Die minister van grondsake en grondherverspreiding Mkwinti gaan blykbaar die regering vra om swartes wat hulle grond voor 1913 verloor het se eise toe te laat. Beeld het vanmôre ‘n berig daaroor: Staat wil grondeise heropen.
Die wet van 1913 het die reg van swartes om grond te besit in Suid-Afrika beperk – ‘n wet wat na alle waarskynlikheid nie geskrap is tydens die swart oorname in 1994 nie.
Na aanleiding van hierdie vergoeding wat aan die swart eisers uitbetaal word deur die regering kan ‘n mens ook vra wie dan nou die nuwe eienaars van die grond word inaggenome dat hierdie grond met belastinggeld betaal word? Dit is ook duidelik dat die swart patriotisme t.o.v. hulle “afgeneemde grond” net tot by hulle beursie strek.
Die verwoestende gevolge wat ‘n nuwe rondte grondeise op die landbou-ekonomie gaan hê, met banke wat geen verdere krediet aan boere sou wou verskaf nie, spreek vanself. Maar dis moontlik presies wat die ANC in gedagte het.
