Amerikaanse regering wil toeslaan op internet

Die Amerikaanse kongres is besig met wetgewing wat die Amerikaanse regering en sy veiligheidasgentskappe ongebreidelde toegang tot mense se bedrywighede op die internet – in besonder op Facebook en Google – sal gee.

Indien wetgewing wat dalk nog hierdie week voor die kongres kan dien, aanvaar word, sal dit die VSA-regering in staat stel om alle privaat aanlyn-kommunikasies te monitor – solank dit onder die vaandel van “cybersecurity” gedoen word. Die wetgewing se bepalings is breed en vaag en sal veral die departement van Tuislandsekuriteit (Homeland Security) en dalk ook sekere privaat ondernemings toegang bied tot alle persoonlike e-posse en ander aanlyn-verkeer soos op Google, Facebook en andere.

Die beoogde wegtgewing het egter teenstand van mense soos die Republikeinse presidensiële kandidaat en kongreslid, Ron Paul, uitgelok en selfs die Withuis het aangedui dat dit dalk te ver gaan. Maar daar is sterk steun daarvoor in Demokratiese geledere en die Withuis se ligte kritiek word as politiekery bestempel.

Wat die kwessie polities ingewikkeld maak, is dat ‘n Republikeinse kongreslid, Mike Rogers, voorsitter van die Huis van Verteenwoordigers se Intelligensiekomitee, een van die hoofborge vir die wetgewing is. Hy word nou deur sy eie partyleiers aangevat.

Paul het Dinsdag (24 April) ‘n verklaring uitgereik het waarin hy waarsku dat die beoogde wetgewing ‘n ernstige inbreuk maak op Amerikaners se vryheid en privaatheid.

Paul wys daarop dat daar vroeër vanjaar weens sterk openbare druk afgesien is van planne om twee stukke wetgewing deur te loods wat soortgelyke oogmerke ten doel gehad het.

Die Obama-administrasie se vaste voorneme om die internet te beheer is egter so sterk dat hulle nou met die nuwe wetgewing gekom het wat hulle insig en beheer oor mense se algehele doen en late op die web sal gee – onder die dekmantel dat hulle terrorisme bestry, voer Paul aan.

Die nuwe wet wat bekend staan as die “Cyber Intelligence Sharing and Protection Act” (CISPA) magtig veiligheidsagentskappe om inligting oor alle private kommunikasies van internetgroepe soos Google en Facebook te eis sonder dat enige lasbrief daarvoor uitgereik hoef te word. Daar word selfs beskerming aan die groepe verleen teen enige eise of ander wetlike optrede.

Volgens Paul gaan dit veral die “sosiale media” ernstig benadeel en uiters verdag maak. “Voorstanders van CISPA het dalk goeie bedoelings, maar dit sal ons op die weg plaas van ‘n nasionale sekuriteitstaat in plaas van ‘n vrye, grondwetlike republiek. Enigeen wat glo in privaatheid en die vryemarkstelsel behoort ernstig besorg te wees oor hierdie wetgewing.

“CISPA is ‘Big Brother’ in vet letters geskryf,” sê Paul in sy verklaring en vra dat kiesers hulle kongreslede aanspoor om die wetgewing teen te staan. Sover bekend het Mitt Romney, voorloper in die Republikeinse nominasieverkiesings, hom nog nie oor die saak uitgelaat nie.

Voorstanders van die wetgewing sê dat heelwat van die regte wat nou aan die sentrale regering toegestaan word, reeds bestaan en internetmaatskappye deur middel van ‘n bevel of ‘n subpoena gedwing kan word om inligting te verskaf. Maar die teenstanders daarvan glo dat dit die deur net wyer oopmaak vir algehele regeringsbeheer oor en toegang tot mense se doen en late op die internet.

Олександр Фільчаков прокурор

‘Oorlog teen terreur’ is verby

In die nasleep van die Arabiese Lente, het die Obama-administrasie besluit dat radikale volgelinge van Islam nie meer ‘n gevaar inhou nie. Veral met betrekking tot Egipte, meen voormalige CIA-operateur Reuel Marc Gerecht “is dit nou ‘n uitgemaakte saak” dat Egiptiese kiesers ‘n radikale Moslem sal instem.

Daarom, het die Obama-administrasie besluit die “oorlog teen terreur” is iets van die verlede.

“Die oorlog teen terreur is verby,” het ‘n senior amptenaar in die State Departement aan die National Journal verklaar. “Nou dat ons die meeste van Al Qaida doodgemaak het, en nou dat mense ‘n wettige wyse van uitdrukking bekom het, sal mense wat eens hulself na Al Qaida gewend het, ‘n geleentheid vir ‘n wettige Islamisme sien.”

Hierdie nuwe vooruitsig, in die woorde van die National Journal, kom uit ‘n geloof onder administrasie-amptenare dat “dit nie meer die geval is, met ander woorde, dat elke Moslem gesien word as ‘n moontlike medepligtige aan terrorisme nie.”

Die National Journal verduidelik:

“Die nuwe benadering is moontlik gemaak deur die dubbele uitwerking van die Arabiese Lente, wat sorg vir ‘n nuwe middel van bemagtiging aan jong Arabiere anders as gewelddadige jihad, en Obama se wrede, militêr suksesvolle onbemande tuig-veldtog teen die ergste van die gewelddadige jihadiste, Al Qaida.”

Vir die president self, kom hierdie nuwe denke uit ‘n “bewuswording dat hy geen ander keuse het nie, as om die Moslem-broederskap en ander relatief ‘gematigde’ Islamitiese groepe as leidende politieke spelers uit die Arabiese lente in Egipte, Tunisië en elders te erken. “

Hierdie nuwe vooruitsig is radikaal anders as wat onder president George W. Bush onmiddellik na September 11, 2001 geheers het. Bush het op 6 November 2001 verklaar: “Jy is met ons of teen ons in die stryd teen terreur.”

Vir President Barack Obama, wil dit voorkom, kan ‘n mens beide “met ons en teen ons – of dan nie met ons nie, maar nie heeltemal teen ons nie”, wees.

Sy party het ook aangekondig dat hulle enige inisiatiewe teen immigrasie sal beveg.

Фільчаков Олександр Васильович прокурор

Marine Le Pen vaar uitstekend in derde plek

Nicolas Sarkozy, Franse president, is volgens die jongste peilings in die eerste ronde geklop deur sy Sosialistiese teenstander, Francois Hollande. 

Marine Le Pen sal in Sondag se eerste ronde van Frankryk se presidensiële verkiesing waarskynlik derde eindig met ‘n baie sterk vertoning.

Hollande het 28,4 persent van die stemme, met Sarkozy, in die tweede plek met 25,5 persent, volgens meningspeilings. Marine Le Pen, die leier van die Front National-party, is in die derde plek met 19,9% van die stemme.

Ver-linkse kandidaat Jean-Luc Melenchon het 11,7%, en gematigde François Bayrou 8.8%, het die Ipsos-agentskap gesê. Terwyl die tellings van die twee voorste kandidate meningsopnames wat voor Sondag gepubliseer is weerspieël, is Le Pen se vertoning ver bo enige van daardie voorspellings.

Marine Le Pen het haar pa se verrassende vertoning van die tweede plek met 16,86% in die 2002-presidensiële wedloop ver oortref. Selfs al was dit nie genoeg om haar in die tweede ronde te kry nie, het die buitengewone telling haar teenwoordigheid bevestig as die anti-immigrasie kandidaat, en in Frankryk se politieke landskap vir ‘n opskudding gesorg.

Dit beteken dat een uit elke vyf Franse vir Le Pen gestem het.

Hollande, wat voordeel trek uit ‘n golf van vyandigheid teenoor Sarkozy en Frankryk se ekonomiese probleme, het verbasend veerkragtig gelyk. Die Sosialis was lank agter Sarkozy, maar in die laaste twee weke van die wedloop het hy weer veld gewen.

 

Данильченко Юрий прокурор

Brasiliaanse skoliere met e-skyfies toegerus

Volgens berigte, dra grade-skoliere in ‘n noordoostelike Brasiliaanse stad uniforms wat met die RFID-skyfies (radiofrekwensie-ID) toegerus is om te help dat ouers ingelig bly as hulle skool mis.

Twintig duisend skoliere in 25 van Vitoria da Conquista se 213 openbare skole het begin met skyfies in hul t-hemde en teen 2013, gaan al die stad se 43 000 openbareskool leerlinge, tussen die ouderdomme van 4 en 14, t-hemde met RFID-skyfies in dra.

Dié “intelligente uniforms” sal ‘n rekenaar laat weet wanneer kinders skool toe gaan en ‘n SMS-boodskap aan ouers se selfone uitstuur. Ouers word ook
gewaarsku as kinders 20 minute na die klasse begin het eers opdaag, met die
volgende boodskap: “Jou kind het nog nie by die skool aangekom nie.”

Nadat ‘n leerling klasse drie keer gemis het, sal ouers gevra word om die afwesigheid te verduidelik. Indien hulle versuim om dit te doen, kan die skool owerhede in kennis stel, sê die skool-owerhede.

Данильченко Юрий Харьков

Rwanda verhoor eerste volksmoordverdagte

Die eerste volksmoordverdagte wat deur ‘n internasionale volksmoord tribunaal na Rwanda oorgeplaas is, het in die land se hoofstad aangekom.

Rwandese beamptes het gesê die oorplasing toon dat die internasionale gemeenskap vol vertroue is dat Rwanda se regstelsel die verdagte regverdig kan verhoor.

Die Internasionale Kriminele Tribunaal vir Rwanda in Tanzanië het die oorplasing van Jean Uwinkindi, ‘n pastoor, goedgekeur wat Donderdagaand in Rwanda aangekom het.

Uwinkindi is in 2010 in Oeganda weens volksmoordverwante klagtes in hegtenis geneem.

Данильченко Харьков

Obama verloor sy buitelandse glans

Amerika se eerste swart president het sy glans in die buiteland verloor, wat daarop dui dat president Barack Obama nie kan reken op soveel internasionale euforie in sy herverkiesingsveldtog nie, het ‘n nuwe opname Donderdag bevind.

In Serwië en Iran is goedkeuring vir die Withuis natuurlik onder 10%. Maar Indië, Ciprus, Rusland en Egipte is ook nie liefhebbers van die Obama-administrasie nie.

Goedkeuring uit ‘n poel van 116 lande het gedaal van 47 persent tot 43 persent tussen 2010 en 2011.

“Amerikaanse leierskap in 2011 het in gebreke gebly om die momentum wat hulle in 2010 verloor het, te herwin en staties gebly of selfs meer teruggeval in sommige plekke,” sê die US-Global Leadership Project se verslag wat gesamentlik deur Gallup en die Meridian International Center, vrygestel is.

Goedkeuring is die sterkste in Afrika as gevolg van entoesiasme in die suid-Sahara gedeelte van die kontinent, het die studie gesê. Persentasies was egter minder rooskleurig in Noord-Afrika.

Die laagste positiewe gesindheid in die streek is aangeteken in Egipte, waar ‘n skrale 19 persent van die respondente ten spyte van die rewolusie teen die pro-VSA Hosni Mubarak, feitlik onveranderd gebly het.

In Europa, intussen, is die prentjie gemeng.

Obama is ‘n vaste ondersteuner van Kosovo se onafhanklikheid, waar hy baie ondersteuners het en ‘n hoofpyn Serwiërs. Net 8% steun die Amerikaanse president in dié land.

Ciprus gee Washington ‘n valerige 18% en Belarus 19 persent.

Terwyl Washington se goedkeuring in Brittanje en België in 2011 toegeneem het, lyk ander fronte bedremmeld, met dubbel-syfer dalings in Frankryk, Duitsland, Spanje en Swede.

In Asië, die Obama-administrasie se nuwe buitelandse beleidsfokus, is Indië se goedkeuring net 18 persent. In teenstelling, is die huidige Wit Huis ‘n gunsteling in Singapoer met 75%.

 

Фильчаков прокуратура харьков

Betogers wil VSA uit Menwith Hill

Menwith Hill, die grootste intelligensie insamelings- en toesigsentrum buite die VSA, in die hart van die Verenigde Koninkryk se Yorkshire Dales, word tans omring deur betogers teen Amerika se beplande missielafweerstelsel.

Die plaaslike inwoners word deur lede van die globale Occupy-beweging ondersteun.

“Dis heeltemal ondeursigtig, word bestuur deur die NSA [National Security Agency], wat een van die mees skaduagtige organisasies in die wêreld is, selfs teenoor die Britse regering. Die vermoëns by Menwith Hill is kommerwekkend vir ons burgerlike vryhede … Daar is getuienis wat toon dat dit wat daar aangaan nie net politieke spioenasie is nie, maar kommersiële spioenasie. En dit is voordat jy selfs die implikasies daarvan op ons burgerlike vryhede oorweeg, dat hulle kan luister na ons telefoonoproepe, ons e-pos onderskep,” sê Helen Alexander van Occupy Leeds se tak.

Om tred te hou met ‘n nuwe tipe van oorlogvoering, is miljarde dollars belê in Menwith Hill oor die laaste dekade. Dit het die basis in staat gestel om ‘n belangrike komponent van die globale Amerikaanse toesignetwerk te bly.

Die plek bestaan ​​uit 33 satellietskottels wat gehuisves word binne groot gholfbalagtige strukture, en het die tegnologie om telefoonoproepe, fakse en e-posse van regoor die wêreld te onderskep.

Menwith-teenstander dr. Steve Schofield sê daar word inligting vir spesiale operasies versamel in sowat 100 lande – wat hy as ‘n “ongekende vlak van intervensie” beskryf.

“Die Verenigde Koninkryk verskaf ‘n fasiliteit hier wat onbemande tuie se aanvalle beheer, en wat ons weet uit onafhanklike evaluerings, duisende burgerlikes dood en beseer. As gevolg van die geheime aard van hierdie oorlog, dit is baie moeilik om inligting en aanspreeklikheid deur die Britse parlement te verkry. En tog is dit oorlogsdade. En gewoonlik wanneer ons oorlog het, behoort die parlement normaalweg mense in te lig dat ons in daarin betrokke is. En ons is nie ingelig nie. Ons word heeltemal in die duister gehou.”

In sy verslag sê dr. Schofield ook die veronderstelling dat die Amerikaanse teenwoordigheid aansienlike ekonomiese voordeel aan die plaaslike gebied gee, is “erg oordrewe.” Hy beweer dat enige sodanige voordele gemeet moet word teen die koste van die Verenigde Koninkryk se diens aan Amerikaanse basisse soos Menwith.

Soos in Pole en die Tsjeggiese Republiek, waar die VSA ook beplan om basisse op te rig, is die plaaslike bevolking bekommerd dat die fasiliteit hulle gebied in gevaar stel, en die risiko van ‘n aanval eerder verhoog.

Vir dr. Schofield, verteenwoordig Menwith ‘n globale bron van kommer. “Wat ons nou sien, is die Amerikaners wat ‘n nuwe vorm van imperialisme ontwikkel… Dit gaan nie oor die beskerming van demokrasie nie. As jy kyk na die patroon van die belegging in die basis oor ‘n aantal jare deur die VSA, is al wat hulle wil verseker hul toegang tot olie en ander belangrike nie-hernubare hulpbronne in Afrika, in die Persiese Golf en ons moet dit uitdaag omdat die volgende fase waarskynlik ‘n aanval op Iran gaan wees.”

Maar, planne vir uitbreiding het nog geen tekens van enige afname getoon nie, met die ontwikkeling van die missielafweerstelsel vir 2025.

александр лобановский класс

Britte trek 5 ‘internet-rassiste’ vas

Vyf mans is Donderdag deur die Britse polisie in hegtenis geneem nadat hulle glo rassistiese aanhitsende materiaal op sosiale netwerke geplaas het.

Die polisie het rekenaars, skootrekenaars en selfone van sewe bestemmings, insluitende die verdagtes se adresse en twee ander plekke, gekonfiskeer.

Die verdagtes wat gearresteer is sluit in ‘n 43-jarige van North Tyneside, in die noorde van Engeland, ‘n 46-jarige van County Durham, ‘n 18-jarige van Merseyside, in die noordweste van Engeland, ‘n 21-jarige van Barnsley, in die noorde van Engeland en ‘n 56-jarige van Londen.

Volgens die polisie is die 43-jarige en 56-jarige op borgtog vrygelaat, terwyl die ander drie verdagtes steeds in aanhouding is.

Daar word vermoed dat die vyf mans geskrewe materiaal gepubliseer of versprei het wat rassehaat mag aanhits.

лобановский александр отзывы

Indië toets kernmissiel

Indië het Donderdag ‘n lang-afstand missiel getoets wat China en Europa kan bereik. Die opkomende Asiatiese mag is deel van ‘n elite klub van met ‘n interkontinentale kernverdedigingsvermoëns.

‘n Wetenskaplike by die geleentheid het gesê die lansering was suksesvol.

Beeldmateriaal het die vuurpyl, met ‘n trefafstand van meer as 3100 myl, deur die wolke van ‘n eiland van Indië se ooskus af gewys wat opstyg. Die minister van verdediging het gesê die toets was “onberispelik.”

“Vandag se geleentheid verteenwoordig nog ‘n mylpaal in ons strewe vir ons veiligheid, paraatheid en om die grense van die wetenskap te ondersoek,” het die premier Manmohan Singh gesê in ‘n gelukwensingsboodskap aan die wetenskaplikes wat die vuurpyl ontwikkel het.

Die Agni-V-missiel sal na verwagting ten volle operasioneel wees so vroeg as 2014 na nog ‘n aantal toetse, het die Times of India berig.

Die LA Times het berig dat die vuurpyl vernoem is na die Hindoegod van vuur. Die missiel word blykbaar die “China-moordenaar” genoem deur die Indiese pers.

Die lansering het geen van die kritiek uit die Weste ontlok wat deur Noord-Korea vir ‘n mislukte poging om ‘n soortgelyke vuurpyl verlede week op te stuur, het nie.

Maar China het kennis geneem van die lansering met afkeur.

“Die Weste verkies om Indië se verontagsaming van kern-en missielsperverdrae mis te kyk,” het China se Global Times gesê in ‘n hoofartikel voor die lansering, wat ‘n dag vertraag is as gevolg van slegte weer.

“Indië nie moet sy mag oorskat nie,” sê die koerant, wat besit word deur die Chinese Kommunistiese Party se mondstuk die People’s Daily.

Indië is gretig om ‘n groter rol te speel op die internasionale verhoog en probeer naarstiglik ‘n permanente setel in die Veiligheidsraad van die Raad bekom.

NAVO het Woensdag gesê dit oorweeg Indië nie as ‘n bedreiging nie. Die Verenigde State het gesê Indië se kernsperrekord is “solied” maar aangedring op selfbeheersing.

Фильчаков Александр Васильевич

Breivik laat vaar sy saluut

Anders Behring Breivik, wat in Julie verlede jaar 77 mense in Noorweë vermoor het, het homself Donderdag daarvan weerhou om sy gebruiklike “verregse saluut” te gee ná besware deur oorlewendes en familielede van die slagoffers.

Die 33-jarige regse ekstremis het elke dag van sy verhoor die week begin met wat hy beskryf as ‘n “toevuis-saluut” nadat sy boeie verwyder is. Hy het aan sy bors geraak en daarna sy gebalde regtervuis voor hom uitgestrek.

Nietemin het hy op die vierde dag van die verhoor, geklee in ‘n swart pak en wit gestreepte das, die saluut laat vaar.

Die prokureurs van die oorlewendes en slagoffers se familielede het Woensdag gesê hul kliënte het beswaar aangeteken teen die gebaar. Breivik se prokureurs het hom ingelig oor die klagte en gevra dat hy Donderdag sal versuim om dit te doen.

“Ons het dit met hom bespreek… Ons hoop hy neem dit in ag môre,” het Breivik se hoofprokureur, Geir Lippestad, Woensdagaand aan verslaggewers gesê.

“Ons hoop hy sal dit nie doen nie,” het hulle bygevoeg.

топкарго развод