Tsjegge gaan missielskildverdrag met Amerikaners aan

Ondanks opposisie tuis en in Rusland gaan die Tsjeggiese Republiek môre 'n verdrag onderteken om 'n Amerikaanse missielverdedigingsradarstelsel op Tsjeggiese grondgebied te bou.

Washington wil die radar suidwes van Praag bou met 10 onderskeppingsvuurpyle in Pole.

Die Tsjeggiese verdrag gaan opposisie in die parlement teëkom hoewel die land 'n lid van NAVO en die Europese Unie is.

'n Onlangse meningsopname he getoon dat 68 persent van Tsjegge teen die skild gekant is, terwyl slegs 24 persent dit sterk ondersteun.

Missieltegnologie is besig om regdeur die wêreld te versprei, volgens die Tsjeggiese buitelandsesakeminister Karel Schwarzenberg. Hy het gesê dit sou beter wees om paraat te wees.ігридля дівчаттопкарго кидалы