Vrese vir nuwe verkiesingsgeweld in Kenia

Môre vind daar tussenverkiesings in Kenia plaas wat die vrees laat onstaan het dat hernieude verkiesingsgweld kan uitbreek.

Ses maande gelede het etniese konflik in Kenia tydens die parlementêre verkiesings losgebars met ondersteuners van president Mwai Kibaki se Party van Nasionale Eenheid en eerste minister Raila Odinga se Oranje Demokratiese Beweging wat mekaar doodgemaak en uit hul huise verdryf het.

Ongeveer 1500 mense is dood en honderde duisende is ontwortel deur die verkiesing in Desember. Om die vrede te herstel, is 'n koalisieregering intussen deur internasionale bemiddeling in die land ingestel.

сауна банялобановский обыск

Kondome vir die koue

'n  Nieu-Seelandse koerant berig dat een van die laaste besendings van 'n Amerikaanse navorsingstasie in Antarktika voor die winter 'n jaar se voorraad kondome is.

Bill Henriksen by die McMurdo-navorsingstasie sê dat byna 16 500 kondome verlede maand voor die koms van die donker afgelewer is.

Dit sal gratis aan personeellede beskikbaar gemaak word ten einde die moontlike verleentheid te vermy dat hulle dit moet koop.

Gedurende die wintermaande beskik die basis oor slegs 'n kernpersoneel van 125.

Die eerste sonsopkoms sal weer op 20 Augustus plaasvind en die personeel sal in September tot 1 000 toeneem vir die somermaande.

tennis firstданильченко юрій броніславович компромат

Gates dank lugmagleiers af na kernvergissings

Image

Robert Gates

Die verdedigingsekretaris van die VSA, Robert Gates, het ‘n aantal topoffisiere in die Amerikaanse lugmag afgedank nadat kernmissielontstekers per ongeluk na Taiwan verskeep is.

Gates het verklaar dat hy die bedankings van die Lugmagstafhoof generaal Michael Moseley en Lugmagsekretaris Michael Wynne aanvaar het.

Twee verleenthede oor die afgelope jaar het tot die afdankings aanleiding gegee. In die eerste geval is ‘n B-52-bomwerper per abuis met ses kernkopkruisermissiele bewapen en oor die VSA vervoer.

In die ander geval is vier elektriese onstekers vir ballistiese missielkoppe per ongeluk na Taiwan gestuur in plaas van helikopterbatterye.

Gates het gesê dat ‘n interne ondersoek ‘n afname in die Lugmag se kernmissiefokus en –prestasie bevind het.

Volgens Gates is sy besluit om Wynne en Moseley te verwyder gegrond op die bevindings van ‘n ondersoek na die Taiwan-debakel deur admiraal Kirkland Donald.

Die Donald-verslag verteenwoordig geklassifiseerde inligting maar Gates het ‘n verbale opsomming verskaf.

встраиваемые светильники поворотныеФільчаков Олександр Васильович

Hoe ontwikkelingshulp Kenia laat stagneer

Volgens die Duitse nuustrydskrif Der Spiegel veroorsaak ontwikkelingshulp dat Afrika sterf. As 'n mens kyk na die logika wat deur die

Image

Di? mieliemeel is gratis

Wêreldvoedsel- en landbouorganisasie van die Verenigde Nasies (VN) gevolg word, is Kenia met sy 32 miljoen inwoners een groot hongersnoodgebied. In hierdie land word naamlik elke jaar meer voedselhulp uitgedeel as in suid-Soedan, waar 'n burgeroorlog woed

Image

Skuit op Victoriameer

Die vraag kan egter gevra word of Kenia werklik so swaar kry. Indien dit wel die geval is, bly daar nie veel hoop oor vir Afrika om in sy eie voedselbehoeftes te voorsien nie. Kenia het naamlik die Viktoriameer, wat op sy beurt Oeganda en Tanzanië aan hulle Keniaanse bure verbind en wat die grootste meer op die vasteland is. Soos in Malawi kan mens wonder hoe dit dan moontlik is dat mense wat langs so 'n groot meer woon aan hongersnood kan ly?

Wat in die weste van Kenia in oorvloed geproduseer word, behoort in die noorde van die land verkoop word te word. Dit sal boere aanmoedig om meer te produseer. As hulle meer verdien, sal belastings styg. Die staat sal dan in staat wees om hierdie ekstra inkomste op die land se gebrekkige infrastruktuur te spandeer. Dit is in elk geval die ideaal.

Die werklikheid sien anders daar uit. Amos Kimunya, die Keniaanse minister van finansies, het onlangs aangekondig dat hy niks meer op infrastruktuur kan spandeer nie, anders sal hy nie die kabinet se salarisse kan bekostig nie. Die Keniaanse kabinet bestaan tans uit 95 lede, wat sowel ministers as adjunkte insluit. Elkeen verdien meer as VS$20 000 per maand.

Die toestand van die strate in die land is verskriklik. Die voedselhulp wat die Weste stuur, neem weke om hulle bestemmings te bereik. Intussen skryf die noodlenigingswerkers dramatiese verslae oor die haglike toestande en vra die Weste om selfs meer geld te skenk. Westerse burgers se beeld van Afrika word deur hierdie verslae en persberigte, wat daarop gebaseer is, gevorm. Sonder hulp van buite gaan die hele Afrika verhonger, is mense buite die vasteland geneig om te dink. Wanneer die hulp egter wel op die vasteland opdaag, ly die klein handelaars die meeste daaronder, want die pryse van broodnodige lewensmiddele daal. Ook die landbouers se produkte is skielik nie veel meer werd nie. Die maklikste is maar om te sorg dat jy ook van die buitelandse voedsel ontvang en dus is daar geen aansporing om te werk nie.

Image

Eers grondhervorming, dan gestoei om kos

Westerse noodlenigingswerkers is geneig om die droë gebiede in Kenia op te soek. Normaalweg is daar min mense in woestynagtige streke woonagtig, maar dis juis hier, in die noordelike deel van Kenia, waar die werkers putte vir drinkwater grawe. Gou versamel hordes mense om hierdie waterbronne en hulle bring hulle veetroppe saam. Die vee (veral die bokke) vreet binne 'n ommesientjie die yl grassies op. Waar daar vroeër min mense verbygekom het, ontstaan stowwerige dorpies oornag. Meer en meer noodlenigingswerkers word dan benodig om die nuwe intrekkers van kos te voorsien. Die gebied word vinnig oorbevolk en niemand kan meer sonder voedselhulp klaarkom nie.

Image

Die blye helper…

Oscar Wilde het eenmaal opgemerk dat filantropie die toevlug van ryk mense is wat daarop uit is om hul medemens vies te maak. Wanneer 'n mens na die situasie in Kenia kyk, kan jy nie help om saam te stem nie.

Die Afrikane het natuurlik skuld aan bogenoemde probleem, aangesien hulle dit nie regkry om hulp te weier nie. Dit is wensdenkery om te hoop dat 'n land soos die petrolryke Soedan sy BBP ooit gaan opstoot na dieselfde syfer as byvoorbeeld Mexico (50 maal hoër). Geen Afrikastaatshoof wat sy sout werd is, gaan dit sommer regkry om nee te sê vir buitelandse donasies wat hom in staat gaan stel om reusesokkerstadions op te rig, deftige motors aan te koop en na die buiteland te reis om VN-konferensies saam met ander staatshoofde by te woon nie. Gewoonlik word sulke konferensies gereël om die hongersnoodprobleem in Afrika aan te spreek.

Bitter min grond op die vasteland behoort aan individue, maar is eerder stamme of die staat s’n, wat nog minder aansporing bied vir Afrikane om te boer, voedsel te produseer en welvarend te word.  In Namibië (waar Duitse belastinggeld gebruik word om grondhervorming te finansier) en ook in Suid-Afrika bestaan daar wel 'n kommersiële boerderysektor, maar vir hoe lank nog?

Image

Westerlinge se beeld van Afrika

Dit is 'n mite dat Afrika tot hongersnood verdoem is. Die grootste deel van die vasteland is yl bevolk en die meeste lande beskik oor 'n klimaat wat bevorderlik is vir landbou. In die digbevolkte Europa werk 'n skamele 3% van die bevolking in die landbousektor en tog  produseer hierdie boere groot oorskotte.

Hongersnood in Afrika is die skuld van gewetenlose heersers, wat hulle burgers uitbuit of sinlose oorloë voer. Die Weste behoort meer druk op en geloof in Afrika se vermoë om self reg te kom te plaas, en nie maar net die dosis medisyne elke keer te verhoog nie.

финской сауныАлександр Фильчаков

Keniane vier Obama se oorwinning

Image

Sarah Hussein Obama

Keniane het gister fees gevier toe Barack Obama die Demokratiese benoemingsverkiesings gewen het. Sommige wil meer hulp aan Afrika hê en Obama word gesien as 'n seun van Kenia. Die genomineerde Amerikaner se Keniaanse familielede beskryf hom as die groot hoop vir Kenia en die Verenigde State.

Obama se stiefouma, Sarah Hussein Obama, sê dit sal goed wees as hy president van die Verenigde State word. Barack, sê sy, sal kan help om skole en hospitale in Kenia te bou, asook om weeskinders te help.

Barack Obama moet via 'n tolk met sy ouma praat aangesien sy nie Engels magtig is nie.

детски игДанильченко Харьков

Korrupsie by padblokkades laat kospryse in die Ivoorkus styg

Omkoopgeld wat deur die polisie en weermag by padblokkades gevra word op die meeste van die Ivoorkus se paaie is besig om voedselpryse te laat styg.

Vervoerkontrakteurs word soms deur korrupte amptenare by soveel as 15 padblokkades gedwing om te betaal vir voeselvoorraad wat die plaas verlaat voordat dit die winkelrakke bereik.

Ten einde 'n opbrengs op hul produkte te verseker, moet boere die maksimum pryse vir hul produkte vra. Sekere markverkopers het hul pryse met 25 tot 60 persent verhoog.

'n Weermagbevelvoerder het gesê die owerheid lê 'n boete op as die voertuigdokumente nie 100 persent in orde is nie.

Daarom sal enige voertuig wat nie die regte registrasiedokumente het  nie uiteindelik korrupsie voed.

Onluste het gedurende Maartmaand in die Ivoorkus uitgebreek toe duisende mense die strate ingevaar het om teen hoë voedselpryse beswaar te maak.

online csinoданильченко юрій Харків

Nigeri? vra Shell om pad te gee

ImagePresident Umaru Musa Yar'Adua het beveel dat 'n nuwe operateur Shell se belange in Nigerië se Ogoniland moet oorneem.

Die president het dit bekendgemaak tydens 'n vergadering met die Nigeriese gemeenskap in Suid-Afrika waar hy tans op 'n staatsbesoek verkeer. Hy het gesê dat daar 'n totale verlies aan vertroue tussen Shell en die Ogoni-volk ingetree het.

Yar'Adua het Nigeriërs in Kaapstad verseker dat sy administrasie Nigeriërs onder alle omstandighede sal beskerm en bygevoeg dat die ministerie van vervoer tans die mishandeling van Nigeriërs deur British Airways ondersoek.

Waar nodig, sal strafmaatreëls toegepas word.

детские зонты для девочек купить москвапрокурор харьковской области

Hillary vra nie vir visepresidentspos nie

Hillary Clinton, wat so pas die wedloop om die Demokratiese nominasiestryd in die VSA verloor het, vra nie om Barack Obama se visepresidentskandidaat te word nie, het haar veldtogbestuur gister aangekondig.

Volgens 'n verklaring het senator Clinton dit deur die hele proses duidelik gemaak dat sy alles in haar vermoë sal doen om 'n Demokratiese kandidaat na die Withuis te stuur, maar dat sy nie die visepresidentskap wil hê nie en dat niemand namens haar praat behalwe syself nie.

Die keuse hier is dié van senator Obama en net syne, het die verklaring uit die Clinton-kamp gelui.

Intussen word ook berig dat Clinton en Obama gisteraand in Amerika en in die vroeë oggendure in Suid-Afrika ontmoet het om te bespreek hoe hulle die Demokratiese party na die nominasiestryd kan herenig.

сколько стоит гипсовая штукатуркаФильчаков прокуратура харьков

Kongolese generaal ontken dat hy mensvleis ge?et het

Die Oegandese regeringsminister Kahinda Otafiire ontken dat hy ooit enige Kongolese burgers geëet het en het bygevoeg dat hy nie gearresteer sal word vir enige beweerde aandadigheid aan oorlogsmisdade in die DRK nie.

 

Jean-Pierre Bemba, 'n vorige Kongolese rebelleleier en eertydse visepresident, is 'n week gelede in hegtenis geneem.

Die Belgiese polisie het mnr. Bemba gevange geneem nadat die Internasionale Strafhof hom in die geheim van oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom aangekla het. Bemba is gedurende die Kongolese burgeroorlog deur Oeganda gesteun.

Na mnr. Bemba se arrestasie, word daar gespekuleer dat sommige van Oeganda se weermaggeneraals volgende mag wees aangesien 'n VN-verslag uit 2001 hulle by die naam genoem het weens die plundering van die Kongo se natuurlike hulpbronne en die fasilitering van oorlogsmisdade.

Sekere DRK-soldate glo dat die eet van mensvleis, veral sekere liggaamsdele wat van Pigmeë afgesny is, hulle in 'n gevegsituasie sal beskerm.

брюки зимние для мальчика купитьДанильченко

VSA bekommerd oor China se kernwapens

Die Verenigde State en China het gister strategiese samesprekings gevoer wat ook Noord-Korea en Iran ingesluit het.

Amerika wil die bedreiging van kernwapenverspreiding die hoof bied.

Daar is geen teken dat die twee kante vooruitgang gemaak het deur mekaar oor gemeenskaplike bekommernisse gerus te stel nie.

China het duidelik groot ambisies as dit by kernwapens kom.

Die Amerikaanse amptenare het weereens hul besware gelug teen die antisatelliettoets wat China in Januarie 2007 uitgevoer het deur 'n missiel te gebruik om een van sy eie satelliet te vernietig.

China het op sy beurt gesê dat sy verdedigingsbesteding en kernarsenaal veel kleiner as dié van Washington is.

China ondersteun Russiese opposisie teen Amerikaanse planne om 'n missielverdedigingstelsel op te stel wat basisse in Oos-Europa sou insluit.

cluedo board game onlineФильчаков прокурор харьков