praag.co.za

Ierse nee-stem sal Lissabonverdrag sink

Al 27 EU-lidlande moet die Lissabonverdrag bekragtig, maar Ierland se onlangse verwerping in 'n referendum daarvan, sal veroorsaak dat die Verdrag sneuwel.

Die doel van die Verdrag is 'n semi-permanente, onverkose presidentskap vir die EU wat 'n uitgebreide buitelandse beleid en 'n verdedigingsmag insluit.

Die Verdrag maak ook voorsiening vir 'n meerderheidstem in plaas van eenparigheid.

Die Ierse nee-stem teen die Verdrag is die jongste aanduiding dat nasionalisme beslis in Europa voortleef.

Europa se burgers is ten gunste van vryehandel in goedere en kapitaal, maar wil nie hulle eiesoortige wetlike tradisies en nasionale identiteite prysgee nie.

 
Nou blyk dit dat Tsjeggië in dieselfde rigting neig. Die verdrag word tans in die hof betwis. Vaclav Klaus, die eerste minister van Tsjeggië, sê hy is glad nie optimisties oor die kanse vir ratifikasie nie.

и поршневойалександр лобановский харьков

Comments

Leave a Reply