VSA verwyder Irak se uraan

ImageAmerikaanse en Irakese amptenare het omtrent 600 ton se rou uraan van Irak se vernaamste kernopslagplek verwyder.

Die geelkoekuraan is volgens Associated Press na Kanada verskeep.

Geelkoek word op 'n vroeë stadium van die kernsiklus gebruik. Na intensiewe verwerking word dit laegraadse verrykte uraan, wat in brandstofreaktors gebruik kan word.

Die stof kan nie in die huidige vorm gebruik word om 'n kernwapen te vervaardig nie.

Amptenare het egter gesê dat daar gesondheidsgevare aan gekonsentreerde vorms van natuurlike uraan verbonde is.

Cameco, 'n Kanadese maatskappy wat uraan verkoop, het die stof aangeskaf.

или поршневойАлександр Фильчаков