Adjunkminister sê riool in water is ‘ingewikkeld’

Rejoice Mabudafhas, adjunk-minister van waterwese, sê die probleme met drinkwater in dele van Diepsloot, wat noordwes van Johannesburg geleë is, is ingewikkeld maar word aangespreek.

“Die kompleksiteit om hierdie situasie reg te stel, word goed begryp as gevolg van die grootte van die netwerk, die spoel en verwante ingenieurswese en wetenskaplike prosesse,” het sy in ‘n verklaring gesê.

Sy het ‘n vergadering van die Stadsraad van Johannnesburg en die wateragentskap Johannesburg Water bygewoon om die probleem te bespreek.

Diepsloot se waterstelsel is verlede Donderdag met riool besoedel toe ‘n kontrakteur wat die infrastruktuur opgradeer, waterpype beskadig het.

Die waterpypstelsel in die lokasie is uitgespoel en chloor is bygevoeg om te verseker dat die water veilig is.

Mabudafhasi het gesê sy is tevrede dat die regulatoriese vereistes nagekom is en dat voldoende maatreëls geneem is om veilige drinkwater so gou as moontlik te herstel.

Hoewel daar ‘n merkbare verbetering in die kwaliteit van die water is, is dit nog nie in lyn met nasionale standaarde nie.

“Lede van die gemeenskap is dus gewaarsku dat hulle nog nie die water moet gebruik vir drink en kook nie, maar hulle kan die water vir sanitasie gebruik,” het sy gesê.

Ander gebiede naby Diepsloot, soos Dainfern en Fourways, was onaangeraak.

Die resultate van watermonsters wat geneem is van die geaffekteerde gebiede sal slegs Vrydag beskikbaar wees want die proses duur ongeveer 20 uur, het Mabudafhasi gesê.

Polisieversterkings is in die gebied ontplooi by die kruising van die M14 om inwoners te stop om water te gaan haal by die nabygeleë fabrieke.

Hulle beheer ook die verspreiding van water uit tenkwaens.

Volgens die 2001 sensus, beslaan Diepsloot ‘n oppervlakte van 8,58 km ² en het ‘n bevolking van 50 000. Die meerderheid van die gemeenskap praat Sepedi of Zoeloe.

Олександр Васильович Фільчаков

Maak 'n opvolg-bydrae