
‘n Indiese vlootduikboot met sowat 18 bemanningslede aan boord het Woensdagoggend ná ‘n ontploffing aan die brand geslaan en gesink.
Die ontploffing het net ná middernag in die kilo-klas INS Sindhurakshak gebeur.
Die ongeluk kom in dieselfde week as wat Indië met ‘n plaaslik vervaardigde vliegdekskip se konstruksie begin. Dit word vir voltooiing in 2017 beplan.
Die land het ook pas aangekondig dat die reaktor op Indië se eerste tuisgeboude kernduikboot nou in werking is.
“Die Sindhurakshak vandag is miskien die ergste ongeluk wat ‘n Indiese vlootduikboot nog ooit gehad het,” sê die verdedigingsdeskundige en voormalige kommodoor Uday Bhaskar.
Narendra Vispute, woordvoerder van die vloot, het gesê pogings word aangewend om vas te stel of die bemanningslede veilig is.
Die Indiese nuuskanaal NDTV het gesê ‘n harde ontploffing is aangemeld. Sowat 12 brandweerwaens het na die hawe in Moembai gehaas en brandbestryders het sowat twee uur lank gespook om die brand te blus.
Vispute het gesê die oorsaak van die ontploffing word ondersoek. Geen verdere inligting is bekend gemaak nie.
Onderhoudswerk aan die 16 jaar oue Russies-vervaardigde duikboot is onlangs gedoen. – AFP

Sulke ongelukke is in hierdie land nie moontlik nie aangesien ons hele vloot op droë grond gestrand is. Geld is gesteel en skepe en bote, soos die vliegtuie, staan en vergaan op land.
Snert man! Wat weet jy van ons vloot?! Wil jy vir my vertel dat ek ‘n Afrikaan is?!!!
Hoe kan ‘n duikboot sowat 18 bemanningslede aan boord hê? O wag, die ding was in die hawe.
Die volgende gesprek binne in die duikboot (met daardie tipiese Indiese aksent) :
.
“Heyi you dumb fakkir Muhandas…! What da-fakkeet are you doiing…?! What are you doiingg dhere…? Are you fakkim crazy…?! You cannot make a fire dhere and cook your cully-brreakfast dhere… dhat is a torpeddo you are cooking on now man. What da f….” BOOOM!!
.
De Juur, ek geniet jou goed. Jy is nie dalk verlangs familie van Knorrig nie?