“Ongeveer ‘n jaar en ‘n verkiesing later is dit steeds moeilik om in te dink hoe die ANC nié as die vyande beskou kan word nie.
– Die ANC se mediaplanne en die Wetsontwerp oor toegang tot inligting het die land verder op die internasionale persvryheidsindeks laat tuimel. Dit beinvloed weer die land se posiosie op die korrupsiepersepsieindeks, en dus ook die beleggersvertroue-indeks, en uiteindelik die vermoë om volhoubare werksgeleenthede te skep, iets wat die land nie kan bekostig nie.
– Suid-Afrika beklee die 118ste plek uit 153 lande op die internasionale vredesindeks.
– Op die mededingendheidsindeks is Suid-Afrika as die 135ste swakste uit 139 lande wat gemeet is gelys, en 112de op die produktiwiteit teenoor inkomstelys. Tog dryf die regering 5 wetsontwerpe wat die posisie gaan vererger en nog werksgeleenthede in die slag sal laat bly.
– Plaasaanvalle duur onverpoosd voort. Die moordkoers onder boere in Suid-Afrika is volgens Interpol tien keer hoër as die Suid-Afrikaanse gemiddeld van net meer as 30 per 100 000 per jaar. Die wêreldgemiddeld is sowat 5 per 100 000. Tog verhoog die ANC rassespanning deur die reg op te eis om ‘n haatspraaklied teen boere gemik te mag sing.
– Die ANC, ook die president, ignoreer by herhaling vermanings van kerke wat uiteindelik hul profetiese stem gevind het, en gaan voort om God as politieke werktuig in te span.
Dit sal insiggewend wees om te sien of Gerwel steeds meen dat die ANC nie die vyand van die land is nie. Min het in elk geval verander wat hom sy mening dat die ANC ‘n vrotsige regering is, sal laat wysig.
Die basiese grondslae van demokrasie is nie net ‘n florerende veelpartybedeling waar die regerende party in algemene belang regeer nie, maar waar daar ook ‘n hoë vlak van persvryheid is – ook vry van selfopgelegde politieke selfsensuur – en ‘n duidelike verdeling van owerheidsgesag. Dit behoort buite begrip te wees dat die belastingbetalers opdok vir die eeufeesvieringe van ‘n party, selfs die regerende party.
“Terwyl ‘n de facto tweepartybedeling in baie dele van die land ontwikkel het, is dit nou nog meer belangrik dat die befondsing van partye, ook privaat befondsing, oop moet wees vir die publiek. Met so baie faktore wat die ontwikkeling van demokrasie kniehalter, sodat dikwels daarna verwys word as ‘n nepokrasie, ‘n kleptokrasie en ‘n eietydse Mandarynse stelsel, kan nie toegelaat word dat die land in ‘n korporatiewekrasie ontwikkel nie, waar groot maatskappy hul pad oop koop nie.
“Die CDP sal alles in sy vermoë doen om aan kiesers ‘n behoorlike Christen-demokratiese opsie te bied, en hiervoor verskeie metodes inspan soos om opnuut met soortgelyke partye en belangegroepe te onderhandel, maar ook bietjie buite die kas dink.”
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.