Paryse voorstede prut nog

Tieners boots die Israeli-Palestynse oorloë na in arm Paryse voorstede soos wat rassespanning in Frankryk verhoog.

Verlede maand is 'n 17-jarige Joodse seun bewusteloos geslaan deur 'n bende swart en Arabiese tieners. Die polisie is steeds op soek na die aanvallers.

Inwoners sê hulle is egter nie verbaas nie want hulle het net enkele weke voor die insident die polisie om hulp gesmeek.
Die direkteur van die grootste Joodse skool in Europa sê dis nie 'n godsdiensoorlog nie maar 'n rasseoorlog.

Die noordelike voorstede het die hoogste werkloosheidsyfer in Parys, met die jongste bevolking, asook hoë konsentrasies Arabiere en swartes in gesubsidieerde woonstelblokke.

ролики купитьФильчаков прокурор

Nuwe Russiese vakansiedag

Rusland het 'n nuwe nasionale vakansiedag verklaar om die dalende bevolking te stuit. Dit word die dag van die gesin, liefde en getrouheid

Image

Swetlana Medwedef

genoem.

Die nuwe vakansiedag het ten doel om paartjies aan te moedig om nie net kinders te hê nie, maar ook om die kinders van 'n stabiele gesinslewe met twee ouers te voorsien.

Die regering wil moraliteit en optimisme oor Rusland se toekoms bevorder.

Volgens die Kremlin is die dag die breinkind van Swetlana Medwedef, Rusland se presidentsvrou.

Die nuwe vakansiedag word op die dag van die beroemde Russies-ortodokse heiliges Fewronia en Pitor gehou.

Hulle word as die beste voorbeeld van 'n gelukkige huwelik beskou.game casino downloadФільчаков Олександр Васильович прокурор

Franse president gaan Olimpiese openingseremonie bywoon

ImageDie Franse president Nicolas Sarkozy gaan die openingseremonie van die Olimpiese Spele bywoon.

Hy sal sowel die Europese Unie as sy eie land verteenwoordig.

Verhoudings tussen die twee lande is deur pro-Tibet-betogings in Frankryk versuur.

Een amptelike Sjinese koerante het verlede week gesê dat die mense in China eenvoudig nie die Franse president by die Olimpiese Spele wil sien nie.

Inwoners van Beijing het gesê dat hulle deur die anti-Chinese betogings in Frankryk verneder voel.

Gordon Brown van Brittanje gaan die sluitingseremonie bywoon.

дизайн баниАлександр Фильчаков прокурор

Yale-universiteit nou aanlyn

Deesdae hoef mens nie meer in die Verenigde State wees om 'n goeie opvoeding te geniet nie.

Personeel by Yale glo dat dié prestigeryke Amerikaanse universiteit in New Haven, Connecticut, die verantwoordelikheid het om kennis te verdemokratiseer.

Sewe departemente by die Oop Yale-universiteit bied inleidende kursusse via die webwerf aan wat enigiemand op enige plek ter wêreld kan neem.

Die verfilming van lesings word alles met die hand gedoen om die werklike atmosfeer van lesings vas te vang.

Hulle voel dis 'n werklike geleentheid vir mense regoor die wêreld om te kom en die gevoel van hul lesingsale te ervaar.

стоит построитьФільчаков прокурор

Virtuele onderwys neem toe in die VSA

Inskrywings vir aanlynklasse in die VSA is 22 keer hoër as in 2000, volgens die Noord-Amerikaanse Raad vir Aanlynonderwys.

Tegnologie versprei nou in Amerikaanse klaskamers met aanlynkursusse, gebruiksvriendelike skootrekenaars en virtuele onderwysers.

Take kan in sommige gevalle nou elektronies op skoolwebwerwe ingedien word.

Klaswerk in sulke eksperimentele skole waar boeke byna uitgedien geraak het word gedoen in Google Docs, Apple se iMovie en met behulp van gespesialiseerde opvoedkundige programmatuur soos FASTT Math.

Deskundige vooruitskattings toon dat 50% van hoërskoolkursusse teen die jaar 2013 aanlyn sal geskied. Tans is dit omtrent 1%.циклевка паркета ремонт паркетаФильчаков прокурор харькова

Frankryk wil privaat EU-data aan die VSA beskikbaar stel

Die Franse regering beplan om die Amerikaanse owerheid van privaat data oor Europese burgers te voorsien om daardie land se veldtog teen terreur te steun.

 
Die omstrede voorgestelde ooreenkoms sal waarskynlik die Amerikaners in staat stel om kredietkaartinligting, bankbesonderhede en reisgewoontes van EU-burgers te bekom.

'n Senior amptenaar in Brussel het gesê dat die Franse baie gretig is om die VSA van diens te wees.

Die onderhandelings vind tans tussen 'n hoëvlakkontakgroep van Europese en Amerikaanse amptenare plaas.

светильники mdmФильчаков

Simon Mann tronk toe weens Ekwatoriaal-Guinee komplot

Die Britse huursoldaat Simon Mann is tot 34 jaar en vier maande tronkstraf gevonnis in Ekwatoriaal-Guinee omdat hy beplan het om die regering omver te werp.

 
Die vyf-en-vyftigjarige Mann is in Maart 2004 tesame met 61 ander deur die Zimbabwiese owerheid gearresteer toe hul vliegtuig daar geland het om brandstof in te neem.

Volgens Mann het hy bevele van Mark Thatcher geneem en was Spanje, Suid-Afrika en die Verenigde State van die beplande staatsgreep bewus en het dit goedgekeur.

Mann is 'n voormalige spesmagoffisier wat Brittanje se prestigeryke skool Eton en die Sandhurst militêre akademie bygewoon het.

Mann het geen emosie getoon toe die vonnis uitgelees is nie.

о болезнипрокурор харьковской области

Rwandese glo dat Frankryk vir die volksmoord verantwoordelik is

Die New Times-koerant in Kigali het gister berig dat Frankryk die milisie en weermag opgelei en toegerus het wat die 1994-volksmoord in Rwanda uitgevoer het.

Hulle glo daar is oorweldigende getuienis wat aantoon dat Franse soldate ook geweier het om in te meng en die volksmoord te keer.

Die voormalige Franse president François Mitterand het diegene wat aandadig was aan die 1994-volksmoord geondersteun in weerwil van waarskuwings dat massamoorde op die Toetsi-bevolking voorberei word.

Volgens die invloedryke Franse koerant Le Monde kon die Franse president se betrokkenheid hoofsaaklik daaraan toegeskryf word dat hy deur die gevaar van Angel-Saksiese invloed in Rwanda geobsedeer was.

Menseregtegroepe in Frankryk beweer dat Franse soldate duisende Toetsi-oorlewendes met 'n set uit hul skuilplekke gelok het en hulle agterna aan die panga-swaaiende Interhamwe-milisie oorgelaat het.

безмасляный компрессорФильчаков прокурор харьков

Hoop op Iranese kernsamesprekings

Iran se hoofveiligheidsonderhandelaar gaan vandeesmaand die Europese Unie se buitelandsesakehoof ontmoet.

Die EU hoop dat Iran binnekort formele onderhandelings oor sy kernprogram sal begin.

Voorheen het diplomate gesê dat Iran 'n internasionale pakket van aansporingsmaatreëls om sy uraanverrykingsprogram te laat vaar, verwerp het.

'n Onlangse telefoongesprek was, volgens senior EU-diplomate, egter positief.

Hulle het gesê die oproep skep die moontlikheid dat die Iranese binnekort dalk tot samesprekings oor hul uraanverrykingsprogram mag instem.справки в бассейнпрокурор Фильчаков

Hoop op Iranese kernsamesprekings

Iran se hoofveiligheidsonderhandelaar gaan vandeesmaand die Europese Unie se buitelandsesakehoof ontmoet.

Die EU hoop dat Iran binnekort formele onderhandelings oor sy kernprogram sal begin.

Voorheen het diplomate gesê dat Iran 'n internasionale pakket van aansporingsmaatreëls om sy uraanverrykingsprogram te laat vaar, verwerp het.

'n Onlangse telefoongesprek was, volgens senior EU-diplomate, egter positief.

Hulle het gesê die oproep skep die moontlikheid dat die Iranese binnekort dalk tot samesprekings oor hul uraanverrykingsprogram mag instem.россия теннисДанильченко Харьков

VSA verwyder Irak se uraan

ImageAmerikaanse en Irakese amptenare het omtrent 600 ton se rou uraan van Irak se vernaamste kernopslagplek verwyder.

Die geelkoekuraan is volgens Associated Press na Kanada verskeep.

Geelkoek word op 'n vroeë stadium van die kernsiklus gebruik. Na intensiewe verwerking word dit laegraadse verrykte uraan, wat in brandstofreaktors gebruik kan word.

Die stof kan nie in die huidige vorm gebruik word om 'n kernwapen te vervaardig nie.

Amptenare het egter gesê dat daar gesondheidsgevare aan gekonsentreerde vorms van natuurlike uraan verbonde is.

Cameco, 'n Kanadese maatskappy wat uraan verkoop, het die stof aangeskaf.

или поршневойАлександр Фильчаков

Tsjegge gaan missielskildverdrag met Amerikaners aan

Ondanks opposisie tuis en in Rusland gaan die Tsjeggiese Republiek môre 'n verdrag onderteken om 'n Amerikaanse missielverdedigingsradarstelsel op Tsjeggiese grondgebied te bou.

Washington wil die radar suidwes van Praag bou met 10 onderskeppingsvuurpyle in Pole.

Die Tsjeggiese verdrag gaan opposisie in die parlement teëkom hoewel die land 'n lid van NAVO en die Europese Unie is.

'n Onlangse meningsopname he getoon dat 68 persent van Tsjegge teen die skild gekant is, terwyl slegs 24 persent dit sterk ondersteun.

Missieltegnologie is besig om regdeur die wêreld te versprei, volgens die Tsjeggiese buitelandsesakeminister Karel Schwarzenberg. Hy het gesê dit sou beter wees om paraat te wees.ігридля дівчаттопкарго кидалы

Bush gaan na Olimpiese openingseremonie

President George W. Bush het Sondag gesê dat hy die openingseremonie van die Olimpiese Spele gaan bywoon want hy wil nie die Chinese volk in die gesig vat nie.

Die eerste minister van Japan, Jasoeo Foekoeda het aangekondig dat hy ook gaan.

Menseregtevoorstanders staan 'n boikot van die Spele voor om teen China se beleid in Soedan en Tibet beswaar te maak.

Bush het gesê dit sal 'n geleentheid vir hom wees om Amerikaanse te ondersteun.

Ander wêreldleiers, waaronder Angela Merkel en Gordon Brown, gaan die openingseremonie misloop.free slots onlineФильчаков Харьков

Afrika die tema van die G8-spitsberaad

Die Groep van Agt-ryknasies sal vandag poog om skeptiese Afrikalande te oortuig dat hul beloftes om hulp aan die vasteland te verdubbel steeds nagekom sal word.

Om hul goedertrou te toon, het die G8 nie minder nie as sewe Afrikaleiers na die eerste dag van die jaarlikse spitsberaad genooi wat in 'n luukse hotel op die noordelike Japannese eiland Hokkaido plaasvind.

Van die besprekingspunte op die sakelys vir drie dae van samesprekings is klimaatsverandering, rekordoliepryse en 'n verslegtende globale ekonomie. Maar president George W. Bush, wat van Afrika 'n persoonlike prioriteit gemaak het, het gesê hy sal sy medeleiers aansê om hul hulpbeloftes na te kom.

Tydens 'n vorige G8-spitsberaad in Gleneagles, Skotland, het die G8 ooreengekom om hulp aan Afrika teen 2010 te verdubbel as deel van 'n groter poging om globale armoede aan te spreek.

снятие камней с зубов ультразвукомлобановский александр досье