“Die kerk moet deel wees van die samelewing, saam met die regering, om te verseker dat programme in plek gestel word om sukses te behaal, om seker te maak ons is soldate van God en om die land te help om te verbeter,” het hy gesê.
Hy het gesê apartheid het gehelp om ‘n kultuur van geweld te skep. Tydens die struggle het die ANC met kerke saamgewerk en gedebatteer oor hoe verandering meegebring kan word.
“Die land benodig meer gebede en seëninge om sukses te behaal. Een van die dinge waarop ons is, is die feit dat hierdie organisasie in ‘n kerk in Mangaung gestig is. Onder dié wat teenwoordig was, was manne van God. Ons sê altyd ons is geseën met geboorte in die geskiedenis van die ANC.”
Zuma het gesê tydens die bevrydingstryd het die party altyd geweet hy was saam met God en dat niemand die party kon keer om sy doelwitte te haal nie.
“Slegs wanneer elke Suid-Afrikaner kos op die tafel kan sit, kan ons sê dat ons vryheid behaal het.”
Zuma het gepraat by ‘n biddag ter nagedagtenis aan Biskop Dennis Hurley by die St. Paul’s Anglikaanse Kerk. Hurley is in Februarie 2008 oorlede op die ouderdom van 88 jaar.
