Verslag wys SABC korrupte nes

Oortrek van korrupsie
Oortrek van korrupsie

Politieke inmenging, wanadministrasie, suiweringsveldtogte teen personeel, baantjies vir boeties en selfverryking is algemeen by die SABC. Die Raad doen niks daaraan nie en in sommige gevalle neem hulle selfs deel.

Die korporasie se waarnemende hoofbestuurder, Hlaudi Motsoeneng het nie net gelieg oor sy kwalifikasies nie, maar het glo onreëlmatige aanstellings gemaak en homself verryk met drie salarisverhogings in een jaar.

Sy salaris het van R1.5 miljoen tot R2.4 miljoen gestyg.

Die Openbare beskermer, Thuli Madonsela het haar verdoemende bevindings in Pretoria blootgelê ná haar “komplekse” ondersoek na die SABC.

Die eertydse minister van Kommunikasie Dina Pule is vir die tweede keer vir onetiese gedrag uitgewys in die aanstelling van Gugu Duda as SABC hoof finansiële beampte .

Duda, het Madonsela bevind, is deur die ingryping van Motsoeneng en ander aangestel.

Volgens Madonsela het Motsoeneng sy matriekkwalifikasies vervals maar hy blameer dit op ‘n “mev Swanepoel” wat “hom die aansoekvorm laat invul het met enigiets om die werk te kry.”

Op die aansoekvorm het hy gelieg deur te sê dat hy in Qwaqwa in die Vrystaat sy matriekjaar in 1991 voltooi het.

Madonsela het ook bevind dat Motsoeneng kop in een mus was met die destydse voorsitter van die SABC-raad Ben Ngubane. Hy het glo aanbeveel dat die kwalifikasies vir die pos van hoofbedryfsbeampte “pasgemaak” word vir Motsoeneng se gebrek aan kwalifikasies.

In haar verslag Wanneer Regering en Etiek misluk, sê Madonsela Ngubane het sy mag misbruik.

Motsoeneng het die SABC se salarisrekening met ‘n ongelooflike R29 miljoen in een jaar opgestoot.

Alhoewel sy nie afdoende bewys van Pule se betrokkenheid by die onreëlmatige aanstelling van Duda in Februarie 2012 kon vind nie, sê Madonsela daar is bewyse dat “‘n onsigbare hand van haar [ Pule se ] rigting en dié van [ haar minnaar Phosane ] Mngqibisa teenwoordig was”.

Pule het geweier om kommentaar te lewer.

 

10 thoughts on “Verslag wys SABC korrupte nes”

  1. Hoe dit by die SAUK gaan, is maar net ‘n voorbeeld hoe dit by die meeste departemente is. Die vraag ontstaan. Wat gaan nou gebeur? Sal die SAUK deur ‘n suiweringsproses gesit word? Nee, politieke inmenging sal hulle broers en susters daar hou. So word hierdie land stuk vir stuk oor die afgrond bestuur deur gulsige kaders.

  2. Sy het ook apartheids metodes gebruik om die bevindings te maak.So “basta met jou Thuli” ***********oukei grappie
    Stem saam met Willy.En nou word dit net duideliker waar die sogenaamde swart middel klas die geld vandaan kry.Want verseker kan mens nerens in die besigheid wereld bewyse kry om die geld wat hulle verdien te regverdig.Die “spaza shops” behoort nie eers aan hulle nie(gereserveer vir Pakistaners en somaliers)

  3. Hehe, die perd het nie net sy mag misbruik nie, hy het GESTEEL en almal BEDRIEG ! Om ene Mev Swanepoel te blameer, is ook seker maar dieselfde as om APAAARTHEID die skuld te gee ?

    Ek moet hierdie Thuli krediet gee vir haar werk, vraag is net, wanneer ry die skuldiges aan die pen ?

  4. So lekker gelag vanoggend, Rian en kie. vertel van al die heruitsendings van ou programme, veral die gewildes van die 80’s ens. Het hierdie iedjit hierbo nie ‘n skaam been in sy liggaam nie, hy wys dan als met WIT mense in wat uitgesaai is gedurende apaaaaathaaid … praat van koste besparing!
    Ek is redelik moerig dat ek my tv lisensie MOES hernu toe ek ‘n nuwe tv vroeër verlede jaar gekoop het, volgende keer gaan soek ek ‘n kerriekop, sal nie die lisensie ding weer doen nie!

Maak 'n opvolg-bydrae