Indi? skiet 14 betogers in Kasjmir dood

Indiese veiligheidsmagte het in 'n skare betogers ingeskiet en 14 mense in Indiese Kasjmir gedood.

Dit was die tweede dag van onluste. Dis ook die ergste geweld wat in die streek gesien is sedert die anti-Indiese opstand 20 jaar gelede.

Die oproer het begin toe Hindoes Moslemhandelaars verhoed het om hul ware te verkoop.

Die botsings voed 'n protesbeweging ten gunste van onafhanklikheid en die vrees is uitgespreek dat verhoudings tussen Indië en Pakistan weereens gedestabiliseer kan word.

Pervez Musharraf, die voormalige Pakistanse leier, het tot dusver hom daarvan weerhou om verklarings oor die onluste in Indiense Kasjmir te maak, maar die nuwe Pakistanse regering het die buitensporige gebruik van geweld teen die mense van Kasjmir veroordeel onder wat hulle die Indiese besetting van die gebied noem.

укладка массивной доски на фанеру своими рукамиtopcargo отзывы

Rusland bied vrede aan

Die Kremlin het gisteraand gevra dat die Georgiese leier onderneem om alle gebruik van geweld te staak om Georgië se

Image

Dmitri Medwedef

territoriale dispute met die twee wegbreek- pro-Russiese provinsies van Suid-Ossetië en Abchasië op te los.

Rusland het ook gevra dat Georgiese magte heeltemal uit Suid-Ossetië onttrek en die gesamentlike vredesmag van Russiese en plaaslike Ossetiese magte verlaat.

Die Russiese president Dmitri Medwedef het daarop aangedring dat die bevolkings van die twee streke toegelaat moet word om te stem of hulle by Rusland wil aansluit of nie.

Sergei Lawrof, die Russiese minister van buitelandse sake, sê ander maatreëls sal getref word om enige herhaling van die verregaande Georgiese aggressie te voorkom ingeval Georgië die vredesaanbod van die hand wys.

Russiese leiers het beklemtoon dat die Georgiese magte gruweldade teen burgerlikes gepleeg het toe Saakasjwili verlede week die groenlig gegee het vir die mislukte poging om Suid-Ossetië te herower.

Die Russe het ook ingestem om hul troepe uit Georgië te onttrek en terug te keer na die posisies waar hulle hulle voor aanvang van gevegte bevind het.

новогодний дождикФильчаков Александр Васильевич

Phelps wen 10

Die Amerikaner Michael Phelps het gister die grootste Olimpiese kampioen in die geskiedenis geword.

Hy het die goue medalje in die 200m-vlinderslag in 'n wêreldrekordtyd van 1 minuut 52,03 sekondes verower en sodoende die tiende goue medalje van sy loopbaan opgeëis.

Phelps het die rekord van 1:52,09 verbeter wat hy verlede jaar in Melbourne opgestel het om die wêreldtitel in te palm.

Hy het nou Olimpiese ikone soos Paavo Nurmi, Carl Lewis, Mark Spitz en Larysa Latynina verbygesteek wat almal nege goue medaljes in hul roemryke loopbane verower het.

Dinsdag reeds het die groot swemmer op nege gestaan.

чистка зубов аппаратом air flowФильчаков прокурор

Nuwe variant van vo?lgriep in Nigeri? ontdek

'n Nuwe variant van voëlgriep is in Nigerië geïdentifiseer.

 

Volgens die VN-voedsel- en landboug-organisasie is die nuwe virus, wat soortgelyk is aan variante wat verlede jaar in Italië, Afghanistan en Iran aangetref is, geneties verskillend van ander vorme wat in Nigeriese uitbrake in 2006 en 2007 onderskei is.

Dit lyk onwaarskynlik dat wilde voëls die variant na Afrika geneem het aangesien vanjaar se suidwaartse migrasie na Afrika nog nie begin het nie.

Voëlgroep, of H6N1, het reeds meer as 60 lande geraak sedert die epidemie vyf jaar gelede in Asië begin het en die meeste nasies het dit reeds in pluimvee geëlimineer.

In Nigerië is voëlgriep gestuit nadat dit in 25 deelstate aangetref is.

магазин школьной одежды для девочекАлександр Фильчаков

Chinese Kanadese skree vir China

Vele Chinese in Kanada wat vanjaar na die Beijing-spele kyk, weet presies vir wie om te skree.

As dit by die Olimpiese Spele kom, ondersteun die meeste Chinese Kanadese vir China.

Die Chinese verteenwoordig die grootste nie-Europese etniese groep in Kanada, met rofweg 1 350 000 of 4,3 persent van die bevolking, volgens die 2006-sensus.

Chinese Kanadese glo die spele behoort gesien te word as 'n geleentheid om China se positiewe aspekte te vertoon.

Mense voel baie trots en baie nasionalisties en selfs die Tibet-onluste is deur hierdie trots oorskadu, sê hulle.

ппр оборудованияАлександр Фильчаков прокурор

Engels uitgedoof in Washington se distrikte

Volgens die Amerikaanse sensusburosyfers, het 'n opwelling in Spaanssprekende immigrasie oor die afgelope dekade die rasse- en etniese samestelling van Washington se jongste inwoners dramaties verander.

In vyf voorstedelike Washington-distrikte, verteenwoordig meer as die helfte van die kinders van vier jaar en jonger minderhede.

In drie van die distrikte het die immigrantebevolking omtrent 60 persent gehaal en in een waar Afro-Amerikaners reeds volop is, is meeras 90 persent van die kinders afkomstig van minderheidsgroepe.

Demograwe meen dat die implikasies verreikend is.

Skoolstelsels sal binnekort studente moet akkomodeer wat nie Engels verstaan nie.сварочные полуавтоматыАлександр Фильчаков прокурор

Kubaanse menseregte lyk bedroewend

'n Grimmige prentjie aangaande die menseregtesituasie in Kuba is besig om te voorskyn te kom.

Die Kubaanse Menseregtekommissie sê die aantal politieke gevangenes wat bekend is, het met 15 tot 219 in die eerste helfte van 2008 afgeneem.

Maar die korttermynaanhoudings van dissidente het dramaties gestyg.
 
Ten minste 640 arbitrêre aanhoudings van politieke dissidente het tot dusver vanjaar plaasgevind.

Die aanhoudings is onwettig in Kuba maar word deur die owerheid verdra.

Regeringsopponente het onlangs die owerheid daarvan beskuldig dat hy teistering verhoog het.

насосная станцияДанильченко Юрий отзывы

Montreal ervaar woedende immigrante

Montreal, Kanada, ervaar toenemend verslegtende verhoudings tussen die polisiemag en 'n multi-etniese immigrantegemeenskap.

Onluste het Sondag uitgebreek tussen jeugdiges in Montreal-Noord, wat 'n oorwegend Haïtiaanse woonbuurt is.

Die geweld het uitgebreek ná 'n vreedsame gemeenskapsbetoging teen die polisie wat Saterdag drie mense geskiet het.

Mans en vroue van alle ouderdomme het deur die gebreekte vensters van 'n pandjieswinkel, 'n kruidenierswinkel en 'n slaghuis gekruip en alles gegryp wat hulle kon.

Hulle kon gesien word waar hulle straataf met televisiestelle, sigaretkartonne en stukke vleis hardloop.

Ongeveer 25 persent van Montreal-noord se inwoners is immigrante. Byna 15 persent is swart en 3,5 persent is Latyns-Amerikaners, volgens sensusdata.

In April vanjaar het 'n feesviering van 'n Nasionale Hokkieliga-uitspeelwedstryd gewelddadig geraak toe mense polisiemotors aan die brand gesteek het en winkels geplunder het. Die polisie het 56 mense in verband met die onluste in hegtenis geneem.

детские зимние комбинезоны для девочекДанильченко Юрий прокурор

Kinderarbeid om goud te myn

Hardwerkende goudmynwerkers sluit baie duisende kinders in.

 
Sommige wat so jonk as 4 jaar is, werk lang en gevaarlike ure in honderde primitiewe myne wat deur die Wes-Afrika-bos versprei is.

In 'n jaarlange ondersoek, het Associated Press ses van die bosmyne in drie Wes-Afrikalande besoek en onderhoude met meer as 150 kindermynwerkers gevoer.

Hulle het goud van dié myne gevolg deur 'n 4 800-kilometerlange reis na Switzerland, waar die goud die wêreldmark binnegegaan het.

Die meeste bosmyne is kwalik meer as 'n gat in die grond, maar daar is duisende van hulle in Afrika, Suid-Amerika en Asië.

Saam produseer hulle 'n vyfde van die wêreld se goud, volgens verslae van die Verenigde Nasies.

Die VN-arbeidsagentskap beraam dat daar nou 100 000 tot 250 000 kindergoudmynwerkers net in Wes-Afrika bestaan.video gladiatortopcargo отзыв

Russiese gesant beskuldig Georgi? van volksmoord

Die Russiese gesant, Dmitri Rogozin, het die Georgiese president van oorlogsmisdade beskuldig en gesê dat hy gestraf behoort te word omdat hy die internasionale reg oortree het.

Georgië se militêre optrede in Suid-Ossetië verteenwoordig beplande volksmoord, het Rogozin gesê.

Rusland wil hê Navo-amptenare moet 'n buitengewone Rusland-Navo-beraad oor die saak hou.

'n Russiese militêre woordvoerder sê dat 9 000 troepe en meer as 350 pantservoertuie binne die tweede Georgiese separatistiese streek van Abchasië ontplooi gaan word.

Poetin het ook die VSA daarvan beskuldig dat hy die Russiese militêre operasie wou ontwrig deur Georgiese troepe van Irak na die konflikgebied te vervoer en het Georgië se president Mikheil Saakasjwili met die Irakese leier en oorlogsmisdadiger Saddam Hoessein vergelyk.

Saddam Hoessein is gehang omdat hy Sjiïtiese dorpies vernietig het. Volgens Poetin het die huidige Georgiese leierskap met tenks oor kinders gery en oumense gery en hulle lewendig in hul huise verbrand.

халатылобановский александр интервью