Kategorie: Internasionale nuus
Nuus oor die wêreld buite Suider-Afrika
Geen kaaskoppe hier
‘Lost in translation’
Chinese president Hu Jintao, moes ‘n tweede keer oor menseregte tydens ‘n nuuskonferensie Washington uitgevra word.
Hu het nie Woensdag gereageer op ‘n aanvanklike vraag oor menseregte gedurende die Withuis-nuuskonferensie met die Amerikaanse president Barack Obama nie. Hy het die tolke en tegniese probleme blameer vir sy versuim om te antwoord.
Hu het gesê: “Baie moet nog gedoen word” in China aangaande regte terwyl hy aangedring het daarop dat enorme vordering reeds gemaak is.
“China bly voortdurend verbind tot die beskerming en bevordering van menseregte,” Hu gesê.
Hu is gevra oor die onderwerp nadat Obama tydens sy openingsverklaring by die nuuskonferensie gesê het die Verenigde State ondersteun dialoog tussen China en verteenwoordigers van die Dalai Lama en wil sien dat Beijing die godsdiensregte van die Tibetaanse volk respekteer.
Hu gesê China respekteer die “universaliteit van menseregte,” en het gesê dat hy reeds talle kere openlik met Obama oor die onderwerp gepraat het.
Hy het gesê: “Baie moet nog gedoen word” oor menseregte in China en hy het gesê China is bereid om ‘n dialoog oor die kwessie op die basis van wedersydse respek en nie-inmenging in China se interne sake aan te knoop.
China verwerp dikwels kritiek van sy menseregterekord as inmenging in sy interne sake.
Praag ondersteun besoek van Livni
“Die gedagte dat Tzipi Livni ‘n oorlogsmisdadiger sou wees en hier in hegtenis geneem moet word, is eenvoudig belaglik. Veel eerder behoort daar gekyk te word na die werklike oorlogsmisdade en gruweldade wat daar tans in ons land plaasvind, in die vorm van plaasmoorde en die aanhitsing van volksmoord deur ampsdraers van die regerende party soos Julius Malema.”
Volgens Roodt is “Israel ‘n demokratiese land waarvan die verbintenis tot demokrasie en menseregte nog nooit onder verdenking was nie. Israelse burgerlikes word egter deur radikale Palestynse groepe geteiken met selfmoordbomaanvalle en vuurpyle, wat die owerheid in ‘n onhoudbare posisie plaas, want hy moet sy burgers teen aanvalle beskerm terwyl die internasionale media van die Palestyne martelaars gemaak het. In enige konflik is daar egter altyd twee of meer kante. Dit is onvanpas van plaaslike groepe en veral die Valke en Nasionale Vervolgingsgesag om ‘n besoeker en ‘n gas in ons land selfs net met vervolging te dreig.”
PRAAG wil die publiek maan om meer ingelig oor die konflik in die Midde-Ooste te raak sodat blatante propaganda en manipulasie soos wat daar tans rondom Livni se besoek gepleeg word, aan die kaak gestel kan word. “Israel was nog altyd ‘n vriend van Suid-Afrika, totdat die ANC besluit het om eerder met ekstremistiese bewinde soos dié van Kuba en Libië of radikale Moslem-terroriste te assosieer. Nie net verteenwoordig die huidige dreigemente teen Tzipi Livni ‘n morele laagtepunt in ons land se geskiedenis nie, maar ook ‘n laagtepunt in diplomasie en goeie maniere. Gegewe die menseregteskendings en die reg op lewe wat daagliks in ons land verkrag word, het ons geen lesse aan Israel te leer nie.”
Nederlandse navorsing wys etniese agterstand
Skole kry al jare ekstra geld vir kinders wat met ‘n agterstand hul skoolloopbaan begin. Tot 2006 het ‘n skool ekstra vir leerlinge met laagopgeleide ouers gekry, en nog ‘n bykomende bedrag as laaggeskoolde ouers ook immigrante was.
Volgens die destydse onderwysminister is dit uitsluitlik die opleidingsvlak van ouers wat bepaal of ‘n kind skool met ‘n agterstand begin, en speel sy etniese afkoms daar geen rol in nie. Daarom is besluit om eweveel geld te gee vir sowel inheemse as immigranteleerlinge met laaggeskoolde ouers.
Maar die uitgangspunt van die maatreël klop nie, blyk uit navorsing van die Kohnstamm Instituut aan die Universiteit van Amsterdam. Byna alle immigrantekinders loop aan die begin van die laerskool agter gemeet teenoor hul inheemse klasmaats. Selfs die swart kinders met die hoogste opgeleide ouers doen net effens beter as die wit kinders met die laagste opgeleide ouers. “Dit is dus nie waar dat etniese afkoms geen rol speel by skoolagterstand nie”, sê navorser Jaap Roeleveld.
Die nuwe beleid is stapsgewys ingevoer en is sedert verlede jaar volledig van krag. Daardeur kry skole met baie inheemse leerlinge met laagopgeleide ouers deesdae meer geld. Swart skole kry vir ‘n deel van hul vroeëre agterstandsleerlinge geen geld meer en moet dus met minder klaarkom.
Weer lewende mammoete?
Oor ses jaar weer lewende mammoete?
Dit is moontlik as Japanse wetenskaplikes slaag met hul planne.
ANP berig dié wetenskaplikes het daarin geslaag om selweefsel uit ‘n mammoetkarkas te onttrek wat in ‘n Russiese laboratorium bewaar word. Hulle hoop om hiermee die selkern van ‘n olifant-eiersel te vervang, en die herstelde embrio in die baarmoeder van ‘n olifantwyfie in te plant.
As alles volgens plan verloop sal die wêreld duisende jare na die mammoet uitgesterf het, weer ‘n lewende mammoet kan besigtig.
Die meeste mammotespesies het ongeveer 10 000 jaar gelede uitgesterf, maar oorlewendes van die wollerige mammoet-spesie het tot ongeveer 8 000 jaar gelede in Noord-Amerika oorleef, en ‘n rukkie later ook in Siberië uitgesterf.
‘n Klein kolonie mammoete het tot sowat 3 750 vC op St Paulseiland naby Alaska oorleef, en ‘n kolonie het tot sowat 1 650 vC op die Siberiese eiland, Wrangel-eiland oorleef.
Hoewel klimaatstoestande vermoedelik grootliks vir die verdwyning van mammoete verantwoordelik was, word die rol van die mens nie buite rekening gelaat nie. Dit is bekend dat die oermens, Homo erectus, al 1,8 miljoen jaar gelede mammoetvleis verorber het.
Bronne: Trouw (ANP) en Wilipedia
Tunisië: Wikileaks of Facebook?
State Department-woordvoerder PJ Crowley het Sondag gesê dat die Tunisiërs deeglik bewus was van die korrupsie, nepotisme en kwistig lewenswyse wat president Zine El Abidine Ben Ali en sy gesin lank voor die WikiLeaks-webwerf se bekendmaking gelei het.
Crowley het in ‘n Tweet gesê dat Tunisië se mense alleen die katalisators vir die opstand was wat daartoe gelei het dat die outokratiese Ben Ali Vrydag landuit gevlug het.
Facebook het ook ‘n bydrae gelewer om die ongewilde president te ontset, meen talle.
Die vergadering sal bygewoon word deur die premier, Francois Fillon, en sy ministers van verdediging, buitelandse sake, finansies en binnelandse sake.
Sarkozy het laat Vrydag reeds by die Elysee-paleis met Fillon vergader oor die toestand in Tunisië.
Die Franse regering het Vrydag gesê hy “neem kennis” van die verandering in leierskap in Tunisië, waar die premier, Mohammed Ghannouchi, aangekondig het dat hy tydelik die rol van staatshoof sal oorneem ná Zine El Abidine Ben Ali saam met sy familie landuit gevlug het.
Die ministerie van buitelandse sake het bevestig dat Ben Ali nie om asiel in Frankryk aansoek gedoen het nie, en bygevoeg dat hy nie in die land welkom sal wees nie.
Diktator wil terugkeer na Haïti
Die 59-jarige ex-diktator beter bekend as “Baby Doc”, woon ongeveer 25 jaar reeds in ballingskap in Frankryk. Hy het oor Haïti geheers van 1971 tot 1986. In 2007 het hy die Haïtiese bevolking per radio-uitsending om vergifnis gevra vir die “foute” wat hy tydens sy regime gemaak het.
President René Préval, wie se ampstermyn oor drie weke tot ‘n einde kom het gesê grasie sal slegs toegestaan word indien daar ook geregtigheid heers. Duvalier word onder meer verdink van korrupsie.
Intussen is nog niks verneem van die afgesette Aristide, Duvalier se ewe korrupte opvolger, wat in weelde deur die Suid-Afrikaanse regering onderhou word nie.
Lorelei eis weer
So begin die bekende Duitse volksliedjie oor die meermin op die rots langs die Ryn wat die bemannings van verbygaande skepe so met haar skoonheid en sang betower het dat hul skepe daar op die rotse geloop het.
Nou besorg die Lorelei weer ‘n probleem. ‘n Skip wat 2 400 ton swaelsuur vervoer, het daar gesink, en blokkeer nou deurvaart.
Sowat 200 skepe, wat voorraad na Duitse en Switserse rivierhawens moet neem en gaan oplaai, se deurvaart word geblokkeer.
Boonop is die Ryn in vloed en geld allerlei vaartbeperkings, wat die vervoer van goedere nog verder in die wiele ry.
Voedselprysskok wag op wêreld
Die prysverhoging kom nadat die VN se Voedsel-en Landbou-organisasie verlede week gewaarsku het dat die wêreld ‘n herhaling van die 2008-voedselkrisis kan sien as pryse verder styg. Die tendens is besig om ‘n groot bron van kommer in ontwikkelende lande te raak.
Terwyl amptenare troos dat ‘n stabiele rysprys, sleutel tot die voeding van Asië, heers, waarsku hulle dat ‘n volgehoue tydperk van hoë pryse, veral in grane soos koring, armer lande sal tref. Voedselprysstygings het reeds gelei tot onluste in Algerië en Mosambiek.
Die president van AgResource, ‘n weervoorspeller in Chicago, het bygevoeg: “Daar is net geen ruimte vir foute nie meer nie. Met enige soort van weerprobleem in die komende seisoen sal ons ‘n nuwe rekordhoogtepunt in koring en soja, en tot ‘n mindere mate koringtermmynkontrakte sien.”
Landbouontleders waarsku dat die jongste hersiening beteken daar is geen verdere ruimte vir weerprobleme nie. Die gewasse in Argentinië en Brasilië, wat binnekort ge-oes word, lyk broos weens droogheid.
Handelaars is veral bekommerd oor die koste van groente-olie, sleutel vir ontwikkelende lande soos China, waar ‘n opkomende middelklas meer kookolie koop. Die Amerikaanse Departement van Landbou het gesê dat die verhouding van die globale voorraad-tot-vraag later hierdie jaar sal daal na “vlakke van die middel-1970’s”, agv ‘n versnelde tempo van groente-oliegebruik vir kos en brandstof.
In Chicago, het die prys van sojabone met soveel as 5,2 persent tot $ 14,20 ½ gestyg, die hoogste sedert die einde van 2008. Die USDA het gesê dat binnelandse voorraad-tot-vraag sal daal tot die laagste punt in byna ‘n halwe eeu.
Koring pryse het opgeskiet met 5 persent na $ 6,37, die hoogste vlak sedert Julie 2008.
Die VSA is die wêreld se grootste koringprodusent, met meer as die helfte van die wêreld wat daarvan invoer. Koring is ‘n belangrike bestanddeel in veevoer, en die mark weerspieël gedeeltelik die groeiende lus vir vleis in ontluikende markte. ‘n Rekord etanolproduksie in die VSA sal ook byna 40 persent van die Amerikaanse oes insluk.
Die oplewing in die landboupryse het die vooruitsigte van die landbousakesektor in die VSA gelig. Cargill, die wêreld se grootste handelaar van voedselkommoditeite, het gesê sy wins het verdriedubbel gedurende die tweede kwartaal van die boekjaar.
Die aandele van Deere & Co, die wêreld se grootste vervaardiger van trekkers en stropers, het gestyg met 2,3 persent. Maar die voedselmaatskappye soos Nestlé het gesê hulle sukkel steeds.
