AU sê nee vir Noodreaksiespan

rooivalk2Afrika-leiers sê die voorgestelde Afrika-Unie se Noodreaksiespan sal nie die werk en die mandaat van die Verenigde Nasies oorneem nie.

Dié verklaring volg ná die beraad oor Afrika se vermoë tot onmiddelike reaksie op krisisse, wat in Pretoria gehou is.

Die beraad, wat deur verskeie Afrika-staatshoofde en hul ministers van verdediging bygewoon is, was daarop gerig om maatreëls te bespreek oor hoe om vinnig te reageer op konflikte en gewapende groepe wat die veiligheid en sekerheid van ledestate bedreig.

President Jacob Zuma sê die span sal nou met die VN saamwerk.

Madonsela-verslag oor Nkandla klaar

Thuli Madonsela
Thuli Madonsela

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê sy het die regering versoek om te sê hoever hy met sy besluit is oor waar om verslae heen te stuur as ondersoeke afgehandel is.

Madonsela het vroeër in ‘n onderhoud met die SAUK bekend gemaak dat die langverwagte verslag oor President Zuma se huis op Nkandla in KwaZulu-Natal afgehandel is.

Sy sê egter sy weet nie aan wie sy dit moet oorhandig nie, omdat wysigings nog nie aan die wet op uitvoerende lede se etiek gedoen is nie.

Madonsela se kantoor werk reeds maande aan die ondersoek na die Departement van Openbare Werke se opgraderings van meer as 200 miljoen rand aan president Jacob Zuma se privaatwoning. – RSG