
“Telkom-mobiel sal nooit ‘n wins maak nie.” Só sê die portefeuljebestuurder Wayne McCurrie van Momentum Wealth. Hy meen ook dat Telkom nooit sy aandeel in Vodacom moes verkoop het nie.
McCurrie het ‘n rukkie gelede op Business Day TV gesê dat “8ta (Telkom-mobiel) nooit ooit ‘n wins gaan toon nie.”
“Ek het die grootste empatie met die Telkom-bestuur. Jou hoofbesigheid neig afwaarts. Dis moeilik om dit te keer,” sê McCurrie. “Hulle het al by soveel geleenthede gepoog om ander maniere te kry (om geld te maak).
“Miskien is die ergste ding wat hulle ooit gedoen het, om Vodacom te ontbondel – hulle moes dit gehou het,” voeg hy by. “Om Vodacom weer oor te bou deur Telkom-mobiel, is baie moeilik en kos baie geld.”
Omdat Telkom ‘n staatsbeheerde onderneming is, beteken dit dat die maatskappy ook nie mense kan afdank, besnoei of kostes kan bespaar nie.
“Ek sou nie Telkom-aandele koop nie. Wesentlik het niks verander nie; nietemin het die aandeelprys meer as verdubbel,” sê McCurrie.
David Shapiro van Sasfin-sekuriteite stem hiermee saam en meen dat Telkom nog vele uitdagings die hoof sal moet bied alvorens dit as ‘n belegging vertroue sal inboesem.
“Daar is nog so baie werk wat hulle moet doen. Ek is bevrees hulle is nie in die regte deel van die mark nie,” sê Shapiro.
Shapiro voeg by dat terwyl die onlangse mobiele verbindkoersbeslissing Telkom gaan help, is dit nog baie moeilik om die maatskappy te laat herstel.
Volgens McCurrie sal Cell C en Telkom-mobiel óf hul pryse moet verhoog óf moet tou opgooi. “Jy kan nie daarmee aanhou om miljarde en miljarde rande te verloor nie,” sê hy.

Lees nie lekker nie, maar ek verstaan darem.
“Telkom-mobiel sal nooit ‘n “WIS” maak nie.”
“EKHET” die grootste empatie me die Telkom-bestu – jou hoofbesigheid neig afwaarts.
Dit weet ons al lankal al. Wanneer daar regerings inmenging is kan ‘n besigheid net ‘n verlies toon. Hulle het nie besigheids sin nie. McCurrie, sal jy miskien Eskom aandele koop, Denel, SAL? Al hierdie staatsbeheerde maatskappye word teen ‘n enorme verlies bedryf.
Tekom sal alreeds baie beter funksioneer as hulle mense kry wat nie deur hulle neus en verhemelte praat nie.wat gin mens kan hoor wat hulle probeer se in Engels nie.
En maak dit mens nie kriewelrig nie!
Hierdie nuus was begin laasweek elders op die web. Dit lyk ook of Cell C kniediep in die moeilikheid is.
Beide hierdie verskaffers was genoodsaak om hulle produk onder kosprys te verkoop om markaandeel te verkry. Dit hou net so lank voor dit jou byt.
Rooikop, dit lyk of Alan Knott-Craig ‘n plan het. Die oproepkostes het al afgekom. Dit is al of ICASA nie prysbeheer hoef toe te pas nie, die kommunikasie maatskappye doen dit sommer self so tussen hulle om net in die mark te kan bly.
Wat ek hou van Knott-Craig is dat hy ‘n baie goeie besigheids man is. Hy het Vodacom begin en dit is ‘n baie suksesvolle maatskappy met goeie syfers.
In die pyplyn is daar kommunikasie maatskappye wat gaan saamsmelt, vaste lyn en mobiel. Hou die oor op die grond.
Ek het onlangs ‘n gaping in die LTE uitrol van Telkom opgetel. Dink jy ek kry iemand wat belangstel? 8ta is eintlik baie goed en LTE ook, so die fout is nie tegnies nie, ek wonder wat kan dit dan wees?
Kliëntedienskantore.