Chavez gaan die land van Nelson Mandela besoek

Image

Hugo Chavez

President Hugo Chavez het 'n tweedaagse besoek aan Suid-Afrika aangekondig.

Hy gaan president Thabo Mbeki aanstaande week ontmoet in voorbereiding op 'n Afrika-Suid-Amerika-spitsberaad.

Caracas gaan die gasheer wees vir die spitsberaad wat later vanjaar sal plaasvind.

Chavez het sy voorgenome besoek oor die radio en televisie gedurende 'n vergadering met sy kabinet aangekondig.

Hy het gesê dat sy tweedaagse besoek baie belangrik sal wees maar het nie die sakelys verklap of wie hom sal vergesel nie.

кабина хамам для домаФільчаков Олександр Васильович прокурор

Diana se sny koek op veiling

'n Stuk koninklike troukoek wat 27 jaar oud is, is vir meer as R17 000 op 'n veiling verkoop.

Die stuk ou marsepyn en versiersuiker van prinses Diana se troue in 1981 is met die koninklike wapen versier.

Dit is afkomstig van een van die 22 koeke wat aan die koninklike personeel versprei is.

Afslaer Dominic Winter in Gloucestershire sê die sny koek verkeer in 'n merkwaardig goeie toestand.

Hy het dit as hoogs ongewoon en waarskynlik oneetbaar beskryf.

гра для дітейалександр лобановский харьков класс

Moslems glo Obama is ‘n Moslem

Moslems regoor die wêreld sien Barack Obama nie as 'n Christen nie, maar gewoonlik as óf 'n Moslem óf 'n oud-Moslem.

'n Moslemkind neem die godsdiens van sy of haar vader aan.

Barack Obama se vader was Moslem en daarom, volgens die Islamitiese wet, is die presidentskandidaat ook een.

Boonop dui sy skoolrekord van Indonesië hom as 'n Moslem aan.

Moeammar Kadaffi het ook na Obama as 'n Moslem verwys en iemand met 'n Afrika- en Islamitiese identiteit.

Arabiere noem dikwels sy middelste naam Hussein as bewys genoeg.

где отдохнуть в хорватии с детьмиЛобановский

Afrikalande het ‘n gebrek aan basiese inligting

Net 'n paar Afrikalande is in staat om behoorlike stelsels te ontwikkel, vanweë 'n gebrek aan basiese geografiese inligting.

Geografiese inligtingstelsels sou 'n belangrike rol kon speel in die verbetering van landbou in Afrika.

Dié kwessie het gedurende die derde Afrikakaartkonferensie in Kaapstad vandeesweek na vore gekom.

Anneliza Collett van die Suid-Afrikaanse departement van landbou en grondsake beskou geografiese inligtingstelsels as van wesentlike belang by die bestuur van grond.

Collett het aangetoon dat die data akkuraat, bygewerk en volledig moet wees.

Maar in Afrika het vele state nog nie eens hul kuslyne gekarteer nie, het geen idee oor grondbesit binne hul grense nie en slegs 45% van straatadresse asook die vasteland se gebiede met bevolkings is gekarteer.

МордвиновДанильченко Юрий прокурор

Dalai Lama opgeneem in hospitaal

ImageDie Dalai Lama, die Tibetaanse leier in ballingskap, is in 'n hospitaal in Moembaai, Indië, opgeneem.

Daar was egter geen rede tot kommer nie, het dokters gister gesê.

Die leier het twee buitelandse reise weens uitputting afgestel.

Die Nobelpryswenner woon in Dharamsala, die noord-Indiese dorp waar Tibet se selfgeproklameerde regering-in-ballingskap gebaseer is.

Hy is 73 jaar oud.

Sy onlangse reise het veral op lesings oor Boeddhisme gefokus, maar gedurende sy praatjies het hy ook die Chinese beleid in Tibet gekritiseer.

пескоструй купить киевДанильченко Юрий Брониславович

Senator Biden gekonfronteer met rassekwessies

ImageIn 'n onderhoud met die Washington Post vandeesweek moes senator Joe Biden moeilike vrae oor ras en onderwys beantwoord.

Biden, wat visepresident sal word indien Obama wen, het minderheidsgroepe oftewel swartes vir swak skooluitslae geblameer.

Hy het oor die deelstaat Iowa, wat oor goeie uitslae beskik, gesê dat die bevolking slegs een persent Afro-Amerikaners bevat het.

Daarom was Washington met sy 4 of 5 persent minderhede slegter daaraan toe, het hy gesê.

Sy veldtogbestuur het vinnig agterna 'n verklaring uitgereik om te sê dat hy wou aandui dat agtergeblewenheid op ekonomiese status berus en nie van ras afhang nie.

no deposit slotпрокурор Фильчаков

Amerikaans-Russiese kernverdrag waarskynlik be?indig

'n Sleutelkernooreenkoms tussen Rusland en die VSA lyk asof dit beëndig kan word.

Die kernverdrag sou die raamwerk vir Amerikaanse toegang tot Russiese gevorderde kerntegnologie verskaf terwyl Rusland gehelp sou word om 'n internasionale kernbergingsfasiliteit te bekom.

Amerika beheer die grootste deel van die wêreld se kernbrandstof en dié stap word gesien as straf vir die Russiese hantering van Georgië.

Die Russe verwag om die verdrag weer in te dien sodra 'n nuwe president die Withuis aanstaande jaar betrek.

Die minister van buitelandse sake Condoleezza Rice het aangedui dat die fokus nou op 'n burgerlike kernverdrag met Indië is.

освещение для домаалександр лобановский харьков класс

Brittanje gaan die grootste land in Europa word

Brittanje sal Duitsland en Frankryk teen 2060 verbysteek om die grootste land in die EU te word.

 

Brittanje se bevolking sal met 25 persent styg van net meer as 61 miljoen tot amper 77 miljoen.

'n Peiling van demografiese tendense het getoon dat Brittanje se geboortesyfer hoër is as ander Europese lande s'n.

Britse vrugbaarheidskoerse het gaandeweg afgeneem in die 1980’s en 1990’s maar het weer sedert 2003 begin toeneem.

Brittanje sal minder probleme ondervind as gevolg van die sterk bevolkingsgroei en die laer gemiddelde ouderdom van die Britse gemeenskap.

play onlineФильчаков

Voedselonluste bars los in Indi

Voedselonluste het gister in die ooste van Indië losgebars met meer as twee miljoen mense wat gedwing is om uit hul huise te vlug.
 
Een mens is gedood toe gevegte tussen woedende dorpenaars by 'n hulplenigingsentrum wat deur mense oorval is, uitgebreek het.

Amptenare sê vloedslagoffers het graan op sekere plekke in Bihar geplunder.

Hewige reënbuie het meer as 1000 mense in Suid-Asië doodgemaak sedert die monsoen in Junie begin het.

Die ergste vloede in 50 jaar het die streek getref en het omtrent 100 000 hektaar se groentem koring en reisvelde beskadig.

Die Kosi-rivier in Bihar het verlede week sy gang verander en honderde nedersettings en dorpe oorstroom.

штукатурная смесьФільчаков Олександр Васильович прокурор

Gustav hang oor Ha?ti

ImageDie tropiese storm Gustav hang steeds oor Haïti met orkaansterkte en het ten minste 13 mense gedood.

Die Amerikaanse Nasionale Orkaansentrum het gewaarsku dat Gustav sy orkaansterkte teen vandag kan herwin soos wat dit tussen Jamaika en die suid-oostelike kus van Kuba deurtrek.

Oliepryse het gestyg vanweë die nuus dat die storm olie-installasies in die Golf van Meksiko kan beskadig.

Die goewerneur van Louisiana het 'n stormkrisissentrum ingerig ná die ervaring met die Orkaan Katrina wat onberekenbare skade in 2005 aangerig het.

Winde van tot 95 k.p.u. het oor Haïti gewaai.

инструменталександр лобановский супермаркет класс