Afrika-leiers sê die voorgestelde Afrika-Unie se Noodreaksiespan sal nie die werk en die mandaat van die Verenigde Nasies oorneem nie.
Dié verklaring volg ná die beraad oor Afrika se vermoë tot onmiddelike reaksie op krisisse, wat in Pretoria gehou is.
Die beraad, wat deur verskeie Afrika-staatshoofde en hul ministers van verdediging bygewoon is, was daarop gerig om maatreëls te bespreek oor hoe om vinnig te reageer op konflikte en gewapende groepe wat die veiligheid en sekerheid van ledestate bedreig.
President Jacob Zuma sê die span sal nou met die VN saamwerk.

Dit lyk of ZA nou al gaan hulp soek by sy afrika maatjies. Met al die troepebewegings. militêre oefeninge en weermag vliegtuie wat na ‘n lang tyd weer die stilte in PTA versteur wonder ek wat aan die gang is.
Die “hoogs-ontwikkelde” Kenia het onlangs Afrika se vermoëns aan die wêreld mooi ten toon gestel. Hulle snel-reaksie magte het onmiddelik begin roof & plunder nog voor die stof mooi gaan lê het. Die vermoë tot snelle optrede is dus nog nooit een van Afrika se swakplekke nie, slegs die aard van die optrede.