Enigste Afrikaanse MBA-graad?

Die Universiteit van Stellenbosch se Bestuurskool (USB) adverteer tans met die volgende bewering op die LitNet-webwerf: “Enigste Afrikaanse MBA met klaskontak.” Die vraag is of dit die waarheid is.

Klik op hierdie advertensie vir verdere besonderhede en jy kom uit by uitsluitlik Engelse inligting. Daarvolgens is daar vier opsies: voltydse MBA (Engels), deetydse MBA (Engels), modulêre MBA (Engels) en modulêre MBA (hoofsaaklik/”mainly” Afrikaans). Beteken hierdie “mainly” Russel Botman se berugte 60% of kan dit in die praktyk maar minder ook wees? Is dit hoe die “enigste Afrikaanse MBA met klaskontak” deesdae lyk? Is hierdie opset sodanig dat dit geadverteer moet/kan/behoort te word?

By die USB se inligting oor studiebeurse word beweer dat hulle almal op grond van akademiese verdienste toegeken word. Die daaropvolgende bepaling weerspreek dit egter met die gebruiklike refrein dat voorheen benadeelde kandidate, dus nie-wittes, voorkeur by beurstoekennings kry. Dit is immers wat ‘n mens van die Botman-US verwag: moenie (soos voorheen) voorkeur vir akademiese verdienste by hierdie universiteit kom soek nie.

лобановский обыск

Leopold Scholtz maak mense net kwaad

Dis mateloos fassinerend hoe elke Jan Rap en sy maat hom die mening toeëien dat dit sy persoonlike taak is om die Afrikaners op te voed. Ek verwys hier na die artikel in Beeld 4 Januarie 2013, deur Leopold Scholtz.

Met kleur en geur word ander blanke leiers soos Angela Merkel van Duitsland as voorbeeld voorgehou van hoe mnr Zuma, ‘n Zoeloe van Afrika, hom nou eintlik moet gedra tesame met die voorbeeld van hoe Ronald Reagan die Amerikaners deur hulle vernedering van Viëtnam gedra het. Met mooi woorde gemik op die Afrikaners meen Scholtz mnr Zuma behoort Afrikaners slimmer te benader sodat hulle gemaklik kan voel oor hulle “Viëtnam”-vernedering danksy verraad deur hulle leier FW de Klerk.

Van hieraf spring Scholtz sommer na die ongekwalifiseerde “Engelse” waarteen die Afrikaner dit sogenaamd het, wat juis die punt bewys dat Scholtz se tweedehandse kennis uiters skraal is. Die kwistige misbruik van die woorde haat en liefde, totaal buite konteks, toon sy gebrekkige begrip van die werklikheid.

Mag hier ‘n vriendelike versoek aan mnr Leopoldt Scholtz gerig word? Skoenmaker, hou jou by jou lees: Jy woon in die buiteland en weet net wat jy hoor van die mense hier in Suid-Afrika, of dit nou Afrikaners of Zoeloes is, dit is nie meer jou land of jou mense nie.

Mnr Scholtz, jy laat niemand beter voel nie; jy maak mense in Suid-Afrika net kwaad, met jou oningeligte menings.

Александр Фильчаков

Net één Afrikaanse koerantstem

Onder Vier Oë Saterdag met Nas­pers se voorsitter, Ton Vosloo, het betrekking.

Die eertydse koerantmaatskappy het werklik merkwaardig gegroei en ‘n mens kan maar net respek, selfs bewondering, hê vir die bestuurs- en sakevernuf waarmee Vosloo en sy kollegas die huidige “Naspers-wêreldryk” tot stand gebring het.

Sulke buitengewone materiële sukses kom meestal teen ‘n prys.

So byvoorbeeld vertel Vosloo met groot genoegdoening van Naspers se destydse stryd met en oorwinning oor die Perskor-groep en die daaropvolgende vernietiging van die Perskor-koerante.

Dit was ‘n verlies vir die land en in die besonder vir Afrikanerbelange, want die Afrikaanse koerantwese, en die verskeidenheid van insigte en menings wat voorheen daarin vervat was, het nou verskraal bloot tot die Naspers-monopolie.

In die praktyk word net één Afrikaanse koerantstem sedertdien en deesdae gehoor.

Naspers oefen dus uit hoofde van sy monopolie ‘n besonder groot invloed uit op Afrikaners se denke en politieke wil.

Kritici van Naspers beweer dat hierdie invloed en die mag wat dit verteenwoordig ongesond en buite verhouding groot is en dat, soos die spreekwoord sê: “Power corrupts and absolute power corrupts absolutely.”

Ondanks Naspers se protestasies oor sy integriteit en goeie bedoelings is daar volgens kritici uiteraard geen versekering dat insigte en praktyke (soos ‘n konformerende uniforme redaksionele beleid) wat kommersieel so goed werk vir Naspers noodwendig ook so goed is en was vir die land en veral vir die oorlewing van ‘n bedreigde Afrikanervolk wat deur hierdie koerante bedien word nie.

Of die kritici reg is en of Naspers se resep in die belang van die land in die algemeen en Afrikaners in die besonder is, sal net die tyd leer.

Фильчаков прокуратура харьков

Baie praatjies, al hoe meer gaatjies

Na 18 jaar van ANC regering moet elke burger van Suid Afrika nou al besef dat die ANC onbevoeg is om ‘n land soos dié te regeer. Tyd om te erken dat daar verskillende rassegroepe is wat oor sterk patriotisme beskik. Tyd om konsekwent te besin wat die pad vorentoe vir al hierdie verskillende groepe inhou as daar nie nou met verantwoordelikheid daarna gekyk word nie.

Daar sal byvoorbeeld na koalisies gekyk moet word wat sê het in die bestuur van die land. Die burgers van die land kan net nie meer die onverantwoordelikheid van die ANC dra nie – te veel armoede,  te veel korrupsie, te veel vermorsing van fondse, te veel misdaad, te veel mense in poste wat nie die werk kan doen nie.

Kan ons van hierdie geleentheid gebruik maak om met deurdagte voorstelle te kom oor waarheen vorentoe?

Олександр Фільчаков прокурор

Wat het geword van die KP-stemmers?

Die Konserwatiewe Party, of beter bekend as die KP, was sterk Konserwatief en Nasionalisities. Die party was vir meer as 12 jaar die amptelike opposisie in Suid-Afrika. Die KP-kiesers was van jou mees konserwatiewe en nasionalistiese kiesers. Wat het van hulle geword na 1994?

Die KP het in die 1987-verkiesing 574 502 stemme (26,6%) op hom verenig. In die 1989-verkiesing het hulle 680 131 (31,5%) stemme verwerf. Hulle het in 1992 -Referendum as die nee-stem 875 619 stemme (31,27%) verkry. As daar ooit ‘n verkiesing voor 1994 sou wees , het mense berig dat die KP die NP sou onsetel as die regerende Party.

Maar die vraag bly staan , wat het van hierdie amper 900 000 KP-kiesers geword? Die KP was pro-Afrikaner en tog was dit vir baie konserwatiewe Engelse ‘n politieke tuiste.

Sal hierdie eens trotse KP-kiesers weer vir ‘n soortgelyke party stem in die nuwe Suid-Afrika? Dit kan ‘n magbasis word in die Nuwe Suid-Afrikaanse Politiek en ‘n Party wat die belange van die Konserwatiewe en Nasionalistiese kieser sal beskerm.

лобановский харьков

Sekere lewensbeskouings kan misleiding wees

Ek het al dikwels gewonder waarom dit vir baie mense so belangrik is om te fokus op die najaag van daaglikse plesiere en om hul kortsigtige materiële behoeftes te bevredig en waarom hulle nie erns daarvan maak om meer uit te vind aangaande belangriker sake soos die moontlikheid van lewe na die dood, die aard van die Goddelike en wie ook al die meeste mag en invloed in die wêreld het nie. Is dit maar toevallig so, is dit deel van hulle sg. sondige natuur, of word dit waarin hulle belangstel en hul prioriteite grootliks beïnvloed deur ander mense? Waarom is dit so dat die meeste mense in ‘n spesifieke land min of meer dieselfde lewensbeskouing en godsdienstige idees het? Is dit moontlik dat daar selfs sekere magtige belangegroepe “agter die skerms” is wat doelbewus ander mense aanmoedig om sekere lewenswaardes te hê?

Vir duisende jare was daar in die meeste samelewings magtige mense wat daarna gestreef het om hul eie magsbasisse en rykdomme nog verder uit te brei – meesal ten koste van die welsyn van die meeste ander inwoners van daardie betrokke samelewings. Hulle het dikwels nie geskroom om allerlei immorele metodes te gebruik nie en het skaamteloos leuens vertel, baie mense benadeel en selfs oorloë begin ten einde hul doelwitte te bereik. Hul leuens en misleiding het soms gepaardgegaan met mooiklinkende woorde soos “verandering”, “demokrasie”, “vryheid”, “geregtigheid” en “gelyke regte”. Soms het hulle en hul ondersteuners gebruikgemaak van vreesaanjaende dogmas en leerstellings wat verwys het na God/gode wat diegene sal straf wat nié voldoende gehoorsaam is aan die veronderstelde God/gode se verteenwoordigers op aarde nie.

Baie magsugtige mense was en is nog steeds deeglik bewus daarvan dat die oorgrote meerderheid mense nog altyd onnadenkend sekere idees nagevolg het wat deur andere aan hulle opgedis is. Die meeste mense het ook nog altyd meer klem gelê op hul emosies i.p.v. rasionele denke. Daarom “voel” die meeste inwoners van ‘n demokrasie dat hulle darem op ‘n manier seggenskap het in die besluite van hul land se regering, juis omdat hulle kan deelneem aan verkiesings. In werklikheid bepaal die eienaars van die hoofstroommedia die uitslae van die verkiesings, omdat hulle so ‘n geweldige invloed het op die denke van die meeste stemgeregtigde mense – veral m.b.v. hul tydskrifte, koerante en beide nuuskommentaar en “vermaak” op die tv en radio.

Sommige idees is oënskynlik baie wonderlik en ondersteuners daarvan gee dikwels voor dat hulle die welsyn van andere probeer bevorder deur die navolging van daardie idees. Die langtermyn gevolge van die toepassing van sekere idees en ideologieë kan egter skrikwekkend wees en bevorder gewoonlik hoofsaaklik die belange van die magsugtige, super ryk mense. ‘n Goeie voorbeeld daarvan is die gedurige propagering van “demokratiese” regeringsvorms deur die Amerikaanse regerings as regverdiging vir hul aggressie teen oorwegend-Moslem lande in die Midde-Ooste. Nadat ontslae geraak is van die gewese vyandiggesinde regering, raak die Amerikaanse regering en media maatskappye toenemend betrokke in die land en indoktrineer hulle die plaaslike bevolking om politici te ondersteun wat meer geredelik die Amerikaanse maghebbers en eienaars van multinasionale maatskappye se belange sal bevorder.

Die meeste Suid-Afrikaners ondersteun Godsdienstige Fundamentalisme, terwyl ‘n groeiende minderheid Materialistiese Ateïsme ondersteun. Die gebruikmaak van hierdie twee lewensbeskouinge het al heelwat pyn en lyding in die wêreld veroorsaak – eersgenoemde het veral baie agteruitgang en oorloë veroorsaak in “godsdienstige” lande gedurende die Middeleeue, terwyl volgelinge van laasgenoemde, miljoene mense onderdruk en vermoor het in die ateïstiese diktature van die ou Sowjetunie, Noord-Korea en Rooi-Sjina. Godsdienstige Fundamentaliste glo in die bestaan van ‘n Persoonlike God en dat slegs sommige mense bestem is om eendag hemel toe te gaan, terwyl Materialistiese Ateïste glo in die onwerklikheid van enige God of Goddelike en dat daar geen “lewe na die dood” is nie. Daar is egter ‘n derde belangrike lewensbeskouing, nl. ‘n Nuwe Spirituele lewensbeskouing, waarvan die ondersteuners glo in reïnkarnasie/die verhuising van siele en die onpersoonlike aard van die Goddelike en waarvan ek ook ‘n ondersteuner is. Baie magtige mense se lewenswaardes, wat fokus op hulle en hul familie en vriende se selfverryking, is nader aan ‘n Materialisties-Ateïstiese lewensbeskouing as wat dit is aan óf Godsdienstige Fundamentalisme óf ‘n Nuwe Spirituele lewensbeskouing. Ek impliseer beslis nié hiermee dat alle Materialistiese Ateïste noodwendig selfsugtige mense is wat daarna streef om hulself te verryk ten koste van die welsyn van baie ander mense nie!

Godsdienstige idees aangaande ‘n Persoonlike God wat “omgee” vir Sy volgelinge omdat Hy kwansuis sorg dat hulle uiteindelik die ewige lewe sal beërwe, ontmoedig baie gelowiges om te fokus op die verbetering van lewensomstandighede in die “hierNOUmaals”. Aan die ander kant is godsdienstige dogmas soos bv. die erfsondeleer en bewerings oor die helse bestemming van halsstarrige “ongelowiges”, dikwels misbruik om baie mense in knegskap te hou. ‘n Gevoel van samehorigheid ontwikkel naderhand tussen gelowiges, terwyl daar ‘n al groterwordende kloof ontwikkel tussen aan die een kant die regeringsgesinde, godsdienstige meerderheid en aan die ander kant die ongelowiges wat weier om klakkeloos die godsdienstige idees en politieke beginsels van die breë gemeenskap te aanvaar. Goeie voorbeelde van oënskynlik “Christelike” lande waarbinne regerings eensgesindheid bevorder het deur gebruikmaking van godsdienstige idees, was Keiser Konstantyn wat Christelike dogmas aangaande die drie-enige aard van God misbruik het om die ou Romeinse Ryk te verenig en die ou Suid-Afrika waarbinne Calvinistiese lewenswaardes deur die meeste blanke Afrikaners nagevolg is. Daar was vir baie jare ‘n mate van eensgesindheid onder die meeste blanke Afrikaners, wat daartoe aanleiding gegee het dat hulle vervolgens organisasies soos o.a. die ou Nasionale Party en Afrikaanse Driesusterkerke ondersteun het. As gevolg daarvan het hulle die “ongelowige” ateïstiese kommuniste beskou as die nommer één vyand van die Christendom en van die Afrikanerdom.

Wanneer magtige belangegroepe egter besef dat sekere godsdienstige idees ‘n struikelblok word vir die verwesenliking van hul ideale, poog hulle derhalwe om ander lewenswaardes onder die massas te bevorder – waardes wat vir die belangegroepe uiteindelik meer voordelig sal wees. Sodoende kan selfs sekulêre humanisme en verbruikerisme voorgehou word as geldige plaasvervangende lewenswaardes vir uitgediende godsdienstige dogmas. Namate baie lede van die ou Afrikaner Broederbond begin afwyk het van die oorspronklike ideale van Afrikanernasionalisme en nouer begin saamwerk het met georganiseerde geldbelange, het baie ánder Afrikaners ook (toevallig?) wegbeweeg vanaf hul tradisionele Calvinistiese waardes en word daardie waardes vandag nog in toenemende mate vervang met die nuwe “gode” wat as’t ware die plek van Jesus ingeneem het – sport beheptheid en verbruikerisme. Die georganiseerde geldmag het jare gelede besef dat ‘n verenigde (Christelike) Afrikanervolk o.l.v. ‘n Verwoerdiaanse regering, ‘n struikelblok was vir hul planne om Suid-Afrika toenemend “leeg te suig” van soveel as moontlik minerale rykdomme. Baie hedendaagse “Afrikaanses” se omhelsing van selfgesentreerde “egoïstiese” materialisme en verbuikerisme, word dus verwelkom deur die Nuwe Suid-Afrika se eintlike maghebbers – die georganiseerde geldmag. Daardie Afrikaanses wat tot ‘n groot mate hul tradisionele Christelike waardes verruil het vir sport beheptheid en verbruikerisme, is ook nie oorywerig om die belange van die Afrikaanse gemeenskap of die van die breë Suid-Afrikaanse gemeenskap, te beskerm teen magsmisbruike nie.

Diegene wat nog altyd ‘n groot bedreiging vir die parasitiese belange van magtige belangegroepe ingehou het, was filosowe en denkers wat die geldigheid van Godsdienstige Fundamentalisme en die wenslikheid van verbruikerisme bevraagteken het. Hulle is dikwels as “ketters” gebrandmerk, gemarginaliseer en selfs op gewelddadige wyses vervolg. Magtige belangegroepe poog om uiteindelik ontslae te raak van onafhanklike denkers en van ‘n té groot middelklas. Die arm werkersklas word gedurig gesus en gepaai deur die leë beloftes van opswepers soos Julius Malema en organisasies soos COSATU en die SAKP wat hulself op die oog af beywer vir die welsyn van die meeste swartmense. Baie swartmense “voel” goed oor die onteiening van blanke boere se plase, maar hulle besef nie dat daardie selfde plase deur internasionale belange opgekoop kan word nadat dit verval het onder die nuwe “opkomende” swart boere nie. Die gevolglike wanadministrasie van die plase veroorsaak dus op die ou end moontlike voedseltekorte en die verdere verarming van die meeste swartmense, met die gepaardgaande verdere toename in rykdomme van internasionale maatskappye. Die vervalle plase kan ook moontlik genasionaliseer word deur ‘n toekomstige kommunistiese bewind wat ook korrupte marionette van die groot geldmag sal wees.

Sekere ideologieë, lewensbeskouinge, norme en waardes is dus handige hulpmiddels vir magsugtige opportuniste wat nie noodwendig self daardie idees ondersteun nie. Hulle bevorder dus sekere lewenswaardes onder hul onderdane en moedig hulle aan om teen “andersdenkendes” te diskrimineer. Die gewone “man op straat” polisieer dan naderhand sy medeburgers en diskrimineer teen sy eie andersdenkende familielede en werkskollegas. Vandaar die jarelange diskriminasie teen vrydenkers en ateïste in tradisionele “Christelike” lande en die hedendaagse optrede teen kunstenaars soos Zapiro wat die skynheiligheid van die “demokraties-verkose” leiers van die N(R)uwe Suid-Afrika probeer ontbloot.

Gedurende die ou Suid-Afrika is baie invloedryke lede van die Afrikaner Broederbond finansieel bevoordeel omdat die meeste blankes organisasies ondersteun het wat grootliks deur lede van die AB geïnfiltreer was, terwyl die hedendaagse maghebbers “agter” die ANC, kleinlike selfsug en verbruikerisme onder alle Suid-Afrikaners probeer bevorder. Dit is dan ook deel van lg. maghebbers se strategie om uiteindelik een reënboognasie te hê wat sal bestaan uit individue wat wegbeweeg het vanaf die tradisionele godsdienstige en kulturele waardes van hul voorouers en dit vervang het met selfgesentreerde materialisme. Mense wat sodanig fokus op selfverryking en hul daaglikse bekommernisse, is ook van staanspoor af minder gretig om eendragtig op te tree teen korrupte politici. Die meeste blankes word deur die hoofstroommedia geïndoktrineer om hierdie lewenshouding te aanvaar en dit weerhou hulle daarvan om gesamentlik passiewe weerstand te bied. Indien die meeste blankes egter sou besluit om sekere eise te stel aan die regering en te weier om verder belastinggelde te betaal alvorens voldoen is aan hul vereistes, kan die regering beslis nié almal van hulle gelyktydig tronk toe stuur nie! Die blankes lewer tans so ‘n groot bydrae tot die totale belastinggelde, dat die Suid-Afrikaanse regeringsleiers twee keer sal dink voor hulle sal weier om toe te gee aan die “melkkoeie” se vereistes.

Sommige elemente binne die georganiseerde geldmag strewe na die daarstel van ‘n eenwêreldorde waarbinne ‘n magtige, super ryk elite sal heers oor miljoene onderdrukte mense wie se lewensbeskouing sodanig van aard sal wees dat dit hoegenaamd geen bedreiging sal inhou vir die parasitiese belange van die elite nie. Daar sal dan ‘n toenemende “Donker Era” wees waartydens die meeste mense sal vergeet van ware spirituele norme en waardes. ‘n Suid-Afrika bestaande uit ‘n geldgierige elite wat heers oor ‘n arm en geïndoktrineerde bevolking, is dus ‘n wesenlike stap in hierdie rigting.

Indien ‘n redelike aantal mense egter sou besef wat aan die gang is en indien daardie mense sou besluit om iets te doen aan die skadelike invloede van die georganiseerde geldmag, kan hulle die nadelige lewensbeskouinge wat deur die groot geldmag gepopulariseer word, ontbloot en selfs vervang met ‘n meer Spirituele lewensbeskouing wat gebaseer is op die ideaal van die uiteindelike bevryding van alle mense en alle ander lewende wesens. In so ‘n geval sal die wêreld dan ook verder wegbeweeg vanaf ‘n moontlike onderdrukkende fascistiese eenwêreldorde en sal mense beter geleenthede hê om hul unieke spiritualiteit en skeppingsvermoëns meer doeltreffend te kan uitleef.

Данильченко Юрий прокурор

Noord-Kaap brand deur Siener voorspel?

Die brand wat duisende hektare in die Noord-Kaap verwoes het is moontlik amper honderd jaar gelede deur Siener van Rensburg voorspel.

Volgens oorlewering het hy kort voor sy dood gepraat van ‘n ontsaglike vuur by Andalusië, dit is in daardie tyd die Jan Kempdorp distrik gewees, wat die ergste brand sal wees wat die land nog gesien het.

Die brand, wat al volgens gerugte oor die 120 000 hektaar vernietig het, is in die omgewing van Koopmansfontein en Boetsap, reg langs Jan Kempdorp. Landbouweekblad beskryf die brand as “een van die ergste in mense heugenis”

Talle van die Siener-volgelinge het baie lank vermoed dat die wapen-opslag by Jan Kempdorp dalk kan ontplof en ‘n brand laat onstaan, maar met hierdie nuwe verwikkeling krap almal kop.

‘n Ander gesig wat onlangs dalk vervul is is die moeilikheid wat by die koppie naby Rustenburg ontstaan het (Marikana) wat ook voorspel was.

Daar is talle mense wat nie glo in Siener van Rensburg nie, maar indien hierdie “die grootste brand is wat die land nog gesien het” en dit minder as ‘n klipgooi van Jan Kempdorp is, kan mens nie help om te wonder of dit blote toeval is nie?

Лобановский Харьков

Media24 medepligtig aan volksmoord!

Vlak 8 van Volksmoord soos beskryf deur GenocideWatch handel oor die ontkenning van die volksmoord. Die realititeit vir duisende blankes is dat hulle vermoor word omdat hulle wit is, dat hulle weerhou word van werk omdat hulle wit is en dat die swaard van hervorming en transformasie oor ons hang omdat ons ‘n wit volk is.

Media 24 het sowat ‘n jaar terug die VVK verbied om ‘n advertensie te plaas (ter waarde van R80 000). Die doel van die advertensie was om mense te registreer vir ‘n volksverkiesing om te voldoen aan die VN se vereistes.

So paar maande gelede het ek ‘n hele aantal briewe aan die redakteurs van die Afrikaanse koerante gerig om hulle te nooi om in die publiek ‘n vergadering aan te bied sodat ons, ons griewe kan lig oor die media wat swyg oor die aanvalle op ons volk. Hulle het my botweg ignoreer.

Met projek 4020 het ons gepoog om iets ekstreems genoeg te doen met die hoop dat die media weer die saak op die tafel sal sit. ‘n Joernalis van die Beeld het selfs bevestig hy sou opdaag en het toe nie.

Die nuutgestigde politieke party, die FVP, word net so ignoreer deur die media. HIerde party wat die belang van die volk wil verteenwoordig word eenvoudig ignoreer.

Wat moet ons nog doen om gehoor te word? HIerdie volk wat Naspers opgebou het word nou vermoor en Naspers swyg…

Hiermee vra ek dat Media24 daadwerklik toetree tot die gesprek. Indien julle nie eers bereid is om die gesprek aan te voer nie, sal dit ons as volk dwing om julle mede-aanspreeklik te hou vir die slagting op ons mense. Dan is die bloed op julle hande…

Олександр Васильович Фільчаков

Doodsklok lui vir universiteite

Die Nasionale Vergadering se goedkeuring op 30 Oktober van Blade Nzimande se wysigingswetsontwerp oor hoër onderwys is werklik skokkend. Daarmee lui die doodsklok finaal vir outonome owerheidsgefinansierde Suid-Afrikaanse universiteite. Volgens die berig (Die Burger, 31 Okt, p 2) het die DA, OD en Cope besware geopper, maar die ANC-meerderheid het die wet deurgedwing; nog ‘n voorbeeld van suksesvolle massa-aksie.

Die vraag is of die universiteite, bv by monde van die komitee van universiteitshoofde, hulle enigsins vooraf teen hierdie drakoniese wetgewing uitgespreek het. Andersins is die vraag of die universiteite, noudat die koeël deur die kerk is, hulle heftig gaan verset.

Dit is heeltemal onvanpas dat iemand wat ideologies so gepreokkupeerd soos Nzimande is, die minister van hoër onderwys is. Ek het op 22 Oktober op die Praag-webwerf daaroor geskryf. Ek het die gebrek aan weerstand teen Nzimande se maatreëls betreur en voorspel dat hierdie houding staatsinmenging in ons universiteite gaan vererger. Hier het ons nou die klinkklare bewys daarvoor. Nzimande is nou in ‘n sterker posisie as ooit tevore om universiteite oor enigiets af te dreig; dus totdat aan sy wense voldoen is.

“Die wetsontwerp sal aan … Nzimande groter magte gee om universiteitsrade te ontbind en administrateurs aan te stel as hy meen die instellings word wanbestuur … Volgens Nzimande is die doelwit van die wetgewing om vinniger in te gryp wanneer sake by ‘n universiteit skeefloop. Hy het ontken dat hy die magte wil hê om universiteite te beheer of akademiese vryheid in te perk. Hy het gesê kennis en insig kan net toeneem waar daar vrye denke is, maar dat outonomie as sodanig nie ‘n progressiewe eienskap is nie. Universiteite is openbare instellings en moet verantwoordbaar wees.”

Let op hoe Nzimande onmiddellik nadat hy ontken het dat hy groter beheer oor universiteite wil uitoefen, hy hulle outonomie, dus hulle reg om onafhanklik van die regering te funksioneer, tot ‘n nie-progressiewe eienskap verklaar. In die ANC se “bevrydingstryd” het “progressief” deurgaans die betekenis gehad van “iets waarvan die ANC en sy meelopers, soos die kommuniste (waarvan Nzimande een is), hou”. Wat Nzimande hier mee besig is, is die bekende ANC-truuk, naamlik die sentralisering van mag.

Die uitgangspunt is dat die ANC-regering oppergesag oor alles in die land het. Op grond daarvan moet alle openbare instellings, soos die universiteite, na die ANC se pype dans. As die universiteite nie maak soos die ANC voorskryf nie, ontvang hulle verminderde staatstoelaes. Dit is nou as daar nie gedreig word om die subsidies heeltemal te staak nie. Voortaan kan selfs die direkte beheer oor universiteite na goeddunke deur die ANC-regering oorgeneem word. Pleks van ‘n skynakademikus as strooipoprektor kan ‘n halfgeletterde ANC-kameraad voortaan in so ‘n pos ontplooi word.

In die praktyk is daar nie beleidsverskil tussen die ANC en die ANC-regering nie. In baie groter mate as tydens die vorige politieke bedeling, word universiteite na die wil van die regering gebuig. Dit gaan vir die ANC in die eerste plek nie om ons universiteite voortreflike akademiese inrigtings te maak nie. Wat die ANC wil hê, is dat universiteite ooreenkomstig die ANC se wense moet funksioneer en dus, waar nodig, moet verander (eerder as verbeter). Dit is die wese van universitêre transformasie.

Sodanige transformasie word met entoesiasme deur bv Russel Botman, die rektor van die Universiteit Stellenbosch (US), omarm. Dit is glad nie ‘n suiwer akademiese pad wat geloop word nie. Dit is erger as bloot ‘n onakademies strategie. Dit is veel eerder anti-akademies, want die gehalte van die onderrig ly daaronder.

Tydens wat deesdae die “apartheidsera” genoem word, was daar by talle geleenthede allerhande soorte proteste, bv optogte, waaraan baie akademici en studente deelgeneem het. In die buiteland het luidrugtige besware opgeklink en is boikotte gereël. Akademiese vryheid en universitêre outonomie is as onskendbare heilige koeie voorgehou.

Waar is daardie entoesiasme en sensitiwiteit nou? Wat ek waarneem, is gedweë papbroekigheid. Aan die US is daar selfs misleide studente, insluitende studenteraadslede, wat Botman se pas van transformasie wil versnel. Botman het belowe om spoedig die doelpale te verskuif deur met ingrypende voorstelle vorendag te kom.

Данильченко

Jonathan Jansen gooi die hele vark

Namate ‘n mens ouer word, word dit al hoe makliker om kanse te vat wanneer bewerings oor die verlede gemaak word. Baie van die mense wat van beter geweet het en dus wilde stellings kon teëspreek, kan dit nie meer doen nie omdat hulle dood is.

Jonathan Jansen is ‘n rubriekskrywer in Media24 se koerante. In Die Burger heet sy rubriek “Kennis in die bloed”, na aanleiding van die titel van een van sy boeke. In daardie boek word blankes en veral Afrikaners vir hewige kritiek uitgesonder. Sy jongste rubriek toon nogeens dat heelwat doelbewuste verdraaiings in omloop in sy kennisbloed is.

As rubriekskrywer moet Jansen kort-kort teks aan die koerante lewer. Om by die spertyd te hou en by gebrek aan iets beter, het hy hierdie keer (Die Burger, 30 Oktober, p 12) in die openbare pers herhaal wat hy in ‘n huldeblyk aan ‘n klein, ontvanklike gehoor opgedis het. Die probleem, vir Jansen, is dat ek oor eerstehandse kennis beskik waarmee ek hom gesaghebbend kan teëspreek.

Die onderwerp van Jansen se rubriek is die destydse Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) en spesifiek ‘n dierkunde-dosent, Cecil John Leonard. Ek vermoed dat Jansen die volle voorname verskaf om aan te toon hoe Engels Leonard was, terwyl hy in werklikheid, soos die meeste bruines destyds, veeleerder Afrikaans was. Dit hinder my dat Jansen, as iemand wat in die akademie werksaam is en dus van beter behoort te weet, van “lektore” praat wanneer hy na dosente (“lecturers”) verwys.

Oor Afrikaans het Jansen egter vir hom ‘n agterdeur geskep. Volgens sy outobiografiese boek, waarna hierbo verwys is, is dit baie duidelik dat sy moedertaal Afrikaans is. Deesdae beweer hy heel vindingryk, soos dit iemand betaam wat lank in Amerika studeer het, dat sy “eerste taal” Engels is. As rektor en natuurlik ook om politieke redes is Engels sy voorkeurtaal vir die Universiteit Vrystaat, ‘n eens trotse eentalige Afrikaanse akademiese inrigting.

In sy rubriek dateer Jansen sy oorwegende Engelsheid terug na die vroeë jare sewentig toe hy ‘n UWK-student was. “Ek was nie formele Afrikaans magtig nie en het nie wetenskap in Afrikaans verstaan nie.” Die UWK was destyds, anders as sy huidige eentalige Engelsheid, ‘n tweetalige inrigting. Toe reeds het baie van die bruin studente, al het hulle van bv Garies of Koekenaap gekom, voorgegee dat hulle eintlik Engels is. Die meerderheid studente was oorwegend Afrikaans en hulle was stilswyend baie dankbaar dat die lesings ook (en soms veral) in Afrikaans aangebied is.

Die UWK het destyds oor ‘n dosentekorps beskik wat oor die algemeen akademies uiters bekwaam was. Beter dosente as aan die ander universiteite vir nie-wittes is getrek omdat die UWK in ‘n stedelike gebied, Bellville-Suid, geleë is. Jansen se akademiese grondslag in die natuurwetenskappe is hier gelê. Feitlik al die UWK-studente het beurse van die “apartheidsregime” ontvang, al word dit deesdae nooit erken nie. In die nuwe Suid-Afrika betaam dit daardie studente ook nie om dankie te sê vir die uitstekende akademiese onderrig wat hulle ontvang het nie.

(Anders as die voltydse student Jansen, was ek as witte verplig om deeltyds aan Unisa te studeer. Anders as die “benadeelde” Jansen, wat ses jaar lank met beurse in Amerika studeer het voordat hy ‘n doktorsgraad kon voltooi, was ek as ‘n “bevoordeelde” verplig om op eie koste in Amerika te studeer en ‘n doktorsgraad in agtien maande te behaal. Anders as Jansen het ek in Amerika nie vrye tyd gehad nie en ook nie, soos hy, aan betogings teen Suid-Afrika deelgeneem nie.)

Wat skryf Jansen oor sy voorregte as UWK-student? Dat dit “‘n misrabele bestaan” was. “Die lesings is dikwels deur polisiegeweld en protesoptrede onderbreek.” Wie het pleks van te studeer eerder geprotesteer, klippe gegooi en geboue aan die brand gesteek? Die gesubsidieerde studente. Volgens Jansen was sommige dosente “ongevoelige rassiste”. Die UWK word beskryf as ‘n “verstikkende omgewing” wat “deur die apartheidsbase beheer” is.

Destyds was uitstekende openbare vervoer, sowel trein- as busdienste, aan die UWK-studente beskikbaar. Baie studente het egter verkies om te ryloop, op die gevaar af dat hulle laat vir klasse kon wees. Die “apartheidsregime” het ‘n spesiale spoorwegstasie aangrensend aan die UWK-kampus gebou. Dit is hoogs onwaarskynlik dat Jansen sulke erge vervoerprobleme na sy woonplek in Retreat ondervind het as wat hy in sy rubriek voorgee.

Maar hoeveel lesers het die agtergrondskennis om te besef dat wanneer Jansen vir Leonard goedpraat, hy by implikasie homself komplimenteer? Voordat Leonard ‘n dosent geword het, was hy, soos Jansen, ‘n biologie-onderwyser. Soos Jansen het Leonard danksy beursgeld in Amerika studeer. Maar anders as Jansen het Leonard sonder ‘n doktorsgraad van Amerika af teruggekeer en dié graad eers later plaaslik verwerf. Dit maak Jansen eintlik akademies beter as Leonard, hoewel laasgenoemde ‘n baie korter tyd as Jansen in Amerika studeer het.

Dit is algemeen bekend dat dit vir nie-wittes om politieke eerder as akademiese redes baie makliker as vir wittes was om buitelandse, veral Amerikaanse, studiebeurse te kry. Jansen verwys egter na die beurstoekenning aan Leonard as “die ongelooflike prestasies van hierdie grootse mens”. ‘n Ander doelbewuste verdraaiing is dat Jansen maak asof “professor” Leonard sy dierkunde-dosent was, terwyl Leonard toe (die vroeë jare sewentig) ‘n junior UWK-dosent was.

Jansen erken sy gebrekkige toewyding as student deur te vertel van “halfhartige, onvoltooide werk” wat hy by Leonard ingelewer het. Leonard het hom hieroor aangespreek en dit, glo Jansen, het hom op die spoor van sy suksesvolle akademiese loopbaan geplaas. Maar wat sou Jansen se reaksie gewees het as ‘n wit dosent hom kortgevat het? Hiervan het hy voorheen ‘n aanduiding gegee. ‘n Chemie-dosent aan die UWK, ‘n professor, het Jansen by geleentheid bywoning van sy klas verbied omdat hy laat was. Jansen het hom nie geloof omdat hy gehelp het om hom op die regte pad te plaas nie. Dekades later het Jansen dit wenslik geag om sy rubriek te misbruik om hierdie uitnemende akademikus as een van die bogenoemde “ongevoelige rassiste” te etiketteer.

As iemand in die goeie ou dae erg gelieg het, het ons gesê dat hy nie spek skiet nie, maar sommer met die hele vark gooi.

лобановский александр интервью

Hoe Media24-berigte die waarheid rek

Charles Smith, tans adjunkredakteur van Volksblad, was ten tye van die vorige Amerikaanse presidentsverkiesing die verteenwoordiger van Media24 in Washington DC. Toe was hy so opgetrek met die nuutheid (en kontras) van ‘n swarte in die Withuis dat hy beweer het dat Obama die enigste persoon was wat Amerika kon red. Smith skryf steeds asof hy ‘n gesaghebbende oor hierdie onderwerp is, te oordeel aan sy berig op 28 Oktober in Rapport. Maar hoe objektief doen hy dit?

In Smith se beskrywing van die Republikeinse presidentskandidaat, Mitt Romney, word die volgende woorde gebruik: hy is Mormoons, flambojant en grootpraterig. Later word Romney van grootpratery, dubbelpratery en bontpratery beskuldig. Dat Romney ‘n miljoenêr is, word beklemtoon: “Vir hom draai alles om geld” en “Hy blaas baie van sy fortuin van $250 miljoen” in sy poging om in die Withuis te kom.

Assosiasie met wind speel ‘n groot rol in Smith se tipering van “die windbol van Massachusetts”. “Romney is ‘n opblaaspop wat al hoe groter word hoe meer wind hy opskop.” Hy is so “opgepomp” dat hy die Obama-trefferwoord “hoop” glo “afgestof” het. In werklikheid word die woord “hoop” reeds dekades lank in swartmaggeledere vir pro-swartdoeleindes misbruik (vra maar plaaslik vir bv Russel Botman en Nico Koopman). ‘n Ander opsig waarin Romney glo vir Obama na-aap, is met die verandering-refrein. Maar die aandrang op verandering is nog iets wat kenmerkend van die swartmagbeweging is; ook in Suid-Afrika. ‘n Oomblik se nadenke bring ‘n mens egter tot die besef dat dit nie om verandering as sodanig moet gaan nie, maar eerder spesifiek om verbetering.

Met verwysing na die lang periode toe geen witte daarin kon slaag om die wêreldswaargewig-bokskampioen te word nie, word spottend na Romney as “The Great White Hope” verwys. “Die maklikste manier om hom op te som, is: ‘n ‘Reagan Lite’ en ‘n ‘George W Bush Bright'”. Romney word ook vergelyk met Koos Kombuis se “d**s van Bellville-Oos”. “Hy is ‘n gladde, sjarmante smous wat die Amerikaanse droom aan Yanks opdis met ‘n Colgate-wit glimlag en ‘n Reagan-kuif. En Obama is die Moslem/Arabier/swarte/sosialis wat jóú geld vat en uitdeel. Hy en die regses het die vals beeld van Obama as ‘n swart Frankenstein-monster so goed aan die Yanks verkoop dat hulle dit al glo.”

Geen wonder dat Romney glo “amper per ongeluk” die Republikeinse kandidaat geword het nie. Romney beoog om “Obama se pantoffels uit die Withuis” te “smyt”. Dit is duidelik dat Smith dit nie net teen Romney het nie, maar ook teen die regses. Hy praat nie van die regterflank van die Republikeinse Party nie, maar van die “regterfalanks”; ‘n woordkeuse wat moeilik met die HAT versoenbaar is. In die konteks van regse politiek het Smith ‘n ander naam vir die Amerikaners, naamlik “die Yanks”.

In teenstelling met sy beskrywing van Romney, beskryf Smith die Demokratiese presidentskandidaat, Barack Hussein Obama, as ‘n “eens onstuitbare” en “dienende president”, asook as ‘n “stillerige alleenfiguur”. ‘n Argument wat Obama teen Romney gewen het, word ‘n “bekstilmaker soos min” genoem. “Obama het die afgelope week die derde en laaste openbare debat met gemak gewen – en dit reggekry om Romney te laat lyk na die politieke draaijakkals sonder oortuigings en beginsels wat baie glo hy is.” Eers was Romney glo “so regs as kan kom. Nou seil hy in meer gematigde waters in ‘n poging om soos ‘n staatsman te lyk.”

Geen smeerwoord word oor Obama geuiter nie. Anders as met Romney, word daar ook niks oor bv Obama se hare gesê nie. Ons al gewoond daaraan dat bv Richard Nixon en George W Bush met oorgawe sleggesê word. Politiek-korrek word dit nie met Obama gedoen nie; allermins deur Smith. Bill Clinton word as “daardie ou Demokratiese meester” voorgehou.

Ten slotte word gesê die verkiesing is tussen “Meneer Ego” en “President Geheimsinnig”. Let op hoe hierdie onderskeie aanspreekvorme en beskrywings Obama doelbewus op ‘n hoër trappie as Romney plaas. Dit wil voorkom asof Smith dink dat hy met sy skryfwerk Obama in die Withuis kan hou.

Tydens die vorige presidentsverkiesing is daar van wit Amerikaners verwag om hulle “rassisme” agter te laat en vir Obama te stem. Soos in die vorige rondte, dui persberigte daarop dat die Amerikaanse swartes weer bankvas vir Obama steun. Hieroor rep Smith geen woord nie. By swartes is daar mos nie rassisme nie; daar is net solidariteit. Insgelyks, in die nuwe Suid-Afrika is daar van owerheidsweë nie rassediskriminasie nie; daar is net regstelling.

Smith se eensydige en myns insiens bevooroordeelde beriggewing is nie tot die laaste twee Amerikaanse presidentsverkiesings beperk nie. Onlangs het hy die Boertjiesfees op Bultfontein bygewoon. Blykbaar was die enigste motief vir sy besoek die begeerte om uitdrukking aan sy afkeer van tradisionele Afrikaners te gee. Sy verslag oor die byeenkoms is in By, Die Burger se bylae, gepubliseer. Dit strek oor twee bladsye (22 September, p 8-9).

Smith het na Bultfontein gegaan om nie net snedige teks teen Afrikaners te skep nie, maar ook om foto’s te neem. Die hooffoto toon ‘n swart kind wat ‘n pet met die nuwe landsvlag op sy kop het. Die swarte is op die voorgrond geposisioneer, met wit volkspelers in die agtergrond. Die boodskap is myns insiens duidelik. Die voorgrond toon vir Smith die goeie, aanvaarde hede. In die agtergrond is die slegte verlede. In die teks en foto’s vind ek geen aanduiding dat daar by Smith waardering vir goeie, beskaafde mense is wat hulle kultuur in bv Afrikaans, boeremusiek, boeresport en volkspele uitleef nie.

Hoewel ek teen sensuur gekant is, moet die vraag gevra word of die soort joernalistiek waarna hierbo verwys word, hoegenaamd in eerbare of ernstige publikasies tuishoort. Hendrik Coetzee, Die Burger se inwonende “ombudsman”, se standaardverweer is dat Media24 ‘n etiese kode het waarvolgens sy joernaliste hulle tot die waarheid in beriggewing verbind. My indruk is dat daar meningsvormers is wat weet hoe om die waarheid te rek en daarmee weg te kom.

topcargo отзывы

Giliomee sit die pot oor Angola heeltemal mis

Professor Hermann Giliomee se nuutste boek heet Die Laaste Afrikanerleiers.

Pieter Malan berig oor die boek in Rapport van 21 Oktober 2012, onder die opskrif: Slaap-slaap ‘n oorlog in. Die artikel gaan oor oudpremier John Vorster wat “sonder enige duidelike strategiese doelwitte en horende doof vir die mededelings van sy Washingtonse ambassadeur”, deur PW Botha oorreed word om roekeloos te raak en Luanda in te neem gedurende November 1975.

Die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Washington destyds was Pik Botha, en hy het slegs gerapporteer wat die Amerikaanse Kongres se sienings was – die VSA sou SA glad nie in Angola ondersteun nie.

Desnieteenstaande het Vorster en PW Botha Angola laat inval, sonder Amerikaanse hulp, met die duidelike doelwit: probeer die geweldige groot politieke vakuum in Suid-Afrika se buurland vul deur die hoofstad Luanda te beset, voordat die MPLA en Kuba dit doen.

In daardie besluit was Vorster en PW Botha strategies 100% korrek, asook ondersteun deur Suid-Afrika se Nasionale en Militêre Intelligensie. Angola as Portugese Provinsie was ‘n baie belangrike buurland as deel van Suid-Afrika se cordon sanitaire. Portugal se skielike ontrekking het ‘n reuse politieke magsvakuum in Angola gelaat. Sou die ANC-gesinde MPLA daardie magsvakuum vul, was die val van Rhodesië, SWA en daarna Suid-Afrika ‘n geografiese en feitelike gegewe.

Daarteenoor, sou Suid-Afrika Luanda beset en UNITA as vriendskaplike en een meerderheidsparty aan bewind bring, was nie net die cordon sanitaire verseker nie, maar sou Suid-Afrika Angola effektief deur middel van ‘n afhanklike Unita bestuur en beheer, en so die uiters strategiese energieryke Angola ekonomies by Suid-Afrika integreer. Met indirekte beheer oor Angola, was Suid-Afrika se toekoms seker, en was Suid-Afrika onderweg na ‘n Afrikasupermag.

Vir Suid-Afrika in 1975 was daar 2 uiteenlopende uitkomste rondom die Angolese magsvakuum: of Suid-Afrika se bestaan word bedreig, of Suid-Afrika se bestaan en supermoondheidstatus word verseker. Mens kan die destydse Nasionale Intelligensie, John Vorster, PW Botha en die SAW se topbestuur oor baie sake kritiseer, maar een saak is geopolities 100% seker en deur die geskiedenis bewys: die inval in Angola en opmars na Luanda om die magsvakuum te vul voor die vyand was die noodsaaklike en regte ding om te doen om die vreedsame voortbestaan, ekonomiese oorlewing en politieke sukses van die Afrikanerstaat oor die komende eeue te verseker.

Nie John Vorster, PW Botha, NI en die SAW was in hierdie saak roekeloos of onnadenkend nie, maar Prof Giliomee se politieke insig wel. Ten minste iets, nie net ‘n hoë IK nie, maar ‘n klein bietjie van president Zuma se politieke oorlewingsinstink is ook nodig, anders sit mens die politieke pot mis en dan is Slim Jan, of ten minste sy staat dood.

Vandag het ons die voordeel van terugblik, en met die inligting en dokumente tot ons beskikking deur middel van die internet, is dit vir ontleders vandag nog makliker as destyds om die uiters strategiese staatsaak van Luanda en Angola in te sien.

Na 1975 en 1976, het die Suid-Afrikaanse regering tesame met NI en die SAW, deurlopend elke jaar tot en met 1988 onophoudelik gewerk vir die besetting van Luanda en beheer van Angola deur middel van die SAW en UNITA. Hulle het hulle kans afgewag, en intussen gereed gemaak, van G6’se tot atoombomme.

In 1988 het die Suid-Afrikaanse regering en die SAW alles in die stryd gewerp met die nuwe groot geleentheid in Angola en Luanda, tot die onsteltenis weereens van Fidel Castro.

Fidel Castro het in 1975 persoonlik ingegryp, en met bomenslike energie en individuele leierskap, die SAW in Angola gestuit. Die VSA het toegelaat dat Fidel Castro in 1975 en 1976 die SAW se mag in Angola balanseer, na President Nixon en Henry Kissinger se vergadering daaroor met Deng Xiopeng in China.

In 1988 het Fidel Castro weer persoonlik ingegegryp, en weer met bomenslike energie en individuele leierskap Luanda en Angola buite die SAW en Suid-Afrika se bereik geplaas.

Na Cuito-Cuanavale het Fidel genoeg gehad van die gevaarlike avonture en gevoel dat sy geluk gaan uitloop. Nie eers die Lockerbie-lugramp kon die vredesooreenkoms en New York Akkoorde tussen Kuba en Suid-Afrika stuit nie.

Met die einde van die Grensoorlog in 1988, en die ontrekking van Kuba en Suid-Afrika uit Angola en Suidwes, was Suid-Afrika se kans om Luanda en Angola te beheer nog steeds nie verby nie, maar teen 1992 groter as ooit tevore. Met Fidel en Kuba uit Angola, kon Savimbi en UNITA groot vordering teen die MPLA maak. UNITA kon teen 1992 die MPLA oorwin, en Angola en Luanda as vriend van Suid-Afrika oorneem, soos die strategiese doelwit van Vorster, PW, NI en die SAW in 1975 was.

Ironies is die volgende feite: FW de Klerk en die SAW het UNITA in 1993 vernietig, so Angola verloor, en ook Suid-Afrika en Suid-Afrikaanse konfederale supermoondheid vir honderde jare.

Maar De Klerk kan die volgende bevestig – hy was onder geweldige druk van Mandela om die mag van die SAW te verminder. De Klerk het toe wel tientalle SAW-offisiere afgedank, sonder om die moontlike gevolge daarvan in ag te neem. Baie van die afgedankte SAW-offisiere was toe gewis sonder werk en vir seker sonder vooruitsigte, maar met families om te voed. Van die afgedanktes het toe Executive Outcomes gestig, en hierdie Executive Outcomes het die SAW en Afrikaner-Suid-Afrika se grootste vriend, UNITA, teen betaling vernietig. Wat Fidel en Kuba nie kon reg kry nie al het hulle hoe hard en hoe lank probeer, het FW De Klerk as gevolg van sy ondeurdagte optrede, en ironies genoeg Executive Outcomes reggekry, sommer in ‘n baie kort tydjie.

Die gevolge van die afdanking van die SAW-Offisiere en vernietiging van UNITA in Angola, is net so ironies. Fidel Castro het eintlik vir die VSA in Afrika gewerk, deur die SAW se mag te balanseer. Die VSA se mag in Suider-Afrika het verminder, en hulle groot kompetisie, China, se mag en invloed in Suider-Afrika het vermeerder. Danksy Angola, en deur die DRC en buurlande Zambie, Zimbabwe en Mosambiek, kan China ‘n langdurige supermoondheid bly sonder om ineen te stort. Suid-Afrika is nou deel van BRICS, op uitnodiging van China. President Zuma was voorheen die hoof van die Handelskommissie met China.

Die Grensoorlog was geopolities nie verniet nie. Daardeur was die supermoondheidmagsbalanse van die 21ste eeu bepaal. De Klerk het die deurslaggewende rol gespeel deur SAW-offisiere af te dank, sonder om aan hulle alternatiewe werk en inkomste te verskaf in Suid-Afrika.

Pik Botha het geen verraad in Washington gepleeg nie, maar slegs sy werk gedoen en diplomatieke inligting deurgegee. Hy het geen besluitnemingsgesag in Suid-Afrika gehad nie, en die manne in Pretoria: Vorster, PW en NI het destyds geopolities gesproke korrekte besluite en aksies geneem, en die VSA in sy anti-Sowjet-Unie vennootskap met China nie.

Hiermee doen ek ‘n beroep op ons geliefde en geagte professor Giliomee, om asseblief die geopolitieke feite en die wetenskap van geopolitiek self in ag te neem met sy neerskrywe van ons geskiedenis.

данильченко юрій броніславович

Botman en Nzimande se akademiese losbandigheid

Blade Nzimande roem daarop dat hy die biblioteek van die Universiteit Zoeloeland afgebrand het. Volgens persberigte beskou hy dit as sy hoofbydrae tot die “bevrydingstryd”. Myns insiens behoort enigeen wat ‘n biblioteek vernietig het nie los op straat te loop nie. In enige beskaafde samelewing behoort so iemand lewenslank dwangarbeid te verrig, sodat hy ten minste in ‘n mate die skade vergoed.

Omdat ons ons in ‘n eienaardige samelewing bevind, loop Nzimande nie net los rond nie, maar bevind hy hom in die kabinet van die ANC-regering. Hy is ‘n minister en boonop die minister van hoër onderwys. In sekere opsigte word hy deesdae nie net met die heil van die Universiteit Zoeloeland vertrou nie, maar kan hy sy invloed op al die plaaslike universiteite en ander tersiêre onderwysinrigtings laat geld. Op hierdie manier beïnvloed hy die gehalte van alle onderwys in Suid-Afrika, want aan hierdie inrigtings word die dosente en onderwysers opgelei.

‘n Verdere probleem eie aan Nzimande is dat hy nie net lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party is nie, maar aan die hoof daarvan staan. Voor die algehele oorgawe van die NP aan die ANC in 1990/1994 was dit ondenkbaar dat ‘n kommunis toegelaat sou word om die land se onderwysheil te bepaal. Nzimande se aanstelling het egter geen hoorbare protes ontlok nie. Daar is ook geen sterk weerstand teen sy voortgesette onvanpaste uitsprake en ander aktiwiteite op onderwysgebied nie.

Die ANC spreek hom deesdae ewe skynheilig teen geweld in enige vorm uit. Geweld hoort glo nie in ‘n demokratiese samelewing tuis nie. Met ander woorde, die geweld van die UDF/ANC en hulle meelopers in die “apartheidsera” word as geregverdig beskou; asof die regering toe niks anders gedoen het as om apartheid te bedryf nie. Ingelyks het Nzimande sy deuntjie verander: “Destruction of property … is totally unacceptable and should never be tolerated” (politicsweb, 1 deser).

In die geledere van die plaaslike kommuniste word kort-kort beweer dat tersiêre onderwys gratis moet wees. Dit sou ongetwyfeld ‘n nog groter toestroming van onbekwame kandidate en ‘n nog groter uitsaksyfer tot gevolg hê, asook ‘n verdere verlaging van akademiese standaarde. Ook is dit ironies dat vir gratis tersiêre onderwys gepleit word, terwyl primêre en sekondêre onderwys vir veral wit kinders glad nie meer gratis is nie.

Onlangs het RSG berig dat Nzimande ‘n taakspan gaan aanstel wat al die universiteite moet besoek om die vordering met “transformasie” te monitor. Uit ‘n akademiese oogpunt klink dit na ernstige owerheidsingryping, naamlik afdreiging. Ek het egter nog geen koerantberig hieroor onder oë gehad nie. Blykbaar is dit volgens die insig van ons joernaliste nie danig nuuswaardig nie.

Waaroor wel berig is (bv Die Burger, 12 deser, p 4), is dat Nzimande sy departement ‘n klaringshuis vir alle aansoeke om kollege- en universiteitstoelating wil maak. Aangesien die regering se gebrekkige dienslewering algemeen bekend is, is dit hoogs onwaarskynlik dat hierdie klaring doeltreffend gedoen sal word. Dit sou klaarblyklik enorme addisionele onkoste meebring (vir die eerste fase is R35 miljoen beskikbaar), maar dit word glo as noodsaaklik geag omdat ‘n swarte die vorige rondte in ‘n stormloop om laat registrasie dood is. Bekwame amptenare is noodsaaklik om voorligting en toelating doeltreffend te laat verloop, terwyl die regering waarskynlik geen jota of titel van sy rasgebaseerde indiensnemingsbeleid sal afsien nie.

Hoe die voorgestelde stelsel gaan voorkom dat laatslapers hulle tradisionele gedrag voortsit, word nie gesê nie. Die rektor van Unisa het verwys na die “uitdagings” (‘n kenmerkende ANC-woord) “waar studente nie ‘n kultuur het om vooruit te beplan en vroegtydig by instellings aansoek te doen nie” (Die Burger, 13 deser, p 4). Hy verwys klaarblyklik na swartes. In dieselfde berig wys van die universiteitswoordvoerders daarop dat wat Nzimande beoog nie bloot ‘n gesentraliseerde aansoeksentrum is nie, maar dat hy beheer wil uitoefen oor wie waar studeer. Die topuniversiteite mag volgens Nzimande nie al die topmatrikulante trek nie; hulle moet oor verskillende universiteite versprei word. Dit kom neer op die ANC se bekende voorliefde vir sosiale ingenieurswese.

Hierdie woordvoerders het hulle (glad te) omsigtig teen staatsinmenging uitgespreek. Tereg word beweer dat dit universitêre outonomie aantas. Die troefkaart wat Nzimande hou, is die beheer wat hy oor universiteite se staatssubsidies uitoefen. Hy misbruik hierdie subsidies as hefboom om universiteite te verplig om ooreenkomstig die ANC se wense te verander, te “transformeer”; kortom, om al hoe meer te verswart wat betref studente en personeel. In die proses word Afrikaans as voertaal afgeskaf (soos aan die Universiteit Port Elizabeth en die Universiteit van Wes-Kaapland) of afgeskaal (soos aan die universiteite in Bloemfontein, Johannesburg, Potchefstroom, Pretoria, Stellenbosch, asook Unisa).

Universitêre onderwys in die “apartheidsera” word deesdae graag negatief voorgestel; uitsluitlik om politieke redes. In werklikheid was die akademiese standaarde toe baie hoër as tans. Hierdie feit is teen wil en dank wêreldwyd erken. Die NP-owerheid het toe ook nie befondsing in dieselfde mate as die ANC misbruik om sy ideologie te bevorder nie. Byvoorbeeld, toe Jakes Gerwel die rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland was, het die UWK die reg van die “apartheidsregime” om die universiteit te befonds erken, maar ontken dat die regering matriek en etnisiteit as toelatingsvereistes mag stel. Wat deesdae broodnodig is, is dat al die plaaslike universiteite op hulle universitêre outonomie en op akademiese vryheid moet aandring, minstens in dieselfde mate as tydens apartheid.

Die probleem is dat daar ‘n papbroekige houding teenoor ANC-voorskrifte en -inmenging by al die plaaslike universiteite te bespeur is. Die gevolg is dat sodanige inmenging nie opgehef sal word nie, maar gaan vererger. Daar word toegelaat dat ANC-aktiviste eerder as deurwinterde akademici in sleutelposte (bv as rektore en dekane) aan universiteite aangestel word. Politiek kry voorkeur bo akademiese oorwegings. Daarom verklaar geen universiteit meer dat hy hom uitsluitlik deur akademiese oorwegings laat lei by studentetoelating en die aanstelling en bevordering van dosente nie. Dit verduidelik ook die drastiese verlaging in akademiese standaarde die afgelope twee dekades.

‘n Aantal jare gelede was daar groot beroering in uitsaaigeledere toe bekend geword het dat die BBC se afdelingshoofde primêr beoordeel word nie ingevolge die gehalte van uitsendings nie, maar ingevolge die mate waarin hulle die belange van nie-wittes bevorder. Suid-Afrikaanse universiteite het in ‘n soortgelyke toestand verval. Hulle arbei nie om kompromisloos akademies voortreflik te wees nie, maar om transformasiedoelwitte te bereik. Hulle word daarvolgens deur die ANC-regering beoordeel.

Op 7 September het ek op Praag geskryf oor “die koninkryk van transformasie”, naamlik Russel Botman, die rektor, se Universiteit Stellenbosch (US). Sedertdien is daar ‘n US-transformasieforum gestig om transformasie, dus die toepassing van ANC-beleid, te versnel (Die Burger, 18 deser, p 8). Kortom kom dit daarop neer dat wat tradisioneel eie aan of kenmerkend van die US was of is (bv wittes, Afrikaans) vinniger plek moet maak vir wat vreemd aan die US was of is (bv nie-wittes, Engels).

Al die fakulteite aan die US het opdrag gekry om verslag te doen oor hulle transformasieplanne. Botman: “Hoe divers hulle is – en wat hulle doen om meer divers te raak – gaan hul begrotingstoedeling beïnvloed.” Wat Botman hier mee besig is, is presies dieselfde as wat Nzimande doen. Geld word toegeken ooreenkomstig politieke oogmerke ten koste van akademiese oorwegings. Universitêre outonomie of akademiese integriteit word dus nie net deur die regering gesaboteer nie, maar ook intern deur aktiviste in akademiese poste. Hierteen sal ware akademici hulle rug styf moet maak om te voorkom dat groter en onherstelbare akademiese skade aangerig word.

Александр Фильчаков Васильевич

Annelie Botes is ‘n slagoffer van eerlikheid

Die gevierde Afrikaanse skryfster, Annelie Botes, het in Augustus van Tafelberg-uitgewery verneem dat teen die publikasie van haar jongste boek besluit is. Botes het die afkeuring eers onlangs bekend gemaak. Riana Barnard van Tafelberg het nie eens probeer om die besluit, wat klaarblyklik op politieke en suiwer nie-literêre gronde berus, te regverdig nie (Die Burger, 16 deser, p 3). Botes voel vanselfsprekend baie seer oor hierdie verwikkeling. Ek het twee jaar gelede al besef dat sy as skryfster geen toekoms by enige Naspers-onderneming het nie.

In ‘n Rapport-onderhoud (21.11.2010) het Botes genoem dat sy nie van swartes hou nie omdat sy hulle nie verstaan nie. Daarna het sy haar stelling gekwalifiseer deur te sê dat dit nie alle swartes geld nie (Rapport, 28.11.2010). Sy het nie gesê sy haat swartes nie. Ook nie dat sy hulle dood wil hê soos die versugting is jeens wit boere in een van die ANC se gewilde strydliedjies nie. Sy het nie misdade gepleeg soos dié waarop baie ANC-kamerade onbeskaamd roem nie. Sy het bloot met ‘n eerlike, wettige stelling vorendag gekom.

Wat Botes gesê het, is egter aangegryp as iets waaruit sensasionele teks getap kon word. Vyf reaksieberigte (naas die laasgenoemde berig in die hoofkoerant) en drie briewe, asook ‘n dosyn webmenings is hieroor in Rapport-Weekliks gepubliseer, aangevul met vier webartikels. Dit is duidelik dat sommige van die onsteldes om hulle reaksie gevra is, blykbaar omdat lesers moet besef dat uitsprake soos die van Botes nie ongestraf in so ‘n moreel voortreflike koerant geduld word nie.

Anton van Niekerk, op wie se verontwaardiging Rapport kon reken, het Botes se stelling ontstellend en byna lasterlik gevind en dit daarna die tirade van ‘n rassis genoem. Die uitgeweke skryfster Marita van der Vyver het beweer dat Botes in haar ‘n naarte veroorsaak het, want miljoene swartes is glo deur Botes veronreg. Die subteks uit Provence is dat Van der Vyver moreel beter as Botes is.

Wat hierdie twee mense en van die ander reaksies duidelik maak, is dat die nuwe Suid-Afrika nie ‘n normale samelewing is nie. ‘n Doodgewone en onskuldig-bedoelde opmerking is gedemoniseer. Selektiewe moraliteit word met oorgawe bedryf. Eerlikheid loon nie. Skynheiligheid seëvier.

Watter soort boek word graag deur Naspers gepubliseer? Deesdae is dit feitlik ‘n vereiste dat daar in ‘n Afrikaanse boektitel minstens een Engelse woord moet wees. Afrikaanse poësie word nie graag gepubliseer nie, omdat die afset glo nie groot genoeg is nie, maar Mathews Phosa se rympies word gepubliseer. Van en oor geen regsgesinde sal iets gepubliseer word nie. Voorkeur word aan ANC-gesindes gegee. Ton Vosloo het bv nie net die publikasie van Pippa Green se biografie oor Trevor Manuel gesteun nie, maar ook daarop aangedring dat dit in sowel Engels as Afrikaans gepubliseer moet word.

прокурор харьковской области