Die voormalige diktator Jean-Claude Duvalier het Sondag teruggekeer na Haïti. Dit het ‘n amptenaar van die lughawe by die hoofstad Port-au-Prince bekendgemaak.
Die 59-jarige ex-diktator beter bekend as “Baby Doc”, woon ongeveer 25 jaar reeds in ballingskap in Frankryk. Hy het oor Haïti geheers van 1971 tot 1986. In 2007 het hy die Haïtiese bevolking per radio-uitsending om vergifnis gevra vir die “foute” wat hy tydens sy regime gemaak het.
President René Préval, wie se ampstermyn oor drie weke tot ‘n einde kom het gesê grasie sal slegs toegestaan word indien daar ook geregtigheid heers. Duvalier word onder meer verdink van korrupsie.
Intussen is nog niks verneem van die afgesette Aristide, Duvalier se ewe korrupte opvolger, wat in weelde deur die Suid-Afrikaanse regering onderhou word nie.
