Sesessie is ‘n ‘diep Amerikaanse beginsel’

Ron Paul (R-Texas) het Maandag gesê dat sesessie ‘n “diep Amerikaanse beginsel” verteenwoordig te midde van ‘n groeiende aantal mense wat petisies na die Withuis gestuur het vir hul deelstate om van die VSA af te skei.

“Sesessie is ‘n diep Amerikaanse beginsel. Hierdie land is gebore deur selfbeskikking. Sommige het gevoel dit was verraderlik om weg te breek van Engeland, maar daardie “verraaiers” was ons land se grootste patriotte,” het die voormalige presidensiële kandidaat geskryf het in ‘n boodskap op sy webwerf. “Daar is niks verraderliks of onpatrioties oor die wil om ‘n federale regering te eis wat beter sal luister na die mense wat dit verteenwoordig nie.

“As die moontlikheid van sesessie heeltemal van die tafel is, is daar niks wat die federale regering gaan keer om ons vryhede te oorskry nie en geen toevlug vir diegene wat siek en sat is daarvoor nie.”

Sedert President Barack Obama herkies is vroeër hierdie maand, is ‘n onophoudelike stroom van sesessiepetisies van state geskep – veral uit Texas, wat met meer as 115 000 handtekeninge ver meer as die 25 000 handtekeninge het wat nodig is vir ‘n amptelike Withuis-reaksie. Kritici het gesê dit is ontevrede kiesers wat ontsteld is dat die GOP-presidensiële kandidaat Mitt Romney verloor het.

Paul het geskryf dat sesessie nog steeds ‘n opsie is wat gebruik kan word as hefboom om seker te maak dat die regering nie Amerikaners se vryhede “oorskry” nie en dat sesessie ‘n vorm van Amerikaanse vryheid verteenwoordig.

“Op watter punt moet die mense los raak van die politieke bande wat bind met ‘n toenemend tiranniese en onderdrukkende federale regering?” vra Paul.

Hy het bygevoeg: “En as mense of state nie vry is om die Verenigde State te verlaat as ‘n laaste uitweg nie, kan hulle regtig hulself as vry beskou? As ‘n volk kan nie wegbreek van ‘n onderdrukkende regering nie, kan hulle nie werklik as vry beskou word nie.”

Данильченко Юрий отзывы

Obama se Asiese reis besaai met foute

Dit is slegs twee weke sedert sy herverkiesing, en sy tweede termyn skop oor twee maande af, maar Barack Obama het alweer ‘n aap van homself gemaak op die wêreldtoneel. Sy soort foute sou op die voorblad van The New York Times gepleister gewees het as hulle deur George W. Bush gemaak was.

Obama se eerste termyn is besaai met sulke buitelandse insinkings, en daar is elke kans dat die tweede termyn nie sal teleurstel nie.

Op sy reis na Asië hierdie week, het president Obama gesukkel met die naam van Aung San Suu Kyi, deesdae die mees prominente menseregte-aktivis in die wêreld, die tweede Mandela as’t ware.

Terwyl Obama langs die wêreld se groot vryheidsikoon gestaan het tydens sy besoek, het hy herhaaldelik haar naam verkeerd uitgespreek.

Suu Kyi het nie haar Amerikaanse gas reggehelp toe hy na haar as “Ang-Jan-Soe-Kie” verskeie kere tydens sy verklaring aan verslaggewers ná hul vergadering verwys het nie.

Die regte uitspraak vir die Nobelpryswenner se naam is “Ang-Saan-Soe-Tjsie”.

Obama het ook misluk met sy groet aan Birma se nuwe president, volgens AP:

Die media-inligtingsessie het gekom nadat Obama met Mianmar se nuwe hervormer, president Thein Sein ontmoet het, ‘n naam wat hy ook verbrou het.

Terwyl die twee die media toegespreek het, het Obama na sy eweknie as “President Sein” verwys, ‘n effens te liefdevolle verwysing na die kêrel wat die meeste Birmaanse inwoners laat ineenkrimp het van verleentheid.

Nota aan Amerikaanse presidensiële adviseurs: Vir toekomstige diplomatieke reise is die president van Mianmar “President Thein Sein” vir die eerste en tweede verwysings, asseblief.

Obama was vinnig om die Birmaanse regime se voorkeurwoord “Mianmar” te gebruik om Birma mee te beskryf, wat nie die term is wat amptelik gebruik word deur die Amerikaanse regering nie, maar deur Birma se opposisie-aktiviste gebruik word.

Die ekwivalent sou wees as hy skielik na Suid-Afrika begin verwys as “Mzansi” of “Azanië”, ipv “Suid-Afrika”.

Dit is eerder verleentheid, asook hartseer, dat die leier van die vrye wêreld nie net ‘n merkbare gebrek aan aandag aan detail toon nie, maar ‘n hoë graad van amateuragtigheid van die Withuis tentoongestel het.

Фільчаков Олександр Васильович

Tutu pleit vir vrede in MO

Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het partye wat verantwoordelik is vir die onlangse geweld in die Midde Ooste gevra om hul wapens neer te lê.

As hulle tot dié stap oorgaan, moet hulle oorweeg dat “diegene wat hulle met sulke minagting behandel, ook kinders van God is”, het Tutu in ‘n verklaring gesê.

Die nuusagentskap AP het Vrydag berig dat minstens 22 Palestyne, insluitend 12 militante en ses kinders, en drie Israeli’s dood is in drie dae wat skietgevegte tussen die Israeli-weermag en Gasa-militante. Sewe Palestyne het vroeër vandeesweek in ‘n reeks lugaanvalle gesterf.

Volgens die nuusagentskap het Israel gesê hy bombardeer Gasa uit wraak teen die Islamitiese militante-vuurpylaanvalle.

“Weereens betaal die onskuldige mense van Israel en Palestina met hul bloed om die verdelende en eksklusiewe agendas van die ‘n paar onverdraagsame mense te bevorder,” het Tutu in ‘n verklaring gesê.

“Weereens blameer heethoofde van albei kante mekaar en beweer dat hulle met die goedkeuring van God optree. Weereens staan die wêreld handewringend en toekyk en probeer om die gapende wond met ‘n dun, tydelike pleister van ‘n onbeduidende skietstilstand gesond te maak.”

Tutu het verder gesê permanente vrede in die heilige land sal nie net die mense van Palestina en Israel bevoordeel nie.

“Die konflik daar word in haat en wantroue regoor die wêreld geëggo.”

Tutu het ‘n beroep gedoen op die wêreld – wat deur die Verenigde Nasies gelei word – en invloedryke lande met geopolitieke en ekonomiese belange in die streek om die ontwikkeling van ‘n oplossing vir volhoubare vrede en sekuriteit vir die mense van Israel en Palestina eerste te stel.

“Die volhoubare oplossing moet insluit dat die grond wat onwettig beset word teruggegee word asook die skepping van twee nasiestate, in ‘n proses wat deur vredesmagte van die VN gelei word.”

Данильченко Харьков

Franse betoog teen gay-huwelike

Tienduisende mense het in Frankryk betoog teen planne om gay-huwelike te wettig asook kinderaanneming deur mense van dié seksuele oriëntasie.

Die polisie sê minstens 70 000 mense het in Parys hul teenkanting gewys teen die linkse regering se besluit.

Daar was ook optogte in Lyon, Toulouse en Marseille gehou.

Die optoggangers sluit Katolieke groepe en ondersteuners van tradisionele gesinswaardes in.

President Francois Hollande het beloof dat Franse wetgewing gewysig sal word, wat sal toelaat dat gay-pare kan trou, ondanks sterk teenkanting van 1 000 burgemeesters en die Katolieke Kerk.

Die wetsontwerp sal in Januarie in die parlement gedebatteer word.

Frankryk laat reeds burgerlike verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag toe.

Die uitbreiding van gay-regte was een van Hollande se verkiesingsbeloftes voordat hy in Mei as president aangewys is.

topcargo отзывы

‘n Rooi vlag oor die Atlantiese Oseaan?

Op 27 Junie deser het ‘n vliegtuig met Wen Jiabao “tegnies” geland op die eiland van Terceira, in die Asore. Die Chinese premier het vier uur lank die afgeleë Portugese buitepos in die middel van die Atlantiese Oseaan besigtig.

Wen se Terceira-besoek het nêrens in die media opspraak gemaak nie, maar onmiddellik het alle alarms afgegaan in Washington en in die Europese hoofstede. Wen se laaste amptelike stop op sy reis vanaf die Asore, was Santiago, die hoofstad van Chile. Vlugte van Chile na China gaan normaalweg oor die Stille Oseaan, nie die Atlantiese Oseaan nie, so daar was geen rede dat sy vliegtuig by die Asore moes aandoen nie. Verder, diegene wat die Asore besoek, kies oor die algemeen ander eilande in die ketting.

Terceira het egter ‘n groot trekpleister vir Beijing: Lugbasis Nommer Vier. Beter bekend as Lajes-vlugveld is dit die fasiliteit waar Premier Wen se 747 in Junie geland het. As China die basis beheer, sal dit nie meer veilig in die Atlantiese Oseaan wees nie. Dmv die 10.865-voet aanloopbaan aan die noordooste kant van die eiland, kan Chinese vegvliegtuie die noordelike en sentrale gedeeltes van die Atlantiese Oseaan patrolleer en daardeur die lug- en die seeverkeer tussen die VSA en Europa afsny. Beijing sal ook in staat wees om toegang tot die nabygeleë Middellandse See te beheer.

En China kan die Amerikaanse vasteland maklik van daar bereik. Lajes is minder as 2300 myl van New York, korter as die afstand tussen Pearl Harbor en Los Angeles.

Lajes is vir seker die rede dat Wen gaan kennis maak het in Terceira. Vir jare het sy land al probeer om vordering te maak in die Asore en het net gewag vir ‘n geleentheid om toe te slaan. Daar is niks wat die Chinese kan doen as die Amerikaners daar aanbly nie, maar Pentagon is besig om na begroting te kyk, en wil volgens sommige waarnemers, van Lajes ‘n “spookbasis” maak.

Die fasiliteit is egter krities belangrik. Tydens die Tweede Wêreldoorlog, was die vliegveld instrumenteel in die jag van U-bote, en in die Koue Oorlog het die basis gehelp om die Sowjetunie se bewegings te monitor. Lajes was ‘n besige transitopunt in die Golfoorlog. Dit was ook een van die plekke waar die Ruimtependeltuig kon geland het in ‘n noodgeval.

Tans is Lajes die tuiste van die USAF se 65 Air Base Wing, wat Amerikaanse en NAVO-vliegtuie in transito oor die Atlantiese Oseaan ondersteun, en dit huisves verskeie ander Amerikaanse militêre eenhede. Sy rol, nietemin, het sterk afgeneem. Vrede in die Noord-Atlantiese Oseaan en die tegniese vooruitgang in lug-tot-lug hervulling het die belangrikheid van die strategiese aanloopbaan, wat selde gebruik word deur die VSA, laat afneem.

Uit ‘n suiwer militêre oogpunt, sal die besluit om bedrywighede te staak by Lajes sin maak. Die effektiewe sluiting van die veld, sal Terceira egter duur kos. Terwyl landbou die basis van die eiland se ekonomie vorm, help die basis om rekeninge te betaal. As Terceira ‘n toekoms wil hê, sal die Portugese regering ‘n nuwe groot huurder vir Basis Nommer Vier moet vind..

Beijing het Portugal as sy beginpunt in Europa geïdentifiseer, en Chinese amptenare ken hul weg na Lissabon goed. Dit is binne hierdie konteks dat die Portugese reeds dink oor die beplande sluiting van Lajes. Hulle wil nie die Chinese uitnooi nie, maar hulle het stil-stil aangedui hulle sal geen ander keuse hê as die US Air Force besluit om die basis te verlaat nie.

In reaksie sê die Amerikaanse Departement van Verdediging: “Hulle [die Portugese] is ‘n belangrike NAVO-bondgenoot en bilaterale vennoot, en ons sal voortgaan om ons sterk verdedigingsamewerking, in Portugal en regoor die wêreld te bespreek.”

Dit is nie heeltemal duidelik waarom die Amerikaanse Afrika Command by Kelley Barracks, buite Stuttgart moet wees nie. ‘n Oordrag van die ongeveer 1500 personeel daar na Lajes, wat baie nader aan Afrika is, sal die probleem oornag oplos, en die skuif kan eintlik Africom se doeltreffendheid verbeter, meen sommiges.

Daar is ongetwyfeld ander oplossings wat die Pentagon kan implementeer. Nie een van hulle sal perfek wees nie, maar almal van hulle sal beter wees as om Beijing se rooi vlag oor die Atlantiese Oseaan te sien wapper. En toe te laat dat Chinese vegvliegtuie die waters tussen Amerika na Europa patrolleer.

лобановский александр отзывы

China kies konserwatief

China se regerende Kommunistiese Party het ‘n ouer, konserwatiewe nuwe leierskap Donderdag gekies. Dit is dus onwaarskynlik dat drastiese politieke aksie geneem sal word wat nodig is om dringende kwessies soos sosiale onrus, die agteruitgang van die omgewing en korrupsie aan te pak.
Die kandidate wat hervorming nastreef het dit nie gemaak nie.
Selfs vir China, dit is ‘n ouer garde, met ‘n gemiddelde ouderdom van 63,4 vergeleke met 62,1 van vyf jaar gelede. Behalwe vir Xi en sy adjunk Li Keqiang, is al die ander lede in die staande komitee – die binneste sirkel van mag in China se outoritêre regering – 64 jaar of ouer en sal binne vyf jaar moet aftree.

Die hoof van die Leninistiese Politburo is aangewys Xi Jinping, en Li Keqiang as vise-premier. In beheer van ekonomiese sake is Wang Qishan. Almal word beskou as versigtige hervormers. Die ander vier lede het die reputasie van konserwatiewes.

Xi, wat ook aangestel is as hoof van die party se top militêre liggaam, het tydens sy toespraak gesê hy verstaan ​​die mense se begeerte vir ‘n beter lewe, maar gewaarsku dat ernstige uitdagings vorentoe wag.

“Ons is nie selfvoldaan nie, en ons sal nooit op ons louere rus nie,” het hy gesê ná die bekendstelling van die ander ses lede van die staande komitee in ‘n ​​versigtig gechoreografeerde seremonie wat lewendig op staatstelevisie gebeeldsend is. Daar is 25 lede wat op die Politburo dien, waarvan sewe op die staande komitee.

Die aanloop tot die oorhandiging van mag aan nuwe lede is oorskadu deur die party se grootste skandaal in dekades, met die voormalige Bo Xilai wat as partybaas van die suidweste van Chongqing stad afgedank is nadat sy vrou beskuldig is van die moord op ‘n Britse sakeman.

лобановский александр компромат

Amerikaanse deelstate vra selfbeskikking

Amerikaners wat ontsteld is oor die verkiesingsuitslag wil onafhanklikheid uitroep. Inwoners van 20 state het petisies na die Wit Huis gestuur wat vra vir onafhanklikheid van die VSA.

Louisiana was die eerste van die (nou) 50 deelstate wat daarin geslaag het om genoeg handtekeninge vir hul petisie in te samel vir sesessie. Die petisie vra die regering om “vredevol aan die staat van Louisiana toestemming te gee om te onttrek van die Verenigde State van Amerika en sy eie nuwe regering te skep,” en het meer as 14.000 handtekeninge sedert 7 November ingesamel. Tot dusver het 19 ander deelstate soortgelyke suksesvolle petisies geloods.

Volgens die bepalings van deelname op WhiteHouse.gov, sal die webwerf vir die uitvoerende tak van die Verenigde State 25.000 handtekeninge beskou as ‘n gebaar wat ‘n amptelike reaksie noodsaak. Tot dusver was Texas die eerste staat om ‘n antwoord te ontvang van die president, met 21.777 ondertekenare, skaars 48 uur nadat die Amerikaanse president Barack Obama herverkies is.

Die petisie haal die Verklaring van Onafhanklikheid in sy pleidooi aan want die president se leierskap verteenwoordig nie wat die beste vir die mense is nie.
“When in the Course of human events, it becomes necessary for one people to dissolve the political bands which have connected them with another, and to assume among the powers of the earth, the separate and equal station to which the Laws of Nature and of Nature’s God entitle them, a decent respect to the opinions of mankind requires that they should declare the causes which impel them to the separation,” Michael writes. “…Governments are instituted among Men, deriving their just powers from the consent of the governed, that whenever any Form of Government becomes destructive of these ends, it is the Right of the People to alter or abolish it, and institute new Government…”

In die geval van Florida, waar 6271 ondertekenare hulle name gevoeg het tussen 10 en 12 November 12, is ‘n kwinkslag van die stamvader Benjamin Franklin ingesluit: “They who can give up essential liberty to obtain a little temporary safety, deserve neither liberty nor safety.”

In die Lone Star State, is net 3000 of so Texane nodig om 25.000 drempel oor te steek. “The US continues to suffer economic difficulties stemming from the
federal government’s neglect to reform domestic and foreign spending,” sê die klagstaat.

“Gegewe dat die staat van Texas ‘n gebalanseerde begroting handhaaf en die 15de grootste ekonomie in die wêreld verteenwoordig, is dit prakties uitvoerbaar vir Texas om te onttrek van die Unie, en om dit te doen, sal sy burgers se standaard van lewe beskerm word en hulle regte en vryhede in ooreenstemming met die oorspronklike idees en oortuigings van ons stigterslede beskerm word wat nie meer word deur die federale regering gewwarborg word nie,” en voorts dat die Nasionale Verdediging Magtigingswet (NDAA) en Transportation Security Administration (TSA) blatant die burgerlike regte van Texane en ander Amerikaners vertrap, en dat selfbeskikking die enigste oplossing is.

Indien die dreigemente van afstigting materialiseer, sal die Verenigde State in elk geval waarskynlik ‘n nuwe toevoeging vroeër of later hê. Op November 6, het kiesers in Puerto Rico die Amerikaanse Kongres vir staatskap genader, as een-en-vyftigste lid van die VSA.

Die lande wat tot dusver meer as 150 handtekeninge op WhiteHouse.gov ingesamel het sluit Alabama, Arkansas, Colorado, Florida, Indiana, Kentucky, Louisiana, Michigan, Mississippi, Montana, New Jersey, New York, North Carolina, North Dakota, Oregon, Tennessee en Texas. Georgia, Missouri en Suid-Carolina het al oor die 150 op twee afsonderlike petisies opgelaai aanlyn.

данильченко юрій Харків

Plunderaars sak op St. Francisbaai toe

Hierdie keer was die rampgebied St. Francisbaai. Net soos met alle rampgebiede, sak plunderaars dadelik op die toneel toe. Diewe het blykbaar al in die brandende vakansiedorp toegeslaan nog voordat die brande geblus is.

Die diewe het op bote en waterponies het toegeslaan terwyl inwoners hulpeloos toegekyk het hoe hulle die buit wegdra. Niemand het egter nog ‘n klag by die polisie ingedien nie, wat beteken dat die polisie die plunderaars moet laat gaan, sê lt. Benjamin Swanepoel, waarnemende polisiebevelvoerder in St. Francisbaai.

Brandbestryders en hulpwerkers se voertuie is vasgeparkeer om die diewe ‘n voordeel te gee. Die brandweermanne het eers gedink dis eienaars óf dalk bure wat eiendom probeer red en nie ingegryp nie, vertel van die inwoners. Hulle het later besef dis plunderaars.

‘n Gesin wat breekware, eetgerei en twee beddens in hulle huis kon red, het aan Beeld vertel dat dié eiendom, selfs die beddens, later weggedra is. ‘n Ooggetuie het vertel hoe sy twee bruin vroue gesien het wat die beddens uitdra. Toe sy hulle vra wat hulle doen, het hulle gesê hulle dra dit uit sodat dit kan droog word. Die beddens het intussen verdwyn.

Ander het vertel van noodflitsligte, stoele, eetstelle, kastrolle en visstokke wat nog die een dag in die puin was en oornag gesteel is.

 

александр лобановский харьков

CIA-seksskandaal: Intrige verdiep

‘n Rybewys van die vrou wat die middelpunt is van ‘n seksskandaal in Washington is, is deur ‘n drawwer in ‘n park in die hoofstad gevind, het ‘n woordvoerder gesê.

Paula Broadwell se rybewys is Sondag aan owerhede oorhandig.

“Dit is onlangs gevind en dit is in ons besit. Dit is die 11de ingehandig,” het lt. Bill Kellogg van die Maryland National Capital Park-polisie gesê.

David Petraeus het Vrydag as direkteur van die CIA bedank nadat hy erken het dat hy ‘n buite-egtelike verhouding met die 40-jarige Broadwell gehad het.

Broadwell is die skrywer van Petraeus se biografie All In.

“Ons het nog glad nie van haar gehoor nie,” het Kellogg gesê.

Hy het gesê indien Broadwell nie binne 90 dae kontak maak met owerhede van die park nie, sal haar rybewys na Noord-Carolina, haar tuisstaat, gestuur word.

Die FBI ondersoek het uitgebrei na genl. John R. Allen, die bevelvoerder van Amerikaanse en NAVO-troepe in Afghanistan, het die Pentagon aangekondig vroeg Dinsdag.

Volgens ‘n senior Amerikaanse verdedigingsamptenaar, het die FBI tussen 20.000 en 30.000 bladsye van dokumente – die meeste van hulle e-posse – wat “potensieel onvanpaste” kommunikasie tussen Allen en Jill Kelley bevat, ontbloot. Die 37-jaar-oue Tampa-vrou se verslag van teistering deur ‘n persoon wat Petraeus se minnares was, het uiteindelik gelei tot Petraeus se ondergang gelei.

данильченко юрий брониславович прокурор

Duisende wil Oz-sonsverduistering sien

Duisende mense stroom na die noorde van Australië om ‘n seldsame sonsverduistering te sien wat slegs een keer elke een-duisend-300 jaar in die gebied voorkom.

Sowat 60 000 besoekers sal more in die duister wees wanneer die son, maan en aarde in ‘n ry agter mekaar inbeweeg.

Vanaf sonsopkoms sal die maan geleidelik voor die son in beweeg.

Op die Australiese vasteland sal die sonsverduistering slegs twee minute en vyf sekondes duur. Die beste plek om die verskynsel te sien is tussen Cairns en Port Douglas naby die Groot Barrière-rif.

Toergidse sê van kampeerterreine tot vyfster-hotelle is vol bespreek.

александр лобановский харьков