DA probeer stemme werf uit geweld in Hoofrifgebied

roodepoortDie DA het ‘n geleentheid vir stemwerwing raakgesien in South Deep in Roodepoort aan die Wes-Rand nadat een persoon Donderdag doodgeskiet tydens ‘n oproer oor uitsettings.

Die oproerige is na bewering deur die polisie in die bors geskiet nadat inwoners geprotesteer het oor uitsettingsbevele deur Dino Properties wat hul teen die einde van die maand uit hul huise sal dwing.

Tshepo Babuseng is na bewering in die bors geskiet toe hy en ‘n groep oproermakers op ‘n wetstoepassingsbeampte afgestorm het. Hy is dood verklaar met sy aankoms by die hospitaal.

Verlede week het vier mense het gesterf in botsings met die polisie op Brits in Noordwes.

Die inwoners sê hulle het nie ‘n heenkome as hulle teen Vrydag 31 Januarie hul woonplekke moet ontruim nie. Hulle het die strate ingevaar en begin klippe gooi na verbygaande motoriste nadat uitsettingsbevele op hulle beteken is.

Na gister se noodlottige botsing met wetstoepassing, het die ontevrede gemeenskap onder aanmoediging van die DA gesê verteenwoordigers van die regering verwaarloos hulle.

Die wyksraadslid is glo afwesig en daar is kragvoorsieningsprobleme. Dit was nie voorheen geopper nie. Die DA het die dood van die oproermaker en klagtes aangegryp en sal ‘n hofinterdik aanvra om die uitsetting te keer.

Dié party probeer stemme werf deur die gemeenskap se griewe te oorbeklemtoon en hulle tot onverantwoordelike gedrag aan te spoor by monde van die premierskandidaat in Gauteng, Musi Maimane.

Maimane sê hy het die gebied op versoek van van die gemeenskap besoek.

 

22 thoughts on “DA probeer stemme werf uit geweld in Hoofrifgebied”

  1. Wat die duiwel (DA) nie alles sal doen om siele te werf nie !

    Die oproerige wat geskiet is, was deel van die groep wat die SAPD-lid se voertuig bestorm het, heen en weer geruk en -pluk het, wat het hulle gedink, moet hy stilstaan, en self vir dood agtergelaat word – nee wat, geskiedenis oor die afgelope jare is bewys daarvan dat GEEN protesoptog al ooit vreedsaam, of ten minste, sonder een insident verloop het nie.

    Ek kan nie sê “jammer” nie !

    Kom ons kyk of die DA hierdie spulletjie, wat weereens alles verniet wil hê, en in die proses motoriste se lewens in gevaar stel, die saak kan of gaan oplos. Eerstens gaan julle hierdie betogers moet opvoed – wil ek my verstout om te sê, dis ‘n onbegonne taak.

  2. Hoe kan ‘n politieke party stemme werf uit onluste? Die oproermakers tree soos hooligans op om onskuldige motoriste onder die klippe te steek maar dit is maar reg né Maimane. Ek sê weer dat bestaande en toekomstige DA kiesers die oogklappe moet afhaal want indirek steun hulle die geweld vir hulle eie voordeel.

    1. Willy -jy preek vir die bekeerdes ! Ek het ‘n maand of 2 gelede met Chris Hattingh gepraat – hy is die DA – knaap in Noord Wes, was ‘n Burgermag Kommandant in SAW – bevelvoerder van ‘n Burgermag Artillerie Regiment wat by Quito ontplooi was – hy weet nie van Praag nie ! Skrikwekkend !

          1. Buiteland vanaf 88 af? En die Arikaans is nie meer so goed nie?! Beter as myne wat ‘n tweede taal is. Ek sal graag jou ware identiteit wil weet phm! Hoekom kom Abraham Lincoln se gesegde knaend by my op wanneer ek jou kommentaar lees? “You can fool some of the people all of the time, and all of the people some of the time, but you can not fool all of the people all of the time”.

          2. Willy, dis by my ‘n beginselsaak – ek groet mense waar ookal in die wêreld in Afrikaans – al weet ek ook dis ‘n engelsman. Maar wat my vang is spel jy “Phinger” met ‘n lang “v” of ‘n kort “f” ? Hoekom het ons “ei” om “y” te skryf terwyl ons “y” in die alfabet het. Dis amper so stupid soos engelse spelling waar jy gedurig letters moet kombineer om ‘n klank te vorm wat reeds in die alfabet is. En ek het nie ‘n Afrikaanse spel-konstabel op my rekenaar nie.
            Ek wil niemand “fool” nie maar by aanvaarding van my werkskontrak moes ek ‘n verklaring aflê dat ek nie rasisties is nie en nie terroristiese organisasies ondersteun nie. Gelukkig is dit nie beëdig nie.

          3. Baie woorde wat niks sê nie phm! Jy steek iets weg en dis nie so moeilik om dit agter te kom nie! Praat maar die waarheid.

          4. Willy wat gaan jy so aan met ou snaakse naam – los tog die man in vrede dat hy net kan saamgesels. 😉

      1. A-Ha nou weet ek 😉

        Wil net vir jou by sê – Chris Hattingh was maar altyd baie ver
        links liberaal gewees – glo jy hom regtig as hy vir jou se hy dra nie kennis van Praag nie? Is daar iemand in die NSA wat nie kennis dra van dr. Dan Roodt nie?

        NS: Moenie stres nie – my eerste sin is die belangrikste 😉

        1. Riempiiiieees ! Ek hoop jy het my verklaring gesien dat ek altyd so ‘n kat in die duiwehok gooi om reaksie uit te lok en is bly jou man het oorle Mohammad se sienswyse geniet ! En moennie worrie nie – ek stres nie maklik nie ! Maar ek gaan stem !

          1. Nou vir wat wil jy getel word – jy is dan nie eers hier maar in die buiteland – jy gaan die regering heeltemal verwar! Los die gestemmery!

  3. Afrikaners moet dankbaar wees dat de Klerk hulle aan die anc uitverkoop het en nie aan die Sappe nie – ek kan nou nie onthou wat die naam van die da op daardie stadium was nie daarom gebruik ek “Sappe”. Die anc is onnosel en die meeste maatreels wat hulle wil instel kan in een of ander hof beveg word. Da beleid en Afrikanerhaat is dieselfde as dié van die anc maar die da topbestuur is nie onnosel nie, hulle sal Afrikener vernietiging op ‘n manier implimenteer waar dit net met wapengeweld gekeer kan word.

  4. Wat op dees aarde doen die polisie by hierdie proteste??? Natuurlik gaan die mense hulle voeter. Die gepeupel weet dat daar nie sommer geskiet mag word nie. En die polisie besef dit nog meer.
    Dit is so duidelik soos daglig dat die son gesak het oor Suid Afrika. Niemand kan hierdie algehele wanorde meer keer nie.
    Al wat nou moet gebeur is dat ons Afrikaner/Boere vir ons ‘n stuk grond annekseer, en dan maar dit wat na ons kant toe kom hanteer.

Maak 'n opvolg-bydrae