan nie, beskryf. Danksy media en steun aan die universiteite, het Joe Slovo van die SAKP met sy marionet Mandela egter uiteindelik die land oorgeneem en gierige linkses plunder dit tans na hartelus.
Suid-Afrika kan nog gered word, mits ons ons alternatiewe media tot ‘n magtige stroom van inligting en menings kan uitbou.
Sluit dus vandag nog by praag aan en oorreed familie en vriende om dieselfde te doen.
Die vraag is eenvoudig: steun u Afrikanerhaat soos wat Adriaan Basson en sy trawante dit bedryf of Afrikanervryheid en -heropstanding?


Dankie, Dr Roodt. Telkens as ek op die punt staan om die stryd gewonne te gee, boesem u my weer moed in. My kommentaar hier sou byna dieselfde wees as dié op mnr Lemmer se artikel hier onder, nl. ons kan die situasie nie omdraai nie, ons moet op die een of ander manier daar uit. Maar as u meen ons kan die mense van Keeromstraat omkeer, moet ons seker maar probeer. Persoonlik het ek my debietordertjie ingestuur. Hoop ons doen dit almal. Ons is dit aan onsself en aan ons kleingoed verskuldig.
Ek wou nog byvoeg, dr Roodt, as alternatiewe nuus- en kommentaarbron doen Praag skitterende werk wat al ons morele en materiële steun verdien. Geluk en sterkte en doen so voort!
Ek het juis nogal gedink dat hierdie aanval op die PUK gaan n redelike invloed op mense dwarsoor die land tot gevolg he omdat die PUK
gevoed word met mense oor die hele land.
Daar is ook vir my n ander faktor wat nie misgekyk moet word nie en dit is dat deur die aanval op die Afrikaners se Taal besig te hou – trek dit die aandag af van die ANC se vergrype en wan, onbekwame en onvermoende “bestuur” af want vasgedraai is hulle vas gedraai.
Mens moet ook ingedagte hou dat dit die enkelinge is wat nog verloopte Afrikaners is indiens van die regering is – en nie noodwendig die deursnee Afrikaner nie – daar is nie meer n Afrikaner wat nie – of deur moorde of kapings of diefstal of aanrandings en verkragtings geraak is op een of anderwyse nie en dit het by baie n Damaskus oomblik veroorsaak.
Ek wil my stem daarby plaas dat ons Afrikaners werklik in groot getalle Praag moet ondersteun dat ons meer mense kan bereik – werklik R50 of R100 per maand gaan baie nie eers voel nie – selfs mense wat nie noodwendig wil deelneem met kommentare nie kan bydra vir die groter doel.
Sommer net so n interessantheid t.o.v. Anthony Altbeker vir mense wat wonder wie het n reuse bydra gelewer vir die hopelose polisiemag van die ANC.
“Since 1994, Antony has worked on issues relating to crime, policing and
criminal justice in government and in a variety of think-tanks. In government,
he worked for four years (1994 to 1998) in the Ministry for Safety and
Security, where he was responsible for establishing systems for monitoring
police performance and was involved in a variety of policy and legislative
processes. Between 1999 and 2001.”
http://www.jonathanball.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=4047&Itemid=6
Weereens onoortreflike rubriek deur u geskryf Dr Roodt. Ek dink nie ons bedank u en ons rubriekskrywers, onder andere Leon Lemmer, genoeg dat u juis in hierdie tyd, waar Afrikaans soos ‘n vloerlap eenkant toe gegooi word, beveg nie. Afrikaans is hier om te bly, die mooiste taal in die wereld. Solank daar een is wat die taal praat, sal Afrikaans NOOIT uitsterf nie. Dring ook gerus daarop aan wanneer besigheid gedoen word, om met ‘n Afrikaanssprekende persoon te kommunikeer – ek doen dit reeds vir baie jare.
In watter ander taal kan emosie beter uitgedruk word as juis Afrikaans ?
Winter
Nou lê die aarde nagtelang en week
in die donker stil genade van die reën,
en skemer huise en takke daeliks bleek
deur die wit mistigheid en suising heen.
Dis alles ryk en rustig van die swaar
geheime wasdom wat sy paaie vind
deur warm aarde na elke skeut en blaar,
en ver en naby alles duister bind
in vog en vrugbaarheid en groot verlange;
tot ons ’n helder middag skielik sien
die gras blink, en die jong graan teen die hange,
en weet dat alle rus die lewe dien:
hoe kon ek dink dat somer ryker is
as hierdie groei se stil geheimenis?
-N P van Wyk Louw
abababab…….
Kou kan zoals hier blijkt mooi zijn allerbeste Trippie.
Hier vallen daarentegen momenteel de mussen dood van het dak door de hitte en ligt lokaal een hevig onweer met ook zware hagelbuien in het verschiet.
Hier val die spreeus en duiwe ook so dood neer, maar dit is my 1000FPS windbuks.
Hier val die spreeus en duiwe ook so dood neer, maar dit is my 1000FPS windbuks.
haha, als er maar geen dure bij Lloyds verzekerde wedstrijdduif van de voorzitter van de lokale duivenclub tussen zit Kalium 😉
Nee, my mense se boorgatwater is brak, daarom gaar ons reënwater op en die duiwe gebruik dit vir ‘n toilet met kieme soos e-coli, cryptococcosis, salmonella, pasteurellosis, ens om nie te praat van duiwemis nie. Die skietery is dus selfverdediging teen ‘n biologiese aanval deur duiwe.
Ons katte reken dat die duur duiwe nie so lekker smaak as die wilde duiwe nie.
Lekker geweertjie daai KC. Ek het die Gamo Shadow 1000.
‘n Kat se moses as jy hom net reg tref. Het ‘n plaag gehad van die goed agv my vlieg duiwe wat hulle lok. ‘n Skoot net onder die oor, en op die nek, laat hom net daar bly lê.
Met ‘n swaar koeëltjie is hy muishond se moses ook. Ek sweer egter vandag se duiwe is taaier as toe ek ‘n kind was. ‘n Slapspring BSA met ‘n Diablo koeëltjie het hulle doodgeskiet, maar nou moet ek swaar holpuntkoeels gebruik.
Hier is die kwaad doener KC. En hierdie is NIE die gewone mak huiskat nie. Dit is die inheemse Afrika wildekat. Hulle verbaster met ons gewone mak huiskatte. Is nie so mak soos ‘n opregte huiskat nie. Ek het ook al museljaat katte met die “Hok” gevang.
Ek gebruik die “Premier Ultra Magnum” koeëltjie.10.5 gm lood.
Het ‘n lekker groepering op sowat 30 meter.
‘n Bosduif is taai. Ek gaan vir nek op kopskoot, anders lag hy jou uit. Met ‘n teleskoop op, nie te moeilik nie. Hier is letterlik miljoene van die goed.
My Swaer hulle en my ma het ‘n werf vol katte, maar hulle bly net nie voor nie. Die wildekat is ‘n mooi dier, ons het al basters van hulle gehad. Jy kan sommer sien dat daar iets meer aan hulle is as die fensie katte.
Na so’n magistrale teks lyk ons gewone ou poginkies so armsalig dat ‘n mens amper liewer stilbly. Dankie Trippie.
Trippie, mooi my mens, mooi.
“Basson is ‘n kulturele marxis van die Frankfurt-skooltipe wat glo dat die gesin, die eie taal of kultuur, asook enige vorm van tradisie, hetsy in ‘n koshuis, hetsy op Geloftedag, uit die bose is en verbied moet word.”
Diepgewortelde voortschrijdende afgunst tegen de hoogst haalbare christelijke moraal heeft bij het merendeel van deze linkse sociale quasi intellectuelen een zwaarwegend persoonlijk tintje. Dat is terug te voeren naar het gevoel eerder tekort te zijn gedaan door de samenleving met het gezin als hoeksteen en is daarmee zelfs primair egoïstisch van aard.
Bij deze meneer/mevrouw Basson is het zeer twijfelachtig of hij zich eigenlijk wel in een gezin, partnerschap/relatie of welk constructief sociaal verband ook op zijn haar plek ‘voelt’ /kan voelen.
Dat sluit naadloos aan met zijn brief als dwangmatige bemoeizuchtige ongeloofwaardige goede bedoeling aan het adres van de dochter van Mike du Toit.
Zo bezien en waarneembaar blijft hij/zij hoewel zich als ruimdenkend voordoende in wezen een nijd gedreven “smalltown boy” die spiritueel op z’n zoldertje blijft hangen en er niet zoals in de video van Bronsky Beat op uit gaat.
Dan willen we een dolle krijsende plunderende verkrachtende moordende menigte of een MI5 MI6 “darkroom” even niet als constructief sociaal verband nemen.
‘n Mens kan duidelik sien hoe die werledwye media deur links oorheers word, dink maar aan al die negatiewe reaksie op meeste nuusnetwerke oor die sterk vertoning van euroskeptiese partye in die EU verkiesings.
Plaas dat hulle bekommerd is oor daar so baie sosialiste en kommuniste in die EU lande is, pla dit hulle dat mense eenvoudig hulle oorspronklike seggenskap oor hulle eie lewens wil terug he. Die term “regs” word met allerhande drogbeelde gelykgestel, geen ordentlike debatvooering word toegelaat nie. Ek kyk nou die dag toevallig hoe Christiane Amanpour ‘n onderhoud met Nigel Farage van UKIP voer op CNN. Sy dwing net haar eie agenda af, en die stupid Farage val toe ook mooi in haar lokval en kritiseer lelik vir Marine Le Pen se FN. Plaas die twee partye saamwerk baklei hulle soos Sub A laaities oor strooi, en versterk indirek die skewe persepsies wat links wil propageer.
Op Deutsche Welle sien ek ‘n advertensie van ‘n organisasie wat veg teen “regsektremisme” wat van “linksekstremisme” hoekom pla dit niemand nie? Een van die grootste ironiee van ons vorige eeu is dat beide ekstreem regs(nazis) en ekstreem links(kommuniste) se soldate op die “goosestep” mars, en dat gewone burgers geen se gehad het nie, dat alles net oor die wil van ‘n waansinnge diktator en sy trawante gegaan het, of dit nou Hitler of Stalin is, die resultaat is baie dieselfde, vryheid is daar geen sprake van nie, respek vir menselewens bestaan nie.
Selbeskikkingsreg en die idee van ‘n minimale gedesentraliseerde staat is die antitese vir beide pole van die sinnelose “links, regs” eendimensionele “politieke debat”.
Ek stem dus 100% saam dat ons met ‘n geweldige mediaprobleem sit. Sterkte Dr Roodt, en ja ons moet help met bietjie geld. Kyk hoe strek is solidariteit, hulle kan gewelidige projekte aanpak. Dink nou net as ons ook kon…
Thys, jy skets die posisie presies reg, maar dit wys ook teen watter berg ons moet op. En dan baklei die regses ook nog ondermekaar, soos jy sê. Om heeltemal regverdig te wees, is dit darem Farage wat die hardste probeer om die openbare guns te probeer wen deur vyandig te wees teenoor die FN. Marine Le Pen het tot dusver die grootste geduld met hom beoefen. Regs, of nie regs nie, is hy maar ‘n hardgebakte en arrogante Brit.
Ek het reeds tevore die voorstel gemaak dat Praag daagliks, of dan weekliks, of selfs maandeiks as eerste berig ‘n statistiek plaas, noem dit ‘n skandregister of iets dergeliks, van mense wat sedert 1994 oplase en elders vermoor of verkrag is. Geen reaksie.
Voorts het ek ook die voorfstel gamaak dat ons ‘n aksie begin om sake-ondernemings te steun waar Afrikaans gepraat word en witmense in diens geneem word. Geen reaksie.
Nou wil ek ‘n derde voorstel maak: Dat Praag gereëld iets plaas oor die korrekte gebruik van Afrikaans. Voorbeelde van- of voorstelle vir Afrikaanse terme wat te verkies is bo sommermaar die Engelse een. Iets oor die afkoms van Afrikaanse woorde en wat nog meer. Een of ander deskundige sal ons seker hiermee kan help of hoe? Ek sou graag self hier en daar iets in dié verband wou bydra.
Uitstekende voorstelle Karel – wat betref Afrikaanse terme, wie anders as juis Dr Roodt en Leon Lemmer. Hul taalbruik oortref by verre enige ander Afrikaanse koerant se rubriekskrywers. Onbeskaamd AFRIKAANS, trots Afrikaans. Die hart van ‘n nasie se kultuur is sy taal.
Dr Roodt, wat is kans dat u n insetsel sal kan lewer op kwela. Coenie se leuse is mos “Maak n verskil”, en dit is mos wat FN presies wil doen of het ek nou weer die kat aan die g/stert beet.
Ek weet ek kan soms nogal baie blatant dom astrant wees, maar as dit kan werk hoekom nie!
Ooo Jinnie, ek hou van die uitdrukking ” Pak die bul by die horings”.
Ek wonder maar net.
Andy, ek wil nou nie onsensitief wees nie, maar hierdie einste Coenie was self ‘n mandela-aanhanger en ook ‘n Anton Goosen aanhanger.
Jy’s reg, Coenie se aanbiedings het die diepte en moraliteit van ‘n Huisgenoot artikel, goedkoop brood en sirkusse vir die massa.
Ai julle, dit is hartseer dat mens jou land se mense so sal verkoop.
Ek probeer nou nie hier n kits oplossing kry nie maar probeer maar dink wat mens kan doen om Praag sterker te maak vir die kans om impak te gaan maal op die media.
Ek is nou nie slim met die dinge nie maar probeer maar met die bietjie grysstof wat nog nie altsheimer bedwelm is nie HA HA.
Fantasties, dit is wat so mooi is van die Pragers, hulle PRAAT. Dit is goed jy noem dit want ek het dit ook opgetel, maaaar n mens kan mos maar probeer. Wat Anton Goosen betref wil ek niks Sê nie want ek voel dit is beter so.
Julle weet wat wonder ek baie keer oor die mense soos Coenie en Anton en kortbroek en nog andere, hoe verantwoord hulle hierdie kruiperige onderdanige houding teenoor hulleself as hulle vanaand by die huis kom, en hulle maak die kamer deur toe en hulle is ALLEEN en hulle kyk in die spieël. Ek wonder of hulle skaam is, en of hulle hulleself nie haat nie. Want julle sien, hulle het n bed opgemaak en moet nou daarop slaap. Anders moet hulle n radikale omkeer maak, en dit van Baaaaaie mannemoed wat ek dink daar miskien n tekort aan is.
Nouja, probeer is die beste anders sal jy nooit weet nie.
Andy, ter wille van geld en aansien (politieke korrektheid ook) sal baie mense hulle siele verkoop.
Sedert?
Luther On the Jews and Their Lies: Luther proposed seven measures of “sharp mercy” against Jews: (1) burn their schools and synagogues; (2) transfer Jews to community settlements; (3) confiscate all Jewish literature, which was blasphemous; (4) prohibit rabbis to teach, on pain of death; (5) deny Jews safe-conduct, so as to prevent the spread of Judaism; (6) appropriate their wealth and use it to support converts and to prevent the lewd practice of usury; (7) assign Jews to manual labor as a form of penance.Luther advised clergy, their congregations, and all government officials to help carry out these measures. Since most Jews had been expelled from Germany before 1536, Luther’s counsel was implemented by few officials. He continued his attacks in other treatises. He repeated anti-Semitic charges from medieval literature. Jews killed Christian babies; they murdered Christ over and over again by stabbing Eucharistic hosts; they poisoned wells. The enemy today is the same one