Afrikaner sal besef DA is ‘n klug wanneer swart leier kom

Voor die munisipale verkiesing het die DA-Leier Helen Zille gesê dat Lindiwe Mazibuko (DA-Nasionale Woordvoerder) haar moet opvolg as leier. In Rapport van 22 Mei 2011 het Helen Zille dit weereens beklemtoon dat Lindiwe haar moet opvolg.

Baie Afrikaners is van die mees rasbewuste mense in Suid-Afrika; hoe kan hulle vir die DA stem wat ‘n liberale party is? Die DA wil alle volke tevrede hou en hoofsaaklik die swart- en kleurlingbevolking. Die DA bied my as Afrikaner niks nie, omdat as die DA die land sou regeer, sal SEB (BEE) op sy beste toegepas word en ons Afrikaners sal daaronder ly. Die Afrikaner moet besin of moontlike beter dienslewering by die DA belangriker is, as dat jy jou volksidenteit gaan verloor. Die swart bevolking is reeds op pad na identiteitloosheid deurdat hulle hul eie tale versaak en eerder Engels verkies. Ons is ook besig om ‘n identeitlose groep te raak want ons hardloop agter die liberaliste aan. Die liberale sal natuurlik stem vir hierdie identeitlose weg, want dit is hulle einddoel met ons; daardeur kan hulle die mense manipuleer soos hulle wil. Waarom is daar in Europa en selfs hier op ons eie kontinent soveel etniese oorloë? Hierdie opstande vind juis plaas omdat hierdie groepe denkers is en hulle wil hul eie identiteite behou. Die Afrikaner gaan wakker skrik as dit eers te laat is, wanneer die liberale monster hulle ingesluk het. Voorbeelde van multikulturele lande soos Frankryk, Duitsland, Nederland en die VSA bewys niks want elke groep streef na sy eie identiteit en daarom vind ook hier rassisme plaas. Die oplossing vir Suid-Afrika is selfbeskikking en die Afrikaner moet hiervoor veg.

Stem eerder vir iets waarin jy kan glo en nie om die verkeerde redes vir ‘n party om opposisie te verkry of om Pretoria te wen nie, want dit gaan nie gebeur nie. Daar moet ook nie buite stemming gebly word nie, want dit help insgelyks niks nie.

медицинская справка москваАлександр Фильчаков

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie!

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was. Laat ons dus maar vandag oor ‘n paar sake reguit praat:

‘n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige onderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie. Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bo uitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

‘n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ‘n mens moor omdat jy ‘n barbaar is wat nie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte gehad nie en moes hulle hulle gesinne met minder as ‘n hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

‘n Mens word nie ‘n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou doen nie. ‘n Mens word ‘n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enige vordering nie, is dit dalk ‘n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer
jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself ‘n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie ….!

автомобильныйФільчаков Олександр Васильович прокурор

Regeer die vyand?

“Verlede jaar het die ANC-lojalis, Jakes Gerwel in sy rubriek in Rapport geskryf dat die ANC wel ‘n vrotsige regering mag wees, maar hy was beswaard oor die uitbeelding van die ANC as landsvyand,” aldus ds. Theunis Botha, leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP).

“Ongeveer ‘n jaar en ‘n verkiesing later is dit steeds moeilik om in te dink hoe die ANC nié as die vyande beskou kan word nie.

– Die ANC se mediaplanne en die Wetsontwerp oor toegang tot inligting het die land verder op die internasionale persvryheidsindeks laat tuimel. Dit beinvloed weer die land se posiosie op die korrupsiepersepsieindeks, en dus ook die beleggersvertroue-indeks, en uiteindelik die vermoë om volhoubare werksgeleenthede te skep, iets wat die land nie kan bekostig nie.

– Suid-Afrika beklee die 118ste plek uit 153 lande op die internasionale vredesindeks.

– Op die mededingendheidsindeks is Suid-Afrika as die 135ste swakste uit 139 lande wat gemeet is gelys, en 112de op die produktiwiteit teenoor inkomstelys. Tog dryf die regering 5 wetsontwerpe wat die posisie gaan vererger en nog werksgeleenthede in die slag sal laat bly.

– Plaasaanvalle duur onverpoosd voort. Die moordkoers onder boere in Suid-Afrika is volgens Interpol tien keer hoër as die Suid-Afrikaanse gemiddeld van net meer as 30 per 100 000 per jaar. Die wêreldgemiddeld is sowat 5 per 100 000. Tog verhoog die ANC rassespanning deur die reg op te eis om ‘n haatspraaklied teen boere gemik te mag sing.

– Die ANC, ook die president, ignoreer by herhaling vermanings van kerke wat uiteindelik hul profetiese stem gevind het, en gaan voort om God as politieke werktuig in te span.

Dit sal insiggewend wees om te sien of Gerwel steeds meen dat die ANC nie die vyand van die land is nie. Min het in elk geval verander wat hom sy mening dat die ANC ‘n vrotsige regering is, sal laat wysig.

Die basiese grondslae van demokrasie is nie net ‘n florerende veelpartybedeling waar die regerende party in algemene belang regeer nie, maar waar daar ook ‘n hoë vlak van persvryheid is – ook vry van selfopgelegde politieke selfsensuur – en ‘n duidelike verdeling van owerheidsgesag. Dit behoort buite begrip te wees dat die belastingbetalers opdok vir die eeufeesvieringe van ‘n party, selfs die regerende party.

“Terwyl ‘n de facto tweepartybedeling in baie dele van die land ontwikkel het, is dit nou nog meer belangrik dat die befondsing van partye, ook privaat befondsing, oop moet wees vir die publiek. Met so baie faktore wat die ontwikkeling van demokrasie kniehalter, sodat dikwels daarna verwys word as ‘n nepokrasie, ‘n kleptokrasie en ‘n eietydse Mandarynse stelsel, kan nie toegelaat word dat die land in ‘n korporatiewekrasie ontwikkel nie, waar groot maatskappy hul pad oop koop nie.

“Die CDP sal alles in sy vermoë doen om aan kiesers ‘n behoorlike Christen-demokratiese opsie te bied, en hiervoor verskeie metodes inspan soos om opnuut met soortgelyke partye en belangegroepe te onderhandel, maar ook bietjie buite die kas dink.”

справка у 86прокурор Фильчаков

Steve vir president!

Volgens sekere fluisterstemme in die Afrikanergeledere is daar ‘n groot groep mense wat vir Steve Hofmeyr wil nomineer vir die VVK-verkiesing. Of dit die waarheid is of nie, weet ek nie, maar dit het my aan die dink gesit oor hoekom ons vir Steve bewonder?

Nee, hy is nie noodwendige ‘n “geliefde” van die volk nie, daarvoor is hy te stout, hy is nie juis ‘n rolmodel vir ons kinders nie, daarvoor is hy te wild en hy is nie juis ‘n “gesiene” man nie, daarvoor is hy te, kom ons noem dit maar, menslik…

Een moontlikheid hoekom almal van Steve hou is omdat ons almal op een of ander manier met hom assosieer. Vir baie mense is hy nog Bruce van ‘Agter elke man’ en daardie assosiasie maak hom deel van die huisgesin. Ander is mal oor sy musiek, of dit nou Pampoen of Neil Diamond is, die man kan sing. Dan is daar sy politieke betrokkenheid of eerder sy Volks-betrokkenheid. Daar is min, indien enige ander Afrikaanse kunstenaars wat so naby leef aan die mense in sy stoele soos Steve Hofmeyr. Hy ken ons mense, hy weet wat is ons hartseer en wat is ons vreugde. Hy lag saam, hy huil saam en hy vloek saam.

Natuurlik het hy ook baie mense wat nie van hom hou nie… Wel, kom ons stel dit eerder so: Daar is ook baie mense wat somtyds nie van hom hou nie! Sy sienings oor geloof het talle mense die duiwel in vir hom (verskoon die woordspeling) en sy morele standaarde is nou nie juis SABS-kwaliteit nie. Die vreemde verskynsel is egter dat mense amper met hom raas soos hulle met ‘n eie kind raas. Hulle word woedend, braak gal en skree “bliksem” maar as hy weer Pofadder toe kom pak hulle die saal vol, want dit is mos Steve…

Die vraag bly staan: Is Steve ‘n politieke leier?

Selfs al hou jy nie van hom nie, moet almal erken hy is suksesvol in wat hy doen. Die moontlikheid dat hy suksesvol kan wees in ‘n politieke rol is dus nie verregaande nie. Ek dink eerder die vraag wat hy homself afvra is “hoekom?”

Steve kry tans meer reg op sy eie as meeste Afrikaner politici. Hier is ‘n man wat publisiteit verstaan. Deur een sms kan hy letterlik duisende mense in ‘n bepaalde rigting laat dink. Ek wil dit waag om die stelling te maak dat Steve heel moontlik meer aanhangers het as die totaal van mense betrokke by volksorganisasies! (Hy het heel moontlik ook meer geld as meeste van die Afrikaner volksorganisasie saam.) Punt is, gaan ‘n politieke rol hom nie weerhou van dit wat hy nou regkry nie? Gaan lees mens die kommentare op Naspers rakende Steve dan sien jy hoeveel steun die man genereer vir ‘n saak in kontras met dit wat ons leiers doen, of eerder nie doen nie.

Steve se toetrede op ‘n amptelike vlak tot ons stryd om vryheid sal meer doen vir die Afrikanervolk as enige ander leier die laaste 20 jaar. Bo en behalwe die feit dat so baie mense hom like sal dit die man en vrou op straat laat besef dat die stryd om ons kultuur te laat oorleef niks te doen het met rassisme of ver-regs nie. ‘n Stigma wat ons al jare lank sukkel om af te skud kan nou deur een man in ‘n agtermiddag onder duisende mense reggestel word.

Ek weet baie mense brom oor die idee, maar ek sal vir hom stem. Ek is jammer vir die mense wat hoop net verregses kom op die Volksraad, maar die Afrikanervolk is baie wyer as dit. Die feit dat duisende mense die Blou Bulle ondersteun op ‘n Saterdag middag maak nie dat hulle nie meer Afrikaners is nie, dit beteken net dat ons nog nie met ‘n aksie of ‘n inisiatief vorendag gekom het waarmee hulle kan assosieer nie. Die oomblik as ons nie vir Steve Hofmeyr erken vir die rol wat hy speel in ons volk nie, is ons uiters naïef. Hy het dalk net ‘n beter begrip van wie en wat die Afrikanervolk eintlik is, as ons…

En dit is ook dan hoekom ek van Steve hou. Hy probeer nie voorgee ons is hierdie heilige en perfekte volk wat nooit ‘n fout maak nie. Hy ken die volk, hy weet wat ons mense eet, drink en asemhaal… En hy is nie skaam daarvoor nie! Hy baklei daarvoor. Hy is nie bang om sy sê te sê nie en hy doen dit met oortuiging. Iets wat sommige leiers dalk maar by hom kan gaan leer.

Dit is egter vir my verblydend, indien die fluisterstemme waar is, dat die VVK besef hulle moet ‘n meer realistiese verteenwoordiging daarstel vir die Afrikaner. Dit wil voorkom asof hulle die Afrikaner op straat se behoeftes en belange begin verstaan. Aan die einde van die dag (soos ‘n ander Blou Bul altyd skerts) gaan dit oor die Afrikaner kultuur in sy geheel, of dit verval is en/of gemanipuleer is, of ons met dit saamstem of daarvoor skaam is, hulle is almal deel van ons volk… Die doel van die VVK is nie om net die ou, regse groepe te verteenwoordig by die VN nie, maar ‘n hele volk- ‘n volk wat hou van rugby, braai en Steve Hofmeyr…

мультики монстр хаилобановский обыск

Die uniekheid van 2011

Kom ons los die Boerepolitiek vir ‘n oomblik en kyk na die wêreld om ons.

Ons vind dat ons ‘n baie unieke Juliemaand gaan beleef.

Juliemaand het vanjaar 5 Vrydae, 5 Saterdae en 5 Sondae.

Dit gebeur slegs elke 823 jaar

Vanjaar kry ons ook ander buitengewone datums:
1/1/11, 1/11/11, 11/1/11, 11/11/11
en dis nie al nie…

Neem die laaste twee syfers van die jaar waarin jy gebore is en tel jou ouderdom wat jy vanjaar sal wees daarby.

Die antwoord is 111 vir elke mens op aarde.

укладка фанеры ценаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Ope brief aan Frans Cronjé

Geagte Mnr. Cronjé,

Reaksie op u brief aan Steve Hofmeyr.

Ek ken u nie persoonlik nie, maar ek neem aan u is ‘n geleerde man. Om hierdie rede neem ek die vrymoedigheid om eers die hele saak te vereenvoudig voordat ons die konteks daarvan bespreek.

“‘n Populêre leiersfiguur van ‘n spesifieke kultuurgroep maak ‘n uitlating wat ‘n ander kultuurgroep beskou as neerhalend en rassisties in ‘n land waar ras verhoudinge ‘n knelpunt is.”

Ek dink u sal met my saamstem dat hierdie naastenby die situasie beskryf.

Ek nooi u nou uit om die name Julius Malema en Steve Hofmeyr in hierdie stelling om die beurt te gebruik. Ons sien dus dat beide hierdie persone hulle self moontlik kan skuldig maak aan presies dieselfde optrede. Ek is seker u het ook ‘n aanvallende brief aan Julius Malema geskryf in die publieke oog waar u dit duidelik gemaak het dat hy ‘n verleentheid en ‘n skande is en dat hy sy “groot gevolg gebruik om woede en haat te saai”. (Ek sal bly wees as u die brief aan ons kan beskikbaar maak, want ek kry dit nog nie in die hande nie)

Nou moet ons die konteks van die saak bespreek. Julius Malema het in die laaste paar maande 3 (drie) uitsprake gemaak wat my as wit man beledig en bekommer. Drie uitsprake wat direk implikasies inhou vir my manier van lewe.

Die eerste is die sing van “Kill the Boer”. U “kom dalk vanuit ‘n plaasomgewing” (wat dit ook al mag beteken), maar ek en my vrou en ons 2 seuntjies (2 jaar en 6 maande oud) is nog steeds op die plaas. Lewe u met die wete dat wat met klein Willemien Potgieter gebeur het kan ook met u kinders gebeur omdat die regering van die dag veg om ‘n uiters rassistiese term soos “Kill the Boer” te probeer regverdig? Wat sou u gevoel wees as Steve ‘n liedjie gesing het met die woorde “Kill the K….r” in? Dog sien ek nie die Instituut wat u verteenwoordig in die hof om hierdie saak aan te spreek nie? Dink u nie ‘n uitspraak waar mense se lewens letterlik bedreig word is dalk belangrik genoeg om op te reageer nie?

Tweedens maak Julius Malema die uitspraak dat alle wittes misdadigers is. Kan u vir my verduidelik hoe op aarde is hierdie nie ‘n uiters rassistiese uitlating en ‘n oortreding van die Grondwet nie? Ek het ook hier u brief misgelees in die media.

Derdens word die bedreiging van die onteiening van ons grond ‘n al groter wordende realiteit. Indien dit die geval is sal ek ook binnekort in my skrywes moet insluit dat ek “vanuit ‘n plaaslike omgewing kom…” voor hulle my grond onteien het. U dink nie uitsprake soos die beïnvloed die rasverhoudings nie? U dink nie die implikasies van so uitlating moet dalk genoem word nie?

Verder is u ook duidelik bewus van die mag wat Julius Malema het. Ek haal u skrywe aan van 14-04-2011 in Business Day:

It must come as no surprise, therefore, that the politics of the country will increasingly gravitate towards these numbers . Your readers must therefore be left in no doubt that Mr Malema and his youth league can achieve every political and economic policy aim that they have set for themselves.

Doelwitte soos “Kill the Boer”, “Wittes is misdadigers” en “onteiening van grond”? Tog wil u voorgee dat Malema se uitlatings nie so erg is in vergelyking van Steve se optrede nie?

Kom ons kyk na die konteks van Steve se lied.

Ek het sopas na die lied geluister en indien ons kyk na die woorde weerspieël dit die Afrikaner se geveg om ons kultuur te beskerm hier aan die Suidpunt van Afrika deur verskillende moeilike tye. Die “feite” in die lied kan dus nie bevraagteken word nie, slegs die gebruik van die enkele rassistiese aanhaling. Indien ons verder die konteks bestudeer sien ons dat Steve die liedjie as ‘n teenfoeter vir die gebruik van “Kill the Boer” daarstel. U besef dit dalk nie, maar ons Afrikaners (ek sluit hiermee dan die liberale Afrikaners uit na aanleiding van u skrywe) voel nog erger gemarginaliseer deur die sing van “Kill the Boer” as wat ‘n swart mens kan voel oor die gebruik van die woord k…r. Dit blyk egter uit u skrywe dat u nie alle kulture oor dieselfde kam skeer in Suid-Afrika nie en dat dit met u in orde is as een leier van een kultuur dit doen, maar nie as ‘n ander nie…

Hierdie subjektiwiteit laat ‘n mens wonder of die verslae wat die instituut waaraan u verbonde is, nie dalk ook op dieselfde wyse hanteer word nie. Ek is baie keer verbaas oor die statistieke wat deur die instituut voorgelê word, want dit verskil hewig met dit wat ons gewone mense ervaar…

Op ‘n meer praktiese noot blyk dit ook dat u oningelig was rakende die woorde van die liedjie want u skryf: “Ek verneem dat jy beplan om ‘n liedjie oor “k****rs” te sing”. Indien u nog nie bekend is met die lirieke nie, kan ek u inlig dat die term k….r net een keer voorkom en dat dit na ‘n geskiedkundige konteks verwys. U sinskonstruksie het egter self ‘n rassistiese ondertoon… Moes u nie dalk iets geskryf het in die lyn van “‘n lied met ‘n rassistiese term” of so iets nie? U skrywe laat dit voorkom of u na die kollektief verwys wat baie meer rassisties is as wat Steve se geskiedkundige konteks is. (Ek is seker u het dit nie so beplan nie, maar dalk kan u daarop let in die toekoms)

Persoonlik dink ek u het oorreageer op beperkte inligting, sowel as die feit dat u nie die konteks in ag geneem het nie.

Ek wil ook dan nou van die geleentheid gebruik maak om u brief meer direk aan te spreek:

Geagte mnr. Hofmeyr,

Ek verneem dat jy beplan om ‘n liedjie oor “k****rs” te sing as die regter in die Julius Malema-haat-spraakverhoor in die guns van mnr. Malema besluit.

Soos reeds geskryf het u nie die lirieke bestudeer nie, maar tog besluit om hierdie aggressiewe en beledigende brief te publiseer (ons hoop almal van harte dat hierdie nie die amptelike werkswyse van die Instituut is nie).

Jou dreigement is rassisties in die ergste tradisies van rassistiese nasionalisme en ondermyn die posisie van wit mense in Suid-Afrika.

U verwysing na “rassistiese nasionalisme” is ‘n blatante veralgemening. Indien u die konteks in ag neem is hierdie “rassistiese dreigemente” direk gelyk aan die “rassistiese dreigemente” wat Julius Malema maak. Die vraag op almal se lippe is hoekom mag Julius Malema dan hierdie uitsprake maak, maar ons nie? Is ons nie veronderstel om dieselfde regte en onder dieselfde wette te val nie? Hoekom word net die wit mense as “rassisties” uitgesonder terwyl ons wette het wat wit mense op die kleur van hulle vel van werk ontneem?

Jy is klaarblyklik onbewus van die feit dat wit mense ‘n baie bevoorregte en omstrede posisie in Suid-Afrika beklee.

Soos voorheen genoem is, het u subjektiewe houding teenoor die saak die Instituut se navorsing ook in gedrang gebring. Sluit u die 900 000 wit mense in plakkerskampe by hierdie getal in of maak ons of hulle nie bestaan nie? Ek neem ook aan dit sluit die sowat 800 000 blankes, wat nie meer kans gesien het vir die situasie in Suid-Afrika nie, ook uit? Ek gee u gelyk dat ons posisie omstrede is, maar definitief nie in die konteks wat u daarna verwys nie. Omstrede in die konteks van ongeveer 4000 plaasmoorde waar die aanvallers in ‘n verre meerderheid jong swart mans is en niemand braaf genoeg is om dit te erken nie.

Hul langtermyn-toekoms in die land hang af van in hoe ‘n mate hulle daardie posisie kan gebruik om ‘n meer stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder.

Wat interessant is van hierdie sin is dat u na die wit mense verwys as “hul”. U sluit u self dus nie in by hierdie groep nie. Ek neem aan dat u dus verwys na die “nie-liberale wittes”? Hier kry die “hulle” weer die skuld, wat die verantwoordelikheid is van die regering om ‘n stabiele, regverdige en voorspoedige samelewing te bevorder word nou “ons” verantwoordelikheid. Indien dit nie gebeur nie sal “julle- die liberale Afrikaner en die regering” sekerlik weer die “ons” daarvoor die skuld gee.

Jy, aan die ander kant, gebruik jou groot gevolg om woede en haat onder jong wit mense te saai.

Sou jy na die lirieke gaan luister is daar geen boodskap van geweld of woede nie, maar eerder ‘n lied wat die swaarkry van “ons” uitbeeld, die boodskap dat ons deur dit alles oorleef het en ‘n gebed ter sake. Hoe bevorder dit haat onder jong wit mense?

Dit is ongelooflik dat jy klaarblyklik nietemin glo dat hierdie gedrag die posisie van wit Suid-Afrikaners kan verbeter.

“Ons” posisie in Suid Afrika… Ons word vermoor op ons plase, gedreig met onteiening, ons kinders se opvoeding lei onder wanbestuur, ons kultuur lei onder wetgewing… Maar die oomblik as iemand opstaan om iets aan “ons” posisie te doen dan is dit mense soos u wat gal braak. Steve dreig niemand met geweld nie, hy vergestalt die frustrasie en woede van ons mense in ‘n lied… Ek is verbaas dat u, wat by ‘n instituut verbonde is om hierdie tipe gedrag te bestudeer nie kan insien wat hier gebeur nie. Weereens kan ons net hoop die instituut deel nie hierdie karakter eienskappe nie.

Die teenoorgestelde is waar.

As ‘n noemenswaardige aantal swart mense sou begin dink dat jy die sieninge van alle wit mense verteenwoordig, stel jy hul toekoms in hierdie land in gevaar.

Wat is hierdie siening? Dat “ons sal oorleef”? Gun u ons nie hierdie siening dat ons gaan oorleef nie? Stel die feit dat “ons sal oorleef” die toekoms van die land in gevaar?

Dit skeel jou blykbaar ook min dat Suid-Afrika se vreedsame transformasie sowel as die vergewensgesindheid van swart Suid-Afrikaners iets merkwaardigs was.

Met ander woorde- Ons moet dankie sê ons is nie almal vermoor nie, net 4000 van ons mense. Ons moet so dankbaar wees dat ons maar moet opgee op ons regte?

Sou jy die soort vernedering wat deur swart mense ervaar is so maklik kon vergewe as dit jou ouers en grootouers was?

U is duidelik nie bekend met “ons” geskiedenis nie. Ek daag u uit om ‘n vergelyking te tref met 26 000 vroue en kinders wat in kampe gesterf het terwyl hulle soos diere in hokke aangehou is en ons plase tot die grond afgebrand is…

Ek skryf nie hier oor die handjievol swart politieke leiers wat hul bevrydingstryd se sogenaamde verbintenis tot nie-rassigheid geskend het nie.

Ek skryf eerder oor die veel groter aantal gewone swart mense wat net soos soveel gewone wit mense hulle daartoe verbind het om saam ‘n beter Suid-Afrika te bou.

Die probleem is dat die mag in die hande van hierdie klein groepie is en dat hulle ons gewone wit mense se regte vertrap en sodoende die voorbeeld stel vir hulle volgelinge.

Dit is belangrik dat jy weet ek kom vanuit ‘n plaasomgewing, so ek weet presies wat “kill the boer” kan beteken en wat die implikasies daarvan kan wees.

Hierdie stelling is ‘n belediging aan elke Boer. Die feit dat u dalk uit ‘n plaasomgewing kom maak nie van u ‘n kenner oor die onrus en dreigende omstandighede wat ons elke dag moet beleef nie. U poging om ons vrese sommer af te maak as iets nietigs wat u toevallig kan ingooi in u skrywe om u punt kredietwaardig te maak is net so erg soos Julius se sing van die lied.

Maar ek sê vir jou, as jy dink dat ons rassisme met rassisme kan beveg, dan is jy net so ‘n groot gek as wat jy ‘n rassis is.

Dit is ironies dat u Steve dreig met die feit dat hy ‘n gek en ‘n rassis is as hy hierdie spesifieke roete wil volg… U doen presies dieselfde as wat Steve doen deur hom te dreig met ‘n etiket.

Dit is vir my ‘n verleentheid om te dink dat jy as ‘n leiersfiguur van enige aard in die wit en Afrikanergemeenskappe opgeduik het.

Is dit ook vir u ‘n verleentheid dat Julius Malema ‘n leiersfiguur is wat onder sekere wit mense ondersteun word? Hoe kan hy (Steve) vir u ‘n verleentheid wees as u uself in elk geval distansieer van “hulle”. Of Steve reg of verkeerd is, hy probeer ten minste iets doen om ons mense se situasie aan te spreek. As navorser moet u nie dalk let op die rede hoekom so baie mense hierdie aksie ondersteun nie? Indien Steve geen ondersteuning gehad het nie, sou u hom alleen kon blameer, maar die feit dat hy so geweldige ondersteuning kry moet tog sekerlik ‘n aanduiding wees van ‘n groter frustrasie onder ‘n groot groep mense, nie waar? Hy sien die ongeregtigheid raak en sit dit op die publieke platform. As mens so daaroor dink- Hy is besig om julle werk te doen, want julle kan duidelik nie ons frustrasie raaksien in julle navorsing nie.

Jy is ‘n verleentheid vir liberale Afrikaners en ‘n skande vir Suid-Afrika.

Ek kan u belowe, baie Afrikaners (“ONS”) wat hierdie brief lees voel as volg:

“Jy is ‘n verleentheid vir ware Afrikaners en ‘n skande vir Suid-Afrika omdat jy ‘n hele kultuurgroep se vrese en frustrasie nie kan raaksien nie al is dit jou beroep!”

Vriendelike groete…

Johan van der Merwe.

десны красныеФильчаков прокурор харькова

Nuwe grondeise gaan landbou verwoes

Die minister van grondsake en grondherverspreiding Mkwinti gaan blykbaar die regering vra om swartes wat hulle grond voor 1913 verloor het se eise toe te laat. Beeld het vanmôre ‘n berig daaroor: Staat wil grondeise heropen.

 

Die wet van 1913 het die reg van swartes om grond te besit in Suid-Afrika beperk – ‘n wet wat na alle waarskynlikheid nie geskrap is tydens die swart oorname in 1994 nie.

 

Na aanleiding van hierdie vergoeding wat aan die swart eisers uitbetaal word deur die regering kan ‘n mens ook vra wie dan nou die nuwe eienaars van die grond word inaggenome dat hierdie grond met belastinggeld betaal word? Dit is ook duidelik dat die swart patriotisme t.o.v. hulle “afgeneemde grond” net tot by hulle beursie strek.

Die verwoestende gevolge wat ‘n nuwe rondte grondeise op die landbou-ekonomie gaan hê, met banke wat geen verdere krediet aan boere sou wou verskaf nie, spreek vanself. Maar dis moontlik presies wat die ANC in gedagte het.

тамбов автохимияОлександр Васильович Фільчаков

Onthou 20 Mei 1983

Op 20 Mei 1983 om ongeveer twintig oor vier die middag het die Kerkstraatbom in die  Pretoriase middestad ontplof.

Die ANC het hiervoor verantwoordelikheid aanvaar.

Ten tye dien Eugene de Kock ‘n 212-jaarvonnis uit omrede hy die organiseerders en medewerkers van sulke dade uitgesnuffel het en onskadelik gemaak het. Hy het dit gedoen vir ons veiligheid en per
instruksie van sy meerderes.

Ek versoek elke organisasie en induwidue om te oorweeg om op die aand van die 20ste Mei in klein groepies te vergader op verskillende plekke en volksliedere te sing.

Die sing van volksliedere het verskeie gevolge

  1. Dit intimideer die vyande van ons volk;
  2. dit inspireer nie-deelnemende volksgenote om betrokke te raak by volksaksies;
  3. dit is lekker om volksliedere in groepe te sing.

Dit is heeltemal wettig om groepe onder 14 persone byeen te hê. Sou u ‘n groep groter as 14 persone beoog, sal u dit met die plaaslike owerheid en polisie bespreek en die nodige toestemmings kry.

Ek versoek dat niemand deelneem hieraan as ‘n spesifieke groep nie, maar as ‘n burger wat nie te vinde is vir terrorisbendes wat tans aan bewind van die land is nie. Deur dit te doen sal u te kenne gee
dat daar ‘n gevoel onder die volk is wat weerstand wil bied teen die huidige situasie, hetsy dit bloot miskenning is van ons volk se bestaan, diskriminerende wetgewing, polisiegeweld of enige van
die tientalle redes hoekom dit nodig is om weerstand te toon.

Op hierdie wyse kan elke wetsgehoorsame man ook deelneem aan die stryd tot ‘n volk se ontwaking. Deur nie namens spesifieke organisasies deel te neem nie versterk die gevoel dat ons tog kan saamwerk.

Teikentyd:           20:00 op 20 Mei 2011
Teikengebied:    u eie omgewing

Maak publisiteit hiervoor per e-pos, sosiale netwerke en onder vriende, sodat hierdie aksie wye ondersteuning geniet. Daar is geen sentrale reelings komitee of enige georganiseerde struktuur nie; ek rig hierdie versoek in my eie hoedanigheid as Boer en as Afrikaner.

Ek hoop u geniet die organisering hiervan, oud en jonk kan deelneem en daarvan ‘n lekker geleentheid maak, neem foto’s en stuur dit aan plaaslike koerante, met u eie persoonlike storie van hoekom die volk
besig is om te ontwaak!casino bonusФильчаков прокурор отзывы

DA, ANC wil Afrikanergeskiedenis vernietig

Die geheimsinnige verwydering van ‘n borsbeeld van dr H F Verwoerd voor die biblioteek van Meyerton deur die DA, gedurende die nag van 4 Mei 2011, laat ‘n wrang smaak.

Dit, veral gesien dat die borsbeeld reeds sedert 1970 daar staan en ook daar bly staan het toe die ANC die Midvaalraad van 1995 tot 2000 beheer het en ook die afgelope tyd daar bly staan het toe die DA beheer van die Midvaalraad geneem het.

Nooit gedurende hierdie tydperk, maar veral die afgelope 17 jaar wat die ANC regeer, was daar enige bohaai oor die borsbeeld gemaak nie. Die feit dat dit nou skielik kort voor die 2011 munisipale verkiesings soos ‘n warmpatat tussen die ANC en die DA hanteer word, bevestig maar net weer die kleinlike politieke opportunisme en skynheiligheid waarmee beide partye besig is ten einde ‘n paar stemme te werf.

Die ironie van beide partye se modus operandi’s is dat die pot die ketel nie eintlik kan verwyt nie en dat die hele aangeleentheid soos ‘n tweesnydende swaard op beide partye se stemwerwery kan inwerk. Dit geld veral die DA wat hom op die blanke, maar meer op die Afikanerstem in die gebied, toespits.

Iets wat beide partye uit die hantering van die aangeleentheid kan leer is dat die verwydering van ‘n borsbeeld/standbeeld soos dié van dr H F Verwoerd tydens ‘n vorige bedeling, nie sy aandeel in die verloop van die geskiedenis van ‘n land en volk kan verwyder of uitwis nie. Dit bly staan tot in die verre toekoms.

En dit geld nie net vir die geskiedenis van die Afrikanervolk nie, maar ook vir dié van die sg nuwe-SA-nasie!

детские игрушки одессатопкарго

‘Volksmoord bereik breekpunt’ – VOLBER

Die VOLBER (Volksoganisasiesleiersberaad) van die Afrikanervolk het met afgryse kennis geneem van die blatante teregstelling Dinsdagaand van mev. Jeanette Odendaal deur ‘n polisieman by ‘n Kemptonparkse Polisiekantoor. Geen woorde kan ons afkeer van hierdie weersinwekkende daad beskryf nie!

Hoe ver het ‘n land se regstelsel verrot wanneer onskuldige en kwesbare burgers links en regs sonder rede deur sogenaamde geregsdienaars vermoor, aangerand en verkrag word? Hoe lank moet gewone, wetsgehoorsame, belastingbetalende burgers aan hierdie onbeheersde magsvergryp onderwerp word?

Dit blyk dat Suid-Afrika besig is om ‘n polisiestaat te word, waarin die polisieamptenare wat veronderstel is om die burgery te beskerm, hulle mag gruwelik misbruik teenoor die gewone mense, en daarteenoor word regerings- en ANC-amptenare deur kordonne gewapende veiligheidsbeamptes beskerm.  Verder blyk dit dat die ANC regering geen begeerte het om sodanige vergrype deur die polisie hok te slaan nie.

VOLBER eis vandag namens alle Afrikaners en burgers van Suid Afrika, dat die ANC-regering onmiddellik streng maatreëls op die polisie plaas om sodanige ongemagtigde geweld deur polisieamptenare op die burgers van die land te verbied, en die maatreëls in die openbaar af te kondig. Verder verklaar VOLBER dat die volksmoord teen blankes stadig maar seker besig is om breekpunt te bereik.

Indien die ANC-regering nie streng begin optree om sodanige vergrype en die voortslepende plaasmoorde te voorkom nie, sal ons mense nie langer kan stilsit en toesien dag ons uitgemoor en geviktimiseer word nie!

ігридля дівчатАлександр Фильчаков прокурор

Min plaaslike belangstelling in Britse koninklikes

Die huwelik van William en Kate Middelton het die Britse monargie weer op die voorgrond gebring dog dit wil voorkom asof daar, vergeleke met die vorige huwelik van die troonopvolger Charles en Diana, opsigtelik minder plaaslike belangstelling daarin heers.

Dit wil ook voorkom asof die kaperjolle van Charles, die Britse troonnopvolger en sy destyds buite-egtelike verhouding met Camilla die Britse troon baie meer skade berokken het as wat die monargie toentertyd besef het.

By die burgers van Brittanje heers daar insgelyks ‘n apatie wat die koninklikes betref. Volgens meningspeilings is sowat 20% ten gunste van die afskaffing van die Britse monargie en ‘n verdere 50% stel nie genoeg belang om die strate in te vaar om deel te neem aan die feesvieringe nie, maar sal die verrigtinge op die TV dophou.

Die vinnige troue van William en Kate mag dalk ‘n desperate poging wees om die monargie van ondergang te red. Die algemene gevoel onder die Britse burgers is dat Charles ten gunste van sy seun William sal abdikeer. Die tagtigjarige monarg Elizabeth II is deesdae baie min in die openbare oog.

Hier plaaslik is dit is ook doodstil tenopsigte van onse president Zuma se uitnodiging na die huwelik.

справки 086уАлександр Фильчаков

Bly blank, my volk!

“Bly blank, my volk, bly blank in gees,

laat helderheid jou hartslag wees…”

— G.A. Watermeyer

Die HNP repudieer dr. Danie Goosen se definisie van ‘n Afrikaner soos gerapporteer in Beeld van 15 April 2011 ten sterkste. Volgens die berig het dr. Goosen in die Malema-verhoor gesê: “Enigiemand wat met die ideale van die kultuurgroep wil assosieer, ongeag van kleur, beskou ons as ‘n Afrikaner”. Dié stelling weerspieël die liberale denke wat graag die Kleurlinge by die Afrikanervolk wil intrek. Om boonop na die Afrikanervolk as ‘n ‘kultuurgroep’ te verwys, is op sigself ‘n verwerping van ons volkskap, en aanvaarding dat ons slegs ‘n kultuurgroep binne ‘n groter Suid-Afrikaanse nasie is.

Daarenteen verklaar die HNP dat die Afrikanervolk ‘n volk in eie reg is wat sedert die begin van ons wordingsgeskiedenis ‘n sterk kleurbewussyn en weerstand teen rasse-verbastering gehandhaaf het. Dit het gespruit uit ons Calvinistiese geloofsoortuiging en praktiese lewenservaring, en is een van die sterkste faktore wat ons ontwikkeling as ‘n blanke volk moontlik gemaak het.

Waar die aanslag teen ons volk in die verlede veral daarop gerig was om ons polities te ontmagtig, word dit nou direk teen ons bloed gerig deur die vaste fondament van Witmanskap onder ons te probeer uitkalwer. As ons dit toelaat, sal die Afrikanervolk onherroeplik vernietig word. Daarom roep ons elke volksgenoot op: wees trots op u Witmanskap; dit is deur u Formeerder in u ingeskape. Koester dit en beskerm dit; en dra dit so oor aan u nageslag!

светильники для освещенияДанильченко Юрий Брониславович компромат

Verstaatliking van die Onderwys

Prof Deon Geldenhuys maak ‘n saak in Beeld (2011-03-25) uit met goeie argumente waarom Afrikaners toenemend die Universiteit van Johannesburg ter syde stel en elders akademiese tuistes probeer vind. Die hele debat is egter mosterd na die maal.

Toe die 1996-grondwet in artikel 29 ‘n onderskeid maak tussen openbare/staatlike onderwysinstellinge en die reg op onderwysinstellinge van ‘n besondere kultuur en religieuse rigting privatiseer, het die klok vir RAU gelui. Die volgende stap van die regering was om die privaatwette verbonde aan universiteit op te hef. Daarmee is die onderwys verstaatlik.

Die ironie is dat toe bg. gebeur het, daar weinig stemme in Afrikanergeledere opgegaan het om die regering halt te roep. Dit geld ook prof. Geldenhuys. Tewens, Afrikaners is medeaandadig aan die skryf van die 1996-grondwet. Toe was FW de Klerk die dirigent en Deon Geldenhuys ‘n tenoor in die koor. Op daardie stadium het Geldenhuys hom onttrek aan die Stigting vir nasionale Minderhede, omdat hy nie sy beroep skade wou berokken nie.

Die gevolg is dat bv. Potchefstroom sy Christelike grondslag kwyt is, die Universiteit van die Vrystaat God se naam uit die leuse weglaat en RAU nou stelselmatig verengels en verswart. Ons wat destyds op die gevaar van stelselmatige verstaatliking gewys het, is toe op ‘n syspoor gerangeer.

Die punt is dat onderwys per definisie ‘n nie-staatlike funksie van die burgerlike samelewing moes wees. Ouers se reg om die religieuse rigting en kulturele inslag van die onderwys te kies is nie onderhandelbaar nie.

Wat staan ons dus te doen: eenvoudig! Raak ontslae van ‘n totalitêre owerheid en vervang dit met ‘n Christen-demokratiese stelsel wat owerhedsmag beperk en begrens. Om dit te kan bereik het ons ook die hulp van goedgesinde swart- en bruinmense nodig.

play onlineДанильченко Юрий прокурор

Ou koeie en klein jakkalsies

Die onlangse kritiek op Dr Dan Roodt oor ‘n gedig wat hy 30 jaar gelede geskryf het, het my aan die dink gesit. As iemand my sou aanvat oor iets wat ek 30 jaar gelede gedoen of gesê of geskryf het, hoe sal ek dit antwoord?

In die eerste plek is 30 jaar ‘n lang tyd. Ek aanvaar dat ‘n jonger persoon nie ‘n begrip sal hê van wat alles in so ‘n tydperk in ‘n mens se lewe kan verander nie. Gestel iemand is 30 jaar oud, 30 jaar vantevore was hy ‘n baba. Kan ons dit steeds teen hom hou dat hy 30 jaar gelede doeke gedra en homself bevuil het? Natuurlik nie! Gestel iemand is 40 jaar oud, 30 jaar gelede was hy 10 en het toe vrugte gesteel uit iemand se tuin. Is hy vandag nog steeds ‘n dief? Gestel iemand is vandag 50 jaar oud, 30 jaar gelede was hy twintig en het saam met sy maters gesuip en kroeggevegte gehad. Vir die afgelope 25 jaar sit hy nie meer sy mond aan drank nie en weet nie hoe lyk die binnekant van ‘n kroeg nie. Noem ons hom nog steeds ‘n kroegvlieg? Gestel ‘n 70 jarige het op 40 ‘n middeljare krisis beleef en ‘n kortstondige verhouding buite die eg gehad. Vir 30 jaar doen hy dit nie meer nie, is hy vandag nog ‘n egbreker?

In die tweede plek verander ‘n mens se standpunt met verloop van tyd. Ek dink dit was Mark Twain wat vertel het: toe hy 18 was het hy waargeneem dat sy pa die domste persoon is wat hy ken, toe hy 21 was het hy waargeneem dat sy pa die afgelope 3 jaar baie geleer het. Hopelik leer mens met verloop van tyd. Jy behoort te leer uit waaraan jy blootgestel word, uit ondervinding wat jy opdoen, en ook uit die foute wat jy maak. Selfs mens se waardes, ideologie en godsdiens kan met verloop van tyd verander. Dit is heel moontlik dat iemand in sy jeug rebels was en alles verwerp het waarvoor sy ouers gestaan het, net om later te besef hy was verkeerd en sy ouers was reg. Daar is die jong boer vars uit die universiteit wat beter weet as sy ongeleerde pa, daar is die Hippie met blomme in sy hare wat die wêreld wil verbeter, ensomeer. Daar was ook ‘n briljante jong Saulus wat later die Apostel Paulus geword het.

Derdens is daar die probleem dat dit wat jy jare gelede geskryf het, beskikbaar bly om gelees te word. Veral as dit nie in jou privaat dagboek was nie, maar miskien as ‘n brief of – wee jou – as iets wat gepubliseer is. Intussen het jy of van standpunt verander of jy het geleer hoe om jouself beter uit te druk, maar daar staan dit vandag nog swart op wit. Hoe hanteer jy dit? Dit gebeur soms dat iemand dit wat hy geskryf het formeel repudieer en alle bestaande kopieë opspoor en vernietig. Meeste skrywers laat dit wat hulle geskryf het, staan – dit is ‘n deel van sy geskiedenis en van sy ontwikkeling as skrywer.

Dan is daar die geval van letterkunde. Ek aanvaar die meeste mense lees nie letterkunde nie en begryp ook nie hoe dit werk nie. Dink aan ‘n fliek, in die verhaal is daar ‘n held wat – sê maar- 50 skurke doodskiet. Beteken dit dat die draaiboekskrywer in sy persoonlike hoedanigheid glo skurke moet doodgeskiet word? Nie noodwendig nie, hy vertel net ‘n storie. Toe Shakespeare geskryf het hoe Romeo and Juliet selfmoord pleeg, het hy tog nie selfmoord aanbeveel as die oplossing van liefdesprobleme nie. Die skrywer van letterkunde poog om ‘n dieper gedagte tuis te bring by sy lesers en daarvoor gebruik hy sekere tegnieke. Een so ‘n tegniek is satire: menslike dwaashede of tekortkomings word bespotlik voorgestel met die doel om verbetering te bewerkstellig. Ons sien dus dat by letterkunde, ‘n skrywer nie noodwendig sy persoonlike siening gee nie en dan mag hy boonop op ‘n sekere manier skryf om ‘n sekere doel te bereik – en die doel is dalk juis die teenoorgestelde van wat sy woorde self sê.

Dit help ‘n skrywer veel om vir ‘n lang tyd te swoeg en sweet om iets te skryf en dit word nie gepubliseer nie. Om gepubliseer te word, is nie vanselfsprekend nie. Indien dit letterkundig van aard is, word hierdie werk geresenseer deur vakkundiges. Daar is ‘n proses van ondersoek en kritiek waardeur dit gaan.

As iemand vandag my moet beskuldig oor iets uit my tienerjare, wat moet ek antwoord? Ja, dit is waar, maar wat moet ek nou daaromtrent doen? Dis water onder die brug deur. Ek is al vir 30 jaar ‘n christen, voor dit was ek ‘n agnostikus. Wat sê dit? Ek is ‘n bekeerde sondaar, “I was lost, but now I am found”. Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip optel!

Ten laaste, wat nou van die huidige smeerveltog teen Dr Roodt? Dr Roodt word toenemend gesien as een van ons opkomende leiers, ‘n persoon wat hier en in die buiteland gerespekteer word. Waarom word daar na 30 jaar ‘n bohaai gemaak oor ‘n satiriese gedig wat hy as tiener geskryf het? Vir my lyk dit na ‘n doelbewuste aanslag met ‘n verskuilde agenda – of het ons ons eie hoogheiliges soos die Fariseërs van ouds? Dr Roodt is ook een van die VVK kandidate – kan dit ‘n bedekte poging wees om die VVK te stuit?

печка для сауныДанильченко Юрий Харьков