Britte trek 5 ‘internet-rassiste’ vas

Vyf mans is Donderdag deur die Britse polisie in hegtenis geneem nadat hulle glo rassistiese aanhitsende materiaal op sosiale netwerke geplaas het.

Die polisie het rekenaars, skootrekenaars en selfone van sewe bestemmings, insluitende die verdagtes se adresse en twee ander plekke, gekonfiskeer.

Die verdagtes wat gearresteer is sluit in ‘n 43-jarige van North Tyneside, in die noorde van Engeland, ‘n 46-jarige van County Durham, ‘n 18-jarige van Merseyside, in die noordweste van Engeland, ‘n 21-jarige van Barnsley, in die noorde van Engeland en ‘n 56-jarige van Londen.

Volgens die polisie is die 43-jarige en 56-jarige op borgtog vrygelaat, terwyl die ander drie verdagtes steeds in aanhouding is.

Daar word vermoed dat die vyf mans geskrewe materiaal gepubliseer of versprei het wat rassehaat mag aanhits.

лобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae