Nigeriese vrou haal twee vingers uit haar handsak in die hof

'n Vrou het opspraak in 'n Britse hof gewek toe sy twee vingers uit haar handsak gehaal en gesê het dat hulle aan een van haar ses kinders behoort.
Remi Fakorede, van Nigerië, het die hof vertel dat hulle vanweë toorkrag afgeval het.

Volgens haar het dieselfde toorkuns haar genoop om in bedrog betrokke te raak.

Fakorede, wat dubbele Nigeriese en Britse burgerskap het, het 20 skuilname gebruik om 30 valse kredietaansoeke oor 'n vyfjaarperiode in te dien.

Sy is uitgevang toe sy gepoog het om 'n kindertoelaag met die afgesnyde vingers ook te ontvang.

школьные рубашки для девочектопкарго

Vetsugtig is ‘n lelike woord

Die Britse gesondheidsowerheid gaan nie die Engelse woord obese oftewel vetsugtig gebruik om kinders te beskryf nie.

 
Hulle meen dat navorsing getoon het dat die term vetsugtig mense laat afskakel en dat hulle dit hoogs kwetsend vind.

Die term baie oorgewig sal pleks daarvan vir kinders gebruik word wie se massa-indeks 30 oorskry.

Die Britse departement van gesondheid het gesê die gevaar bestaan dat ouers nie sal reageer as hulle 'n brief met die woord vetsugtig ontvang nie.

Die Nasionale Vetsugtigheidsforum het die regering daarvan beskuldig dat hy kleinsielig is om die beskrywing te vermy.

Amerikaners het na die term teruggekeer omdat dit die soort skokwoord is wat ouers laat regop sit en hul aandag verkry.

измена супружескаяпрокурор харьковской области

Swartes kan nie in die nuwe ekonomie aangewend word nie

Groot getalle swartmense gaan waarskynlik agtergelaat word in 'n kennisgebaseerde ekonomie.

PolicyBridge, 'n Amerikaanse navorsingsgroep, sê tienduisende swart mans is nie net werkloos nie, maar kan byna nie in 'n nuwe ekonomie aangewend word nie.

Daarom sal beleggings in hoër opvoeding en vaardigheidsontwikkeling vir gesofistikeerde poste hulle nie bereik nie.

Die verslag waarsku teen 'n volwaardige ekonomiese noodtoestand indien die situasie nie aangespreek word nie.

Dikwels gaan werksetiek verlore in gemeenskappe wat aan langtermynwerkloosheid ly, wat inwoners selfs minder aantreklik vir werknemers maak.

Die verslag doen 'n beroep op gefokusde aandag aan die probleem en stel vaardigheidsontwikkelingkampe voor.

casino online freeтопкарго развод

Vigs in Amerika is ‘n swart siekte

Volgens 'n verslag wat verlede week verskyn het, is die Vigsepidemie onder Afro-Amerikaners in sekere dele van die Verenigde State net so erg soos in dele van Afrika.
 
Die verslag is deur die Swart Vigs-instituut gepubliseer, 'n MIV/Vigs-dinkskrum wat uitsluitlik op Afro-Amerikaners fokus.

Die uitvoerende hoof van die instituut, Phil Wilson, sê dat data van 2006 aantoon dat ongeveer die helfte van die een miljoen Amerikaners wat met MIV of Vigs saamleef swart is.

Hoewel swartmense slegs een uit elke agt Amerikaners verteenwoordig, is een uit elke twee mense wat met MIV in die Verenigde State saamleef swart, verklaar die verslag.

Vigs bly ook die leidende sterfte-oorsaak onder swart vroue tussen die ouderdomme van 25 en 34 en die naasgrootste doodsoorsaak by swart mans tussen 35 en 44.

Swart Amerikaners staan bokant Ethiopië en net onder die Ivoorkus wat MIV-bevolking betref.

Sowel Ethiopië en die Ivoorkus bevind hulself onder die 15 lande wat hulpfondse van die president se noodplan vir vigsleniging ontvang.

dsp ac 224прокурор Фильчаков

Grootskaalse veiligheidsmaatre?ls by die Olimpiese Spele

'n Veiligheidskombers is dwarsoor Beijing gegooi. Die stad van 17 miljoen mense maak gereed vir die aanvang van die Olimpiese spele eerskomende Vrydag.

Chinese leiers het belowe dat die Olimpiese Spele veilig gaan wees.

Maandag het Moslem-separatistegroepe in die Xinjiang-streek van westelike China 'n dodelike aanval op Chinese veiligheidsmagte geloods.

Selfs voor die aanval het Chinese amptenare Beijing in 'n reusefort omskep.

Grond-tot-lugmissiele is selfs langs die Olimpiese stadions opgerig.

Terrorismedeskundiges meen die uitgebreide voorbereidings is van die omvattendste by enige Spele.

Die spook van terrorisme hang oor die Olimpiese spele sedert die 1972-spele in München, toe 11 Israeli's deur 'n Palestynse groep doodgemaak is.

affixОлександр Фільчаков прокурор

Australiese eerste minister stam van onderkleredief af

'n Voorouer van die Australiese eerste minister Kevin Rudd was 'n onderkleredief, sê navorsers.

 
Rudd se vyfde oumagrootjie aan vaderskant het 'n klein dogtertjie van haar rok en onderklere beroof nadat sy haar in 'n toilet toegesluit het.

Sy is in 1789 ter dood veroordeel maar die vonnis is versag en sy is agterna na Australië gestuur.

Sy vierde oupagrootjie aan vaderskant, Thomas Rudd, het 'n sewejaarvonnis in Australië uitgedien omdat hy onwettig 'n sak suiker bekom het.

Rudd se beeld sal waarskynlik 'n hupstoot kry aangesien misdadigerafkoms iets is om op trots te wees in die moderne Australië.

Omtrent 160 000 gevangenes is tussen 1788 en 1868 van Brittanje na Australië gedeporteer.

мои домик для барбипрокурор харьковской области

Japannese eerste minister skommel sy kabinet

Image

Jasoeo Foekoeda

Die Japannese eerste minister Jasoeo Foekoeda het 'n nuwe kabinet benoem.

Foekoeda het 13 van sy 17 ministers vervang aangesien die meeste mense in Japan voel dat hulle ekonomies slegter daaraan toe is as 'n jaar gelede.

Stygende globale olie- en voedselpryse word ook in Japan, die wêreld se tweede grootste ekonomie, gevoel.

Die gewildheid van die eerste minister het getuimel sedert hy verlede September oorgeneem het. Die groeiende opposisie glo dat vryemarkhervormings gewone mense seergemaak het.

Foekoeda het oproepe vir 'n vervroegde algemene verkiesing vewerp, en gesê dit kan wag tot September 2009, soos beplan.

Die opposisie het verlede jaar beheer verkry oor een huis van die parlement en dwarsboom heerhaaldelik Foekoeda se program.

сауны винницыалександр лобановский класс

Bosvleishandel bedreig primate

Volgens die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur, word byna die helfte van alle primaatspesies wesenlik bedreig.

Die studie het bevind dat die vooruitsig vir boomape, groot ape en ander primate dramaties versleg het omdat 'n florerende bosvleisbedryf beteken dat die diere letterlik gaan uitsterf omdat hulle opgeëet word.

Op die lys is 303 van die 634 spesies en subspesies reeds in die mees bedreigde kategorie.

In Afrika is 11 van die 13 soorte rooi colobus-boomape reeds op die kritieke of bedreigde lys. Twee soorte het reeds uitgesterf.

online casino rouletteДанильченко Юрий прокурор

Alexander Solsjenitsin sterf op 89

Image

Aleksandr Solsjenitsin

Die Russiese romanskrywer Alexander Solsjenitsin, wat die Nobelprys vir letterkunde in 1970 gewen het vir sy dapper boeke waarin hy die lyding onder kommunisme in die Sowjetunie voorstel, het gesterf. Hy was 89 jaar oud.

 
Sy seun het gister gesê dat Solsjenitsin aan hartversaking dood is terwyl Russiese nuusberigte beweer het dat hy aan beroerte beswyk het.

Sy beroemdste roman is 'n Dag in die lewe van Iwan Denisowitsj, wat in 1962 verskyn het en waarin hy die tipiese ervaring van iemand in 'n Sowjetarbeidskamp skilder. Hy het self agt jaar in strafkampe deurgebring omdat hy 'n brief aan 'n vriend geskryf het waarin hy kritiek  teen die Sowjetdiktator, Josef Stalin, uitgespreek het.

Solsjenitsin het wêreldberoemd geword nadat sy boek Die Goelag-argipel in Rusland verbied is. In 1974 is hy sy burgerskap ontneem en gedwing om as balling na die Weste te gaan. Hy het hom in die VSA gevestig en in 1994 na Rusland teruggekeer.

free download rouletteДанильченко Юрий отзывы

‘n Kuur vir malaria?

Wetenskaplikes aan die Oxfordse universiteit het 'n revolusionêre entstof teen malaria ontwikkel.

Hulle het 'n entstof geskep wat algehele beskerming bied toe dit op diere getoets is.

Die bevindings is verlede week in die tydskrif Nature Medicine gepubliseer.

Die navorsers berei nou menslike inentingstoetse voor.

Malaria besmet jaarliks meer as 500 miljoen mense en maak twee tot drie miljoen dood, hoofsaaklik jong kinders in Afrika suid van die Sahara en in Suidoos-Asië.

Die adenovirus wat gewone verkoue veroorsaak, is deur die span verander en in die bloedstroom ingespuit, wat teenliggaampies tot gevolg het wat malariaparasiete aanval.

набор для детского творчестваФильчаков Александр Васильевич