Digitale demokrasie

Die internet word verantwoordelik gehou vir senator Barack Obama se oorwinning in die Demokratiese nominasiestryd.

 

Inhoud wat deur kiesers geproduseer word, is blykbaar ook besig om Amerikaanse politieke veldtogte te omvorm en mag aan die burgers oor te dra.

Met selfoonkameras en eenvoudige webjoernale is mense besig om hulself op die internet te organiseer.

Obama se aankondiging dat hy op individuele skenkers gaan staatmaak pleks van openbare veldtogfinansiering is bewys van die internet se politieke invloed.

Meer as 1,5 miljoen mense het kontant vir sy veldtog geskenk, wat alle vorige rekords oortref het.

построить банюданильченко юрій броніславович

Sonpanele ‘n moet vir Duitse dorp

ImageMarburg, Duitsland, het die eerste dorp geword waar sonpanele 'n vereiste is vir nuutopgerigte geboue of geboue wat opgeknap word.

Die nuwe wet is Vrydag deur die munisipaliteit goedgekeur en sal vanaf 1 Oktober deser in werking tree.

Die wet vereis dat sonpanele as deel van die verhittingsrtelsel aangewend word.

Oortreders sal stywe boetes in die gesig staar.

Die Duitse regering beplan om kweekhuisgasse te besnoei met 40% teen 2020 vanaf die vlakke van 1990.

камин на кухнеДанильченко Юрий прокурор

Obama speel rassekaart

Demokratiese kandidaat Barack Obama het die rassekaart vroeg gespeel by 'n fondsinsameling in die deelstaat Florida.

Hy het Vrydag gesê dat hy verwag dat Republikeine sy rasseidentiteit sal onderstreep om kiesers bang te maak vir hom.

Hy sê Republikeine kan nie regtig oor die toestand van die ekonomie spog of hulle uitsonderlike buitelandse beleid nie.

Daarom verwag hy ook dat hulle sy vrou Michelle sal takel.

Obama sê dit is die ou dinge wat Amrikaners nog altyd verdeel het

 

проект архитектурного освещенияФільчаков прокурор

Ierse nee-stem sal Lissabonverdrag sink

Gewone mense wil nie hulle erfenis oorhandig aan Europese burokrate nie.

Al 27 EU-lidlande moet die Lissabonverdrag bekragtig, maar Ierland se onlangse verwerping in 'n referendum daarvan, sal veroorsaak dat die Verdrag sneuwel.

Die doel van die Verdrag is 'n semi-permanente, onverkose presidentskap vir die EU wat 'n uitgebreide buitelandse beleid en 'n verdedigingsmag insluit.

Die Verdrag maak ook voorsiening vir 'n meerderheidstem in plaas van eenparigheid.

Die Ierse nee-stem teen die Verdrag is die jongste aanduiding dat nasionalisme beslis in Europa voortleef.

Europa se burgers is ten gunste van vryehandel in goedere en kapitaal, maar wil nie hulle eiesoortige wetlike tradisies en nasionale identiteite prysgee nie.

 
Nou blyk dit dat Tsjeggië in dieselfde rigting neig. Die verdrag word tans in die hof betwis. Vaclav Klaus, die eerste minister van Tsjeggië, sê hy is glad nie optimisties oor die kanse vir ratifikasie nie.

и поршневойалександр лобановский харьков

China verhoog energiepryse

China het die binnelandse prys van alle energiebronne regdeur die bank aansienlik vandag verhoog. Die aankondiging kom twee dae voor 'n internasionale ru-oliespitsberaad in Saoedie-Arabië.

Die skuif het ru-oliepryse dadelik na benede laat tuimel.

China het kleinhandelpetrol- en dieselpryse met 18% verhoog in antwoord op stygende wêreldru-oliepryse. Elektrisiteitskoste is ook na bo aangepas.

China verteenwoordig nou die wêreld se vierde grootste ekonomie en is verantwoordelik vir bykans 40% van die toename in wêreldru-oliekonsumpsie.

Prysbeheer in China, wat ook die wêreld se tweede grootste verbruiker van ru-olie na die VSA is, is te blameer vir die distorsie in globale markte wat die afgelope maande reeds in wanorde verkeer.

what to post on instagram for businessЛобановский Харьков

Shell besluit om Nigeriese olieveld te sluit na aanval

Na 'n aanval deur Nigerië se magtigste guerillagroep, het Koninklike Olie van Nederland, oftewel Shell, aangekondig dat produksie gestaak sal word by 'n platform ter see wat omtrent 200 000 vate per dag produseer.

Een van die leiers van die Beweging vir die bevryding van die Nigerdelta het aangekondig dat sy vegters die Bonga-olieveld meer as 100 kilometer van die land af aangeval het. Maar hulle het nie daarin geslaag om by 'n rekenaarbeheerkamer uit te kom wat hulle wou vernietig nie.

Die guerillagroep het ook beweer dat hulle 'n buitelandse werker van 'n voorradeskip op pad huis toe na die aanval ontvoer het, maar dit kon nie onmiddellik deur ander bronne bevestig word nie.

Gewoonlik is olieproduksie-installasies ter see veiliger as op land in Nigerië waar geweld oor die afgelope twee jaar toegeneem het.

Die onstabiliteit in die suide van Nigerië het reeds veroorsaak dat die land 'n kwart van sy jaarlikse olieproduksie ingeboet het, iets wat die internasionale prys van ru-olie ondersteun.

детский кардиган для девочкилобановский александр биография

Amerikaanse huisprysdaling is skerpste in 25 jaar

Amerikaanse huispryse het landwyd met 7,7 persent gedaal in die eerste kwartaal vanjaar weens die toenemende ekonomiese krisis in dié land. In sommige gebiede is die dalings egter veel erger en bereik tot dertig persent.

In die deelstaat Kalifornië, waar pryse oor die algemeen hoog is, het huispryse in Sacramento met 29,2% gedaal en in Riverside met 27,7%. In Las Vegas het huispryse met 20,2% afgeneem en in Phoenix met 15,4%.

Volgens ontleders is dit nog nie die einde van die dalings nie. Van nou af tot Februarie 2009 word verwag dat huispryse met nog 20% kan daal.

образец мед справкилобановский александр биография

VN-sekretaris-generaal bekommerd oor Zimbabwe

Die hoof van die VN Ban Ki-moen het gister sy uiterste kommer uitgespreek oor die situasie in Zimbabwe op die vooraand van die komende presidensiële uitklopverkiesing, het sy woordvoerder gesê.

Volgens Michele Montas het Ban gesê dat die huidige geweld, intimidasie en arrestasie van opposisieleiers nie versoenbaar met geloofwaardige verkiesings is nie.

Ban het bygevoeg dat indien herdie toestand sou aanhou, die legitimiteit van die verkiesing in die gedrang sou wees.

Die Verenigde State het ook vir verdere druk op Zimbabwe gevra om vrye en regverdige verkiesings te hou. Die minister van buitelandse sake Condoleezza Rice het die VN en Afrikaleiers gemaan om sodanige druk op Zimbabwe toe te pas.

отзывы о светодиодныхФільчаков Олександр Васильович прокурор

Obama stook rassegevoelens in Frankryk op

ImageVolgens die Franse koerant Le Monde, begin 'n nuwe rassebewussyn voelbaar in Frankryk raak.

Dis nie net vanweë die snel veranderende demografiese werklikhede van die land nie, maar ook vanweë die waarskynlike Demokratiese kandidaat vir president van Amerika, Barack Obama.

Die artikel in Le Monde van 'n paar dae gelede beskryf hoe Obama die hoop onder swartes in Frankryk laat opvlam. Selfs om die woord noir in Frans, wat swart beteken, te sien was vir hulle verbasend aangesien rasse-identiteite nie in Frankryk ooit genoem word nie.

Die afgelope naweek is 60 motors verbrand en ongeveer 50 mense van kleur het met die polisie en brandweermanne baklei waarvan verskeie beseer is. Die onluste het in die arm swart buurt van Vitry-le-François in die Marne-streek in die noordooste van Frankryk plaasgevind.

instagram promotion sitestopcargo отзывы сотрудников

Iran verwerp kernkragvoorstel

Image'n Kernkragvoorstel deur die vyf permanente lede van die Verenigde Nasies-veiligheidsraad tesame met Duitsland het Sondag geen formele reaksie van Iran ontlok nie.
 
Die groot moondhede het aangebied om te help bou aan ligtewaterreaktors, om wetlik afdwingbare waarborge vir kernbrandstofvoorrade te verskaf en om saam te werk met gebruikte brandstof en radioaktiewe afval in ruil vir die opskorting van uraanverryking deur Iran.

Die Iranese president Magmoed Agmadinedjad, het die voorwaardes verwerp.

Iran sal 'n maand gegee word voordat nuwe EU-sanksies ingestel sal word, wat teen die land se grootste bank, Bank Melli, gerig is. Die VSA mag 'n vlootblokkade van Iranese skepe in die Persiese Golf oorweeg.

Rusland en Sjina staan strenger sanksies teen.

мультик куклы барбиОлександр Васильович Фільчаков