Vryheidsfront Plus geweeg en te lig bevind

roodt_dan_wikideur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Die afgelope week by ’n inligtingsessie van die Onafhanklike Verkiesingskommissie in Kempton Park loop ek een van die leiers van die Daggaparty raak.

Nee, dis nou nie die kortstondige DA-Agang-party nie, maar die regte Daggaparty van Suid-Afrika wat hom vir die wettiging van dié dwelm beywer, asook ’n soort “volhoubare dagga-ekonomie” waar ons selfs in huise sal bly wat van byprodukte van die daggaplant gemaak word!

Die Daggaparty kan dalk ’n metafoor wees vir die verwarde en verdwaalde toestand waarin die opposisiepartye in Suid-Afrika hulle bevind. Aan die vooraand van waarskynlik die belangrikste verkiesing sedert 1994 lyk dit asof sowel die DA as die VF+ by die stasie se verlore goedere moet aanklop om hul beginsels terug te vind.

In Suid-Afrika se geesdriftige omhelsing van multikulturalisme en linkse denke, het regs eenvoudig weggekwyn. Om vandag in Suid-Afrika behoudend te wees, is amper om sosiale selfmoord te pleeg.

Begrippe soos private eiendom, die markekonomie, ’n werk­etiek, die gesin, identiteit en morele waardes word met hoongelag begroet. Leiers van Julius Malema se EFF verskyn selfs in die openbaar in oranje tronkuniforms omdat hulle die misdadigers as hul natuurlike bondgenote in ’n anti-wit stryd sien. Op Twitter praat hulle vrylik van revolusie en geweld.

Die DA onder Tony Leon het self sterk regse elemente bevat, waarteen die huidige parlementêre leier van die party, Lindiwe Mazibuko, haar skerp uitgelaat het deur die party se groei met Afrikanersteun ná 1999 as “korttermyn… en nadelig op lang termyn” te beskryf. Sy het ook gesê dat “wit nasionaliste” die DA liefs behoort te verlaat.

Anders as wat Pieter Mulder verlede naweek in Rapport beweer het, is die VF+ kwalik die “natuurlike tuiste van Afrikaners”. Eintlik is die party maar ’n splintergroep van die ou KP wat onder Constand Viljoen ’n oomblik van glorie in 1994 beleef het, maar sedertdien nie daarin kon slaag om kiesers gaande te maak nie.

Die leier van die pas gestigte Front Nasionaal in Suid-Afrika, Hannes Engelbrecht, vergelyk Pieter Mulder se deelname aan die ANC-regering as adjunkminister met F.W. de Klerk se Regering van Nasionale Eenheid kort ná 1994. Hy sê: “As ’n party teruggryp na ou uitgediende Nasionale Party-argumente wat ’n klaaglike mislukking was, is jy polities bankrot.”

As beroepspolitikus lyk dit asof dr. Pieter Mulder nie meer weet watter liedjie om voor watter gehoor te sing nie. Die liberale rubriekskrywer R.W. Johnson laat hom die afgelope week só uit oor die DA se omhelsing van ’n pro-Palestynse beleid in die Midde-Ooste: “Dít is die werklike ramp, dat die DA só deur die ANC gebreinspoel is dat hy nie net die pad byster geraak het nie, maar ook nie meer aan Suid-Afrikaners ’n werklike keuse bied nie.”

Maar ook die VF+ is nie immuun teen al die linkse sjarme nie en word self in die Praathuis gesosialiseer om ANC-idees klakkeloos na te praat.

Daarom verwerp Pieter Mulder implisiet die party se selfbeskikkingstrewe as hy skryf dat die VF+ hom “herposisioneer” het en voortaan die ANC-ideale van “ware eenheid in verskeidenheid; rondom ’n ware ‘better life for all’?” omhels. Is dit Zuma jr. wat hier praat?

Helen Suzman het jare lank vrou-alleen ’n ongewilde Houghton-liberalisme in die ou parlement met skrille sarkasme verdedig en oplaas gesien hoe die bolwerk van die eens magtige NP in duie stort. Vandag smag Suid-Afrika na konserwatiewe politici met beginsels wat eiendomsreg, private besit, gelyke regte vir Afrikaners en wit mense, asook ons reg op eie instellings soos skole en universiteite sal voorstaan. Noem dit “kulturele selfbeskikking”.

’n Tsoenami van Britse Marx­iste het Suid-Afrika getref en groot dele van ons universiteite beset. Van die mees radikale denkers in ons land is Britse vroue soos Ruth Hall van die instituut vir armoede-, grond- en landelike studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland (Plaas) en Carin Runciman van die Universiteit van Johannesburg. Hulle is niks minder nie as staatsbesoldigde aktiviste wat onverdunde kommunisme propageer. Hulle skryf die beleid vir Malema se EFF en die linkervleuel van die ANC, waaronder die departement van grondsake.

Afgesien van ’n paar geluide uit Orania, beskik die VF+ oor geen intellektuele om hierdie ideologiese aanslag op die Afrikaner en eintlik die hele Suid-Afrikaanse ekonomie te troef nie. Die party produseer niks behalwe anekdotes oor die goeie ou dae en futlose mediaverklarings nie.

Hierteenoor beskik Europa oor ‘n groot aantal aantal intellektuele wat vanaf die sewentigerjare reeds die kommunisme skerp kritiseer. Aanvanklik het hulle nie veel hond haaraf gemaak nie. Die Franse filosoof Alain de Benoist het byvoorbeeld ‘n boek van 3 000 bladsye geskryf oor waarom die regse beweging in sy land oor die afgelope 200 jaar misluk het. Ironies genoeg het dit verskyn op die vooraand van Marine Le Pen en haar Front Nasionaal se meteoriese opgang tot waar dié party tans 34% steun onder die tradisioneel linkse Franse geniet.

Die hele Europa ervaar tans ‘n swaai na regs, soos Leon Lemmer ook vandag berig. Benewens Frankryk, het steun vir nuwe regse partye ook in Nederland, België, Denemarke, Swede, Oostenryk, Hongarye en Italië toegeneem. In Noorweë het die Vooruitgangsgparty wat as “konserwatief liberaal” beskryf word en eers as “verregs” gestigmatiseer is, tesame met die Konserwatiewe Party in Oktober 2013 ‘n nuwe regering gevorm. Die Vooruitgangsparty beskryf homself as ‘n “libertariese volksparty”.

Europese regse partye groei veral onder jongmense. Die kletskamers van rekenaarspeletjies waaraan miljoene van hulle deelneem, is by uitstek die plek waar uitgesproke menings oor die politiek uitgeruil word.

Soos Leon Lemmer dit vandag stel:

‘n Les wat die ENR my geleer het, is om nie meer Westerse beskawing as ‘n ideaal vir myself en Suid-Afrika voor te hou nie. Die assosiasie met Amerika is dan te sterk. Tydens apartheid is die woord “blankes” met “Europeans” vertaal. Dit blyk nou korrek te wees. Pleks van op ‘n hernude golf van Westerse beskawing te hoop, sal ek voortaan liewer vir die plaaslike hervestiging van Europese beskawing pleit; iets wat in 1652 met Jan van Riebeeck begin het.

Ons is Afrikaners, maar ook Eurokaners. Op skool het ek Afrikaans, Engels en Latyn geleer. Ek herken my eerder in ou-Griekse begrippe oor die deug, oor verantwoordelikheid en vryheid as in die modieuse geswymel oor oeboentoe en verwante Afrosentriese clichés. Ek wil nie deur ‘n sangoma in ‘n vuil, vervalle hospitaal behandel word nie en dring op my Europese wêreldbeskouing aan. Terwyl ek dié woorde skryf, luister ek na die Duitse violis Anne-Sophie Mutter. Ek vra nie daarvoor om verskoning nie. Net so min as wat die Arabiere van Noord-Afrika om verskoning hoef te vra dat hulle Moslems is, net so min hoef ons daaroor skaam te wees dat ons wat ons voorkoms en ons kennisbenaderings betref, Europeërs gebly het. Weliswaar het ons ‘n eie beskawing hier te lande geskep, maar hy is vandag meer as ooit aan die groter Europese wêreld verbind.

De Gaulle, Verwoerd en ander het gevoel dat die voortbestaan van ons beskawing in Suider-Afrika van wesentlike belang vir die groter Europese beskawing daarbuite is. Dit is nodig dat ons opnuut hieroor sal besin.

Ons het niks meer om te verloor nie. Is dit nie tyd dat ons opstaan om ons idees en ons onvervreembare reg op ’n plek in die Suid-Afrikaanse son onverskrokke en ondubbelsinnig teenoor die hele wêreld te verdedig nie?

‘n Korter weergawe van dié rubriek het vandag as artikel in Rapport verskyn.

Dr. Dan Roodt is onderleier en woordvoerder van die nuwe party, Front Nasionaal.

Sluit aan by Front Nasionaal, dis gratis!

28 thoughts on “Vryheidsfront Plus geweeg en te lig bevind”

  1. Soveel waar- en wyshede uit ‘n pen ! Uitstekend verwoord.

    Terwyl u nou noem van vuil hospitale – ek het gisteraand ‘n manspersoon besoek wat opgeneem is in Steve Biko. Die eens uitstekende H F Verwoed Hospitaal is tot niet. Dr Verwoerd draai in sy graf om. Die haglike omstandighede waarin hierdie persoon homself bevind, is skrikwekkend. Kamers is vuil, GEEN kussing, NIE eers my honde slaap op komberse met gate in nie, dan praat ek nie eers van die pasiente wat sommer in ontvangs slaap nie !

    Terug na u skrywe in Rapport, ek het moeite gedoen om daar te lees, ongelukkig word my mening nie geplaas nie, maar ek wil tog gebruik maak van die geleentheid om ons staatmakervrou, Johanna vanDokkum te bedank vir haar volgehoue steun aan u en ons wat u sentimente deel, dan ook, Riaan Pretorius en Werner Smit se bydraes daar.

    1. Trippie, nou die aand was ek mos op Dunnottar vir ‘n vergadering, nie te ver van waar ek op die Oos-Rand grootgeword het nie. Die mooi ou hospitaal daar staan nou bekend as die “Zanele Mbeki Frail Care Centre” en is blykbaar haglik, vuil en vervalle. Vele van ons oumense wat nie privaat mediese fondse het nie gaan dood in hierdie hospitale en geen haan kraai daarna nie…

  2. So dryf ons groepie Afrikaners wat in ‘n gemeenskaplike punt glo, voortbestaan, al verder weg van mekaar. Plaas die hande uitgereik word na mede Afrikaners en nader trek om as getalle groter stem te kan hê in wat ons in glo. Hoeka het ek dit vandag gesien waar die Engelssprekende Boer/Afrikaner verkleineer word omdat sy huistaal Engels is maar dieselfde beginsels en nog meer deel as sy eweknie! As die geskille nie gaan bygelê word dan veg ons ‘n verlore stryd.

    1. Die probleem is dat die professionele politici glad nie in enige vorm van VERANDERING belangstel nie. Hulle is heeltemal tevrede met die stelsel soos hy is: hulle ontvang salaris om niksseggende persverklarings uit te reik en om heen en weer Kaapstad toe te vlieg op die belastingbetaler se onkoste. Die ANC regeer en dit kwel hulle hoegenaamd nie; trouens, hulle verkies dit so.

      Dis soos prokureurs en advokate: jy dink dat hy aan jou kant is, maar eintlik is hy net ‘n huursoldaat wat more weer téén jou sal optree en of jy wen of verloor, jy moet hom betaal!

      Totdat ons van die beroepspolitici ontslae raak en weer mense kry wat vir ‘n saak opstaan, gaan Afrikanerpolitiek bly stagneer.

    2. Is nes jy daar sê Willy!
      Nietemin vermoed ek dat die ou groepie ‘Super Afrikaners’ wat altoos verdeeldheid met hul bekrompe standpunte saai, vinnig aan’t uitsterf is.
      Laat mens dikwels wonder waarom daar altyd siele is wat gereëld na redes soek om nie met ander gees- en taal-genote saam te werk nie.
      Om onderlinge verskille by te lê, teneinde die groter bedreging mbv ‘n verenigde front die hoof te bied.
      Wat is die wetters se werklike motiewe?
      Oorontwikkelde ego’s, deel van die trogvarke te word wat in die gorrelhok sit en slaap, beïnvloedingsagente wat namens die regime die ‘vyand’ op die agterpote wil hou deur verdeeldheid en twis aan te wakker? ens ens ens…

      1. Sjert besef jy watse waarheid sê hy hier?! Dit is hoekom ek warm onder die kraag geraak het as sommiges hulle blind staar teen die groter prentjie. Om teen ‘n taal vas te kyk en nie verder om te sien dat daardie persoon dieselfde uitkyk het, beginsels en na oplossings soek gaan my verstand te bowe! In baie gevalle gaan dit oor die eie ek en eie ego te streel.
        Ek wil graag meer van jou kommentare raak lees as dit vir jou moontlik is.

        1. Tipies. Julle tweetjies is duidelik agente. Ou Sjert kon ‘n mens al lankal sien, maar nou is jy ook skielik beswaard Engels. Het niemand vir julle nog vertel dat Engels ‘n swart taal in Suid-Afrika is nie? Gaan kerjakker met julle broers, want as jy nie taal raaksien nie sien jy ook nie kleur nie

          1. Sjert.
            Hoor daardie damduiker redenasie. Engels is ‘n swart taal in Suid Afrika. Wonder hoe klassifiseer hy sy huisgesin, familie en vriende as hy het want sekerlik kan hulle Engels praat.

  3. Dan. volgens die OVK het die VF IN 1994 (sonder die plus) 424 558 stemme getrek uit ‘n totaal van 19 miljoen kiesers. In 1999 127 217 uit 16mil kiesers, in 2004 139460 uit 14,8 mil. kiesers, en in 2009 146 000 uit 17,9 milj. kiesers.
    Bg toon dat daar ‘n gemiddeld van so 137000 Afrikaners is wat daadwerklik gewys het hulle steun selfbeskikking sedert 1994.
    Hoeveel Afrikaners /wittes is daar ? In 2009 was daar 17,9mil kiesers. Hulle se ons wittes -nie net Afrikaners nie–is 9% van die bevolking. 9% van 17,9 milj. is 1,6 milj.
    Dus 1,6 milj minus 137000 is 1. 46 miljoen kiesers wat of reeds die emigrasie pad gevolg het, of bloot net nie stem nie.
    In 1994 het 424 558 ‘n aangedui hulle steun Vryheid. ‘n Skrale 5 jaar later, in 1999, is daar 297341 stemme net weg ! Waar is hulle heen ? Emigrasie, buite stemming of slagoffers van Naspers se media invloed ?

    Moenie my verkeerd verstaan nie–ek is en was nog altyd ten gunste van ‘n eie gebied vir my mense. Maar die syfers toon dat vryheidsgesindes slegs 8% van die moontlike 1,6 milj Afrikaners uitmaak. Dis nie eens 10 % nie !
    FN het ‘n idee om te verkoop aan die wit kiesers. Jammer maar julle tydsberekening is verkeerd. Julle moes 2 jaar gelede al begin het.
    Dan, jy reken die VF+ is geweeg en te lig bevind —Nou kom klim self op die skaal !
    V

    1. U argument maak nie sin nie. Hoekom is dr Roodt verkeerd as hy “laat” is? Ek dink sy tydsberekening is perfek want dit is nou vir kiesers duidelik dat die DA nie die swart golf gaan probeer stuit nie, maar gaan ry. Die VF+ is deel van die ANC en kon met hulle openbare platform nie hulle parlemenêre vryheid gebruik teen die swartes/Zoeloes nie. Nadat hulle ook geld gesteel het was dit seker vir dr Roodt noodsaaklik om sy rug op hulle te keer

  4. Vir my is dit eenvoudig – die VF+ het meer as n billike kans gehad om iets vir ons Afrikaners te doen – hier plaaslik maar meer belangrik – in die buiteland en hulle het minder as niks vir ons gedoen in al die jare.
    Nou gaan ek FN n kans gee – mens kan nie jaar in en jaar uit vir die VF+ party stem en dan ander resultate verwag nie – dan is n mens dom.

  5. As ons eers ons verontwaardiging begin verloor dan kom die belange van ons unieke Afrikaner volk nie ter sprake nie. In watching the course of political events I was struck by the active part which propaganda played in them. I saw it was an instrument which
    the Marxist socialists knew how to handle in a masterly way and how to put it to practical issues. I soon came to realize the right use of propaganda was an art in itself. This part was practically unknown to our bourgeois parties. The church alone shows certain efficiency in the employment of this instrument and owed much of their success to it. The lack on their side was exploited by the enemy in such an efficient manner one could say it showed itself as a real work of genius. Anyhow most Afrikaner people did not honestly wish to learn anything. Wat gaan die unieke Afrikaner volk hier omtrent doen. Qui vive.

      1. Ek dink wat Max/Matt eintlik sê, is dat ons Afrikaners nie die waarde van doeltreffende propaganda besef nie.Daarom het ons tot dusver nie daarin geslaag om ons boodskap so wyd en so dikwels as moontlik te verkondig nie.

        Tereg verwys hy na die groot suksesse wat die Marxiste en hul meelopers deur die jare heen op die propagandaterrein behaal het.
        Die Free Mandela kampanje wat veral gedurende die tagtiger geloods
        is, is een van talle suksesse wat die Kommunistiese state mbv hul uitstekende vermoëns behaal het.
        Enigste piete wat naby die kamerade se trieks op hierdie gebied kom, is waarskynlik die verskillende godsdienste.

        1. Sjert jy hou jou moedswilig dom.

          Ons almal weet mos dat die grootste en suksesvolste multimedia propaganda en disinformasie offensief ooit, deur NP / NNP teen hul eie mense gevoer was. [Psy-Ops]
          Dat ons volkie tot vandag toe glo dat selfmoord die beste is want niks anders is ‘haaalbaar’ nie. Onthou jy dit nie?

          Hoedat Satchi en Satchi en Huntington en die slimste Westerse Piete almal ingeklim het sodat die Afrikaners hul ma en pa letterlik vir eendvoels aansien. Enige wit jags bonobo aap is volgens hierdie anti-gotters hul stamvaders en moeders. En die Tolktokkolosies van die wit skrifgeleerdes dryf almal die harnas in.

          Matt die kollega van Dieter Gerhard is die grootmeester van ‘polimiekdrywery’ – die beste wapen van Psy-ops.

          Matt soek maar net weer erkenning vir sy kranklike selfbeeld.

  6. Ek was n ingeskrewe lid van die VF plus. Ek het baie vergaderings bygewoon en wat my opgeval het is dat selfbeskikking vir blankes nooit n punt van bespreking was nie.Die laaste strooi wat my laat besluit het om die VF te verlaat was toe die leier n adjunk ministerspos in die ANC aanvaar het . Pieter Mulder is nie n politikus nie maar eerder n akademikus. Hy moet gaan klas gee.Ons het n party nodig wat al sy kragte en mag en aandag sal gee vir selfbeskikking.

  7. Ek lees elders dat gAbsa nou alle steun vir politieke partye gaan staak (wonder of dit nou is weens Braklies (spelling doelbewus) se besnoeiings en of dit nou ou Trevor se stukkie is wat opposisie vir die ANC wil verminder – maak nie saak nie.

    Ek wonder of die VF nog gaan aanhou bestaan gegee die afname in inkomste.

  8. Boet jy het n punt maar ook die kat aan die stert beet – Die Vryheidsfront het 20 jaar gehad om enigsins n poging aan te wend om iets vir ons Afrikaners te bewerstellig en niks gedoen vir ons nie.

    Nou skielik toe FN gestig is en hulle beleid omonwonne gestel het gaan die FV+ ook nou hulle beleid verander na die FN beleid toe?

    Nee genade man ons kan tog nie so dom wees na die bitter verraad van FW teen ons Afrikanervolk dat nou weer in dieselfde lokval te trap nie – waaragtig ons kry swaar genoeg om nie lesse te geleer het nie.
    Daar is n baie groot verskil tussen die FV+ was se hulle is nie teen selfbeskikking nie en die FN wat se hulle gaan voluit vir selfbeskikking.

Maak 'n opvolg-bydrae